Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ouetehuis [vervolg]
Ouetehuis [vervolg] [boodskap #72688] Wo, 29 Januarie 2003 13:14 na volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Om die redenasie verder te voer: Dis so dat daar mense is wat na hul ouers
kyk op hul ou dag en daar is andere wat verkies om hulle in 'n tehuis te
sit. Ons kan hier rondom die bos praat soos ons wil, maar die kernvraag
is: Wat is die beste vir die ou mens? Natuurlik sal meeste graag by die
kinders wil bly, maar wat is die beste? Gaan bly die ou mens by sy
kinders, dan is daar die probleem dat hy deur die dag alleen by die huis sit
terwyl die familie uit op werk/skool/ens besig is. Kom hulle in die aand
huistoe, dan's hulle gatvol geleef en net lus vir stilte en vrede. Die oue
van dae het heeldag alleen gewees en is nou lus vir gesels en kuier. Dis
hier waar irritasie naderhand intree en kan so 'n ou mens tussen sy familie
verskriklik vereensaam.
Verder kan jy 'n ou mens nie stimuleer met die moderne tegnologie soos
wat vandag se mense op floreer nie. Hulle leef in die verlede en het
pragtige herinneringe van die ou dae toe hulle nog jonk was en toe hulle
ervaringe die beste was. Dis wat mens aan die gang hou. Nou stel niemand
werklik belang en kan verstaan hoekom 'n oumens gedurig wil omdraai verlede
toe. Nie lank nie, dan kommunikeer die oue ook nie eintlik meer nie want
niemand wil na hom luister nie.
Sit jy hom in 'n ouetehuis, dan's hy skielik onder sy eie portuur waar hy
voldoende kommunikasie en stimulasie op die vlak wat hy nodig het kan kry.
Skielik kry hy weer lewe want hy voel belangrik en gesog. Hy kan praat oor
sy ou dae en daar is iemand wat luister. Hy hoef nie meer heeldag alleen
by die huis te bly nie.
Het julle al 'n verswakte bejaarde beleef? Iemand wat sy eie bed
bevuil omdat hy nie in die aand kan opstaan om toilet toe te gaan nie? Dat
die kamer en matras naderhand 'n klank kry want jy kan nie na elke ongeluk
alles vervang nie en die reuk kry jy nie altyd uit nie. Kom van sy mense
kuier, dan ruik hulle die kamer en dan word jou vermoë om vir jou ouer te
sorg, erg bevraagteken? Wat van 'n jong seun wat alleen saam met sy ouma
by die huis het en sy gly in die bad en kan nie opkom nie. Nou moet hy
gaan help. Bo en behalwe sy verleentheid, hoe swaar moet die nie vir die
ouma wees om so oopketel te lê voor haar kleinseun nie?
Nee wat, vir my is daar gaan ander opsie nie. Los die sorg vir die
professionele.
Re: Ouetehuis [vervolg] [boodskap #72694 is 'n antwoord op boodskap #72688] Wo, 29 Januarie 2003 13:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
O koek!! Dis snaaks - daardie oopketel stukkie;)))

Ek stem in die brûe saam met jou Suidwester - maar die punt is, ten spyte
van beide se verleentheid, is daar darem iemand om te help as sy in die
badkamer sou gly.
As my ma in die badkamer by die oumensplek sou gly, kan sy haar keduks val,
en niemand sal kan help voordat sy nie by 'n telefoon of die noodknoppie kan
uitkom nie.

