Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Roofkopie - vervolg
Roofkopie - vervolg [boodskap #71928] Di, 14 Januarie 2003 18:51 na volgende boodskap
pete[3]  is tans af-lyn  pete[3]
Boodskappe: 11
Geregistreer: Januarie 2003
Karma: 0
Junior Lid
Julle mis die punt - is 86% wins geregverdig - veral as jy die kompetisie so
dooddruk dat dit hofsake kos om jou te stop?

Hulle het Maandagmiddag 'n stukkie op RSG gehad waar 'n kundige van Unisa
verduidelik het dat Micro$oft eintlik die hofsaak verloor het. Die M$
bemarkingsmasjien het dinge egter so geplooi dat Jan Alleman dink hulle het
die saak gewen.

Blykbaar is databasisse groot geld in die sagteware- en aanlynbedrywe. Jou
gevolglike vermoee (ja, ek weet) om daaraan te koppel kan jou besigheid maak
of breek. M$ is nou verplig om 'n Java koppelvlak te verskaf sodat ander
eksterne databasisse ook gebruik kan word. M$ het dit hewig teengestaan want
Java is "freeware" en hulle (M$) wil eerder die verbruiker laat opdok vir
databasis koppelvlakke.

So is my arme mede-Afrikaner gebreinspoel. Dit moet die Eskoms en die
Telkoms wees want hulle is heeltemal tevrede met 'n 86% winsmarge.

Gepraat van Toyota - Brand Pretorius (ex-Toyota) het sy kommer uitgespreek
oor die volgehoue prysstygings van nuwe motors. Statistieke wys klaar op 'n
voortdurende daling van nuwe voertuigaankope.

IS 86% WINS GEREGVERDIG?
Re: Roofkopie - vervolg [boodskap #71930 is 'n antwoord op boodskap #71928] Di, 14 Januarie 2003 19:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Joe de Beer  is tans af-lyn  Joe de Beer
Boodskappe: 20
Geregistreer: Junie 1997
Karma: 0
Junior Lid
"pete" skryf in boodskap news:b01m6n$142$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Julle mis die punt - is 86% wins geregverdig - veral as jy die kompetisie so
> dooddruk dat dit hofsake kos om jou te stop?
>
> Hulle het Maandagmiddag 'n stukkie op RSG gehad waar 'n kundige van Unisa
> verduidelik het dat Micro$oft eintlik die hofsaak verloor het. Die M$
> bemarkingsmasjien het dinge egter so geplooi dat Jan Alleman dink hulle het
> die saak gewen.
>
> Blykbaar is databasisse groot geld in die sagteware- en aanlynbedrywe. Jou
> gevolglike vermoee (ja, ek weet) om daaraan te koppel kan jou besigheid maak
> of breek. M$ is nou verplig om 'n Java koppelvlak te verskaf sodat ander
> eksterne databasisse ook gebruik kan word. M$ het dit hewig teengestaan want
> Java is "freeware" en hulle (M$) wil eerder die verbruiker laat opdok vir
> databasis koppelvlakke.
>
> So is my arme mede-Afrikaner gebreinspoel. Dit moet die Eskoms en die
> Telkoms wees want hulle is heeltemal tevrede met 'n 86% winsmarge.
>
> Gepraat van Toyota - Brand Pretorius (ex-Toyota) het sy kommer uitgespreek
> oor die volgehoue prysstygings van nuwe motors. Statistieke wys klaar op 'n
> voortdurende daling van nuwe voertuigaankope.
>
> IS 86% WINS GEREGVERDIG?
>

Moontlik nie, die winsgrens in n kroeg is selfs nog meer ....

