Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Hiep hiep Hoera!!!
Hiep hiep Hoera!!! [boodskap #7285] Vr, 27 September 1996 00:00 na volgende boodskap
Rian Cronjè  is tans af-lyn  Rian Cronjè
Boodskappe: 1
Geregistreer: September 1996
Karma: 0
Junior Lid
Afrikaners is plesierig!! Dit is 'n plesier om 'n afrikaanse woord soos
"afrikaans" op die WEB op te spoor. Dit is seker my eerste nuusbriefie in
Afrikaans. Ek hoop jy is ook 'n patriot vir my taal en kultuur. Ons land lê
aan skerwe en niemand weet hoe om die situasie te hanteer nie(of wil nie).

Ek is in Goudveld-Hoërskool, Welkom. My rede vir hierdie skrywe is dat ek
groot bekommerd is oor my eindeksamen wat oor 'n paar weke begin. Die
onderwysstesel is absoluut in chaos, en niemand weet wat gaan aan nie. My
finale rooster het nog het nie eers Wiskunde op nie, en ek het nog nie eens
'n eksamennommer nie.

Gelukkig is ons staandaarde in die VS nog hoog, maar gaan ek die punte kry
waarvoor ek gewerk het? Wie weet!!! Dit maak my baie bekommerd.

Dit is moeilik om vir ons land te veg as al ons wapenrustings van ons af
weggeneem word. Ek is net 'n doodgewone pasifis en nie 'n rassis. Ek wil
net hê my taal en kwalifikasies moet iets kan beteken as ek eendag kinders
het.

Ek moet gaan voorberei vir die "belangrike" eksamen, so hoop ek bly dit
tog(belangrik). wie weet wat word van die staandaarde.

Nou ja, totsiens patriot, en gee gerus raad vir 'n desperate matriekseun.

rian...@global.co.za
RIAN CRONJE
Re: Hiep hiep Hoera!!! [boodskap #7318 is 'n antwoord op boodskap #7285] Wo, 02 Oktober 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Rian Cronje skryf:

> Afrikaners is plesierig!! Dit is 'n plesier om 'n afrikaanse woord soos
> "afrikaans" op die WEB op te spoor. Dit is seker my eerste nuusbriefie in
> Afrikaans.

Veels geluk. Dit moenie die laaste wees nie!

> Ek hoop jy is ook 'n patriot vir my taal en kultuur.

'n Patriot is iemand wat nie net weet hoe belangrik taal en kultuur vir
hom/haar was nie, maar dit selfs met rente wil terug gee. Daarom moet 'n
patriot seker maak dat hy/sy dit met rente sal kan terug gee.

> Ons land lê
> aan skerwe en niemand weet hoe om die situasie te hanteer nie(of wil nie).

Die chaos in die land word beslis meer. Tog moet ons onthou dat orde uit
chaos kan voortkom. Dit gebeur egter nie vanself nie. Ons sal eers lesse
moet neem om te weet hoe dit kan gebeur.

> Ek is in Goudveld-Hoërskool, Welkom. My rede vir hierdie skrywe is dat ek
> groot bekommerd is oor my eindeksamen wat oor 'n paar weke begin. Die
> onderwysstesel is absoluut in chaos, en niemand weet wat gaan aan nie. My
> finale rooster het nog het nie eers Wiskunde op nie, en ek het nog nie eens
> 'n eksamennommer nie.

Moenie daaroor bekommerd wees nie. Hou besig met jou eie voorbereiding.
Maak voorsiening vir die feit dat die stelsel chaoties is. Met ander
woorde, sorg dat jy betyds jou voorbereiding afhandel. Daar sal wel 'n
eksamen wees, maak nie saak of dit beroerd georganiseerd is nie.

> Gelukkig is ons staandaarde in die VS nog hoog, maar gaan ek die punte kry
> waarvoor ek gewerk het? Wie weet!!! Dit maak my baie bekommerd.

'n Mens wil graag beloning kry vir dit wat 'n mens ingesit het. Punte
kan 'n beloning vir intelektuele werk wees. Maar 'n mens werk ook om
jouself vir die toekoms voor te berei. In hierdie geval moet 'n mens
vir volpunte werk sonder om 'n enkele punt te verwag. Die toekoms sal
aan jou die punte toeken.

