Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » "Trek Dienste"
"Trek Dienste" [boodskap #72897] Vr, 31 Januarie 2003 09:31 na volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Kan iemand 'n goeie trek diens aanbeveel? Hulle moet darem in die Gauteng
area werk, en moet asb nie sê Stuttafords nie, want hulle is net eenvoudig
te duur. Ons trek so 100km ver.

Groete
Elaine
Re: "Trek Dienste" [boodskap #72901 is 'n antwoord op boodskap #72897] Vr, 31 Januarie 2003 10:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Maar Elaine - 100 km - dan is jy nog nie naastenby in die Kaap nie:)))
Bel die geelbladsyeadverteerders en vra kwotasies.
Vra of hulle bokse verskaf en komberse gebruik - dan kan jy maar laat
waai:))
Minimovers hier werk goed.

Annette

in message news:3e3a4262.0@news1.mweb.co.za...
> Kan iemand 'n goeie trek diens aanbeveel? Hulle moet darem in die Gauteng
> area werk, en moet asb nie sê Stuttafords nie, want hulle is net eenvoudig
> te duur. Ons trek so 100km ver.
>
> Groete
> Elaine
>
Re: "Trek Dienste" [boodskap #72907 is 'n antwoord op boodskap #72897] Vr, 31 Januarie 2003 10:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
http://www.biddulphs.co.za/
Re: "Trek Dienste" [boodskap #72908 is 'n antwoord op boodskap #72897] Vr, 31 Januarie 2003 10:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Is jy bereid om self te werk? Self pak? Dan huur jy vir jou 'n Spoorweg
'container' of twee. Hulle kom trek hom by jou plek en jy pak hom self.
Dan lewer hulle dit af by jou nuwe plek en jy pak weer self uit. Dis veel
minder as die helfte van 'n kontrakteur se prys.

"Elaine" skryf in boodskap news:3e3a4262.0@news1.mweb.co.za...
> Kan iemand 'n goeie trek diens aanbeveel? Hulle moet darem in die Gauteng
> area werk, en moet asb nie sê Stuttafords nie, want hulle is net eenvoudig
> te duur. Ons trek so 100km ver.
>
> Groete
> Elaine
>
Re: "Trek Dienste" [boodskap #72913 is 'n antwoord op boodskap #72908] Vr, 31 Januarie 2003 10:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Klink nogal na 'n goeie idee, hoe gaan 'n mens te werk om die hele storie te
reël?

E

"Suidwester" skryf in boodskap news:3e3a4cfc.0@news1.mweb.co.za...
> Is jy bereid om self te werk? Self pak? Dan huur jy vir jou 'n Spoorweg
> 'container' of twee. Hulle kom trek hom by jou plek en jy pak hom self.
> Dan lewer hulle dit af by jou nuwe plek en jy pak weer self uit. Dis veel
> minder as die helfte van 'n kontrakteur se prys.
Re: "Trek Dienste" [boodskap #72918 is 'n antwoord op boodskap #72913] Vr, 31 Januarie 2003 11:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Laat jou vingers trippel deur die Geelbladsye:))
Of kyk in die gewone gids vir Spoornet - behouering.

Annette

"Elaine" skryf in boodskap news:3e3a5643.0@news1.mweb.co.za...
> Klink nogal na 'n goeie idee, hoe gaan 'n mens te werk om die hele storie te
> reël?
>
> E
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:3e3a4cfc.0@news1.mweb.co.za...
>> Is jy bereid om self te werk? Self pak? Dan huur jy vir jou 'n Spoorweg
>> 'container' of twee. Hulle kom trek hom by jou plek en jy pak hom self.
>> Dan lewer hulle dit af by jou nuwe plek en jy pak weer self uit. Dis veel
>> minder as die helfte van 'n kontrakteur se prys.
>
Re: "Trek Dienste" [boodskap #72930 is 'n antwoord op boodskap #72913] Vr, 31 Januarie 2003 11:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Elaine - die naam het my nou ontgaan, maar hulle adverteer gereeld in 'n
bepaalde advertensie. Daar hang so 'n geraamte van die spieeltjie af, waar
die CD moet hang - en dan haldpad deur val al die meubels uit ...
Ek het die naam vergeet. Sal jou laat weet wanneer dit terugkom ...