Joeboy
Re: Roofkopie - vervolg [boodskap #71935 is 'n antwoord op boodskap #71928] Di, 14 Januarie 2003 22:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek persoonlik dink Bill Gates is 'n slim besigheidsman wat 'n "gap" in die
mark gesien het en dit gevat het. Nou dat hy 'n biljoenêr is wil almal die
man probeer dood squash, maar almal vergeet dat die man werk verskaf aan
duisende mense en dat hy ook aan sy werkgewers aandele gee in MS. Toe hy
niks was, en gesukkel het om sy besigheidjie aan die gang te kry het almal
vir hom gelag - en kyk nou!
Ek stem saam dat die maatskappye (en dis nie net MS nie hoor?) hulle pryse
moet afbring, sodoende sal hulle dalk meer produkte verkoop, maar so lank
piracy aan die orde van die dag is sal dit nie gebeur nie! Die enigste rede
hoekom almal op MS fokus wanneer dit by winsgrense kom, is omdat hulle groot
en bekend is, maar hulle pryse het reeds gedaal van 'n paar jaar terug se
pryse.
En as jy so wil moan oor MS kry vir jou Linux - dis VERNIET!!! En jy kan
selfs 'n klompie games soos Doom vir Linux kry. Daar is ook sagteware
pakkete soos Star Office en Gimp ('n tekenprogram) beskikbaar teen 'n
fraksie van die koste verbonde aan Photoshop en MS Office. Jy kan Linux
(Mandrake, Red Hat, Suse, ens) download van die Internet af, of as jy wil,
en jy't 'n paar rand, kan jy dit by Incredible Connection gaan koop vir
enigiets van R350 - R1200 afhangende van die weergawe wat jy wil hê. Linux
het in elk geval minder probleme as Windows, is baie meer stabiel, het nie
naastenby so baie "system resources" nodig soos Windows nie en is baie
kragtig selfs IBM het oorgeslaan na Linux Servers toe. Jy moet natuurlik 'n
bietjie kennis hê van rekenaars voordat jy dit install, en as jy nie weet
wat jy doen nie, kan jy nogal sukkel met Linux - maar dis die beste manier
om 'n nuwe program te leer ken.

Elaine

"pete" skryf in boodskap news:b01m6n$142$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Julle mis die punt - is 86% wins geregverdig - veral as jy die kompetisie so
> dooddruk dat dit hofsake kos om jou te stop?
>
> Hulle het Maandagmiddag 'n stukkie op RSG gehad waar 'n kundige van Unisa
> verduidelik het dat Micro$oft eintlik die hofsaak verloor het. Die M$
> bemarkingsmasjien het dinge egter so geplooi dat Jan Alleman dink hulle het
> die saak gewen.
Re: Roofkopie - vervolg [boodskap #71938 is 'n antwoord op boodskap #71935] Di, 14 Januarie 2003 23:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Elaine wrote:

Toe hy
> niks was, en gesukkel het om sy besigheidjie aan die gang te kry het almal
> vir hom gelag - en kyk nou!

Verskoon my asseblief, maar Bill Gates was
nooit "niks" nie. Sy ma was 'n persoonlike
vriendin van die toentertydse hoof van IBM
en het hom oorreed om vir haar seun Bill en
sy vriend Paul die kontrak te gee om vir IBM se
persoonlike rekenaars 'n platform of soiets
te ontwikkel, and the rest is history.

Tant Hessie Red Hat (goeie Kanadese firma.)
Re: Roofkopie - vervolg [boodskap #71940 is 'n antwoord op boodskap #71938] Wo, 15 Januarie 2003 01:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
As jy so sê dan is dit seker so :o).
Hy't DOS by 'n onbekende programmeerder gekoop en weer aan IBM verkoop vir
miljoene - die eerste PC met DOS op het in 1981 uitgekom, COBOL, BASIC (Bill
en Paul Allen se eerste programmeringstaal) en PASCAL was ook op die PC
gewees. Maak nie saak hoe hy die kontrak by IBM gekry het nie - die man het
van nêrens gekom, die wêreld verbaas en eerste in die mark gespring met 'n
lekker "user-friendly" program soos Windows. Hy't die gap gesien, hy't hom
gevat, hy't 'n biljoenêr geword, om nou daaroor te tjank gaan niemand
enigiets in die sak bring nie. Ek's nie 'n fan van MS nie, maar gee die
duiwel wat hom toekom.

Is jy dalk onder die indruk dat Red Hat Linux 'n Kanadese firma is?

Elaine

wrote:

Sy ma was 'n persoonlike
> vriendin van die toentertydse hoof van IBM
> en het hom oorreed om vir haar seun Bill en
> sy vriend Paul die kontrak te gee om vir IBM se
> persoonlike rekenaars 'n platform of soiets
> te ontwikkel, and the rest is history.
>
> Tant Hessie Red Hat (goeie Kanadese firma.)
>
Re: Roofkopie - vervolg [boodskap #71945 is 'n antwoord op boodskap #71940] Wo, 15 Januarie 2003 03:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Elaine wrote:

> Is jy dalk onder die indruk dat Red Hat Linux 'n Kanadese firma is?

