Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Veiligheid & wapens » Die Afrikaner: Blankes word ontwapen
Die Afrikaner: Blankes word ontwapen [boodskap #7224 is 'n antwoord op boodskap #7225] Vr, 13 September 1996 00:00
Herstigte Nasionale P[1]  is tans af-lyn  Herstigte Nasionale P[1]
Boodskappe: 38
Geregistreer: Junie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Die Afrikaner is die mondstuk van die Herstigte Nasionale Party. Die nuutste
Internet-uitgawe is nou beskikbaar by:

http://www.hnp.org.za/afrikaner

************************************************************ ****

Blankes word ontwapen

WETTIGE wapeneienaars mag nie meer hulle wapens tydens openbare
geleenthede dra nie. Dit is die betekenis van wetgewing wat
sopas in die Staatskoerant van 2 September gepubliseer is.
Wat hierdie toedrag van sake so ontstellend maak, is die wyse
waarop dit deurgestoomroller is en as gevolg waarvan talle
maatreëls deurgeglip het sonder dat dit ordentlik oorweeg is.
Die implikasies vir mense wat die behoefte voel om hulleself te
beskerm teen die wetteloosheid en ordeloosheid waardeur die
samelewing gekenmerk word, word deur hierdie bepalings van hulle
goeie reg ontneem. Inderdaad kom dit op niks anders neer as die
ontwapening van die wetsgehoorsame burgers van hierdie land nie.
Wat hierdie bepalings soveel meer tragies maak, is die geweld
in die land wat steeds eskaleer, en dikwels uitloop op die
vergieting van bloed van onskuldiges, soos in die geval van
motorkapings en soveel ander misdade.
Die bepalings van die wet kom daarop neer dat die vuurwapen van
enigeen wat dit tydens 'n openbare geleentheid dra, gekonfiskeer
kan word. Daarna kan so 'n persoon onbevoeg verklaar word om 'n
wapen te besit.
Die implikasies hiervan is dat waar twee of meer persone saam
verkeer, en een het 'n vuurwapen, dit onder hierdie nuwe
bepalings gekonfiskeer kan word as gevolg van die defini‰ring van
'n "openbare geleentheid". Die wet beskryf so-iets as 'n
geleentheid waar twee of meer as twee mense in 'n openbare plek
bymekaarkom vir 'n gemeenskaplike doel.
Die SA Geweereienaarsvereniging het op 'n paar implikasies van
hierdie wetgewing gewys wat die absurditeit daarvan onderstreep.
Jagters wat 'n jagvergadering bywoon, is uitgesluit van die
bepalings van die wet. Maar as hulle op 'n gesamentlike jagtog
vertrek, is die bepalings van die wet op hulle van toepassing.
Netso word geweerversamelaars toegelaat om na 'n
geweerversamelingsbyeenkoms te gaan, maar as hulle 'n geweerskou
bywoon, kan hulle weer vervolg word.
Voorts wys hulle daarop as twee mense in 'n koffiekroeg gaan
sit om 'n gemeenskaplike saak te bespreek, en hulle is gewapen,
oortree hulle die wet, en kan hulle wapens gekonfiskeer word, en
hulle onbevoeg verklaar word om wapens te besit.
Die gevolgtrekking wat gemaak word, is dat die wetgewers nie
die saak deeglik deurdink het nie, en hals-oor-kop opgetree het.
Sodoende is mense wat dit nodig ag om wapens te dra vir eie
beskerming, uitgelewer aan die bepalings van die nuwe wet.
Iemand wat van die platteland kom om 'n openbare geleentheid
by te woon, verkeer tans in 'n yslike verknorsing. Hy mag nie
die wapen dra tydens die byeenkoms nie, want dit is teen die wet.
Hy mag ook nie die wapen in sy voertuig laat nie, want dit is ook
teen die wet. Daar is dus niks wat hy wettiglik met sy wapen mag
doen onder sodanige omstandighede nie.
Terwyl daar so hardvogtig opgetree word teen mense wat
