Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Jan Taljaard van Beeld stem saam met my:))
Jan Taljaard van Beeld stem saam met my:)) [boodskap #72224] Di, 21 Januarie 2003 09:32
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Wêreldvrede is Mej. Daggablaar se erns
Sedert die afgelope vakansie het ek 'n nare ding oor skoonheidskompetisies
waarin die vleeslike ten koste van ander voortreflikhede of stremminge
opgehemel word.
In ons toenemend egalitariese gemeenskap is dié soort kompetisies
waarskynlik nog die laaste bastion van 'n argaïese lewensuitkyk waarvolgens
'n belemmerde nie ook 'n ernstige aanspraakmaker kan word nie.
'n Mens het deesdae 'n baie beter kans om 'n ordentlike werk los te slaan as
jy amptelik onnosel, half ongeletterd of selfs 'n vrou is.
Die sportwêreld sukkel nog effens hiermee, maar eersdaags behoort daar ook
vir ons lomperds plek te wees in 'n Springbokspan.
Maar as jy lelik is, is jy lelik.
As jy soos Quasimodo by die uitdunrondes van 'n skoonheidskompetisie
aangeboggel kom, moet jy maar weet daar is geen gelykberegtigingsbeampte wat
jou met ope arms gaan ontvang nie.
Dis sommer ook bog dat dit deesdae meer oor persoonlikheid gaan. Al wat jy
moet doen, is om iets oor wêreldvrede te prewel en dat jy in jou
kroningsjaar êrens opheffingswerk wil doen.
Kan jy jou voorstel dat George W. Bush in die aand lê en rondrol net omdat
agt uit die tien finaliste van Mej. Okefenokee Moerasland aangedui het dat
hul grootste wens vrede op aarde is?
Hoekom so besonder bitsig? Want die aaklige onreg van mooi teenoor lelik het
ek die vakansie aan eie lyf gevoel toe ek die slag op die strand hoopvol
naderstaan om vir die Mnr. Spiertier-titel geweeg te word.
"Ouboet," sê die organiseerder toe vir my, "die ry vir Mnr. Boepens is daai
kant toe."
My besware dat ek werklik ernstig is oor wêreldvrede, het op dowe ore geval.

As 'n mens so letterlik in jou onaansienlike gevreet gevat word, is dit
bykans noodwendig dat jy jou aansienlike gewig agter die ondergrondse
neiging vir alternatiewe skoonheidskompetisies gaan begin gooi.
Sê het boere in Noorweë onlangs besluit om 'n skoonheidskompetisie vir regte
koeie aan te bied. Beoordelaars kyk na die lyf en uier en grond hul
beslissing op dié voortreflikhede. 'n Onophoudelike gebulk oor iets wat na
wêreldvrede klink, maak g'n jota of tittel saak nie.
Selfs beter is die kompetisie in Thailand waarvan ek vandeesweek oor die
radio gehoor het. Om as Mej. Besope Thailand gekies te word, moet jy vir 20
minute so straf as moontlik drink en dan nog op jou voete wees terwyl jy
iets samehangends oor wêreldvrede probeer kwytraak.
Daarin lê mos nou baie moontlikhede tot voordeel van die toeskouers
opgesluit.
Op dieselfde patroon sal die kandidate vir Mej. Brandewyn mekaar ná 'n ruk
letterlik die hare invlieg, terwyl Mej. Ecstasy se hoopvolles mekaar
waarskynlik liefderyk op die verhoog gaan begin betas en nie omgee wie wen
nie.
Nog beter: Mej. Daggablaar gaan werklik ernstig wees as sy besin oor vrede
op aarde en 'n welbehae in - ag - sommer al die ander deelnemers, die
beoordelaars, die mensdom, die natuur en, hei man, alles wat mooi is.
Vorige onderwerp: Lekker verjaar!
Volgende onderwerp: Bevordering vir Idi
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 05 07:44:24 MGT 2024