> Dit is moeilik om vir ons land te veg as al ons wapenrustings van ons af
> weggeneem word. Ek is net 'n doodgewone pasifis en nie 'n rassis. Ek wil
> net hê my taal en kwalifikasies moet iets kan beteken as ek eendag kinders
> het.

'n Goeie vriend van my praat van die "rooikaart" sindroom waaraan so
baie van ons kinders en studente ly. In die mynbedryf verleen die
rooikaart 'n mens die reg om met dinamiet te werk. 'n Mens kan beheerde
ontploffings veroorsaak, maar ook alles in flarde skiet wat jou nie pas
nie.

Die rooikaart vir jou toekoms is nie 'n skolastiese sertifikaat nie. Jou
ware rooikaart is die WETE dat jy intelektueel so voorberei is dat jy
die toekoms SKEPPEND kan aandurf. Met ander woorde, eers as jy in staat
is om jou eie toekoms te skep, het jy jou intelektuele rooikaart verwerf.
Ongelukkig is dit so dat meeste mense hulle vaskyk teen sertifikate.
Dit is belangrik dat jy jou ook vir hulle voorberei. Maar, wanneer die
mat onder hulle voete uitglip, is hulle die allerlaaste wat jou met jou
toekoms kan help.

> Ek moet gaan voorberei vir die "belangrike" eksamen, so hoop ek bly dit
> tog(belangrik). wie weet wat word van die staandaarde.

Standaarde is ten diepste 'n saak van innerlike oortuiging. Klou vas aan
jou oortuigings en begin jou voorbereiding in alle erns. Pasop vir
voorspooksels wat jou eerder ontmoedig as bemoedig. Negatiwisme is 'n
dodelike siekte wat jy ten alle koste moet vermy deur realisties te wees.
Die realiteit is dat net jy vir jou eie toekoms verantwoordelik is. Daarom
is dit so sinneloos om agterna iemand anders skuldig te hou vir jou eie
mislukkings. Jy is tog subtiel besig om kennis te gee dat jy gaan misluk
nie?

> Nou ja, totsiens patriot, en gee gerus raad vir 'n desperate matriekseun.

Kom aan die werk. Doen die dinge wat jy weet jy moet doen. Bid gereeld vir
krag, ywer en liefde.

> rian...@global.co.za
> RIAN CRONJE

At de Lange
Pretoria
Re: Hiep hiep Hoera!!! [boodskap #7319 is 'n antwoord op boodskap #7285] Wo, 02 Oktober 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan van Vollenhoven  is tans af-lyn  Johan van Vollenhoven
Boodskappe: 28
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Junior Lid
Rian Cronjè wrote:
>
> Afrikaners is plesierig!! Dit is 'n plesier om 'n afrikaanse woord soos
> "afrikaans" op die WEB op te spoor. Dit is seker my eerste nuusbriefie in
> Afrikaans. Ek hoop jy is ook 'n patriot vir my taal en kultuur. Ons land lê
> aan skerwe en niemand weet hoe om die situasie te hanteer nie(of wil nie).
>
> Ek is in Goudveld-Hoërskool, Welkom. My rede vir hierdie skrywe is dat ek
> groot bekommerd is oor my eindeksamen wat oor 'n paar weke begin. Die
> onderwysstesel is absoluut in chaos, en niemand weet wat gaan aan nie. My
> finale rooster het nog het nie eers Wiskunde op nie, en ek het nog nie eens
> 'n eksamennommer nie.
>
> Gelukkig is ons staandaarde in die VS nog hoog, maar gaan ek die punte kry
> waarvoor ek gewerk het? Wie weet!!! Dit maak my baie bekommerd.
>
> Dit is moeilik om vir ons land te veg as al ons wapenrustings van ons af
> weggeneem word. Ek is net 'n doodgewone pasifis en nie 'n rassis. Ek wil
> net hê my taal en kwalifikasies moet iets kan beteken as ek eendag kinders
> het.
>
> Ek moet gaan voorberei vir die "belangrike" eksamen, so hoop ek bly dit
> tog(belangrik). wie weet wat word van die staandaarde.
>
> Nou ja, totsiens patriot, en gee gerus raad vir 'n desperate matriekseun.
>
> rian...@global.co.za
> RIAN CRONJE

Sterkte met die eksamen maat!!!
Re: Hiep hiep Hoera!!! [boodskap #7322 is 'n antwoord op boodskap #7285] Do, 03 Oktober 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Barry  is tans af-lyn  Barry
Boodskappe: 18
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Junior Lid
"Rian Cronjé" wrote:

> Dit is moeilik om vir ons land te veg as al ons wapenrustings van ons af
> weggeneem word. Ek is net 'n doodgewone pasifis en nie 'n rassis. Ek wil
> net hê my taal en kwalifikasies moet iets kan beteken as ek eendag kinders
> het.

