Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » RE: Namakwaland & oom Sampie se afskeidslied
RE: Namakwaland & oom Sampie se afskeidslied [boodskap #7268] Wo, 25 September 1996 00:00
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
|
| ___/////
| / \ /|
| / O \ \/ |
J > / /\ |
\_________/ \|
\\\
Ek kan dit darem nie laat verbygaan om te sê hoe mooi hierdie
gedig is wat Gloudina gepos het nie:
As ek sulke dinge lees wil ek sommer
my goed pak en teruggaan Suid Afrika toe.

> OOM SAMPIE SE AFSKEIDSLIED
> George Weideman
>
> dies my laaste sleepmiswinter
> die voornagwindjie stoot snaardun
> die ou blootsvoet se breivoetsole
> verlang vanaand 'n toemaakding
>
> dies my laaste sleepmiswinter
> ou bokveldsberg le^ dig toegedraai
> selfs hantam se uitsoekwaboomkole
> kon nog nie my vingers laat katspoor maak
>
> dies my laaste sleepmiswinter
> ek voel dit aan my opstaanseer:
> as die sleepmis weer so oor die sandveld streep
> is dit rus myn siel jou god is koning
> en ek le^ my hoof vir oulaaste neer.
>

Ek staan ook al hoe swaarder en stywer op elke oggend.
Word seker oud. Maar as ek dit kan help wil ek vir my
laaste winter in die Kaap wees.

Vriendelike groete
Vorige onderwerp: Herman Charles Bosman - Mynhardt / Mampoer
Volgende onderwerp: dom afrikaners
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 13 23:08:13 MGT 2024