Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Krugerdagprogram
Krugerdagprogram [boodskap #7418] So, 13 Oktober 1996 00:00 na volgende boodskap
hwa...  is tans af-lyn  hwa...
Boodskappe: 31
Geregistreer: September 1996
Karma: 0
Volle Lid
noem my onnosel, maar wat is die nut daarvan om vandag nog dié tipe geleenthde
te hou? is dit nie 'n teken aan die res van die land - ten regte of ten
onregte - dat afrikaanse mense nog vasklou aan die verlede nie? iets soos die
vertoon van die vierkleur - watter doel kan dit dien? is dit nie ongelooflik
onsensitief nie? trek die afrikaner weer laer?
Re: Krugerdagprogram [boodskap #7424 is 'n antwoord op boodskap #7418] Ma, 14 Oktober 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan Grootenhuis  is tans af-lyn  Jan Grootenhuis
Boodskappe: 16
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Junior Lid
In , hwa...@burger.naspers.co.za (herman) writes:
> noem my onnosel, maar wat is die nut daarvan om vandag nog dié tipe geleenthde
> te hou? is dit nie 'n teken aan die res van die land - ten regte of ten
> onregte - dat afrikaanse mense nog vasklou aan die verlede nie? iets soos die
> vertoon van die vierkleur - watter doel kan dit dien? is dit nie ongelooflik
> onsensitief nie? trek die afrikaner weer laer?

Ek sien dit nie as laer trek nie, maar wel vashou aan dit wat vir jou van waarde is.
Om kersfees of paasfees te vier is sekerlik ook 'n geleentheid van vasklou - sekerlik
ook van nie-afrikaans sprekendes. Ek dink sulke tipe geleenthede is goed ten minste vir
afrikaans, indien vir niks anders.

Ek sien dit ook nie as onsensitief nie - bewys eers vir my dat president
Paul Kruger hoegenaamd onsensitief teenoor andertaliges, ensomeer was.

Japie Bezuidenhout
Re: Krugerdag [boodskap #7440 is 'n antwoord op boodskap #7424] Wo, 16 Oktober 1996 00:00 Na vorige boodskap
hwa...  is tans af-lyn  hwa...
Boodskappe: 31
Geregistreer: September 1996
Karma: 0
Volle Lid
o, ek verstaan. vashou aan dit wat belangrik is. uit japie se vergelyking lei
ek af dat kruger deur sommiges op dieselfde vlak geplaas word as die persone
wat met 'paasfees en kersfees' herdenk word. Hoekom kolonialisme uit die
prentjie gelaat word, is nog vir my duister. Net so ook presies watter doel
antieke vlae sou dien. Maar ek verwag nie om alles dadelik te snap nie.
herman
Vorige onderwerp: IS JY BEREID OM VIR JOU LAND TE STERF ????? !!!!!!
Volgende onderwerp: Info gesoek: Jhb
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 09:33:19 MGT 2024