Annette

"Suidwester" skryf in boodskap news:3e37d3ff.0@news1.mweb.co.za...
> Om die redenasie verder te voer: Dis so dat daar mense is wat na hul ouers
> kyk op hul ou dag en daar is andere wat verkies om hulle in 'n tehuis te
> sit. Ons kan hier rondom die bos praat soos ons wil, maar die kernvraag
> is: Wat is die beste vir die ou mens? Natuurlik sal meeste graag by die
> kinders wil bly, maar wat is die beste? Gaan bly die ou mens by sy
> kinders, dan is daar die probleem dat hy deur die dag alleen by die huis sit
> terwyl die familie uit op werk/skool/ens besig is. Kom hulle in die aand
> huistoe, dan's hulle gatvol geleef en net lus vir stilte en vrede. Die oue
> van dae het heeldag alleen gewees en is nou lus vir gesels en kuier. Dis
> hier waar irritasie naderhand intree en kan so 'n ou mens tussen sy familie
> verskriklik vereensaam.
> Verder kan jy 'n ou mens nie stimuleer met die moderne tegnologie soos
> wat vandag se mense op floreer nie. Hulle leef in die verlede en het
> pragtige herinneringe van die ou dae toe hulle nog jonk was en toe hulle
> ervaringe die beste was. Dis wat mens aan die gang hou. Nou stel niemand
> werklik belang en kan verstaan hoekom 'n oumens gedurig wil omdraai verlede
> toe. Nie lank nie, dan kommunikeer die oue ook nie eintlik meer nie want
> niemand wil na hom luister nie.
> Sit jy hom in 'n ouetehuis, dan's hy skielik onder sy eie portuur waar hy
> voldoende kommunikasie en stimulasie op die vlak wat hy nodig het kan kry.
> Skielik kry hy weer lewe want hy voel belangrik en gesog. Hy kan praat oor
> sy ou dae en daar is iemand wat luister. Hy hoef nie meer heeldag alleen
> by die huis te bly nie.
> Het julle al 'n verswakte bejaarde beleef? Iemand wat sy eie bed
> bevuil omdat hy nie in die aand kan opstaan om toilet toe te gaan nie? Dat
> die kamer en matras naderhand 'n klank kry want jy kan nie na elke ongeluk
> alles vervang nie en die reuk kry jy nie altyd uit nie. Kom van sy mense
> kuier, dan ruik hulle die kamer en dan word jou vermoë om vir jou ouer te
> sorg, erg bevraagteken? Wat van 'n jong seun wat alleen saam met sy ouma
> by die huis het en sy gly in die bad en kan nie opkom nie. Nou moet hy
> gaan help. Bo en behalwe sy verleentheid, hoe swaar moet die nie vir die
> ouma wees om so oopketel te lê voor haar kleinseun nie?
> Nee wat, vir my is daar gaan ander opsie nie. Los die sorg vir die
> professionele.
>
Re: Ouetehuis [vervolg] [boodskap #72716 is 'n antwoord op boodskap #72688] Wo, 29 Januarie 2003 15:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Suidwester wrote:

> Nee wat, vir my is daar gaan ander opsie nie. Los die sorg vir die
> professionele.

Ja-nee, Suidwester, ek stem volmondig met jou
saam. Ek probeer oor en oor vir my kinders belowe
dat hulle my vroeg in 'n oumenstehuis moet sit.
Beter nog, ek sal myself daarin sit as dit moontlik
is. (Dis nou natuurlik as ek die langslewende is.
My man is jonger as ek, maar hy hou vol hy gaan voor
my. Ek dink hy is bang om alleen agter te bly. Ek
vertel altyd vir hom hy sal binne 'n week na my dood
weer moet trou.)
Gewoonlik, as ek so praat, kyk ons oudste seun
vir my aan asof hy besluit het dat ek onsin praat,
en dat hy sal doen wat hy goeddink as die dag kom.
Maar ek hou maar aan om vir hulle te verduidelik
hoekom die idee van oumenstehuise goed is, en praat
oor en oor van al die spannings wat mens op jou laai
deur 'n oumens in 'n huis vol jong kinders en 'n
vrou wat nog werk in te bring.

Gloudina
Re: Ouetehuis [vervolg] [boodskap #72717 is 'n antwoord op boodskap #72716] Wo, 29 Januarie 2003 15:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Aitsa!! Moet trou!
:))))

Maar alle grappies op 'n stokkie - ek dink dit is 'n persoonlike saak - as
die oumens nie wil na 'n oumensoord nie, dan sal hy/sy nooit daar aanpas
nie.

