Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Long Walk to Freedom
Long Walk to Freedom [boodskap #73001] Sa, 01 Februarie 2003 18:17 na volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Morgan Freeman, het nou glo die "rol van sy lewe" aanvaar. Hy gaan
president Mandela speel in die fliek gebasseer op di boek "Long Walk to
Freedom". Voorheen het Sidney Potier die rol van Mandela gespeel in die
fliek "Mandela and De Klerk". Niks teen Mnr. Mandela nie, maar ek dink die
onderwerp word nou holrug gery. Oom Morgan gaan seker 'n Oskar benoeming
kry vir die fliek. Kan ook natuurlik nie anders nie. Mark my words -
volgend jaar loop "Long Walk to Freedom" weg met al die beste Oskars.

Groete
Elaine
Re: Long Walk to Freedom [boodskap #73005 is 'n antwoord op boodskap #73001] Sa, 01 Februarie 2003 21:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dingus  is tans af-lyn  Dingus
Boodskappe: 187
Geregistreer: Oktober 2000
Karma: 0
Senior Lid
... hulle is nog op pad !

"Elaine" skryf in boodskap news:3e3c0f4a.0@news1.mweb.co.za...
> Morgan Freeman, het nou glo die "rol van sy lewe" aanvaar. Hy gaan
> president Mandela speel in die fliek gebasseer op di boek "Long Walk to
> Freedom". Voorheen het Sidney Potier die rol van Mandela gespeel in die
> fliek "Mandela and De Klerk". Niks teen Mnr. Mandela nie, maar ek dink die
> onderwerp word nou holrug gery. Oom Morgan gaan seker 'n Oskar benoeming
> kry vir die fliek. Kan ook natuurlik nie anders nie. Mark my words -
> volgend jaar loop "Long Walk to Freedom" weg met al die beste Oskars.
>
> Groete
> Elaine
>
Re: Long Walk to Freedom [boodskap #73006 is 'n antwoord op boodskap #73005] So, 02 Februarie 2003 05:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Mandela se persoonlike aanvalle wat hy in die week op Bush en Blair geloods
hetis om die minste te sê onnodig. M.i. is Mandela verslaaf aan publisiteit.
Dit het tyd geword dat hy aftrede ernstig moet oorweeg.
(Ek brand om 'n opgawe van bates en laste te sien - en die oorsprong
daarvan.)

"Dingus" skryf in boodskap news:H6X_9.62163$F63.1286606@news.xtra.co.nz...
> ... hulle is nog op pad !
>
> "Elaine" wrote in message
> news:3e3c0f4a.0@news1.mweb.co.za...
>> Morgan Freeman, het nou glo die "rol van sy lewe" aanvaar. Hy gaan
>> president Mandela speel in die fliek gebasseer op di boek "Long Walk to
>> Freedom". Voorheen het Sidney Potier die rol van Mandela gespeel in die
>> fliek "Mandela and De Klerk". Niks teen Mnr. Mandela nie, maar ek dink
> die
>> onderwerp word nou holrug gery. Oom Morgan gaan seker 'n Oskar benoeming
>> kry vir die fliek. Kan ook natuurlik nie anders nie. Mark my words -
>> volgend jaar loop "Long Walk to Freedom" weg met al die beste Oskars.
>>
>> Groete
>> Elaine
>>
>
Re: Long Walk to Freedom [boodskap #73009 is 'n antwoord op boodskap #73006] So, 02 Februarie 2003 11:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
O - so jy stem saam met die oorlog teen Irak? Ek persoonlik dink Mandela is
die enigste mens in die wêreld wat daarmee kon wegkom om die waarheid te
praat.

E

"Jonas" skryf in boodskap news:b1i9j3$8tl$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Mandela se persoonlike aanvalle wat hy in die week op Bush en Blair geloods
> hetis om die minste te sê onnodig. M.i. is Mandela verslaaf aan publisiteit.
> Dit het tyd geword dat hy aftrede ernstig moet oorweeg.
> (Ek brand om 'n opgawe van bates en laste te sien - en die oorsprong
> daarvan.)
Re: Long Walk to Freedom [boodskap #73011 is 'n antwoord op boodskap #73009] So, 02 Februarie 2003 12:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 2 Feb 2003 13:39:31 +0200, "Elaine" wrote:

> O - so jy stem saam met die oorlog teen Irak? Ek persoonlik dink Mandela is
> die enigste mens in die wêreld wat daarmee kon wegkom om die waarheid te
> praat.
>
> E
>

Perfekte voorbeeld van afgodemakery.
Om iemand (wat boonop deel was van
bomplantery in kettingwinkels waar vrouens en kinders wat niks van
politiek geweet het nie, vermoor is onder die dekmantel van
'vryheidstryd'. en goekeuring vanuit die tronk daaraan verleen het) so
te verafgood, wys hoeveel logika in jou dom koppie skuil. Elaine.

Jy's seker 'n Harry Potter dienaar ook, né?

DD
Re: Long Walk to Freedom [boodskap #73012 is 'n antwoord op boodskap #73009] So, 02 Februarie 2003 12:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Elaine - ek dink nie 'n mens raak so persoonlik nie. Dit opsigself is
oorlogpraatjies.

En ja - ek stem saam dat daar van die Irakesebewind ontslae geraak moet
word. Dis loutere snert dat so 'n onverantwoordelike diktator met chemiese
wapens moet sit wat hy nie kan hanteer nie. Ook - ongeag my persoonlike
gevoelens jeens die VSA dink ek hulle het tot op hede goed gedoen om Irak op
'n knop te jaag - voordat 'n skoot geskiet is. En, ek beskou Irak as 'n
negatiewe faktor indien 'n oplossing vir die Midde Oosterse probleem gesoek
word - dit is waar Israel en die Palestyne mekaar bykom.

