Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » De Wet Kritzinger
De Wet Kritzinger [boodskap #73056] Ma, 03 Februarie 2003 13:16 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Gloebgloebgloebgloeb - so is ons besig om weg te sink in die bollie wat aan
ons opgedis word.
Nounet oor die radio - Bg het drie jaar lank weggekruip en gevlug voor die
polisie nadat hy swartes op 'n bus trompop doodgeskiet het.
Nou moet hy glo vir 30 dae groendakkies toe omdat.
1) Hy bevoeg gevind word om tereg te staan, maar sy koppie haak uit as dit
by godsdiens en swartes kom.
As dit die geval is behoort die hele Boeremag in die gestig, en nie slegs
enkeles in die tronk nie.
2) Hy nie besef het hy het verkeerd gedoen deur die mense te skiet nie.
Skuus my!!
a) As hy dit nie besef het nie, vir wat het hy 3 jaar lank gevlug en
weggekruip?
b) As hy dit nie besef het nie, dan is hy 'n psigopaat, en derhalwe onbevoeg
om die verskil te weet tussen reg en verkeerd.
Maar dit is in elk geval nonsens - sien 3 hieronder.

3) Hy die daad gepleeg het omdat hy wou hê die polisie moet hom doodskiet,
sodat sy vrou iets van die versekering kon kry.
***o**!!
Vir wat het hy dan so mooi gevlug en deeglik weggekruip?

Ek dink nie sy koppie is slegs uitgehaak oor godsdiens en swartes nie

Annette
Re: De Wet Kritzinger [boodskap #73116 is 'n antwoord op boodskap #73056] Di, 04 Februarie 2003 20:01 Na vorige boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Goeie verskonings - maar ek glo dit nie. Eerlikwaar, die man lyk nie vir my
mal nie. Aantreklik (op 'n donker gevaarlike manier), maar nie koekoes nie.
Maar dan moet mens seker ook dink, as jy vermoed swartes is diere en nie
mense nie, en jy dink jy kan hulle moor en wegkom daarmee, dan klap iets
lekker hande vir jou daar binne. My persoonlike opinie is as die man
weggeraak het vir 3 jaar, dit bewys hy't geweet wat hy gedoen het - dus net
so helder van verstand soos ek en jy.

Enigiemand wat koelbloedig kan moor het in elk geval 'n skroef of 3 los.

E

"Annette" skryf in boodskap news:b1lqf7$14ha3b$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Gloebgloebgloebgloeb - so is ons besig om weg te sink in die bollie wat aan
> ons opgedis word.
> Nounet oor die radio - Bg het drie jaar lank weggekruip en gevlug voor die
> polisie nadat hy swartes op 'n bus trompop doodgeskiet het.
> Nou moet hy glo vir 30 dae groendakkies toe omdat.
> 1) Hy bevoeg gevind word om tereg te staan, maar sy koppie haak uit as dit
> by godsdiens en swartes kom.
> As dit die geval is behoort die hele Boeremag in die gestig, en nie slegs
> enkeles in die tronk nie.
> 2) Hy nie besef het hy het verkeerd gedoen deur die mense te skiet nie.
> Skuus my!!
> a) As hy dit nie besef het nie, vir wat het hy 3 jaar lank gevlug en
> weggekruip?
> b) As hy dit nie besef het nie, dan is hy 'n psigopaat, en derhalwe onbevoeg
> om die verskil te weet tussen reg en verkeerd.
> Maar dit is in elk geval nonsens - sien 3 hieronder.
>
> 3) Hy die daad gepleeg het omdat hy wou hê die polisie moet hom doodskiet,
> sodat sy vrou iets van die versekering kon kry.
> ***o**!!
> Vir wat het hy dan so mooi gevlug en deeglik weggekruip?
>
> Ek dink nie sy koppie is slegs uitgehaak oor godsdiens en swartes nie
>
> Annette
Vorige onderwerp: Naamverandering
Volgende onderwerp: Ag jitte!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jul 08 00:00:08 MGT 2024