Annette

skryf in boodskap news:3E37EDD4.1000508@rogers.com...
>
> Suidwester wrote:
>
>
>> Nee wat, vir my is daar gaan ander opsie nie. Los die sorg vir die
>> professionele.
>
>
> Ja-nee, Suidwester, ek stem volmondig met jou
> saam. Ek probeer oor en oor vir my kinders belowe
> dat hulle my vroeg in 'n oumenstehuis moet sit.
> Beter nog, ek sal myself daarin sit as dit moontlik
> is. (Dis nou natuurlik as ek die langslewende is.
> My man is jonger as ek, maar hy hou vol hy gaan voor
> my. Ek dink hy is bang om alleen agter te bly. Ek
> vertel altyd vir hom hy sal binne 'n week na my dood
> weer moet trou.)
> Gewoonlik, as ek so praat, kyk ons oudste seun
> vir my aan asof hy besluit het dat ek onsin praat,
> en dat hy sal doen wat hy goeddink as die dag kom.
> Maar ek hou maar aan om vir hulle te verduidelik
> hoekom die idee van oumenstehuise goed is, en praat
> oor en oor van al die spannings wat mens op jou laai
> deur 'n oumens in 'n huis vol jong kinders en 'n
> vrou wat nog werk in te bring.
>
> Gloudina
>
Re: Ouetehuis [vervolg] [boodskap #72760 is 'n antwoord op boodskap #72717] Do, 30 Januarie 2003 05:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek verskil met jou. Seker 90% van alle ou mense wil nie ouetehuis toe nie
want hulle dink hulle gaan daar vergeet word. Die probleem is egter as
hulle te lank by die kinders aan't huise bly, gaan die kinders op die ou end
hulle dwing om ouetehuis toe te gaan omdat die situasie onhoudbaar geraak
het en dan gaan hulle daar vergeet raak. Vir verstandige mense is daar
altyd toegewings wat gemaak kan word. Vir elke mens is daar 'n tyd om te
kom en 'n tyd om te gaan. Een en elke ou mens wat ek ken wat in 'n
ouetehuis beland het, sê hulle is spyt dat hulle die verandering nie al
lankal gemaak het nie. Saai vervelige dae het skielik vir hulle weer
mening gekry. Oor die aanpas-probleem: Die mens is die mees aanpasbare
wese op aarde. Jy moet hom net reg benader.

"Annette" skryf in boodskap news:b18rnl$10gaim$2@ID-92016.news.dfncis.de...
> Aitsa!! Moet trou!
> :))))
>
> Maar alle grappies op 'n stokkie - ek dink dit is 'n persoonlike saak - as
> die oumens nie wil na 'n oumensoord nie, dan sal hy/sy nooit daar aanpas
> nie.
>
> Annette
>
>
> skryf in boodskap news:3E37EDD4.1000508@rogers.com...
>>
>> Suidwester wrote:
>>
>>
>>> Nee wat, vir my is daar gaan ander opsie nie. Los die sorg vir die
>>> professionele.
>>
>>
>> Ja-nee, Suidwester, ek stem volmondig met jou
>> saam. Ek probeer oor en oor vir my kinders belowe
>> dat hulle my vroeg in 'n oumenstehuis moet sit.
>> Beter nog, ek sal myself daarin sit as dit moontlik
>> is. (Dis nou natuurlik as ek die langslewende is.
>> My man is jonger as ek, maar hy hou vol hy gaan voor
>> my. Ek dink hy is bang om alleen agter te bly. Ek
>> vertel altyd vir hom hy sal binne 'n week na my dood
>> weer moet trou.)
>> Gewoonlik, as ek so praat, kyk ons oudste seun
>> vir my aan asof hy besluit het dat ek onsin praat,
>> en dat hy sal doen wat hy goeddink as die dag kom.
>> Maar ek hou maar aan om vir hulle te verduidelik
>> hoekom die idee van oumenstehuise goed is, en praat
>> oor en oor van al die spannings wat mens op jou laai
>> deur 'n oumens in 'n huis vol jong kinders en 'n
>> vrou wat nog werk in te bring.
>>
>> Gloudina
>>
>
Re: Ouetehuis [vervolg] [boodskap #72774 is 'n antwoord op boodskap #72760] Do, 30 Januarie 2003 07:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Suidwester - miskien kan jy vir ons vertel hoeveel kos dit vir iemand in 'n
ouetehuis daar?
Ek hoor nou net van iemand wat twee oumense het wat net vir 'n maand 'n
plekkie soek by 'n versorgingsoord terwyl hulle versorgers 'n bietjie
ruskans vat - die enigste plek wat hulle kon kry wou R15000 vir die maand
hê.
Ek sê jou - die oumense word verskriklik uitgebuit.