Dit is bitter jammer dat die Islamitiese lande nie hulle eie probleme kan
bylê nie.

Mandela is verslaaf aan publisiteit. Alles wat hy doen is daarop ingestel om
die kollig op homself te plaas.

"Elaine" skryf in boodskap news:3e3d037c.0@news1.mweb.co.za...
> O - so jy stem saam met die oorlog teen Irak? Ek persoonlik dink Mandela is
> die enigste mens in die wêreld wat daarmee kon wegkom om die waarheid te
> praat.
>
> E
>
> "Jonas" wrote in message
> news:b1i9j3$8tl$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Mandela se persoonlike aanvalle wat hy in die week op Bush en Blair
> geloods
>> hetis om die minste te sê onnodig. M.i. is Mandela verslaaf aan
> publisiteit.
>> Dit het tyd geword dat hy aftrede ernstig moet oorweeg.
>> (Ek brand om 'n opgawe van bates en laste te sien - en die oorsprong
>> daarvan.)
>
Re: Long Walk to Freedom [boodskap #73015 is 'n antwoord op boodskap #73012] So, 02 Februarie 2003 13:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Jonas wrote:

> En ja - ek stem saam dat daar van die Irakesebewind ontslae geraak moet
> word. Dis loutere snert dat so 'n onverantwoordelike diktator met chemiese
> wapens moet sit wat hy nie kan hanteer nie.

Ek hoop jy het so gepraat toe jou geliefde
apartheidsregime so wapens aan Irak verkoop
het. Desert Storm is geveg met talle wapens
uit SA in die hande van Saddam se soldate.

Die Ruiter op die koppie.
Re: Long Walk to Freedom [boodskap #73018 is 'n antwoord op boodskap #73009] So, 02 Februarie 2003 15:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Elaine" wrote:

> Ek persoonlik dink Mandela is
> die enigste mens in die wêreld wat daarmee kon wegkom om die waarheid te
> praat.

Ongelukkig dink ek pesoonlik dat daardie toespraak totaal onvanpas en
DOM was. Normaalweg sou ek dalk nog saam met jou gestem het, maar dit
was dommer as dom om die "race card" te speel om maar net een aspek
van die toespraak uit te lig.
Re: Long Walk to Freedom [boodskap #73020 is 'n antwoord op boodskap #73011] So, 02 Februarie 2003 15:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
DD wrote:

> Om iemand (wat boonop deel was van
> bomplantery in kettingwinkels waar vrouens en kinders wat niks van
> politiek geweet het nie, vermoor is onder die dekmantel van
> 'vryheidstryd'. en goekeuring vanuit die tronk daaraan verleen het) so
> te verafgood, wys hoeveel logika in jou dom koppie skuil. Elaine.

En jy dink die VSA se hande is skoon?
Re: Long Walk to Freedom [boodskap #73022 is 'n antwoord op boodskap #73015] So, 02 Februarie 2003 15:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Frankryk het aan Irak die vermoë verskaf om kernwapens te bou. Dit is in die
80"s deur Israeli-bomwerpers vernietig. Daardie bomwerpers is saam met die
Suid-Afrikaners ontwikkel.
En jou geliefde ANC/SAKP/COSATU trawante is in Rusland, Oos-Duitsland, Libië
en Kuba opgelei. Hulle het kommunisme aangehang - en ek en jy weet wat
kommunisme vermag het...
skryf in boodskap news:3E3D1F0C.3030804@rogers.com...
>
> Jonas wrote:
>
>> En ja - ek stem saam dat daar van die Irakesebewind ontslae geraak moet
>> word. Dis loutere snert dat so 'n onverantwoordelike diktator met chemiese
>> wapens moet sit wat hy nie kan hanteer nie.
>
>
> Ek hoop jy het so gepraat toe jou geliefde
> apartheidsregime so wapens aan Irak verkoop
> het. Desert Storm is geveg met talle wapens
> uit SA in die hande van Saddam se soldate.
>
> Die Ruiter op die koppie.
>
Re: Long Walk to Freedom [boodskap #73023 is 'n antwoord op boodskap #73018] So, 02 Februarie 2003 15:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Mandela se verwysing na Kofi Anan was 'n persoonlike belediging van Anan.
Maar hy was so weggevoer deur die die vervoering van sy vrouegehoor dat hy
dit nie eens besef het nie.

M.i. was hierdie toespraak een van Mandela se grootste openbare flaters. Die
ander ene was natuurlik sy huwelik met Winnie ...

"Katryn" skryf in boodskap news:olcq3vkb4u8384p271d2lu8l78kvognu7s@4ax.com...
> "Elaine" wrote:
>
>> Ek persoonlik dink Mandela is
>> die enigste mens in die wêreld wat daarmee kon wegkom om die waarheid te
>> praat.
>
> Ongelukkig dink ek pesoonlik dat daardie toespraak totaal onvanpas en
> DOM was. Normaalweg sou ek dalk nog saam met jou gestem het, maar dit
> was dommer as dom om die "race card" te speel om maar net een aspek
> van die toespraak uit te lig.
>
Re: Long Walk to Freedom [boodskap #73024 is 'n antwoord op boodskap #73020] So, 02 Februarie 2003 15:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 02 Feb 2003 10:05:17 -0500, Katryn wrote:

> En jy dink die VSA se hande is skoon?

