Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » KUNSKAFEE (135)
KUNSKAFEE (135) [boodskap #73475] Vr, 14 Februarie 2003 06:01
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
KUNSKAFEE (135)
Sondag 16 Februarie 2002
kykNet 19:00
Herhalings: Maandag 17 Februarie om 14:30
Dinsdag 18 Februarie om 9:30
Saterdag 22 Februarie om 9:00

"KUNSKAFEE" is 'n kunsjoernaalprogram wat alle kunsvorme so wil reflekteer
dat dit vir Jan Alleman toeganklik sal wees - sonder om die fynproewer
teleur te stel. Van teater tot beeldhouwerk; argitektuur tot landskapkuns;
klassieke musiek tot pottebakkery; ballet tot moderne dans; skilderkuns tot
straatkuns; letterkunde tot strokiesprente; rekenaarkuns tot die Internet;
fotografie tot spotprentkuns.

"Kunskafee" word nie vanuit 'n ateljee uitgesaai nie. Die stel is
verskillende en uiteenlopende plekke - 'n teater, uitstalling, 'n besondere
stuk argitektuur, 'n galery en so meer.

Ankeraanbieder: Shemane Harris
Boekerubriek: Hettie Scholtz
Veldaanbieders: Charlene Truter, Pieter Koen, Melt Sieberhagen en Dawn
Matthews.

* Kunskafee kuier hierdie week by Die Boomhuisie in Krugersdorp. Hierdie
gewilde restaurant, teater en kuierplek is boere-kitsch op sy beste en
menige bekendes het al in dié unieke plekkie opgetree.

* 'n Profiel oor Karin Skawran, stigter en jare lank hoof van die
Departement Beeldende Kuns en Kunsgeskiedenis by UNISA. Vir die eerste keer
is daar 'n groot aantal van haar eie werk deel van 'n uitstalling, "Islands
of Refuge", by die Tina Skukan Galery.

* 'n Profiel oor Mervyn Africa, een van ons land se voorste jazz musikante
en komponiste, wat deesdae in Londen woon.

* Hettie Scholtz kyk in haar boekerubriek na optimisme wat dikwels met
deeglike skeut humor saamgaan. Dít veral na aanleiding van "South Africa -
The Good News" en "Will the Real Ben Trovato Please Stand Up?", die nuwe
boek van dié bobaas briefskrywer.

* In die Wes-Kaap gaan maak Charlene 'n draai by die Athol Fugard stuk
"Valley Song" in die Baxter, asook by Ruth Sacks se "Works in Wax" by die
Joao Ferreira Galery. Sy gesels ook met Natalia da Rocha oor die nuwe projek
"Applauz", by die Warehouse.

* Gautengers kan eersdaags weer vir Sandra Prinsloo op die verhoog in aksie
sien in "The Woman Who Cooked Her Husband" en vir diegene met
Sewentigs-nostalgie is daar die blyspel "Boogie Nights", albei by die
Johannesburgse Stadskouburg. Op die kunsfront het die Minds i Art Space in
Pretoria 'n spesiale Valentynsuitstalling om die seisoen van liefde te vier.

Ria Engelbrecht
Pieter Cilliers Produksies
011 789 6780 (t)
011 789 6647 (f)
www.pcp.co.za

------------------------------------------------------------ ---

Subscribe and we'll tell you who is doing what, where and when.

Member of BASA, ISPA, PANSA and TMSA

The SA Arts, Culture and Entertainment Hub
Artslink.co.za - http://www.artslink.co.za
Vorige onderwerp: Flower and Olonga - an example of true courage - liberal bigots note
Volgende onderwerp: Klaar gespeel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 26 11:29:50 MGT 2024