Annette

"Suidwester" skryf in boodskap news:3e38bb90.0@news1.mweb.co.za...
> Ek verskil met jou. Seker 90% van alle ou mense wil nie ouetehuis toe nie
> want hulle dink hulle gaan daar vergeet word. Die probleem is egter as
> hulle te lank by die kinders aan't huise bly, gaan die kinders op die ou end
> hulle dwing om ouetehuis toe te gaan omdat die situasie onhoudbaar geraak
> het en dan gaan hulle daar vergeet raak. Vir verstandige mense is daar
> altyd toegewings wat gemaak kan word. Vir elke mens is daar 'n tyd om te
> kom en 'n tyd om te gaan. Een en elke ou mens wat ek ken wat in 'n
> ouetehuis beland het, sê hulle is spyt dat hulle die verandering nie al
> lankal gemaak het nie. Saai vervelige dae het skielik vir hulle weer
> mening gekry. Oor die aanpas-probleem: Die mens is die mees aanpasbare
> wese op aarde. Jy moet hom net reg benader.
> "Annette" wrote in message
> news:b18rnl$10gaim$2@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Aitsa!! Moet trou!
>> :))))
>>
>> Maar alle grappies op 'n stokkie - ek dink dit is 'n persoonlike saak - as
>> die oumens nie wil na 'n oumensoord nie, dan sal hy/sy nooit daar aanpas
>> nie.
>>
>> Annette
>>
>>
>> skryf in boodskap news:3E37EDD4.1000508@rogers.com...
>>>
>>> Suidwester wrote:
>>>
>>>
>>>> Nee wat, vir my is daar gaan ander opsie nie. Los die sorg vir die
>>>> professionele.
>>>
>>>
>>> Ja-nee, Suidwester, ek stem volmondig met jou
>>> saam. Ek probeer oor en oor vir my kinders belowe
>>> dat hulle my vroeg in 'n oumenstehuis moet sit.
>>> Beter nog, ek sal myself daarin sit as dit moontlik
>>> is. (Dis nou natuurlik as ek die langslewende is.
>>> My man is jonger as ek, maar hy hou vol hy gaan voor
>>> my. Ek dink hy is bang om alleen agter te bly. Ek
>>> vertel altyd vir hom hy sal binne 'n week na my dood
>>> weer moet trou.)
>>> Gewoonlik, as ek so praat, kyk ons oudste seun
>>> vir my aan asof hy besluit het dat ek onsin praat,
>>> en dat hy sal doen wat hy goeddink as die dag kom.
>>> Maar ek hou maar aan om vir hulle te verduidelik
>>> hoekom die idee van oumenstehuise goed is, en praat
>>> oor en oor van al die spannings wat mens op jou laai
>>> deur 'n oumens in 'n huis vol jong kinders en 'n
>>> vrou wat nog werk in te bring.
>>>
>>> Gloudina
>>>
>>
>
Re: Ouetehuis [vervolg] [boodskap #72784 is 'n antwoord op boodskap #72774] Do, 30 Januarie 2003 08:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
In 'n groot ouetehuis in Windhoek betaal 'n tannie wat ek ken so om en by
R1800 per maand. Sy het haar eie klein wooneenheid, kry kos en versorging.
Voor sy gegaan het [onder protes] het sy heeldag gesit en heen-en-weer wieg
op haar stoel en so vol stront jy kan toor met haar. Vandag sal jy haar
nie ken nie. Kinders wat te lank kuier word vinnig vertel dat hulle moet
onthou sy's 'n besige vrou en kan nie heeldag sit en hanna-hanna nie!