Nou verstaan ek nie mooi nie,

n Onderwysstelsel in chaos, maar hoe standaarde word nog behou?
Jy praat van "ons" wat moelik veg maar jy se jy is n pasifis?

Of het ek iets aan die stert beet?

Barry /\/~~~~\/\
Re: Hiep hiep Hoera!!! [boodskap #7336 is 'n antwoord op boodskap #7285] Vr, 04 Oktober 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lour...  is tans af-lyn  lour...
Boodskappe: 45
Geregistreer: Julie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Geen teks in die boodskap nie.
Re: Hiep hiep Hoera!!! [boodskap #7359 is 'n antwoord op boodskap #7285] Di, 08 Oktober 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rex Mollentze  is tans af-lyn  Rex Mollentze
Boodskappe: 6
Geregistreer: Oktober 1996
Karma: 0
Junior Lid
In article , "Rian Cronjé" says:
>
> Afrikaners is plesierig!! Dit is 'n plesier om 'n afrikaanse woord soos
> "afrikaans" op die WEB op te spoor. Dit is seker my eerste nuusbriefie in
> Afrikaans. Ek hoop jy is ook 'n patriot vir my taal en kultuur. Ons land lê
> aan skerwe en niemand weet hoe om die situasie te hanteer nie(of wil nie).
>
> Ek is in Goudveld-Hoërskool, Welkom. My rede vir hierdie skrywe is dat ek
> groot bekommerd is oor my eindeksamen wat oor 'n paar weke begin. Die
> onderwysstesel is absoluut in chaos, en niemand weet wat gaan aan nie. My
> finale rooster het nog het nie eers Wiskunde op nie, en ek het nog nie eens
> 'n eksamennommer nie.
>
> Gelukkig is ons staandaarde in die VS nog hoog, maar gaan ek die punte kry
> waarvoor ek gewerk het? Wie weet!!! Dit maak my baie bekommerd.
>
> Dit is moeilik om vir ons land te veg as al ons wapenrustings van ons af
> weggeneem word. Ek is net 'n doodgewone pasifis en nie 'n rassis. Ek wil
> net hê my taal en kwalifikasies moet iets kan beteken as ek eendag kinders
> het.
>
> Ek moet gaan voorberei vir die "belangrike" eksamen, so hoop ek bly dit
> tog(belangrik). wie weet wat word van die staandaarde.
>
> Nou ja, totsiens patriot, en gee gerus raad vir 'n desperate matriekseun.
>
> rian...@global.co.za
> RIAN CRONJE

Hallo Rian

Wel,wat 'n lekker stukkie leesstof van jou kant af. Ons is hier ver in
Amerika en ook oud VRYSTATERS. Ek was ook in Goudveld, so ook my broer en
suster.Dit was wel 'n hele paar jaar terug. Miskien sal van die
onderwysers ons nog kan onthou. Ek was Moira Grobbelaar, my broer
Leon en sussie Christa.

My ma en sussie bly nog steeds in Welkom, my broer op Cradock.Wel, ons wil
vir jou baie sukses toewens met jou eksamen, en onthou, niemand kan dit
van jou wegvat nie. Gelukkig is die wereld "n groot plek, en jou ge-
leerdheid kan jou enige plek laat inkom. Ons bid nog steeds vir ons
pragtige land en hoop alles sal eendag regkom.Baie sterkte met jou
eksamen en byt vas.

Wat betref die situasie van die onderwys wat so deurmekaar is, wees bly
dat jy feitlik klaar met skool is. Dit is ongelooflik om te hoor hoe
dinge versleg het!

Moet nie te desperaat raak nie, 'n mens het baie om dankbaar voor te wees
en daarom is daar altyd hoop.

Laat hoor weer van jou.