Ek dink as jy diep genoeg gaan soek
sal jy miskien selfs in 'n land soos Suid Afrika
se hangkas geraamtes vind.
Re: Long Walk to Freedom [boodskap #73025 is 'n antwoord op boodskap #73022] So, 02 Februarie 2003 15:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" wrote:

> Frankryk het aan Irak die vermoë verskaf om kernwapens te bou. Dit is in die
> 80"s deur Israeli-bomwerpers vernietig. Daardie bomwerpers is saam met die
> Suid-Afrikaners ontwikkel.

Ek probeer op die oomblik om bietjie meer inligting te verkry oor die
SA/Iraq Uraan transaksies en ander goeters vir WMD's wat deur die ANC
blykbaar aan Irak verskaf is. Toe sien ek o.a dat die First
Secretary at the South African Embassy in Amman is so waaragtig 'n Du
Plessis!! en dat : "du Plessis, had been tasked with the
responsibility of promoting trade between South Africa and Iraq on
these lines"

Nou ja....die bleddie Du Plessis is ook ORAL, nè?
:-)
Re: Long Walk to Freedom [boodskap #73031 is 'n antwoord op boodskap #73011] So, 02 Februarie 2003 17:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ekskuus - jy maak nie sin nie. Wie't nou gesê ek verafgod Mandela?

E

"DD" wrote:
>
> Perfekte voorbeeld van afgodemakery.
> Om iemand (wat boonop deel was van
> bomplantery in kettingwinkels waar vrouens en kinders wat niks van
> politiek geweet het nie, vermoor is onder die dekmantel van
> 'vryheidstryd'. en goekeuring vanuit die tronk daaraan verleen het) so
> te verafgood, wys hoeveel logika in jou dom koppie skuil. Elaine.
>
> Jy's seker 'n Harry Potter dienaar ook, nê?
>
> DD
>
Re: Long Walk to Freedom [boodskap #73032 is 'n antwoord op boodskap #73011] So, 02 Februarie 2003 17:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek het baie respek vir Mandela - in 'n oorlog is daar altyd "casualties",
maar daai bloed is nie op sy hande nie hoor? Doen jouself nou maar die guns
en lees "Long Walk to Freedom", en jy sal sien hy't nooit moord op kinders
en vrouens goedgekeur nie.
En dit was maar reg gewees dat die baie wit mense daai jare swart kinders en
vrouens (wat niks van politiek af geweet het nie!) doodgemaak het vir die
eenvoudige rede dat hulle swart was?

E

"DD" wrote:
>
> Perfekte voorbeeld van afgodemakery.
> Om iemand (wat boonop deel was van
> bomplantery in kettingwinkels waar vrouens en kinders wat niks van
> politiek geweet het nie, vermoor is onder die dekmantel van
> 'vryheidstryd'. en goekeuring vanuit die tronk daaraan verleen het) so
> te verafgood, wys hoeveel logika in jou dom koppie skuil. Elaine.
>
> Jy's seker 'n Harry Potter dienaar ook, nê?
>
> DD
>
Re: Long Walk to Freedom [boodskap #73033 is 'n antwoord op boodskap #73024] So, 02 Februarie 2003 17:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
NOOIT!!!

"DD" wrote:
>
> Ek dink as jy diep genoeg gaan soek
> sal jy miskien selfs in 'n land soos Suid Afrika
> se hangkas geraamtes vind.
>
Re: Long Walk to Freedom [boodskap #73034 is 'n antwoord op boodskap #73012] So, 02 Februarie 2003 17:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ag asseblief. almal weet Bush is eindelik agter die olie aan.

"Jonas" skryf in boodskap news:b1j48e$mi1$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Elaine - ek dink nie 'n mens raak so persoonlik nie. Dit opsigself is
> oorlogpraatjies.
>
> En ja - ek stem saam dat daar van die Irakesebewind ontslae geraak moet
> word. Dis loutere snert dat so 'n onverantwoordelike diktator met chemiese
> wapens moet sit wat hy nie kan hanteer nie. Ook - ongeag my persoonlike
> gevoelens jeens die VSA dink ek hulle het tot op hede goed gedoen om Irak op
> 'n knop te jaag - voordat 'n skoot geskiet is. En, ek beskou Irak as 'n
> negatiewe faktor indien 'n oplossing vir die Midde Oosterse probleem gesoek
> word - dit is waar Israel en die Palestyne mekaar bykom.
>
> Dit is bitter jammer dat die Islamitiese lande nie hulle eie probleme kan
> bylê nie.
Re: Long Walk to Freedom [boodskap #73035 is 'n antwoord op boodskap #73018] So, 02 Februarie 2003 17:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja, dit het goed gegaan totdat hy die "race card" gespeel het. Daarmee stem
ek ten volle saam.

E

"Katryn" wrote:
>
> Ongelukkig dink ek pesoonlik dat daardie toespraak totaal onvanpas en
> DOM was. Normaalweg sou ek dalk nog saam met jou gestem het, maar dit
> was dommer as dom om die "race card" te speel om maar net een aspek
> van die toespraak uit te lig.
>
Re: Long Walk to Freedom [boodskap #73038 is 'n antwoord op boodskap #73034] Ma, 03 Februarie 2003 04:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Elaine - as dit maar so simplisties is.

Volgende vraag aan jou Elaine - hoekom val Bush dan nie liewers Saudi Arabie
aan nie - het hulle nie meer olie nie? En, oortuig my dat die Midde Oosterse
vraagstuk niks hiermee te doen het nie, dan moet jy jou naam na Merlin
verander ...