Red Hat mag nou net in die VSA sy domisiel
hê, maar dis deur 'n jong Kanadees begin, wat
die geld by sy tante geleen het om dit te begin.
Hy het haar terugbetaal in aandele in die
maatskappy. Sy het die aandele verkoop op 'n
stadium toe die aandele se prys baie hoog was.
( Ek dink dit gaan nie meer so goed met die
firma nie.) Die tante het besluit dat sy net die
geld wat sy vir hom geleen het, sou aftrek van
haar profyt, en het toe die res van die geld
(dertig miljoen dollar) aan, dink ek, McMaster
Universiteit in Hamilton, Ontario geskenk.( Miskien
was dit nie die Universiteit nie, maar die
Universiteitshospitaal, of soiets.)
McMaster Universiteit is 'n wêreldberoemde
Universiteit. Hulle is in besit van die grootste
snitte van Einstein se brein.

Gloudina
Re: Roofkopie - vervolg [boodskap #71948 is 'n antwoord op boodskap #71945] Wo, 15 Januarie 2003 04:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Op 'n positiewe noot - wie op die ng dra kenis/ervaring van/met LINDOWS.
skryf in boodskap news:3E24D245.5040109@rogers.com...
>
> Elaine wrote:
>
>
>> Is jy dalk onder die indruk dat Red Hat Linux 'n Kanadese firma is?
>
> Red Hat mag nou net in die VSA sy domisiel
> hê, maar dis deur 'n jong Kanadees begin, wat
> die geld by sy tante geleen het om dit te begin.
> Hy het haar terugbetaal in aandele in die
> maatskappy. Sy het die aandele verkoop op 'n
> stadium toe die aandele se prys baie hoog was.
> ( Ek dink dit gaan nie meer so goed met die
> firma nie.) Die tante het besluit dat sy net die
> geld wat sy vir hom geleen het, sou aftrek van
> haar profyt, en het toe die res van die geld
> (dertig miljoen dollar) aan, dink ek, McMaster
> Universiteit in Hamilton, Ontario geskenk.( Miskien
> was dit nie die Universiteit nie, maar die
> Universiteitshospitaal, of soiets.)
> McMaster Universiteit is 'n wêreldberoemde
> Universiteit. Hulle is in besit van die grootste
> snitte van Einstein se brein.
>
> Gloudina
>
Re: Roofkopie - vervolg [boodskap #71950 is 'n antwoord op boodskap #71928] Wo, 15 Januarie 2003 05:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Nee vriend, jy probeer jou aksies regverdig! Dis mos 'n vrye ou wêreld,
hm? As jy nie hou van Windows se winsmarge nie, dan kry jy vir jou iets
anders, maar dit gee jou steeds nie die reg om dit te steel nie. Dis
presies die verbruiker se verweer.....as 'n ding te duur word, dan koop jy
dit eenvoudig nie en dan sal die mark die verkoper druk om sy pryse meer
realisties te maak. Sal ek egter vir jou die waarheid vertel? 95% van
die mense wat Windows gebruik kan of wil nie iets anders gebruik nie en
daarom het hulle geen reg om te kla oor die pryse nie. Dit was hulle keuse
om te koop.
Verder, besigheid is besigheid en as jy nou self in besigheid was [wat
jy duidelik nie is nie], dan sou jy verstaan dat die ideale prys vir jou
produk net R1 minder is as wat die publiek bereid is om daarvoor te betaal.
Mens is nie in besigheid vir liefde nie en as jy bankrot speel sal die
publiek nie een Rand bydra om jou te help nie.

"pete" skryf in boodskap news:b01m6n$142$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Julle mis die punt - is 86% wins geregverdig - veral as jy die kompetisie so
> dooddruk dat dit hofsake kos om jou te stop?
>
> Hulle het Maandagmiddag 'n stukkie op RSG gehad waar 'n kundige van Unisa
> verduidelik het dat Micro$oft eintlik die hofsaak verloor het. Die M$
> bemarkingsmasjien het dinge egter so geplooi dat Jan Alleman dink hulle het
> die saak gewen.
>
> Blykbaar is databasisse groot geld in die sagteware- en aanlynbedrywe. Jou
> gevolglike vermoee (ja, ek weet) om daaraan te koppel kan jou besigheid maak
> of breek. M$ is nou verplig om 'n Java koppelvlak te verskaf sodat ander
> eksterne databasisse ook gebruik kan word. M$ het dit hewig teengestaan want
> Java is "freeware" en hulle (M$) wil eerder die verbruiker laat opdok vir
> databasis koppelvlakke.
>
> So is my arme mede-Afrikaner gebreinspoel. Dit moet die Eskoms en die
> Telkoms wees want hulle is heeltemal tevrede met 'n 86% winsmarge.
>
> Gepraat van Toyota - Brand Pretorius (ex-Toyota) het sy kommer uitgespreek
> oor die volgehoue prysstygings van nuwe motors. Statistieke wys klaar op 'n
> voortdurende daling van nuwe voertuigaankope.
>
> IS 86% WINS GEREGVERDIG?
>
Re: Roofkopie - vervolg [boodskap #71955 is 'n antwoord op boodskap #71945] Wo, 15 Januarie 2003 08:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Okay, want volgens hulle programme en web site is hulle 'n Amerikaanse
maatskappy :)) Die maatskappy self doen goed, hulle is gelys op NASDAQ en
op die oomblik verkoop hulle aandele teen $6.38 - hulle het 'n biejtie van
'n duik gevang hier in Oct. en Nov., maar het weer mooi opgetel in Desember.
Dit wil my lyk asof hulle nou so bietjie stabiliseer.
Aaaaahhhhh, **sug** - hoekom het my man nie maar ou Linus Torval se program
gevat dit so verander en versmous vir 'n paar miljoen nie :))

