Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ek's terug
Ek's terug [boodskap #74161] Ma, 03 Maart 2003 18:27
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hello Almal

Ek's terug. Ek kan skaars regop sit, maar ek's hier. Jislaaik wat 'n
gemors was hierdie trek nie! Ons het toe uiteindelik 3:00 Saterdag more
hier by ons nuwe huisie aangekom. As die trek lorrie daar was 7:00 Vrydag
oggend sou ons vroeer hier gewees het nie, maar toe daag die donner eers
14:30 daar by ons op. Om alles erger te maak pas alles nie op sy lorrie
nie, toe moes ons inderhaas 'n trailer gaan huur en self die goed verder
daarop laai. Ons moes twee keer Midrand toe en terug!
Hier gekom, ruik die huis die ene urine. Iemand het al twee weke terug in
die hoofslaapkamer se toiler "gepiepie" en nie gebodder om die toilet te
trek nie - die goed was al swart! Daarby het die eenvoudige stuk skuim op
die sitplek gepie en dit nie skoongemaak nie. Die deksel het aan die
sitplek vasgekleef. Net daar en dan sê ek vir my man ek sit nie op daai
gemors nie. Ek het probeer skoonmaak, maar ek het maar nog steeds gegril!
Saterdag het ek vir my 'n nuwe sitplek vir die toilet gaan koop.
Die mense was seker die vuilste lot wat ek nog in my lewe gesien het. Die
kombuiskaste is seker laas skoongemaak toe hulle hier ingetrek het (so 7
jaar terug), die oond het seker maklik 4 jaar se aangepakte olie en gemors
in gehad (die's darem nou skoon) en onder die toilet se "rim" sit jare se
aangepakte gemors. Ek sukkel nog steeds om dit af te kry. Ek's al deur 'n
bottel Domestos, 'n bottel toilet duck en 'n bottle Handy Andy in 'n poging
om daai vieslike gemors te probeer afkry. Dit kom so bietjie-bietjie af met
'n geskrop.
Die matte is gate ingebrand, dis vuil en hulle was nie eers gepla gewees om
dit te suig voor ons hier in is nie.

Ek wonder wie het hierdie elektriesie sertifikaat geteken, want die
"switchie" vir die een buitelig werk nie, die ding gaan af, dan spark hy en
dan gaan die lig af, daar's 'n permanente "lead" wat buitekant toe loop (dis
teen die wet) en daar's twee stukkende muurproppe. Die seël vir die oond is
ook missing.

Ek kan nie glo enige mens (wit of swart) het so geleef nie. Ek kan nie glo
'n vrou sal haarself op so 'n vuil toilet neerplak nie! Ag nee siessa!

Maar ons is hier en die kombuis en die badkamer is darem nou blinkskoon -
volgende op die lys is my slaapkamer en dan die kantore. Sal maar bietjie
later worry oor die "granny flat".

My ma het my goeie raad gegee, jy kry sulke goed met die naam "Clean Green"
dis in 'n groen bottel. Die goed het beter gewerk in die oond as "oven
cleaner", so as julle hardnekkige vuilgoed het, probeer dit - dit haal selfs
vlekke uit die bad uit.

Groete en geniet julle dag.

Elaine
Vorige onderwerp: Nou hoe werk dit?
Volgende onderwerp: met permissie skatologiese versoek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Jul 05 02:56:52 MGT 2024