"Elaine" skryf in boodskap news:3e3d582f.0@news1.mweb.co.za...
> Ag asseblief. almal weet Bush is eindelik agter die olie aan.
>
>
> "Jonas" wrote in message
> news:b1j48e$mi1$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Elaine - ek dink nie 'n mens raak so persoonlik nie. Dit opsigself is
>> oorlogpraatjies.
>>
>> En ja - ek stem saam dat daar van die Irakesebewind ontslae geraak moet
>> word. Dis loutere snert dat so 'n onverantwoordelike diktator met chemiese
>> wapens moet sit wat hy nie kan hanteer nie. Ook - ongeag my persoonlike
>> gevoelens jeens die VSA dink ek hulle het tot op hede goed gedoen om
Irak
> op
>> 'n knop te jaag - voordat 'n skoot geskiet is. En, ek beskou Irak as 'n
>> negatiewe faktor indien 'n oplossing vir die Midde Oosterse probleem
> gesoek
>> word - dit is waar Israel en die Palestyne mekaar bykom.
>>
>> Dit is bitter jammer dat die Islamitiese lande nie hulle eie probleme kan
>> bylê nie.
>
Re: Long Walk to Freedom [boodskap #73039 is 'n antwoord op boodskap #73035] Ma, 03 Februarie 2003 04:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Elaine - het jy geweet meer IVP-ondersteuners is dood in die "struggle" as
wat swartes moontlik deur die "bewind" doodgemaak is. En weet jy wie die
leier van die ANC/SAKP/COSATU was?

Ongelukkig is ek 'n protestant - ons glo nie aan heiliges nie. Mandela is
bepaald nie ene nie - en hy is tronk toe vanwee sy betrokkenheid by die
terroristiese stryd.

Mandela kan nie sonder die kollig nie - hy het maar bloot inb dieselfde
slaggat as duisende voor hom getrap ...

"Elaine" skryf in boodskap news:3e3d5882.0@news1.mweb.co.za...
> Ja, dit het goed gegaan totdat hy die "race card" gespeel het. Daarmee stem
> ek ten volle saam.
>
> E
>
> "Katryn" wrote:
>>
>> Ongelukkig dink ek pesoonlik dat daardie toespraak totaal onvanpas en
>> DOM was. Normaalweg sou ek dalk nog saam met jou gestem het, maar dit
>> was dommer as dom om die "race card" te speel om maar net een aspek
>> van die toespraak uit te lig.
>>
>
Re: Long Walk to Freedom [boodskap #73042 is 'n antwoord op boodskap #73034] Ma, 03 Februarie 2003 06:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Natuurlik is hy agter die olie aan, en as ons almal lekker vars petrol by
die pompe het, hoekom sal ons onself daaroor bekommer? Sekerlik is daar
genoeg olie in die wêreld dat Bush nou nie 'greedy' moet raak en Saddam se
olietjies wil afvat nie? Was dit maar so maklik! Toevallig is Irak een
van die grootste olieproduseerders in die wêreld en die probleem met Saddam,
is dat hy besig is om kernwapens te ontwikkel en as die Westerse wêreld hom
gaan toelaat om dit maar te doen, gaan hy dit sekerlik binne die volgende 10
jaar regkry en dan sit jy met een van die wreedste diktators in die mens se
geskiedenis met wapens wat hy nie sal skroom om te gebruik nie. As hy nou
sy ander Arabiese bure begin dreig met sy kernwapens, wat dink jy gaan hulle
maak? Hulle gaan met hom saamwerk en ons almal sal maar fiets moet koop
want brandstof gaan onbetalend duur word. Glo dit of jy wil of nie, die
VSA is besig met 'n globale strategie.....gaan dit goed in die VSA, loop ons
almal gelyk. Chop hulle af, dan vrot ons ook.

"Elaine" skryf in boodskap news:3e3d582f.0@news1.mweb.co.za...
> Ag asseblief. almal weet Bush is eindelik agter die olie aan.
>
>
> "Jonas" wrote in message
> news:b1j48e$mi1$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Elaine - ek dink nie 'n mens raak so persoonlik nie. Dit opsigself is
>> oorlogpraatjies.
>>
>> En ja - ek stem saam dat daar van die Irakesebewind ontslae geraak moet
>> word. Dis loutere snert dat so 'n onverantwoordelike diktator met chemiese
>> wapens moet sit wat hy nie kan hanteer nie. Ook - ongeag my persoonlike
>> gevoelens jeens die VSA dink ek hulle het tot op hede goed gedoen om
Irak
> op
>> 'n knop te jaag - voordat 'n skoot geskiet is. En, ek beskou Irak as 'n
>> negatiewe faktor indien 'n oplossing vir die Midde Oosterse probleem
> gesoek
>> word - dit is waar Israel en die Palestyne mekaar bykom.
>>
>> Dit is bitter jammer dat die Islamitiese lande nie hulle eie probleme kan
>> bylê nie.
>
Re: Long Walk to Freedom [boodskap #73053 is 'n antwoord op boodskap #73042] Ma, 03 Februarie 2003 13:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Suidwester wrote:

met wapens wat hy nie sal skroom om te gebruik nie.

Kan ons maar net altyd onthou dat die enigste
land wat nog atoombomme gegooi het, die VSA was.
En die enigste kandidaat vir president wat voor-
gestel het dat hulle atoomwapens gebruik om 'n
oorlog tot 'n einde te laat kom, die VSA was
(Barry Goldwater in 1964.)

Gloudina
Re: Long Walk to Freedom [boodskap #73063 is 'n antwoord op boodskap #73053] Ma, 03 Februarie 2003 14:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Antie - het jy al gewonder waarom die vorige regering (jou
apartheidsregering) so vinnig van die atoomvermoë in die RSA ontslae geraak
het?
skryf in boodskap news:3E3E69B6.4040505@rogers.com...
>
> Suidwester wrote:
>
> met wapens wat hy nie sal skroom om te gebruik nie.
>
>
> Kan ons maar net altyd onthou dat die enigste
> land wat nog atoombomme gegooi het, die VSA was.
> En die enigste kandidaat vir president wat voor-
> gestel het dat hulle atoomwapens gebruik om 'n
> oorlog tot 'n einde te laat kom, die VSA was
> (Barry Goldwater in 1964.)
>
> Gloudina
>
Re: Long Walk to Freedom [boodskap #73065 is 'n antwoord op boodskap #73063] Ma, 03 Februarie 2003 14:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Jonas wrote:

> Antie - het jy al gewonder waarom die vorige regering (jou
> apartheidsregering) so vinnig van die atoomvermoë in die RSA ontslae geraak
> het?

