Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » 'n Gedig van GEORGE WEIDEMAN
'n Gedig van GEORGE WEIDEMAN [boodskap #7197] Di, 10 September 1996 00:00 na volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In sekere dele van Namakwaland is die reenval baie skaars,
somtyds net omtrent 50 mm per jaar. Daar is egter nog 'n ander
manier waarop vog die plante bereik. Lug wat vanuit die weste
oor die baie koue Benguela seestroom waai, word gekondenseer
tot 'n digte mis wanneer dit oor die land begin beweeg. Dis hier-
van wat daar in die volgende gedig gepraat word:

OOM SAMPIE SE AFSKEIDSLIED
George Weideman

dies my laaste sleepmiswinter
die voornagwindjie stoot snaardun
die ou blootsvoet se breivoetsole
verlang vanaand 'n toemaakding

dies my laaste sleepmiswinter
ou bokveldsberg le dig toegedraai
selfs hantam se uitsoekwaboomkole
kon nog nie my vingers laat katspoor maak

dies my laaste sleepmiswinter
ek voel dit aan my opstaanseer:
as die sleepmis weer so oor die sandveld streep
is dit rus myn siel jou god is koning
en ek le my hoof vir oulaaste neer.

Sommige jare kry die Namakwaland egter baie meer reen
as gewoonlik. Dis wanneer die reen wat in die Boland val
gedurende die winter, verder as gewoonlik na die noorde
val. Dis daardie jare wanneer daar velde en velde blomme
in Namakwaland staan. En as die winterreen nog verder
noord val ook in die Boesmanland, dan is daar klein wit
blommetjies oral in die skaduwees van die rotse in die
lente, en die driedorings blom vir die eerste keer in baie jare.

Gloudina Bouwer
Re: 'n Gedig van GEORGE WEIDEMAN [boodskap #7207 is 'n antwoord op boodskap #7197] Wo, 11 September 1996 00:00 Na vorige boodskap
Elmar Thomas  is tans af-lyn  Elmar Thomas
Boodskappe: 13
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
In article , Izak Bouwer wrote:
>
> In sekere dele van Namakwaland is die reenval baie skaars,
> somtyds net omtrent 50 mm per jaar. Daar is egter nog 'n ander
> manier waarop vog die plante bereik. Lug wat vanuit die weste
> oor die baie koue Benguela seestroom waai, word gekondenseer
> tot 'n digte mis wanneer dit oor die land begin beweeg. Dis hier-
> van wat daar in die volgende gedig gepraat word:

Ai - met al die gedigte sal my heimwee nooit bedaar nie. Al is
die Noord-Kaap ook vrek-koud in die winter, is die skouspel van
blommetjies te lieflik vir woorde. Maar soms kan die wintertyd
ook 'n bietjie minder aantreklik wees:

DIE SOMER IS VERBY (Koos du Plessis)

Daar was 'n vroeer tyd van drome droom,
van vlinders jag, van boom tot boom,
van stil beloftes om die storievuur.
Onthou jy? Iemand het geglimlag,
iemand het geweet
dat jy en ek tog iewers, eendag,
alles sou vergeet.

En nou's daar niks wat ek kan doen nie,
niks kan ons versoen nie,
dis reeds diep in Junie,
die somer is verby.

Want tyd is wind en wind is, nes 'n kind,
op soek na iets, iets ver en nuut,
en so raak hy uiteindelik verdwaal.
En daardie aand toe ek tot siens se,
die rook ons half verblind,
en jy jou wereld in my hand le,
was ek net 'n kind.

En nou's daar niks wat ek kan doen nie,
niks kan ons versoen nie,
dis reeds diep in Junie,
ons somer is verby...

Vasbyt,
Tom

--
=======================================================
E. Tom Thomas a luta continua
Anthropology and Public Health, UC Berkeley
=======================================================
Vorige onderwerp: Twee gedigte van HENNING PIETERSE
Volgende onderwerp: 'n Gedig van GEORGE WEIDEMAN oor 'n Sonbesie.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 20:00:19 MGT 2024