E

wrote:
>
> Red Hat mag nou net in die VSA sy domisiel
> hê, maar dis deur 'n jong Kanadees begin, wat
> die geld by sy tante geleen het om dit te begin.
> Hy het haar terugbetaal in aandele in die
> maatskappy. Sy het die aandele verkoop op 'n
> stadium toe die aandele se prys baie hoog was.
> ( Ek dink dit gaan nie meer so goed met die
> firma nie.) Die tante het besluit dat sy net die
> geld wat sy vir hom geleen het, sou aftrek van
> haar profyt, en het toe die res van die geld
> (dertig miljoen dollar) aan, dink ek, McMaster
> Universiteit in Hamilton, Ontario geskenk.( Miskien
> was dit nie die Universiteit nie, maar die
> Universiteitshospitaal, of soiets.)
> McMaster Universiteit is 'n wêreldberoemde
> Universiteit. Hulle is in besit van die grootste
> snitte van Einstein se brein.
>
> Gloudina
>
Re: Roofkopie - vervolg [boodskap #71976 is 'n antwoord op boodskap #71935] Wo, 15 Januarie 2003 14:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
pwbotha[3]  is tans af-lyn  pwbotha[3]
Boodskappe: 41
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Volle Lid
Van waater reekss van IBM se produkte praat jy nou, iSeries, 390's PC's ?

"Elaine" skryf in boodskap news:3e248ed2.0@news1.mweb.co.za...
> Ek persoonlik dink Bill Gates is 'n slim besigheidsman wat 'n "gap" in die
> mark gesien het en dit gevat het. Nou dat hy 'n biljoenêr is wil almal die
> man probeer dood squash, maar almal vergeet dat die man werk verskaf aan
> duisende mense en dat hy ook aan sy werkgewers aandele gee in MS. Toe hy
> niks was, en gesukkel het om sy besigheidjie aan die gang te kry het almal
> vir hom gelag - en kyk nou!
> Ek stem saam dat die maatskappye (en dis nie net MS nie hoor?) hulle pryse
> moet afbring, sodoende sal hulle dalk meer produkte verkoop, maar so lank
> piracy aan die orde van die dag is sal dit nie gebeur nie! Die enigste rede
> hoekom almal op MS fokus wanneer dit by winsgrense kom, is omdat hulle groot
> en bekend is, maar hulle pryse het reeds gedaal van 'n paar jaar terug se
> pryse.
> En as jy so wil moan oor MS kry vir jou Linux - dis VERNIET!!! En jy kan
> selfs 'n klompie games soos Doom vir Linux kry. Daar is ook sagteware
> pakkete soos Star Office en Gimp ('n tekenprogram) beskikbaar teen 'n
> fraksie van die koste verbonde aan Photoshop en MS Office. Jy kan Linux
> (Mandrake, Red Hat, Suse, ens) download van die Internet af, of as jy wil,
> en jy't 'n paar rand, kan jy dit by Incredible Connection gaan koop vir
> enigiets van R350 - R1200 afhangende van die weergawe wat jy wil hê. Linux
> het in elk geval minder probleme as Windows, is baie meer stabiel, het nie
> naastenby so baie "system resources" nodig soos Windows nie en is baie
> kragtig selfs IBM het oorgeslaan na Linux Servers toe. Jy moet natuurlik 'n
> bietjie kennis hê van rekenaars voordat jy dit install, en as jy nie weet
> wat jy doen nie, kan jy nogal sukkel met Linux - maar dis die beste manier
> om 'n nuwe program te leer ken.
>
> Elaine
>
>
> "pete" wrote in message
> news:b01m6n$142$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Julle mis die punt - is 86% wins geregverdig - veral as jy die
kompetisie
> so
>> dooddruk dat dit hofsake kos om jou te stop?
>>
>> Hulle het Maandagmiddag 'n stukkie op RSG gehad waar 'n kundige van Unisa
>> verduidelik het dat Micro$oft eintlik die hofsaak verloor het. Die M$
>> bemarkingsmasjien het dinge egter so geplooi dat Jan Alleman dink hulle
> het
>> die saak gewen.
>
Re: Roofkopie - vervolg [boodskap #71996 is 'n antwoord op boodskap #71945] Wo, 15 Januarie 2003 17:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Paul  is tans af-lyn  Paul
Boodskappe: 163
Geregistreer: November 2005
Karma: 0
Senior Lid
Wat maak dit jou antie?