Ek dink hulle het dit deels gedoen onder
druk van die VSA. Maar meer nog, hulle was
bang dat dit in SWART hande sou val, sou ek
dink. En mens kan tog nie swart hande vertrou
nie, nè?

Tant Hettie van Drie Susters
Re: Long Walk to Freedom [boodskap #73068 is 'n antwoord op boodskap #73063] Ma, 03 Februarie 2003 14:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja antie, maar jy moet darem onthou dat dit die Japanese was wat by Pearl
Harbour die VSA sondermeer sonder oorlogsverklaring aangeval het. Ook
sekerlik dat die VSA seker ook nie lekker besef het watse groot gemors die
atoombomme gaan veroorsaak nie. Sekerlik sal dit jou effens verbaas dat
'n verantwoordelike land wat vrede voorop stel, 20 keer meer aan
verdedigingswapens spandeer as aan offensiewe wapens. Sal dit nie
interessant wees die dag as iemand soos Sadam besluit om vir Europa of
Kanada te looi met 'n kernwapen, hoe vinnig gaan julle vir Bush soebat om
julle te help keer nie? Hou op om strooi ideologieë te verkondig en praat
praktiese lewe. Geen regdenkende mens sal 'n kernwapen in die hand van 'n
radikaal soos Sadam wil hê nie.

"Jonas" skryf in boodskap news:b1lsng$920$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Antie - het jy al gewonder waarom die vorige regering (jou
> apartheidsregering) so vinnig van die atoomvermoë in die RSA ontslae geraak
> het?
> skryf in boodskap news:3E3E69B6.4040505@rogers.com...
>>
>> Suidwester wrote:
>>
>> met wapens wat hy nie sal skroom om te gebruik nie.
>>
>>
>> Kan ons maar net altyd onthou dat die enigste
>> land wat nog atoombomme gegooi het, die VSA was.
>> En die enigste kandidaat vir president wat voor-
>> gestel het dat hulle atoomwapens gebruik om 'n
>> oorlog tot 'n einde te laat kom, die VSA was
>> (Barry Goldwater in 1964.)
>>
>> Gloudina
>>
>
Re: Long Walk to Freedom [boodskap #73072 is 'n antwoord op boodskap #73068] Ma, 03 Februarie 2003 15:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Suidwester wrote:

Ook
> sekerlik dat die VSA seker ook nie lekker besef het watse groot gemors die
> atoombomme gaan veroorsaak nie.

Nou het ek die moeder van verskonings
gehoor.
Maar weet jy dat die VSA, voordat hulle
die bomme op die Japannese gegooi het, dit
ook op hulle eie mense uitgetoets het.
In Nevada. Soldate ingestuur en hulle bloot-
gestel, om te kyk wat gaan gebeur. Daar is
nou nog mense, onlangs 'n Kanadese ou, wat
die regering van die VSA dagvaar vir wat
hulle moes doen.

Gloudina
Re: Long Walk to Freedom [boodskap #73073 is 'n antwoord op boodskap #73072] Ma, 03 Februarie 2003 16:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote:

> Maar weet jy dat die VSA, voordat hulle
> die bomme op die Japannese gegooi het, dit
> ook op hulle eie mense uitgetoets het.
> In Nevada. Soldate ingestuur en hulle bloot-
> gestel, om te kyk wat gaan gebeur. Daar is
> nou nog mense, onlangs 'n Kanadese ou, wat
> die regering van die VSA dagvaar vir wat
> hulle moes doen.

Dan is daar natuurlik ook "Project SHAD" van die sestigers en
sewentigs - deel van Project 112 - goed gedokumenteer.
Daar is meer as 3,000 Amerikaanse soldate betrokke in verskeie hofsake
teen hulle eie regering - the good ol' US of A!
Daar was o.a projekte soos "Big Tom" in 1965 - 'n toets wat Bacillus
globigii, ' n bakterie wat veronderstel was om benigne te wees, wat op
die Hawaiise eiland, Oahu, gesprei was om 'n biologiese aanval te
simmuleer ens. Toe kom hulle later agter - oeps, dis nie so
onskadelik as wat oorspronklik gedog was nie.
Daar was ook Devil Hole 1 en 2.
En dan onthou ek ook van van die kwessie van eksperimentering op
swart mense met Siffilis, oor 'n 40-jarige periode deur die federale
Amerikaanse regering, in Tuskegee, Alabama. Clinton het destyds nog
amptelik daarvoor omverskoning gevra.
En meer onlangs natuurlik ook die bekende "Gulf War Syndrome".

