Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » 'n Gedig van PETRA MULLER
'n Gedig van PETRA MULLER [boodskap #7250] Do, 19 September 1996 00:00 na volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Dit lyk of Afrikaners amper kompulsief veral in dig-
werk besig is met die vraag: hoe het ons hier te lande
gekom? Met wonder kyk hulle om hulle rond. Dit wat
hulle sien, wek hulle liefde. Hier is 'n gedig van PETRA
MULLER (uit "Obool", 1977.)

BOSMENS

Ons wat uit die gesellige laelande padgegee het
uit die dampkring van die herbergiers
- ons skepe vaamloos oor die see

Ons wat die oortog gemaak het
en onder die kantelende kruismas snags verbysterd
die sterre sien stroom het

Ons wat op 'n nuwe kontinent gewag het
en dit toe self kon werf -

Hier op die strand vol blouklip en suring staan ons
huisloos soos klipvolk soos die blootste strandmens
van die nuwe domein

Hoor jy hoe huil die jakkals ons aankomslied
Bou nou vir my die skerm:
skerm wat ook nooit die koue
van ons nuwe vaderland sal afkeer nie -

Hier waar ons intrek by die swart klippers
en die geradbraakte bome,
en maak ons toe met wolkies, wolkies,
want vannag sal dit oor ons ontblote liggaam dou.

Op die nuusgroep ingetik deur Gloudina Bouwer.
Re: 'n Gedig van PETRA MULLER [boodskap #7256 is 'n antwoord op boodskap #7250] Vr, 20 September 1996 00:00 Na vorige boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article , tho...@demog.qal.berkeley.edu says...
>
> In article , Izak Bouwer wrote:
>>
>>
>> Ons wat op 'n nuwe kontinent gewag het
>> en dit toe self kon werf -
>>
>
> Glo jy nie dis 'n effens problematiese strofe nie?
>
> Tom
>
> --
> =======================================================
> E. Tom Thomas a luta continua
> Anthropology and Public Health, UC Berkeley
> =======================================================

Ja, problematies is dit wel. Die enigste manier waarop
ek sin daarvan kan maak, is om te verstaan dat die skryf-
ster bedoel dat die mense van die laelande, wat op die
strande aangekom het, net so nakend en weerloos was as
die Strandlopers, die Boesmans, wat hulle daar op die
strande ontmoet het. En dat, in die finale analise, albei
groepe dus een was, vir altyd daarna inwoners van dieself-
de subkontinent.
Die skryfster moes, om 'n mens te help, as titel myns
insiens "Boesmans" gekies het, en nie die totaal mislei-
dende "Bosmens" nie. Sy wou seker polities-korrek wees.
Ek vind dit jammer dat die Afrikaanse woorde Boesman,
Hottentot en kaffer nou soveel negatiewe kleur aangeneem
het. Ek hoop dat hulle nooit sal verdwyn in die woorde
Boesmansrivier, Hottentotsgot en kafferboom nie. Ek weet
'n kafferboom word in Natal "umsinsi" genoem, maar vir
my beskryf alleen die woord "kafferboom" daardie boom met
die vuurrooi pyle in al sy intensheid en viriliteit.

Gloudina Bouwer
Re: 'n Gedig van PETRA MULLER [boodskap #7257 is 'n antwoord op boodskap #7250] Vr, 20 September 1996 00:00 Na vorige boodskap
Elmar Thomas  is tans af-lyn  Elmar Thomas
Boodskappe: 13
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
In article , Izak Bouwer wrote:
>
>
> Ons wat op 'n nuwe kontinent gewag het
> en dit toe self kon werf -
>

Glo jy nie dis 'n effens problematiese strofe nie?

Tom

--
=======================================================
E. Tom Thomas a luta continua
Anthropology and Public Health, UC Berkeley
=======================================================
Vorige onderwerp: Op soek na gedig - Amakeia
Volgende onderwerp: 'n Gedig van HENNING PIETERSE
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 12:06:31 MGT 2024