wettiglik gelisensieerde wapens besit, word die misdade wat met
onwettige, ongelisensieerde wapens gepleeg word, al meer. Die
situasie in Suid-Afrika word al gevaarliker, terwyl mense wat
binne die wet optree, al meer as misdadigers gebrandmerk word.
Die gevoel onder wettige wapeneienaars neem toe dat daar teen
wetsgehoorsame burgers gediskrimineer word terwyl geharde
misdadigers toegelaat word om ongestoord hulle bedrywighede voort
te sit. Hulle wys daarop dat misdaad nie met wettig
gelisensieerde wapens gepleeg word nie, maar met gesteelde
onwettige wapens. Daarom vra hulle waarom wetgewing teen hulle
aangeneem word. Intussen kan dit gebeur dat hulle deur rowers
of kapers met onwettige wapens bedreig word, terwyl hulle hulle
wapens moes tuis los omdat hulle na 'n openbare geleentheid op
pad was.
Dit sal uiters insiggewend wees om te sien hoe daar opgetree
word teen Dan Mofokeng wat 'n gelisensieerde wapen onversorg laat
rondlê het op 'n spieëltafel, en 'n ongelisensieerde,
onlisensieerbare wapen in sy hangkas gehad het. In hierdie geval
is letterlik alle wetsbepalings oor wapenbesit oortree.
Daar word verwag dat hierdie bepaling oor die dra van wapens
in die openbaar, slegs 'n eerste stap is om die Blanke geleidelik
te ontwapen.
Re: Die Afrikaner: Blankes word ontwapen [boodskap #7225 is 'n antwoord op boodskap #7224] Vr, 13 September 1996 00:00 Na vorige boodskap
Johan van Vollenhoven  is tans af-lyn  Johan van Vollenhoven
Boodskappe: 28
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Junior Lid
Herstigte Nasionale Party/ Die Afrikaner wrote:
>
> Die Afrikaner is die mondstuk van die Herstigte Nasionale Party. Die nuutste
> Internet-uitgawe is nou beskikbaar by:
>
> http://www.hnp.org.za/afrikaner
>
> ************************************************************ ****
>
> Blankes word ontwapen
>
> WETTIGE wapeneienaars mag nie meer hulle wapens tydens openbare
> geleenthede dra nie. Dit is die betekenis van wetgewing wat
> sopas in die Staatskoerant van 2 September gepubliseer is.
> Wat hierdie toedrag van sake so ontstellend maak, is die wyse
> waarop dit deurgestoomroller is en as gevolg waarvan talle
> maatre‰ls deurgeglip het sonder dat dit ordentlik oorweeg is.
> Die implikasies vir mense wat die behoefte voel om hulleself te
> beskerm teen die wetteloosheid en ordeloosheid waardeur die
> samelewing gekenmerk word, word deur hierdie bepalings van hulle
> goeie reg ontneem. Inderdaad kom dit op niks anders neer as die
> ontwapening van die wetsgehoorsame burgers van hierdie land nie.
> Wat hierdie bepalings soveel meer tragies maak, is die geweld
> in die land wat steeds eskaleer, en dikwels uitloop op die
> vergieting van bloed van onskuldiges, soos in die geval van
> motorkapings en soveel ander misdade.
> Die bepalings van die wet kom daarop neer dat die vuurwapen van
> enigeen wat dit tydens 'n openbare geleentheid dra, gekonfiskeer
> kan word. Daarna kan so 'n persoon onbevoeg verklaar word om 'n
> wapen te besit.
> Die implikasies hiervan is dat waar twee of meer persone saam
> verkeer, en een het 'n vuurwapen, dit onder hierdie nuwe
> bepalings gekonfiskeer kan word as gevolg van die defini‰ring van
> 'n "openbare geleentheid". Die wet beskryf so-iets as 'n
> geleentheid waar twee of meer as twee mense in 'n openbare plek
> bymekaarkom vir 'n gemeenskaplike doel.
> Die SA Geweereienaarsvereniging het op 'n paar implikasies van