En dan is daar toetse in Florida, Alaska, Hawaii en Maryland
volgens Pentagon dokumente.
Re: Long Walk to Freedom [boodskap #73093 is 'n antwoord op boodskap #73072] Di, 04 Februarie 2003 06:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ai, moet mens alles uitspel, ou antie? Is dit die ouderdom? Niemand op
hierdie aarde kon heeltemal met sekerheid sê wat gaan gebeur as 'n atoom vir
die eerste keer ge-'split' gaan word nie. Die wetenskaplikes het 'n goeie
idee gehad dat dit een moerse ontploffing gaan wees, maar die bestraling?
Alle kerntoetse wat in die wêreld later gedoen was [VSA, USSR, Frankryk,
SA[ja!], ens. is alles of in die see gedoen of so nie is kleiner toetse
ondergronds gedoen. Sekerlik het daar mense seergekry in die
toetsingproses, sekerlik deels omdat die wetenskaplikes nog nie heeltemal
die krag van die atoomsplitsing lekker besef het nie, maar ek laat my nie
vertel dat die VSA regering vir 'n klomp mense in 'n ry gesit het om daar te
staan sodat die effek van die ontploffing waargeneem kan word nie. In die
proses van die toetse was mense dalk nie ver genoeg daarvan af nie, maar dit
was eerder weens foutiewe berekening van die risikos eerder as uit
moedswillige dade.
Die besluit om die atoombom teen Japan te gebruik was ook nie een wat
ligtelik geneem was nie.....en dit was een van die bepalende faktors wat die
rigting van die oorlog geswaai het. Sekerlik sou die antie lekker geleef
het saam met Hitler en sy Jut-moordenaars? Hierteenoor staan Sadam, 'n
diktator wat enige van sy raadgewers of kabinetslede laat teregstel as hy
nie die regte antwoord gee op 'n krisisvraag nie. Sekerlik moet selfs jy
saamstem dat dit darem dêm onmoontlik is om jou in te dink dat Bush iemand
summier kan laat doodskiet as hy met hom verskil? Vergelyk appels met
appels, asb!
skryf in boodskap news:3E3E8A9B.9030801@rogers.com...
> Suidwester wrote:
>
> Ook
>> sekerlik dat die VSA seker ook nie lekker besef het watse groot gemors die
>> atoombomme gaan veroorsaak nie.
>
>
> Nou het ek die moeder van verskonings
> gehoor.
> Maar weet jy dat die VSA, voordat hulle
> die bomme op die Japannese gegooi het, dit
> ook op hulle eie mense uitgetoets het.
> In Nevada. Soldate ingestuur en hulle bloot-
> gestel, om te kyk wat gaan gebeur. Daar is
> nou nog mense, onlangs 'n Kanadese ou, wat
> die regering van die VSA dagvaar vir wat
> hulle moes doen.
>
> Gloudina
>
Re: Long Walk to Freedom [boodskap #73098 is 'n antwoord op boodskap #73042] Di, 04 Februarie 2003 10:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hulle gaan dit anyway doen Suidwester. Baie Midde Oosterse lande het Bush
gewaarsku dat hy iets onbeheerbaars gaan begin as hy oorlog teen Irak
verklaar. Sommige lande rondom Irak het reeds troepe gestuur om Saddam te
gaan uithelp. Kan jy "Derde Wêreldoorlog" sê?

Elaine

"Suidwester" wrote:
Hulle gaan met hom saamwerk en ons almal sal maar fiets moet koop
> want brandstof gaan onbetalend duur word. Glo dit of jy wil of nie, die
> VSA is besig met 'n globale strategie.....gaan dit goed in die VSA, loop ons
> almal gelyk. Chop hulle af, dan vrot ons ook.
Re: Long Walk to Freedom [boodskap #73099 is 'n antwoord op boodskap #73042] Di, 04 Februarie 2003 10:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hulle gaan dit anyway doen Suidwester. Baie Midde Oosterse lande het Bush
gewaarsku dat hy iets onbeheerbaars gaan begin as hy oorlog teen Irak
verklaar. Sommige lande rondom Irak het reeds troepe gestuur om Saddam te
gaan uithelp. Kan jy "Derde Wêreldoorlog" sê?

Elaine

"Suidwester" wrote:
Hulle gaan met hom saamwerk en ons almal sal maar fiets moet koop
> want brandstof gaan onbetalend duur word. Glo dit of jy wil of nie, die
> VSA is besig met 'n globale strategie.....gaan dit goed in die VSA, loop ons
> almal gelyk. Chop hulle af, dan vrot ons ook.
Re: Long Walk to Freedom [boodskap #73100 is 'n antwoord op boodskap #73099] Di, 04 Februarie 2003 12:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
So san is daar nie meer vir die Westerse lande 'n keuse nie, sou ek sê?
Dis nou as jy enige beheer wil uitoefen oor die energiebronne van die
wêreld. Hierdie is 'n magspel en die tegnologiese ontwikkeling van die
Westerse lande maak hulle uiters kwesbaar teen energiebronne se manupilasie.
Sê die VSA en sy bondgenote môre hulle looi vir Sadam, dan doen hulle dit en
die lande wat saam met Irak gaan staan en probeer baklei, gaan saam met Irak
val. Daar is net geen manier waarop enige land ter wêreld militêr kan
saamgesels met die VSA nie. Miljoene geel mannetjies uit die Ooste is
seker wel 'n faktor, maar hoe baklei jy teen iets wat jy nie kan sien nie?
Glo my, die Yankees sit met wapens wat hulle nie maklik sal gebruik nie,
maar druk hulle in 'n blik, dan gaan die sop spat op 'n skaal wat hierdie
klomp in die Midde Ooste nie in hul wildste drome sal kan aan dink nie. Of
jy my glo of nie, ek sê vir jou afhangende van wie die 'stryd' tussen Irak
en die VSA wen [of dit met woorde of bomme is]....staan die VSA nou terug,
dan gaan ons jarre se kak vorentoe hê en dan moet die magdom 'vrede' denkers
soos jyself nie kla oor jy nie meer die vryhede en geld kan geniet soos
voorheen nie. Die Arabiese lande sal die res van die wêreld aan die
knaters beethê en ons almal gaan ly. So by the way, julle almal looi vir
Bush en roep hom stupid en sonder insig, maar hierdie ding en beplanning van
die energiebronne van die wêreld kom al 'n ver pad. Bush is maar net die
huidige skakel in die ketting. Kom die volgende president, dalk Hillary
Clinton, dan bliksem hulle steeds vir Irak.

