Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Begrotingsrede
Begrotingsrede [boodskap #74026] Wo, 26 Februarie 2003 10:43 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Kry dit van iemand wat ook soms hier dwaal:

Ek hoor dat Trevor Manuel in vanmiddag se Begrotingsaankondiging in die
parlament, gaan aankondig dat die posdiens landswyd gesluit gaan word. Alle
poskantoor werknemers gaan binne die volgende drie maande afgedank word en
pakkette ontvang. Blykbaar gaan die Jehova getuies in die toekoms sommer
ons pos ook aflewer! ;-)
Re: Begrotingsrede [boodskap #74030 is 'n antwoord op boodskap #74026] Wo, 26 Februarie 2003 12:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Thys de Wet  is tans af-lyn  Thys de Wet
Boodskappe: 211
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
Hulle sal maar hel hê om Hessie se pos af te lewer:
"Ons is hier om jou pos af te lewer, maar kan ons graag met jou gesels oor
persoonlike sake?"
Thys

"Annette" skryf in boodskap news:b3i5t8$1m6c9r$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Kry dit van iemand wat ook soms hier dwaal:
>
> pakkette ontvang. Blykbaar gaan die Jehova getuies in die toekoms sommer
> ons pos ook aflewer! ;-)
>
Re: Begrotingsrede [boodskap #74039 is 'n antwoord op boodskap #74030] Wo, 26 Februarie 2003 14:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Thys de Wet wrote:

> Hulle sal maar hel hê om Hessie se pos af te lewer:
> "Ons is hier om jou pos af te lewer, maar kan ons graag met jou gesels oor
> persoonlike sake?"

Wel, ou Thysie, jy sal verbaas wees, maar
hulle is ook hier in Kanada rond. Ek het
gewoonlik net een storie met hulle gehad,
asook met die Mormone en ander : ek is
bereid om bybel te lees en te bid saam met
julle, maar ek wil nie na argumente luister
nie. Dis verbasend hoeveel van hulle dan soos
mis voor die moreson verdwyn.( Die enigste
uitsondering was 'n jong vroutjie in Pretoria.)
En ek het een tannie eenkeer betig wat my
probeer oortuig het dat die wêreld glo in die
volgende drie jaar sou vergaan. Sy het haar
kleindogter by haar gehad, en ek het vir haar
gesê hoe kan jy so seker wees as die Bybel vir
jou sê niemand weet wanneer nie. Ek het vir
haar gesê wat sal jy vir jou kleindogter sê
as die tyd kom en niks gebeur nie?
Weet jy dat daar 'n Christelike stroming is
wat glo dat die Koninkryk alreeds gekom het?
Dis natuurlik wat die Buddhiste ook glo.
Nirvana is bereikbaar, maar alleen as jy kan ontsnap
van Samsara. Dit is ook wat Christus in die berg-
predikasie gebid het.

Tant Hessie tussen die lelies van die veld.
Re: Begrotingsrede [boodskap #74046 is 'n antwoord op boodskap #74039] Wo, 26 Februarie 2003 18:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kwarantyn  is tans af-lyn  Kwarantyn
Boodskappe: 171
Geregistreer: Junie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina:
Weet jy dat daar 'n Christelike stroming is
wat glo dat die Koninkryk alreeds gekom het?
Dis natuurlik wat die Buddhiste ook glo.
Nirvana is bereikbaar, maar alleen as jy kan ontsnap
van Samsara. Dit is ook wat Christus in die berg-
predikasie gebid het.

Tant Hessie tussen die lelies van die veld.

Henry:
Nirvana beteken iets soos "saligheid", nie waar nie? Wat beteken "Samsara"?
En hoe bring jy die twee begrippe met die gebed van Christus in die bergrede
bymekaar?

Henry in Pennsylvania
Re: Begrotingsrede [boodskap #74059 is 'n antwoord op boodskap #74046] Wo, 26 Februarie 2003 23:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Kwarantyn wrote:

> Nirvana beteken iets soos "saligheid", nie waar nie? Wat beteken "Samsara"?
> En hoe bring jy die twee begrippe met die gebed van Christus in die bergrede
> bymekaar?