"Annette" skryf in boodskap news:b1am5g$11770e$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Suidwester - miskien kan jy vir ons vertel hoeveel kos dit vir iemand in 'n
> ouetehuis daar?
> Ek hoor nou net van iemand wat twee oumense het wat net vir 'n maand 'n
> plekkie soek by 'n versorgingsoord terwyl hulle versorgers 'n bietjie
> ruskans vat - die enigste plek wat hulle kon kry wou R15000 vir die maand
> hê.
> Ek sê jou - die oumense word verskriklik uitgebuit.
>
> Annette
>
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:3e38bb90.0@news1.mweb.co.za...
>> Ek verskil met jou. Seker 90% van alle ou mense wil nie ouetehuis toe nie
>> want hulle dink hulle gaan daar vergeet word. Die probleem is egter as
>> hulle te lank by die kinders aan't huise bly, gaan die kinders op die ou end
>> hulle dwing om ouetehuis toe te gaan omdat die situasie onhoudbaar geraak
>> het en dan gaan hulle daar vergeet raak. Vir verstandige mense is daar
>> altyd toegewings wat gemaak kan word. Vir elke mens is daar 'n tyd om te
>> kom en 'n tyd om te gaan. Een en elke ou mens wat ek ken wat in 'n
>> ouetehuis beland het, sê hulle is spyt dat hulle die verandering nie al
>> lankal gemaak het nie. Saai vervelige dae het skielik vir hulle weer
>> mening gekry. Oor die aanpas-probleem: Die mens is die mees aanpasbare
>> wese op aarde. Jy moet hom net reg benader.
>> "Annette" wrote in message
>> news:b18rnl$10gaim$2@ID-92016.news.dfncis.de...
>>> Aitsa!! Moet trou!
>>> :))))
>>>
>>> Maar alle grappies op 'n stokkie - ek dink dit is 'n persoonlike saak - as
>>> die oumens nie wil na 'n oumensoord nie, dan sal hy/sy nooit daar aanpas
>>> nie.
>>>
>>> Annette
>>>
>>>
>>> skryf in boodskap news:3E37EDD4.1000508@rogers.com...
>>>>
>>>> Suidwester wrote:
>>>>
>>>>
>>>> > Nee wat, vir my is daar gaan ander opsie nie. Los die sorg vir die
>>>> > professionele.
>>>>
>>>>
>>>> Ja-nee, Suidwester, ek stem volmondig met jou
>>>> saam. Ek probeer oor en oor vir my kinders belowe
>>>> dat hulle my vroeg in 'n oumenstehuis moet sit.
>>>> Beter nog, ek sal myself daarin sit as dit moontlik
>>>> is. (Dis nou natuurlik as ek die langslewende is.
>>>> My man is jonger as ek, maar hy hou vol hy gaan voor
>>>> my. Ek dink hy is bang om alleen agter te bly. Ek
>>>> vertel altyd vir hom hy sal binne 'n week na my dood
>>>> weer moet trou.)
>>>> Gewoonlik, as ek so praat, kyk ons oudste seun
>>>> vir my aan asof hy besluit het dat ek onsin praat,
>>>> en dat hy sal doen wat hy goeddink as die dag kom.
>>>> Maar ek hou maar aan om vir hulle te verduidelik
>>>> hoekom die idee van oumenstehuise goed is, en praat
>>>> oor en oor van al die spannings wat mens op jou laai
>>>> deur 'n oumens in 'n huis vol jong kinders en 'n
>>>> vrou wat nog werk in te bring.
>>>>
>>>> Gloudina
>>>>
>>>
>>
>
Re: Ouetehuis [vervolg] [boodskap #72788 is 'n antwoord op boodskap #72784] Do, 30 Januarie 2003 08:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Is dit nou huur met alles ingesluit, of moes sy 'n eenheid koop, en dit is
die maandelikse heffing?
As dit eersgenoemde is, dan weet ek van 'n klomp oumense wat Windhoek -toe
gaan trek:))
Annette