"Elaine" skryf in boodskap news:3e3a5643.0@news1.mweb.co.za...
> Klink nogal na 'n goeie idee, hoe gaan 'n mens te werk om die hele storie te
> reël?
>
> E
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:3e3a4cfc.0@news1.mweb.co.za...
>> Is jy bereid om self te werk? Self pak? Dan huur jy vir jou 'n Spoorweg
>> 'container' of twee. Hulle kom trek hom by jou plek en jy pak hom self.
>> Dan lewer hulle dit af by jou nuwe plek en jy pak weer self uit. Dis veel
>> minder as die helfte van 'n kontrakteur se prys.
>
Re: "Trek Dienste" [boodskap #72935 is 'n antwoord op boodskap #72913] Vr, 31 Januarie 2003 12:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jy vind uit waar jou naaste containerdepot is....Spoornet. Dan vra jy wat
dit sal kos en dan bespreek jy die container. Hulle bring dit en haak dit
op sy sleepwa af op jou erf. Hulle gee jou 48 uur [of 2 werksdae]om die
ding te pak voor hulle dit weer kom haal [bevestig net die 48 uur]. Maar
nou is ons mos slim ook, so jy bestel dit vir Vrydag, dan kom haal hulle dit
op Maandag, so jy't 'n hele naweek om te pak. Die drywer wat dit kom haal
seël die container voor jou en die seël word aan die anderkant net deur jou
verbreek. Jy's self verantwoordelik vir alle skade, maar aangesien jy dit
self pak, behoort dit nie 'n probleem te wees nie. Jy verseker net vir
ingeval die ding omval in transito, en so aan. Dis harde werk, maar jy
spaar 'n moerse lot geld.

"Elaine" skryf in boodskap news:3e3a5643.0@news1.mweb.co.za...
> Klink nogal na 'n goeie idee, hoe gaan 'n mens te werk om die hele storie te
> reël?
>
> E
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:3e3a4cfc.0@news1.mweb.co.za...
>> Is jy bereid om self te werk? Self pak? Dan huur jy vir jou 'n Spoorweg
>> 'container' of twee. Hulle kom trek hom by jou plek en jy pak hom self.
>> Dan lewer hulle dit af by jou nuwe plek en jy pak weer self uit. Dis veel
>> minder as die helfte van 'n kontrakteur se prys.
>
Re: "Trek Dienste" [boodskap #72961 is 'n antwoord op boodskap #72935] Vr, 31 Januarie 2003 22:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Man, ek het in die laaste 3 jaar twee keer getrek (dit sal nou my 3de keer
wees), en ek het nog nooit van kontrakteurs gebruik gemaak nie - ons het dit
nog elke keer alleen gedoen, so van trek en die harde werk wat daarmee
gepaard gaan kan jy my niks vertel nie. Elke keer as ons trek lyk dit asof
die meubels en bokse kleintjies gekry het.

E

"Suidwester" skryf in boodskap news:3e3a689d.0@news1.mweb.co.za...
> Jy vind uit waar jou naaste containerdepot is....Spoornet. Dan vra jy wat
> dit sal kos en dan bespreek jy die container. Hulle bring dit en haak dit
> op sy sleepwa af op jou erf. Hulle gee jou 48 uur [of 2 werksdae]om die
> ding te pak voor hulle dit weer kom haal [bevestig net die 48 uur]. Maar
> nou is ons mos slim ook, so jy bestel dit vir Vrydag, dan kom haal hulle dit
> op Maandag, so jy't 'n hele naweek om te pak. Die drywer wat dit kom haal
> seël die container voor jou en die seël word aan die anderkant net deur jou
> verbreek. Jy's self verantwoordelik vir alle skade, maar aangesien jy dit
> self pak, behoort dit nie 'n probleem te wees nie. Jy verseker net vir
> ingeval die ding omval in transito, en so aan. Dis harde werk, maar jy
> spaar 'n moerse lot geld.
Re: "Trek Dienste" [boodskap #72962 is 'n antwoord op boodskap #72935] Vr, 31 Januarie 2003 22:41 Na vorige boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dankie.

"Suidwester" skryf in boodskap news:3e3a689d.0@news1.mweb.co.za...
> Jy vind uit waar jou naaste containerdepot is....Spoornet. Dan vra jy wat
> dit sal kos en dan bespreek jy die container.
Vorige onderwerp: Vragie virrie Manne
Volgende onderwerp: Tai Minnaar
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Jul 05 03:59:29 MGT 2024