Ek moet miskien eerste vir jou vra, wat bedoel jy
met "saligheid"? Die woord het verskeie betekenisse,
maar as Christelike teologiese konsep, wat verstaan
jy daaronder? Ek persoonlik dink nie dat die "konsep"
Nirvana iets soos "saligheid" beteken nie. Miskien het
die woord nirvana in westerse tale ingekruip met daardie
betekenis, maar in Boedhisme is dit iets anders. Vir
sover ek dit kan verstaan, is dit 'n staat waar alle
ego verdwyn het en mens nie meer met jou gevalle sintuie
dinge beleef nie. Samsara is dus waar jy gedomineer word
deur jou ego-dwange, en waar jy eintlik deur jou sintuie
en brein gedwing word om aan 'n foutiewe persepsie van
die realiteit vas te klou. Mens kan alleen die staat
van nirvana bereik, deur die bande van Samsara te ontsnap.
Wat natuurlik amper onmoontlik is in die ondermaanse.
Jy praat van die "gebed" van Christus in die berg-
predikasie. Meeste van die Bergpredikasie is tog 'n preek,
en dit is daar waar die Nuwe Testament die naaste kom aan
die gees wat Boedhisme deurdrenk. Kyk na die lelies van
van die veld. Salig is die nederiges van hart, want hulle
sal die koninkryk be-erwe. Miskien is "nirvana" se betekenis
naaste aan hierdie "koninkryk."

Gloudina
Re: Begrotingsrede [boodskap #74085 is 'n antwoord op boodskap #74039] Do, 27 Februarie 2003 07:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Thys de Wet  is tans af-lyn  Thys de Wet
Boodskappe: 211
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
Hessie, nee maar ek sien jy ken van die "jei dabbiljoes' soos ek ieman hulle
hier hoor noem.

Nou een dag keer een my sommer in die straat voor, en vra ook so die
onbenullige ou vragies. En toe laat ek haar maar eers haar storie sing, en
toe sy klaar gesing is, en ek vra haar of ek haar ook iets kan vra, toe raak
sy so vinnig weg soos dik mis voor die son. Vra hulle net om of jy saam met
hulle kan bid, en dan sal jy sien hoe gou kap hulle dit uit. Want sien:
Hulle "bid nie saam met ongelowiges nie". En dan sleep hulle altyd daardie
arme verwarde kinders saam... Score seker "brownie" punte as hulle die
kleintjies saamvat...

Lyk my jy sal maar moet sukkel om jou pos uit hulle te kry...

Sal nou nie kan sê van nirvana en daai anner groot woorde nie, Anti.
Oor die pos:
Gelukkig het Trevor toe nie sulke aankondigings gemaak nie.

Thys (wie se pos nog by die huis afgelewer) oppie Bos
Re: Begrotingsrede [boodskap #74098 is 'n antwoord op boodskap #74085] Do, 27 Februarie 2003 13:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Thys de Wet wrote:

> Lyk my jy sal maar moet sukkel om jou pos uit hulle te kry...

Deesdae kry ek hulle net oor die pos, om
die waarheid te sê. Omdat ek nou in 'n
woonstelgebou bly, mag hulle nie sommer
inkom en aan die deur klop nie. Nou stuur
hulle per pos so nou en dan 'n pamfletjie
en 'n handgeskrewe notatjie om te sê wat
ons kan doen om met hulle in aanraking te
kan kom. So hier in Ottawa verskyn hulle
letterlik met die pos.

Gloudina
Re: Beroeringsrede [boodskap #74118 is 'n antwoord op boodskap #74085] Vr, 28 Februarie 2003 16:54 Na vorige boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
Een ding wat die Jehova Getuies my geleer het is om nie skaam te wees om my
sandale elke dag aan te trek nie.
--
Vorige onderwerp: Nirvana en samsara
Volgende onderwerp: " See-sonnet " deur THEO WASSENAAR
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 11 18:19:38 MGT 2024