Groete uit Orlando, Florida
Re: Hiep hiep Hoera!!! [boodskap #7380 is 'n antwoord op boodskap #7285] Wo, 09 Oktober 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
re...@magicnet.net (Rex Mollentze) wrote:

dinge versleg het!>>>[/color]

Wel, 'n mens moet altyd balans kry.
My kinders in op skool in Johannesburg. In std. 2 en std 3.
Die skool funksioneer seepglad.
Hulle is gelukkig.
Alles is OK.

Die skool is nie-rassig. Die kinders sien nie meer ras raak nie. Ek
moet vra watter velkleur vriende en vyande in die skool het as ek wil
weet.
Ek die velkleure is eweredig versprei onder vriende en vyande.

Die klasse is groter as toe hulle begin het. Top limit 40.
Dis dieselfde as toe ek op skool was.

Hulle het skoolkonserte waar die kinders rolle van Mandela en FW
speel.

Albei karakters het ewe veel plesier van die ewe veelrassige gehoor
van ouers ontlok.

My kind het Marieke de Klerk gespeel. Sy kon egter nie die frons
regkry nie. ( :) :) )

Hulle gaan aanstaande jaar drie tale begin doen op skool. Engels
Afrikaans en Zulu.
Ek sien nogal uit daarna. Dit beteken ek kan Zulu saam met my kind
doen!

Hou op worry. Alles is OK. Dis net tye van verandering en dit
veroorsaak onrus in die gemoed.
Re: Hiep hiep Hoera!!! [boodskap #7390 is 'n antwoord op boodskap #7285] Do, 10 Oktober 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
lour...@hotmail.com wrote:

.
> [/color]

Dit sê jy. Die onderwys dept se regulasies se anders.
Die werklikheid van my kinders in hul klasse in hul skool sê ook
anders.
Ek praat van my kinders in hul skool nou hier in Johannesburg. Nie
van wat ek of iemand ander sou wou sien of vrees om te sien nie.

is. Gaan dit weer soos voorheen afgewaterde taal klasse wees - of gaan die[/color]
> kind 'n ekstra vak moet neem, en gaan die tyd vir elke vak net in kleiner
> stukkies opgesny word (weereens standaarde!).>>>

Ek dink jou argument hier is dat jy bang is dat standaarde te hoog
vir die kinders gaan wees.

te kry na matriek, geen kans op 'n beurs nie (wit en afrikaans) en jy sê[/color]
> moenie worry nie! >>>

Amper 0 persent in die staatsdiens ja. Soos die geval met die Engelse
in 1950 was.
Daar is egter baie kinders wat werk vind. Ek sien hulle werk.Ek
praat met van hulle. Werk saam met sommige van hulle.
Re: Hiep hiep Hoera!!! [boodskap #7391 is 'n antwoord op boodskap #7285] Do, 10 Oktober 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lour...  is tans af-lyn  lour...
Boodskappe: 45
Geregistreer: Julie 1996
Karma: 0
Volle Lid
In Article, writes:

> re...@magicnet.net (Rex Mollentze) wrote:
>
>
> > dat jy feitlik klaar met skool is. Dit is ongelooflik om te hoor hoe
>> dinge versleg het!>>>
>
> Wel, 'n mens moet altyd balans kry.
> My kinders in op skool in Johannesburg. In std. 2 en std 3.
> Die skool funksioneer seepglad.
> Hulle is gelukkig.
> Alles is OK.
>
> Die skool is nie-rassig. Die kinders sien nie meer ras raak nie. Ek
> moet vra watter velkleur vriende en vyande in die skool het as ek wil
> weet.
> Ek die velkleure is eweredig versprei onder vriende en vyande.
>
> Die klasse is groter as toe hulle begin het. Top limit 40.
> Dis dieselfde as toe ek op skool was.
>
> Hulle het skoolkonserte waar die kinders rolle van Mandela en FW
> speel.
>
> Albei karakters het ewe veel plesier van die ewe veelrassige gehoor
> van ouers ontlok.
>
> My kind het Marieke de Klerk gespeel. Sy kon egter nie die frons
> regkry nie. ( :) :) )
>
> Hulle gaan aanstaande jaar drie tale begin doen op skool. Engels
> Afrikaans en Zulu.
> Ek sien nogal uit daarna. Dit beteken ek kan Zulu saam met my kind
> doen!
>
> Hou op worry. Alles is OK. Dis net tye van verandering en dit
> veroorsaak onrus in die gemoed.
>
>
>

Ai Koos!

