Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Drie liefdesgedigte
Drie liefdesgedigte [boodskap #7343] Vr, 04 Oktober 1996 00:00 na volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Om in 'n taal nie alleen van die liefde te praat nie,
maar ook jou liefde suksesvol daarin te verklaar, is vir
my tot 'n groot mate die maatstaf van die soepelheid en
sukses van 'n taal. Hier volg drie liefdesverklarings in
Afrikaans, wat bewys dat die taal die fynste nuansies
van gevoel kan uitdruk:

GRENSE
N.P. Van Wyk Louw

My naakte siel wil sonder skrome
in alle eenvoud tot jou gaan,
soos uit diepe slaap ons drome,
soos teen skemerlug die bome
opreik na die bloue maan;

gaan met al sy donker wense,
en die heilige, nooit-gehoorde
dinge sê, waarvoor die mense
huiwer, en wat om die grense
flikker van my duister woorde.

4.11
breyten breytenbach

Allerliefste, ek stuur vir jou 'n rooiborsduif
want niemand sal 'n boodskap wat rooi is skiet nie.
Ek gooi my rooiborsduif hoog in die lug en ek
weet al die jagters sal dink dis die son.
Kyk, my duif kom op en my duif gaan onder
en waar hy vlieg daar skitter oseane
en bome word groen
en hy kleur my boodskap so bruin oor jou vel

Want my liefde reis met jou mee,
my liefde moet soos 'n engel by jou bly,
soos vlerke, wit soos 'n engel.
Jy moet van my liefde bly weet
soos van vlerke waarmee jy nie kan vlieg nie.

LENTE IN JOHANNESBURG
Ferdi Greyling

Oor die koppies, uit die noorde
waai 'n droë wind op die stad.

Later, na die donderweer,
vee die reen oor die huise se sinkdakke.

In die agterplaas hang die kristal
van die stil oggend
om die groen boom.
Die voels sing gaatjies
in die stilte.

Op die sypaadjie
voor die verkeer
is my liefde
blou in die jakarandabome.

(Ingetik op die nuusgroep deur gloudina bouwer)
Re: Drie liefdesgedigte - KOM LEES HIER VAN LIEFDE... [boodskap #7428 is 'n antwoord op boodskap #7343] Di, 15 Oktober 1996 00:00 Na vorige boodskap
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
|
| ___/////
| / \ /|
| / O \ \/ |
J > / /\ |
\_________/ \|
\\\
Gloudina Bouwer skryf:

> Om in 'n taal nie alleen van die liefde te praat nie,
> maar ook jou liefde suksesvol daarin te verklaar, is vir
> my tot 'n groot mate die maatstaf van die soepelheid en
> sukses van 'n taal.

sy gee dan 3 liefdesverklarings.(Van Wyk Louw/Breytenbach/Ferdi Greyling)

mag ek julle almal herriner aan die GROOT BOEK van Liefde:
----------------------------------------------------------
(In die geval word daar ook geskryf van die gewone romantiese liefde:)

2 Laat hy my kus met kusse van sy mond; want u liefde is kosteliker as wyn.
13 My beminde is vir my 'n bossie mirre wat tussen my borste rus.
14 My beminde is vir my 'n tros hennablomme in die wingerde van ngedi.
15 Hoe mooi is u tog, my vriendin! Hoe mooi is u tog, u oe is soos duiwe!
16 Hoe mooi is u tog, my beminde, ja lieflik;
ook is ons bed in die groenigheid.
5 Versterk my met rosynekoeke, verkwik my met appels,
want ek is krank van liefde.
6 Laat sy linkerarm onder my hoof wees en sy regterarm my omhels.
4 HOE mooi is u tog, my vriendin, hoe mooi is u tog,
u oe is soos duiwe deur u sluier heen;
u hare is soos 'n kudde bokke wat van die gebergte van Gílead afgolf.
2 U tande is soos 'n kudde pas geskeerde skape wat van die drinkplek opkom,
wat almal tweelinge het, en geeneen onder hulle is sonder lam nie.
3 U lippe is soos 'n skarlaken band, en u mond is lieflik.
U slape is soos 'n granaatskyf deur u sluier heen.
4 U hals is soos die Dawidstoring,
gebou met muurkranse waar die duisend skilde in hang, almal skilde van helde.
5 U twee borste is soos twee lammers, tweelinge van 'n gemsbok,
wat onder die lelies wei.
7 Alles is mooi aan u, my vriendin, en daar is geen gebrek aan u nie.
9 U het my hart gesteel, my susterbruid, u het my hart gesteel
met een straal van u oe...
7 HOE mooi is u skrede in die skoene, o edele dogter!
Die golwende lyne van u heupe is soos halssierade,
'n werk van kunstenaarshande.
6 Hoe mooi en hoe lieflik is u, o liefde, onder al die genietinge!
7 U hoe gestalte daar lyk soos 'n dadelpalm, en u borste soos vrugtetrosse.
9 en u verhemelte soos die beste wyn wat vir my beminde saggies na binne gly,
en oor die lippe vloei van die wat inslaap.
10 Ek is my beminde s'n, en sy begeerte is na my.
--------
Ek het sommer hier en daar uit die Bybel uitgeknip,
Dit kom natuurlik uit: DIE hooglied van Salomo.
Die Bybel 1933 (ou) Vertaling, (Suid-Afrika: Bybelgenootskap Van Suid-Afrika)

Die bybel is beskikbaar om op jou rekenaar te sit !!.
Ek het dit gekoop, dis baie goed. Veral om goed vinnig te soek.
As julle belangstel kan ek julle laat weet waar om die sagtewarepakket te kry.
(LOGOS BIBLE SOFTWARE - in alle tale/kleure en geure, op disk en CD-ROM)

Liefdegroete
Vorige onderwerp: Re: Spaanse grotjes voor iedereen!
Volgende onderwerp: dom afrikaners
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 16:53:08 MGT 2024