> hierdie wetgewing gewys wat die absurditeit daarvan onderstreep.
> Jagters wat 'n jagvergadering bywoon, is uitgesluit van die
> bepalings van die wet. Maar as hulle op 'n gesamentlike jagtog
> vertrek, is die bepalings van die wet op hulle van toepassing.
> Netso word geweerversamelaars toegelaat om na 'n
> geweerversamelingsbyeenkoms te gaan, maar as hulle 'n geweerskou
> bywoon, kan hulle weer vervolg word.
> Voorts wys hulle daarop as twee mense in 'n koffiekroeg gaan
> sit om 'n gemeenskaplike saak te bespreek, en hulle is gewapen,
> oortree hulle die wet, en kan hulle wapens gekonfiskeer word, en
> hulle onbevoeg verklaar word om wapens te besit.
> Die gevolgtrekking wat gemaak word, is dat die wetgewers nie
> die saak deeglik deurdink het nie, en hals-oor-kop opgetree het.
> Sodoende is mense wat dit nodig ag om wapens te dra vir eie
> beskerming, uitgelewer aan die bepalings van die nuwe wet.
> Iemand wat van die platteland kom om 'n openbare geleentheid
> by te woon, verkeer tans in 'n yslike verknorsing. Hy mag nie
> die wapen dra tydens die byeenkoms nie, want dit is teen die wet.
> Hy mag ook nie die wapen in sy voertuig laat nie, want dit is ook
> teen die wet. Daar is dus niks wat hy wettiglik met sy wapen mag
> doen onder sodanige omstandighede nie.
> Terwyl daar so hardvogtig opgetree word teen mense wat
> wettiglik gelisensieerde wapens besit, word die misdade wat met
> onwettige, ongelisensieerde wapens gepleeg word, al meer. Die
> situasie in Suid-Afrika word al gevaarliker, terwyl mense wat
> binne die wet optree, al meer as misdadigers gebrandmerk word.
> Die gevoel onder wettige wapeneienaars neem toe dat daar teen
> wetsgehoorsame burgers gediskrimineer word terwyl geharde
> misdadigers toegelaat word om ongestoord hulle bedrywighede voort
> te sit. Hulle wys daarop dat misdaad nie met wettig
> gelisensieerde wapens gepleeg word nie, maar met gesteelde
> onwettige wapens. Daarom vra hulle waarom wetgewing teen hulle
> aangeneem word. Intussen kan dit gebeur dat hulle deur rowers
> of kapers met onwettige wapens bedreig word, terwyl hulle hulle
> wapens moes tuis los omdat hulle na 'n openbare geleentheid op
> pad was.
> Dit sal uiters insiggewend wees om te sien hoe daar opgetree
> word teen Dan Mofokeng wat 'n gelisensieerde wapen onversorg laat
> rondlê het op 'n spieëltafel, en 'n ongelisensieerde,
> onlisensieerbare wapen in sy hangkas gehad het. In hierdie geval
> is letterlik alle wetsbepalings oor wapenbesit oortree.
> Daar word verwag dat hierdie bepaling oor die dra van wapens
> in die openbaar, slegs 'n eerste stap is om die Blanke geleidelik
> te ontwapen.

Miskien moet die HNP ook maar net kyk waarheen hy hierdie advertensie vir
sy Internet weergawe van Die Afrikaner stuur. Volgens my definisie van
die nuusgroewe wat daar bestaan, hoort die inligting by za.politics of
selfs by za.ads.misc, maar nie regtig by die
soc.culture.south-africa.afrikaans nie. Hang seker maar af hoe breed jou
definisie van kultuur is - as dit die oorkoepelende definisie is van dat
alles wat die mens self uitgedink en geskep het om sy eie lewe op aarde
op te gradeer en te verryk, hetsy in globale verband en/of binne 'n
eie groep, dan kan enige persoon maar oor enige onderwerp hier skryf en
adverteer.

Groetnis tot 'n volgende keer.
Vorige onderwerp: Aandag ouers!Belgiese polisie soek hulp!
Volgende onderwerp: Wat van wapenbesit?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 19:40:34 MGT 2024