Alles is OK? Die feit is dat standaarde geval het en soos 'n veer in 'n vakuum
al vinniger sal val! Ek stem saam - veel rassige skole is die ding van die
toekoms - maar die standaarde moet nie af aangepas word na die laagste gemene
deler nie - ons moet mik om die standaarde na die hoogste op te trek.

Kinders sien nie ras raak nie, ook nie standaarde nie. As jy 'n lae standaard
opvoeding kry dan gaan 80% (my raaiskoot) van alle kinders net eenvoudig
daarby aanpas. Met ander woorde hulle sal matriek/standerd 8 verlaat met
basies niks behalwe 'n stuk papier nie. Volgende moet jy die kollege /
tegnikon / universiteit standaarde verlaag om jou skoolverlaters te kan
hanteer. Van hulle is weer verantwoordelik om jou onderwysers gereed te maak
vir die volgende geslag kinders. Die ander moet jou ekonomie stootkrag gee met
watter gereedskap? Bose kringloop.

Kyk nou maar na Namibie" - enige kind met 'n Namibiese matriek sertifikaat kry
moeilik toelating tot 'n SA Tegnikon/Universiteit en moet oorbrugings kursusse
bywoon. Hoeveel werknemers aanvaar 'n Akademie( = Universiteit van Namibie")
graad? Baie min. Ons gaan dieselfde ou pad loop. (Die Namibie"rs sal seker bly
wees! :} ).

Jy praat van klasse van 40 - die feit is dat dit 40 plus sal wees. Watter
onderwyser het tyd om aan veertig kinders aandag te gee? Wie bly agter? Daai
outjie wat in die agterste ry sit en sukkel, en solank dit nie jou kind is nie
is dit seker oraait - maar as dit jou kind is, is ek seker jy gaan 'n ander
storie praat!

Drie tale op skool - Baie goed! Maar jy weet self hoe besig jou kinders se dag
is. Gaan dit weer soos voorheen afgewaterde taal klasse wees - of gaan die
kind 'n ekstra vak moet neem, en gaan die tyd vir elke vak net in kleiner
stukkies opgesny word (weereens standaarde!).

Hou op worry sê jy. As kinders wat matriek verlaat se kans byna 0% is om werk
te kry na matriek, geen kans op 'n beurs nie (wit en afrikaans) en jy sê
moenie worry nie!

Verstaan my mooi - die is nie 'n rasse ding nie - almal se standaarde moet op
gaan maar ons moet onsself nie bluf dat alles OK is nie.

Cheers
Lou
Re: Hiep hiep Hoera!!! [boodskap #7403 is 'n antwoord op boodskap #7285] Vr, 11 Oktober 1996 00:00 Na vorige boodskap
lour...  is tans af-lyn  lour...
Boodskappe: 45
Geregistreer: Julie 1996
Karma: 0
Volle Lid
In Article, writes:

>
> ..
> >>
>
> Dit sê jy. Die onderwys dept se regulasies se anders.
> Die werklikheid van my kinders in hul klasse in hul skool sê ook
> anders.
> Ek praat van my kinders in hul skool nou hier in Johannesburg. Nie
> van wat ek of iemand ander sou wou sien of vrees om te sien nie.

Watter regulasie - regulasies soos jy weet moet gebuig word voor die
werklikheid! Ek weet van skole waar dar 40+ kinders in graad 2 sit. Dit gebeur
nou! 'n Matriek kind sal maklik kan klaarkom in 'n klas van 40 - die grade en
laer standerds nie. Soos ek voorhee gesê het -(jy het dit uitgesny) - dis die
outjie wat in die hoek sit en sukkel wat agterbly nie die slim ene nie. En as
jy eers agter is sal jy nooit opvang sonder 'n groot klomp aandag nie!

>
> kinders se dag
>> is. Gaan dit weer soos voorheen afgewaterde taal klasse wees - of gaan die
>> kind 'n ekstra vak moet neem, en gaan die tyd vir elke vak net in kleiner
>> stukkies opgesny word (weereens standaarde!).>>>
>
> Ek dink jou argument hier is dat jy bang is dat standaarde te hoog
> vir die kinders gaan wees.