"Suidwester" skryf in boodskap news:3e38e10a.0@news1.mweb.co.za...
> In 'n groot ouetehuis in Windhoek betaal 'n tannie wat ek ken so om en by
> R1800 per maand. Sy het haar eie klein wooneenheid, kry kos en versorging.
> Voor sy gegaan het [onder protes] het sy heeldag gesit en heen-en-weer wieg
> op haar stoel en so vol stront jy kan toor met haar. Vandag sal jy haar
> nie ken nie. Kinders wat te lank kuier word vinnig vertel dat hulle moet
> onthou sy's 'n besige vrou en kan nie heeldag sit en hanna-hanna nie!
> "Annette" wrote in message
> news:b1am5g$11770e$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Suidwester - miskien kan jy vir ons vertel hoeveel kos dit vir iemand in 'n
>> ouetehuis daar?
>> Ek hoor nou net van iemand wat twee oumense het wat net vir 'n maand 'n
>> plekkie soek by 'n versorgingsoord terwyl hulle versorgers 'n bietjie
>> ruskans vat - die enigste plek wat hulle kon kry wou R15000 vir die maand
>> hê.
>> Ek sê jou - die oumense word verskriklik uitgebuit.
>>
>> Annette
>>
>>
>> "Suidwester" wrote in message
>> news:3e38bb90.0@news1.mweb.co.za...
>>> Ek verskil met jou. Seker 90% van alle ou mense wil nie ouetehuis toe nie
>>> want hulle dink hulle gaan daar vergeet word. Die probleem is egter as
>>> hulle te lank by die kinders aan't huise bly, gaan die kinders op die ou end
>>> hulle dwing om ouetehuis toe te gaan omdat die situasie onhoudbaar geraak
>>> het en dan gaan hulle daar vergeet raak. Vir verstandige mense is daar
>>> altyd toegewings wat gemaak kan word. Vir elke mens is daar 'n tyd om te
>>> kom en 'n tyd om te gaan. Een en elke ou mens wat ek ken wat in 'n
>>> ouetehuis beland het, sê hulle is spyt dat hulle die verandering nie al
>>> lankal gemaak het nie. Saai vervelige dae het skielik vir hulle weer
>>> mening gekry. Oor die aanpas-probleem: Die mens is die mees aanpasbare
>>> wese op aarde. Jy moet hom net reg benader.
>>> "Annette" wrote in message
>>> news:b18rnl$10gaim$2@ID-92016.news.dfncis.de...
>>>> Aitsa!! Moet trou!
>>>> :))))
>>>>
>>>> Maar alle grappies op 'n stokkie - ek dink dit is 'n persoonlike saak - as
>>>> die oumens nie wil na 'n oumensoord nie, dan sal hy/sy nooit daar aanpas
>>>> nie.
>>>>
>>>> Annette
>>>>
>>>>
>>>> skryf in boodskap news:3E37EDD4.1000508@rogers.com...
>>>> >
>>>> > Suidwester wrote:
>>>> >
>>>> >
>>>> > > Nee wat, vir my is daar gaan ander opsie nie. Los die sorg vir die
>>>> > > professionele.
>>>> >
>>>> >
>>>> > Ja-nee, Suidwester, ek stem volmondig met jou
>>>> > saam. Ek probeer oor en oor vir my kinders belowe
>>>> > dat hulle my vroeg in 'n oumenstehuis moet sit.
>>>> > Beter nog, ek sal myself daarin sit as dit moontlik
>>>> > is. (Dis nou natuurlik as ek die langslewende is.
>>>> > My man is jonger as ek, maar hy hou vol hy gaan voor
>>>> > my. Ek dink hy is bang om alleen agter te bly. Ek
>>>> > vertel altyd vir hom hy sal binne 'n week na my dood
>>>> > weer moet trou.)
>>>> > Gewoonlik, as ek so praat, kyk ons oudste seun
>>>> > vir my aan asof hy besluit het dat ek onsin praat,
>>>> > en dat hy sal doen wat hy goeddink as die dag kom.
>>>> > Maar ek hou maar aan om vir hulle te verduidelik
>>>> > hoekom die idee van oumenstehuise goed is, en praat
>>>> > oor en oor van al die spannings wat mens op jou laai
>>>> > deur 'n oumens in 'n huis vol jong kinders en 'n
>>>> > vrou wat nog werk in te bring.
>>>> >
>>>> > Gloudina
>>>> >
>>>>
>>>
>>
>
Re: Ouetehuis [vervolg] [boodskap #72797 is 'n antwoord op boodskap #72788] Do, 30 Januarie 2003 09:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Sy het nie 'n eenheid gekoop nie. Nam toe trek? Weet jy hoe baie mense
wil hierheen trek daar van julle af? Ons regering speel egter nie saam
nie......

