Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » " villanelle vir die oos-vrystaat, clarens-distrik " deur TOM GOUWS
" villanelle vir die oos-vrystaat, clarens-distrik " deur TOM GOUWS [boodskap #73139] Wo, 05 Februarie 2003 14:13 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

villanelle vir die oos-vrystaat, clarens-distrik
Tom Gouws

hierdie landskap lê voue van vergeelde papier
in sandsteen sagkens verhard, hoog bo teen die blou lug,
soms dof geskryf in oker ink, soms in die geel van 'n populier,

kras ravyne tot in die grasvelde, geel soos heuningbier,
'n geelkoperklei groei koring en sonneblom hier geil tot vrug
hierdie landskap lê voue van vergeelde papier

waarop eland en springbok steeds wei, nes elke sku dier
op rotswande, net enkele ligte spore verklap hul vinnige vlug,
soms dof geskryf in oker ink, soms in die geel van 'n populier.

snags onhoorbaar steeds die voeteval van geelbruin impi's hier
in geveg, die harde voetsole van die difaqana se vlug terug
hierdie landskap lê voue van geel papier

in die beleë kleur van perkament, elke grot is hier 'n skuur
van beelde uit ons vergeelde geheue, soos ook elke gedig,
soms dof geskryf in oker ink, soms in die geel van populier.

hierdie landskap lê voue van vergeelde papier,
soms dof geskryf in oker ink, soms in die geel van populier.
Re: " villanelle vir die oos-vrystaat, clarens-distrik " deur TOM GOUWS [boodskap #73156 is 'n antwoord op boodskap #73139] Do, 06 Februarie 2003 08:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max[1]  is tans af-lyn  Max[1]
Boodskappe: 241
Geregistreer: Februarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Ek het dit deurgeworstel, net omdat jy dit spesiaal vir my geplaas
het. Villanelle's (Wat de moer is 'n villanelle?) is volgens my meer
'n uitdaging om te sien hoe lank sinnetjie jy kan opmaak met soveel
moontlik vergelykings daarin. Gee my eerder iets kort en kragtig.

Ek hou wel van die "voue vergeelde papier".

Max___________________________________________

"@rogers.com"
> villanelle vir die oos-vrystaat, clarens-distrik
> Tom Gouws
>
> hierdie landskap lê voue van vergeelde papier
> in sandsteen sagkens verhard, hoog bo teen die blou lug,
> soms dof geskryf in oker ink, soms in die geel van 'n populier,
>
> kras ravyne tot in die grasvelde, geel soos heuningbier,
> 'n geelkoperklei groei koring en sonneblom hier geil tot vrug
> hierdie landskap lê voue van vergeelde papier
>
> waarop eland en springbok steeds wei, nes elke sku dier
> op rotswande, net enkele ligte spore verklap hul vinnige vlug,
> soms dof geskryf in oker ink, soms in die geel van 'n populier.
>
> snags onhoorbaar steeds die voeteval van geelbruin impi's hier
> in geveg, die harde voetsole van die difaqana se vlug terug
> hierdie landskap lê voue van geel papier
>
> in die beleë kleur van perkament, elke grot is hier 'n skuur
> van beelde uit ons vergeelde geheue, soos ook elke gedig,
> soms dof geskryf in oker ink, soms in die geel van populier.
>
> hierdie landskap lê voue van vergeelde papier,
> soms dof geskryf in oker ink, soms in die geel van populier.
Re: " villanelle vir die oos-vrystaat, clarens-distrik " deur TOM GOUWS [boodskap #73167 is 'n antwoord op boodskap #73156] Do, 06 Februarie 2003 14:14 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Max wrote:

> Ek het dit deurgeworstel, net omdat jy dit spesiaal vir my geplaas
> het. Villanelle's (Wat de moer is 'n villanelle?) is volgens my meer
> 'n uitdaging om te sien hoe lank sinnetjie jy kan opmaak met soveel
> moontlik vergelykings daarin. Gee my eerder iets kort en kragtig.
>
> Ek hou wel van die "voue vergeelde papier".

As jy regtig geinteresseerd is, kan ons oor
villanelle's praat. Tot dan, ek dink jy sal
hierdie gedig onthou lank nadat jy al sommige
ander kort en kragtige gedigte vergeet het.
Dink jy nie dit gee 'n wonderlike gevoel van
die oos-vrystaat nie. Die kleure van die grond
en die bome, en daarby ingevleg die geskiedenis
van die plek ook. Ek plaas vir jou nog 'n
villanelle, ook met die verwysing na die vorige
bewoners van SA. Dit lyk vir my dis die mees
suksesvolle manier om na die verlede te verwys -
deur die palimpses ( palimpsest: A written
document, typically on vellum or parchment, that
has been written upon several times, often with
remnants of earlier, imperfectly erased writing
still visible...)

Gloudina
Vorige onderwerp: Nuwe Dogtertjie
Volgende onderwerp: Wat dink julle van
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 14:24:47 MGT 2024