Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Lappesait
Lappesait [boodskap #73415] Do, 13 Februarie 2003 09:09
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Persverklaring

Lappesait

Pedro Kruger, Eugene Grobler, Jan Hendrik Harley and Anjulie De Vos
The Showcase Teater Restaurant
23 Februarie 2003
Vertoning begin om 14:30 A la carte Middag ete word vanaf 12:30 bedien.
Besprekings: Computicket of The Showcase by 011 794 4382

Die produksie "Lappesait" se oorsprong begin waar die bekende digter Breyten
Breytenbach as 'n kunsuitstalling tien van sy boekdoeke in Johannesburg ten
toonstel. Eugenie Grobler en Pedro Kruger word deur die organiseerders
genader om 'n paar van Breyten se gedigte, wat deel uitmaak van die
boekdoeke, te toonset en tydens die opening van die kunsuitstalling op te
voer.

Die reaksie op hul toonsettings was so positief, dat hulle spesiaal gevra is
om al tien gedigte (boekdoeke) te toonset en op 'n CD op te neem. Die album
is einde 2001 voltooi en die musiekproduksie van "Lappesait" se eerste
speelvak is baie suksesvol in 2002 tydens die Klein Karoo Nasionale
Kunstefees op Oudtshoorn. Aangebied. Die gelyknamige album word deur Die
Burger as een van die top tien plaaslike albums van 2002 aangewys.

Buiten die treffende melodieë en woorde, tref die vertoning ook deur die
aanwesigheid van addisionele instrumente. Die invalshoek is
klassiek-kontemporêr en die eindproduk getuig van 'n fyn kunstenaarskap waar
die tjello, klavier, fluit, viole en perkussie vernuftig saamspan om 'n
klankweb te spin wat die sintuie roer.

Pedro en Eugenie word deur Jan Hendrik Harley op die viola en Anjulie de Vos
op die tjello ondersteun en Pedro behartig ook die klavierbegeleiding.

PEDRO KRUGER

Pedro het geen bekendstelling in die teaterwêreld nodig nie. Hy is reeds as
kind gereeld op die verhoog - onder meer as lid van die Tygerberg Kinderkoor
en op hoërskool vertolk hy onder meer die rol van jong Benjamin in die Nico
Malan se verhoogverwerking van "Fiela se Kind". Hy toer ook landwyd as deel
van die rolverdeling van Pieter Fourie se "Die Koggelaar".

Hy verower op hoërskool nie minder as drie keer die gesogte Beste
Akteur-prys in die landswye ATKV-tienertoneelkompetisie. Na skool sluit
Pedro aan by die Breughel Teatergroep en werk ook vir die Baxter
Storyspinning Theatre Company. Hy werk daarna vir 'n ruk as begeleier en dit
is toe dat Hennie van Greunen hom oorreed om sy eerste eenmanvertoning aan
te pak.

Sy bekroonde eenmanvertoning "Blougat" debuteer in 1998 by die KKNK en die
skrywer (Van Greunen) en Pedro deel die gesogte De Kat Slurpie-prys vir
beste spel en teks. In 1999 volg "Klein Anna se Lament" wat speel vir
staande ovasies. Dis ook in 1999 wat hy gekies is as die spankaptein op
"Liriekeraai", kykNET se gewilde musiekspeletjieprogram - en vandaar word hy
allerwee" dwarsoor die land bekend as die "Boytjie van Brackenfell".

Die jaar 2000 begin op 'n hoe" noot vir Pedro toe die indrukwekkende
eenmanvertoning "Lyf" (teks ook deur Van Greunen en regie Shirley Ellis) by
KKNK open. Die vertoning toer ook deur die land en speel vir vol sale en
staande ovasies. "Lyf" word opgevolg deur 'n kabaret "Junkiedrome" waar hy
die verhoog met Franci Swanepoel deel (teks weer eens Van Greunen en regie
deur Ellis).

By die 2001 Aardklopfees op Potchefstroom debuteer "Café' Boerlesque", waar
Pedro onder andere die verhoog met Soli Philander en Sarah Theron deel. Die
produksie word ook in dieselfde jaar voor vol sale by die KKNK opgevoer. Met
"die Laaste Aand", 'n musiekteaterproduksie met 'n rolverdeling van 14
akteurs en musici, kry Pedro die kans om saam met 'n ensemle op te tree - en
die produksie word weer eens as een van die top produksie tydens die KKNK in
2002 aangewys.

Pedro se debuut-album, "Kwessie van balans" wat 'n versameling van die beste
oorspronklike musiek uit die produksies "Blougat", "Klein Anna se Lament",
"Junkiedrome" en "Lyf" bevat, is by die KKNK in 2001 bekendgestel. Hy werk
tans aan die musiekspel "A Funny Thing Happened on the way to the Forum" vir
SUKOVS. Daarna begin repetisies vir sy nuutste eenmanvertoning "Pello" wat
by die KKNK debuteer en dan ook landwyd opgevoer gaan word.

EUGENIE GROBLER

Eugenie Grobler het drama aan die Universiteit van Stellenbosch gestudeer en
haar honneurs in kabaret asook 'n meestersgraad in teaterterapie verwerf.

Na universiteit stig Eugenie en Margit Meyer-Ro"denbeck (Dowwe Dolla) die
teatergroep Scenario Toneel. Vir drie jaar toer hulle die land plat met
skoleteater, verskeie poppekasproduksies en kabarette waaronder "Café
Delila" en "Not So Little Red Ridinghood". Sy tree ook saam met Trix Pienaar
en Margit op in "Rouge" en "Stardust".

In 1995 stig Eugenie Hlumelo Teater en begin met slypskole in teaterterapie.
Sy gaan ook voort met verskeie eenvrouvertonings. Sy werk van 1998 tot 2001
baie nou saam met die Zoeloe groep Thula Siswe en tree onder meer
internasionaal - onder meer in Moskou - saam met hulle op. Hulle deel ook
die verhoog in die produksie "Thula-Tyd.

Eugenie is ook 'n voormalige finalis van Geraas/Janus Musiek en Beeld se
Vuurdoopliedjiewedstryd. Sy het reeds twee solo-albums op haar kerfstok
naamlik "Storm in Eden" (2000) en "Winterson" (2001).

Benewens "Lappesait" snoer sy ook talente op die verhoog saam met Laurinda
Hofmeyr, Nicole Holm, Luna en Lesley Rae Dowling in "Eva" (die vroue het ook
'n gelyknamige album opgeneem". Haar nuutste eenvrouvertoning "Rivier"
debuteer eersdaags by die KKNK en "Eva" gaan ook vanjaar (na groot welslae
verlede jaar by Aardklop) op Oudtshoorn opgevoer word.

Sy fasiliteer steeds slypskole en gee opleiding vir studente en terapeute in
die gebruik van Hlumelo teaterterapie.

Kaartjies is R70 per persoon en R50 vir skoliere en studentekaarthouers.

Bel Maria by 011 794 4382 en bespreek nou!

------------------------------------------------------------ ---

Subscribe and we'll tell you who is doing what, where and when.

Member of BASA, ISPA, PANSA and TMSA

The SA Arts, Culture and Entertainment Hub
Artslink.co.za - http://www.artslink.co.za
Vorige onderwerp: Mbeki?
Volgende onderwerp: Flower and Olonga - an example of true courage - liberal bigots note
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 26 11:24:36 MGT 2024