"Annette" skryf in boodskap news:b1aogl$112g3g$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Is dit nou huur met alles ingesluit, of moes sy 'n eenheid koop, en dit is
> die maandelikse heffing?
> As dit eersgenoemde is, dan weet ek van 'n klomp oumense wat Windhoek -toe
> gaan trek:))
> Annette
>
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:3e38e10a.0@news1.mweb.co.za...
>> In 'n groot ouetehuis in Windhoek betaal 'n tannie wat ek ken so om en by
>> R1800 per maand. Sy het haar eie klein wooneenheid, kry kos en versorging.
>> Voor sy gegaan het [onder protes] het sy heeldag gesit en heen-en-weer wieg
>> op haar stoel en so vol stront jy kan toor met haar. Vandag sal jy haar
>> nie ken nie. Kinders wat te lank kuier word vinnig vertel dat hulle moet
>> onthou sy's 'n besige vrou en kan nie heeldag sit en hanna-hanna nie!
>> "Annette" wrote in message
>> news:b1am5g$11770e$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>>> Suidwester - miskien kan jy vir ons vertel hoeveel kos dit vir iemand in 'n
>>> ouetehuis daar?
>>> Ek hoor nou net van iemand wat twee oumense het wat net vir 'n maand 'n
>>> plekkie soek by 'n versorgingsoord terwyl hulle versorgers 'n bietjie
>>> ruskans vat - die enigste plek wat hulle kon kry wou R15000 vir die maand
>>> hê.
>>> Ek sê jou - die oumense word verskriklik uitgebuit.
>>>
>>> Annette
>>>
>>>
>>> "Suidwester" wrote in message
>>> news:3e38bb90.0@news1.mweb.co.za...
>>>> Ek verskil met jou. Seker 90% van alle ou mense wil nie ouetehuis toe nie
>>>> want hulle dink hulle gaan daar vergeet word. Die probleem is egter as
>>>> hulle te lank by die kinders aan't huise bly, gaan die kinders op die ou end
>>>> hulle dwing om ouetehuis toe te gaan omdat die situasie onhoudbaar geraak
>>>> het en dan gaan hulle daar vergeet raak. Vir verstandige mense is daar
>>>> altyd toegewings wat gemaak kan word. Vir elke mens is daar 'n tyd om te
>>>> kom en 'n tyd om te gaan. Een en elke ou mens wat ek ken wat in 'n
>>>> ouetehuis beland het, sê hulle is spyt dat hulle die verandering nie al
>>>> lankal gemaak het nie. Saai vervelige dae het skielik vir hulle weer
>>>> mening gekry. Oor die aanpas-probleem: Die mens is die mees aanpasbare
>>>> wese op aarde. Jy moet hom net reg benader.
>>>> "Annette" wrote in message
>>>> news:b18rnl$10gaim$2@ID-92016.news.dfncis.de...
>>>> > Aitsa!! Moet trou!
>>>> > :))))
>>>> >
>>>> > Maar alle grappies op 'n stokkie - ek dink dit is 'n persoonlike saak - as
>>>> > die oumens nie wil na 'n oumensoord nie, dan sal hy/sy nooit daar aanpas
>>>> > nie.
>>>> >
>>>> > Annette
>>>> >
>>>> >
>>>> > skryf in boodskap news:3E37EDD4.1000508@rogers.com...
>>>> > >
>>>> > > Suidwester wrote:
>>>> > >
>>>> > >
>>>> > > > Nee wat, vir my is daar gaan ander opsie nie. Los die sorg vir die
>>>> > > > professionele.
>>>> > >
>>>> > >
>>>> > > Ja-nee, Suidwester, ek stem volmondig met jou
>>>> > > saam. Ek probeer oor en oor vir my kinders belowe
>>>> > > dat hulle my vroeg in 'n oumenstehuis moet sit.
>>>> > > Beter nog, ek sal myself daarin sit as dit moontlik
>>>> > > is. (Dis nou natuurlik as ek die langslewende is.
>>>> > > My man is jonger as ek, maar hy hou vol hy gaan voor
>>>> > > my. Ek dink hy is bang om alleen agter te bly. Ek
>>>> > > vertel altyd vir hom hy sal binne 'n week na my dood
>>>> > > weer moet trou.)
>>>> > > Gewoonlik, as ek so praat, kyk ons oudste seun
>>>> > > vir my aan asof hy besluit het dat ek onsin praat,
>>>> > > en dat hy sal doen wat hy goeddink as die dag kom.
>>>> > > Maar ek hou maar aan om vir hulle te verduidelik
>>>> > > hoekom die idee van oumenstehuise goed is, en praat
>>>> > > oor en oor van al die spannings wat mens op jou laai
>>>> > > deur 'n oumens in 'n huis vol jong kinders en 'n
>>>> > > vrou wat nog werk in te bring.
>>>> > >
>>>> > > Gloudina
>>>> > >
>>>> >
>>>>
>>>
>>
>
Re: Ouetehuis [vervolg] [boodskap #72837 is 'n antwoord op boodskap #72797] Do, 30 Januarie 2003 13:39 Na vorige boodskap
Thys de Wet  is tans af-lyn  Thys de Wet
Boodskappe: 211
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
So 'n bietjie die draad van die storie gevolg, en nou kan ek ok my stuiwer
hier in die armbeurs gooi.