"Elaine" skryf in boodskap news:3e3f9a86.0@news1.mweb.co.za...
> Hulle gaan dit anyway doen Suidwester. Baie Midde Oosterse lande het Bush
> gewaarsku dat hy iets onbeheerbaars gaan begin as hy oorlog teen Irak
> verklaar. Sommige lande rondom Irak het reeds troepe gestuur om Saddam te
> gaan uithelp. Kan jy "Derde Wêreldoorlog" sê?
>
> Elaine
>
> "Suidwester" wrote:
> Hulle gaan met hom saamwerk en ons almal sal maar fiets moet koop
>> want brandstof gaan onbetalend duur word. Glo dit of jy wil of nie, die
>> VSA is besig met 'n globale strategie.....gaan dit goed in die VSA, loop
> ons
>> almal gelyk. Chop hulle af, dan vrot ons ook.
>
Re: Long Walk to Freedom [boodskap #73111 is 'n antwoord op boodskap #73100] Di, 04 Februarie 2003 18:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jy's natuurlik reg - om nou te sê dis maar okay, los vir Saddam sal ander
negatiewe gevolge hê.

Elaine

"Suidwester" skryf in boodskap news:3e3fb87f.0@news1.mweb.co.za...
> So san is daar nie meer vir die Westerse lande 'n keuse nie, sou ek sê?
> Dis nou as jy enige beheer wil uitoefen oor die energiebronne van die
> wêreld. Hierdie is 'n magspel en die tegnologiese ontwikkeling van die
> Westerse lande maak hulle uiters kwesbaar teen energiebronne se manupilasie.
> Sê die VSA en sy bondgenote môre hulle looi vir Sadam, dan doen hulle dit en
> die lande wat saam met Irak gaan staan en probeer baklei, gaan saam met Irak
> val. Daar is net geen manier waarop enige land ter wêreld militêr kan
> saamgesels met die VSA nie. Miljoene geel mannetjies uit die Ooste is
> seker wel 'n faktor, maar hoe baklei jy teen iets wat jy nie kan sien nie?
> Glo my, die Yankees sit met wapens wat hulle nie maklik sal gebruik nie,
> maar druk hulle in 'n blik, dan gaan die sop spat op 'n skaal wat hierdie
> klomp in die Midde Ooste nie in hul wildste drome sal kan aan dink nie. Of
> jy my glo of nie, ek sê vir jou afhangende van wie die 'stryd' tussen Irak
> en die VSA wen [of dit met woorde of bomme is]....staan die VSA nou terug,
> dan gaan ons jarre se kak vorentoe hê en dan moet die magdom 'vrede' denkers
> soos jyself nie kla oor jy nie meer die vryhede en geld kan geniet soos
> voorheen nie. Die Arabiese lande sal die res van die wêreld aan die
> knaters beethê en ons almal gaan ly. So by the way, julle almal looi vir
> Bush en roep hom stupid en sonder insig, maar hierdie ding en beplanning van
> die energiebronne van die wêreld kom al 'n ver pad. Bush is maar net die
> huidige skakel in die ketting. Kom die volgende president, dalk Hillary
> Clinton, dan bliksem hulle steeds vir Irak.
Re: Long Walk to Freedom [boodskap #73125 is 'n antwoord op boodskap #73111] Wo, 05 Februarie 2003 06:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hmm. Hierdie is amper vir my dieselfde tipe van redenasie wat gevoer word
rondom wildlewe en die benutting daarvan. Greenpeace en daai p�re floreer
op die yuppie wat in die stad sit met 'n skuldige gewete oor die moderne
lewe omtrent alle wildlewe uitgeroei het en nou 'n fanatiese ondersteuner
word van bewaar teen alle koste. Daar is geen manier wat jy hierdie mense
sal oortuig dat 'n wilde dier wel bestuur en benut kan word tot voordeel van
almal.

"Elaine" skryf in boodskap news:3e400317.0@news1.mweb.co.za...
> Jy's natuurlik reg - om nou te sê dis maar okay, los vir Saddam sal ander
> negatiewe gevolge hê.
>
> Elaine
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:3e3fb87f.0@news1.mweb.co.za...
>> So san is daar nie meer vir die Westerse lande 'n keuse nie, sou ek sê?
>> Dis nou as jy enige beheer wil uitoefen oor die energiebronne van die
>> wêreld. Hierdie is 'n magspel en die tegnologiese ontwikkeling van die
>> Westerse lande maak hulle uiters kwesbaar teen energiebronne se
> manupilasie.
>> Sê die VSA en sy bondgenote môre hulle looi vir Sadam, dan doen hulle
dit
> en
>> die lande wat saam met Irak gaan staan en probeer baklei, gaan saam met
> Irak
>> val. Daar is net geen manier waarop enige land ter wêreld militêr kan
>> saamgesels met die VSA nie. Miljoene geel mannetjies uit die Ooste is
>> seker wel 'n faktor, maar hoe baklei jy teen iets wat jy nie kan sien nie?
>> Glo my, die Yankees sit met wapens wat hulle nie maklik sal gebruik nie,
>> maar druk hulle in 'n blik, dan gaan die sop spat op 'n skaal wat hierdie
>> klomp in die Midde Ooste nie in hul wildste drome sal kan aan dink nie.
> Of
>> jy my glo of nie, ek sê vir jou afhangende van wie die 'stryd' tussen Irak
>> en die VSA wen [of dit met woorde of bomme is]....staan die VSA nou terug,
>> dan gaan ons jarre se kak vorentoe hê en dan moet die magdom 'vrede'
> denkers
>> soos jyself nie kla oor jy nie meer die vryhede en geld kan geniet soos
>> voorheen nie. Die Arabiese lande sal die res van die wêreld aan die
>> knaters beethê en ons almal gaan ly. So by the way, julle almal looi
> vir
>> Bush en roep hom stupid en sonder insig, maar hierdie ding en beplanning
> van
>> die energiebronne van die wêreld kom al 'n ver pad. Bush is maar net die
>> huidige skakel in die ketting. Kom die volgende president, dalk Hillary
>> Clinton, dan bliksem hulle steeds vir Irak.
>
Re: Long Walk to Freedom (herhaling) [boodskap #73129 is 'n antwoord op boodskap #73018] Wo, 05 Februarie 2003 08:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
W  is tans af-lyn  W
Boodskappe: 306
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
> Elaine: Ek persoonlik dink Mandela is die enigste mens in die
> wêreld wat daarmee kon wegkom om die waarheid te praat.