Nee ek sê dat as jy in 'n dag van vyf ure 'n ekstra vak moet inpas sal jy
noodwendig minder tyd aan elke vak kan bestee! Met ander woorde die leerplan
gaan gesny moet word om te verseker dat jy teen die einde van die jaar
daardeur kan kom. Dit beteken dat die standaard van die ander vakke sal moet
daal omdat minder gedoen sal kan word! (dit is my argument!)

>
> is om werk
>> te kry na matriek, geen kans op 'n beurs nie (wit en afrikaans) en jy sê
>> moenie worry nie! >>>
>
> Amper 0 persent in die staatsdiens ja. Soos die geval met die Engelse
> in 1950 was.
> Daar is egter baie kinders wat werk vind. Ek sien hulle werk.Ek
> praat met van hulle. Werk saam met sommige van hulle.
>

Ek praat van werk - enige werk in die formele sektor - staatsdiens,
privaatsektor met ander woorde alles. En 1950 - ek was nie toe hier gewees
nie, my kind en jou kind was nie hier gewees nie - moet hulle nou betaal van
die sonde van die vaders? Ek praat van nou! Gaan bietjie die koerante na hier
om en by die matriek uitslae - 5% maksimum!

>
> Ek sien dit gebeur.

Wel kyk bietjie na die nuus op die ES Y BEE SIE - dit is nie my idee van 'n
morele samelewing nie!

> Daar is nie nou outomaties werk vir kinders na skool nie.
> Dit het bitter min met swart mense, die ANC of standaarde in
> opvoeding te doen en minder as wat jy dink met regstellende aksie.
> Dit het waarskynlik vreeslik baie te doen met 'n ekonomie wat
> bietjie aan flarde is.
> En daar stel ek voor ons kyk na die "standaarde" van gister.
> Soos al ons geld wat in die begin tagtigs toe jy een dollar 20 vir
> 'n rand gekry het in die drein afgepiepie was deur PW en die regering
> van "standaarde".
> Weggeskeit in Angola. Waar daar met elke ontploffing tien probleme
> vir die toekoms geskep is. Vir my was dit standaarde wat in duie
> gestort het.
> Vir my was alles toe NIE OK nie.
> Die ding van alles OK is 'n relatiewe ding.
>
> Intussen kyk ek na my kinders op skool en ek sien 'n inherente
> stabiele skool waar die kinders goed geleer word.
> Hulle doen in fact goed in std. 3 wat ek eers begin hoe"r skool
> gedoen het.
> Ek sien NIE 'n skool-stelsel wat crash nie.
>
> Ek sien swart kinders wat akademiese pryse kry. Saam met Wit
> kinders. Ek sien die Chinese kinders met omtrent al die wiskunde
> pryse wegstap.
> Ek sien 'n skool wat werk.
> Ek praat met my vriende wie se kinders ook in die laer skool is. In
> ander skole. Hulle se die skole waar hulle kinders is, werk ook.
> Miskien is ons kinders in die enigste skole in die land wat werk.
> Who knows. Ek se wat ek sien en eerstehands hoor op die grond, hier,
> nou.
>
>

Hoekom sleep jy ras by elke ding in - swart , chinese, indie"r, wit, bruin
kinders wat pryse kry - goed presteer - fantasties!( staan op , klap, klap! :)
he he ) Maar dit is nie die punt wat ek wou maak nie - ek het ook vriende met
kinders (snaaks genoeg ne' :) ) en dit gaan nog goed by meeste skole, ek ken
'n hele paar onderwysers ook - met hulle gaan dit nie altyd so goed nie.
Gedemoraliseer, die feit dat hulle met 'n vier jaar diploma sit terwyl 'n drie
jaar diploma nou net so goed is, vermindering van onderwysers, bevorderings
moontlikhede wat al skraler word, 'n onsamehagende onderwys beleid wat elke
dag verander ens. Ek het familie in Namibie" - praat met hulle van standaarde!
Net so by the way - die regering is besig om na die Oxford stelsel te kyk vir
implimentasie - kyk nou waar gaan jy standaarde dan heen!

Cheers
Lou
Vorige onderwerp: Re: Talen van Zuid-Afrika (was: Re: Esperanto)
Volgende onderwerp: Krugergenootskap program 10 Okt.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 10 19:53:46 MGT 2024