My Pa was vir net meer as 2 jaar in 'n outehuis se siekeboeg waar hy
uitstekend versorg is tot sy dood. Ma het nog so onafhanklik soos die hel
in haar eie huis bly woon vir net minder as 'n jaar. Ons het later
agtergekom dat sy nie meer goed na haarself gekyk het nie. Sy was toe al so
by 83. 'n Galblaas operasie het haar toe platgetrek, en daar was toe plek
in die siekboeg vir haar tydens haar herstel periode. Terwyl sy nog daar
aangesterk het, het daar vir haar 'n kamer beskikbaar geraak. Onder protes
is sy daar in.
"Nee gats kind, 5 uur in die middag is dit al etenstyd. "Boardinghous" se
moses" was haar antwoord. Die geluk was dat sy en Pa toe altwee in
dieselfde tehuis was, en sy kon net wanneer sy wou, by hom gaan inloer (Hy't
aan Alzheimer se siekte en Parkinsons gelei) Na 4 maande was sy 'n ander
mens. Hekel en brei 'n hond uit 'n bos uit, en help die ander tannies met
hulle behoeftejies, en wat nog als.
Op 'n dag bel sy my en sê dat ons moet kom kyk wat ons in haar huis wil hê,
want sy gaan die huis opgee. Dit was seker vir haar een van die moeilikste
dae in haar lewe. Maar sy sit toe daar op die enigste stoel in haar half
leë huis, en die trane loop. Wat sê mens dan? Al wat ek kon sê was dat sy
so gelukkig is om die geleentheid te kan hê om haar huisraad en huisgoed te
kan gee vir die kinders en kleinkinders wat dit wil hê, en dat daar nie 'n
struweling oor tafels en stoele en kooie was nie. "Ka ka ka!" lag sy sommer
en daarmee was die saak afgehandel.

My dogter kom eendag na 'n kuiertjie by Ouma in die tehuis by ons aan, help
oorstelp. Sy't Ouma nog nooit so lekker hoor gesels en by haar gekuier nie.

Op die oomblik is ek en my vrou met haar ouers besig om deur dieselfde
proses te worstel: Skoonma se koppie wil-wil ook by tye sommer lekker
uithaak, en die afgelope vakansie was dit 'n skok om te moet sien dat sy nie
meer die onderskeid tussen 'n aartappel, ui en patat kon tref nie. Skoonpa
weer kwel hom so oor die geldjies dat hulle amper nie eens meer behoorlik
self kos aan koop nie. Intussen het vroulief maar sy geldsake deurgekyk en
toe sy vir hom wys hoeveel geld hy eintlik tot sy beskikking het, kon hy dit
nie glo nie. Sy moes hom dit drie maal weer verduidelik. Hy't ook nog
altyd die geldsake aan skoonma oorgelaat, en nou kan sy skaars een en twee
bymekaartel.

Hulle kry reeds 3 maal per week kos by die plaaslike ouetehuis, waar hulle
name ook op 'm waglys is vir 'n woonstel.

Die koste wissel. In skoonouers se geval is dit blykbaar soiets soos 80%
van hulle inkomste... My oudste broer hanteer Ma se sake so ek weet nie wat
sy tans moet betaal nie.

Is maar tragies om hulle so te sien oud word.
Iemand sê nou die dag: Ouderdom is nie vir sissies nie!

Thys op die Bos
Vorige onderwerp: SECURICOR PARK!
Volgende onderwerp: Hulp asseblief?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 12 03:38:35 MGT 2024