Katryn
Ongelukkig dink ek persoonlik dat daardie toespraak totaal onvanpas
en DOM was. Normaalweg sou ek dalk nog saam met jou gestem
het, maar dit was dommer as dom om die "race card" te speel om
maar net een aspek van die toespraak uit te lig.

Wouter
Ek stem saam. En dit beteken nie dak ek met al Bush se
praatjies saamstem nie. Die probleem is egter dat Mandela
nie by die feite gebly het nie, hy het gaan spekuleer dat
die Bush en Kie 'n klomp rassiste is.

En Mandela het nie hiermee weggekom nie, die VSA media
het 'n "hatchet job" op hom gedoen. Kyk wat skryf iemand
uit Amerika op 'n ander forum:

"Donderdag kom die Mandela-wysheid toe hier deur en Vrydagaand
is dit deeglik in die media verteer, ook op die kanale waar die
sakesektor hom aan steur. Ons is met statistieke van allerlei aard oor
SA gekonfronteer: misdaad, moord, ekonomie, wisselkoers, ens., ens.
en die kontras van voor Mandela en na Mandela is uitgelê sonder om
doekies om te draai.

"Mandela se anti-Amerikaanse en pro-sosialistiese en pro-kommunistiese
simpatie� is sonder terughouding voorgehou; sy en die huidige regering se
onwilligheid om Afrika se wanpraktyke (bv. t.o.v. Mugabe) af te keur is
uitgewys. Sy omarming van Ghadaffi en elke tweede radikale despoot
op die aarde is nie misgekyk nie. In kort, het ek nie gedink ek sou die dag
beleef dat hierdie Afrika-messias se fasade so op die Amerikaanse TV
afgestroop word nie.

"Ek dink dit het Bush se taak by sy handels- en kiesersektore bemoeilik.
Ek glo egter nie dat dit Bush van stryk sal bring nie. Hy het konsekwent
gewys dat hy floreer wanneer hy onderskat word en wanneer hy en sy
intellek verkleineer word. En Mandela het reg in Bush se hand ingespeel
met sy optrede."
Re: Long Walk to Freedom (herhaling) [boodskap #73146 is 'n antwoord op boodskap #73129] Wo, 05 Februarie 2003 19:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
"Wouter Plaasvark"
---knip---
> "Donderdag kom die Mandela-wysheid toe hier deur en Vrydagaand
> is dit deeglik in die media verteer, ook op die kanale waar die
> sakesektor hom aan steur. Ons is met statistieke van allerlei aard oor
> SA gekonfronteer: misdaad, moord, ekonomie, wisselkoers, ens., ens.
> en die kontras van voor Mandela en na Mandela is uitgelê sonder om
> doekies om te draai.
>
> "Mandela se anti-Amerikaanse en pro-sosialistiese en pro-kommunistiese
> simpatie� is sonder terughouding voorgehou; sy en die huidige regering se
> onwilligheid om Afrika se wanpraktyke (bv. t.o.v. Mugabe) af te keur is
> uitgewys. Sy omarming van Ghadaffi en elke tweede radikale despoot
> op die aarde is nie misgekyk nie. In kort, het ek nie gedink ek sou die dag
> beleef dat hierdie Afrika-messias se fasade so op die Amerikaanse TV
> afgestroop word nie.
>
> "Ek dink dit het Bush se taak by sy handels- en kiesersektore bemoeilik.
> Ek glo egter nie dat dit Bush van stryk sal bring nie. Hy het konsekwent
> gewys dat hy floreer wanneer hy onderskat word en wanneer hy en sy
> intellek verkleineer word. En Mandela het reg in Bush se hand ingespeel
> met sy optrede."
---
mmm ...... dit het seker sy 'bloated ego' seker so 'n bietjie gekrimp
Re: Long Walk to Freedom [boodskap #73275 is 'n antwoord op boodskap #73001] So, 09 Februarie 2003 15:13 Na vorige boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja ek weet, die lede van die SAG (Screen Actors Guild) stem vir die wenners,
ek's nie seker wie nomineer die flieks en goed nie, maar ek neem maar aan
dis die "hoofde" van die "Acadamy".

E

"Plato" skryf in boodskap news:3e463ab8.0@news1.mweb.co.za...
> Ek dink nie die fliekgaande publiek is sulke groot "suckers" nie. Die Oscars
> word deur mense in die industrie toegeken en nie die publiek nie.
Vorige onderwerp: " villanelle vir die vertroude geliefde " deur TOM GOUWS
Volgende onderwerp: Vir Jonas
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 06:29:25 MGT 2024