'n Kana-kaner?
skryf in boodskap news:3E24D245.5040109@rogers.com...
>
> Elaine wrote:
>
>
>> Is jy dalk onder die indruk dat Red Hat Linux 'n Kanadese firma is?
>
> Red Hat mag nou net in die VSA sy domisiel
> hê, maar dis deur 'n jong Kanadees begin, wat
> die geld by sy tante geleen het om dit te begin.
> Hy het haar terugbetaal in aandele in die
> maatskappy. Sy het die aandele verkoop op 'n
> stadium toe die aandele se prys baie hoog was.
> ( Ek dink dit gaan nie meer so goed met die
> firma nie.) Die tante het besluit dat sy net die
> geld wat sy vir hom geleen het, sou aftrek van
> haar profyt, en het toe die res van die geld
> (dertig miljoen dollar) aan, dink ek, McMaster
> Universiteit in Hamilton, Ontario geskenk.( Miskien
> was dit nie die Universiteit nie, maar die
> Universiteitshospitaal, of soiets.)
> McMaster Universiteit is 'n wêreldberoemde
> Universiteit. Hulle is in besit van die grootste
> snitte van Einstein se brein.
>
> Gloudina
>
Re: Roofkopie - vervolg [boodskap #72001 is 'n antwoord op boodskap #71935] Wo, 15 Januarie 2003 19:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
Linux is dit terug na Dos 5 of DR Dos 6 tipe van OS? Onthou jy dit? Ek het
omtrent al my Dos bevele al vergeet behalwe die EEN wat niemand sal vergeet
wat Windoze gebruik nie nl. a:> Format C:\q
---
"Elaine"
---knip---
> kragtig selfs IBM het oorgeslaan na Linux Servers toe. Jy moet natuurlik 'n
> bietjie kennis hê van rekenaars voordat jy dit install, en as jy nie weet
> wat jy doen nie, kan jy nogal sukkel met Linux - maar dis die beste manier
> om 'n nuwe program te leer ken.
Re: Roofkopie - vervolg [boodskap #72004 is 'n antwoord op boodskap #71976] Wo, 15 Januarie 2003 21:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Daar is die eServer pSeries 690 en daar is ook 'n eServer pSeries 630, jy
kan die iSeries (820, 830 & 840) gebruik om Linux, Lotus Domino, Windows,
ens te run. Daar is ook 'n iSeries 400 wat 'n "dedicated" Lotus Domino
server is. Die pSeries is, so ver ek kan agterkom, spesifiek ontwerp vir
UNIX en Linux. Daar is 'n hele klompie ander kragtige servers beskikbaar van
IBM - gaan loer by www.ibm.co.za en doen 'n search vir "Linux" of "servers".
Jy hoef nie Linux op 'n spesiale rekenaar te run nie, jy kan dit sommer op
jou gewone PC ook laai as jy wil. En as jy die dag lus is en jy't 'n bietjie
tyd - gaan kuier by hierdie sites, artikels en inliging (sommige goed sal
jou verbaas) oor Linux.

http://www.aaxnet.com/design/linux2.html

http://counter.li.org/

http://www.thelinuxschool.com/who_uses_linux.html

http://www.thelinuxschool.com/linuxinbusiness/Dreamworks.htm l

http://www.lugod.org/presentations/ca4h/who_uses.html

Groete
Elaine

"pieter" skryf in boodskap news:b03q6k$7jg$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Van waater reekss van IBM se produkte praat jy nou, iSeries, 390's PC's ?
Re: Roofkopie - vervolg [boodskap #72026 is 'n antwoord op boodskap #71940] Do, 16 Januarie 2003 06:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan Naude  is tans af-lyn  Johan Naude
Boodskappe: 3
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Junior Lid
Elaine wrote:
> As jy so sê dan is dit seker so :o).
> Hy't DOS by 'n onbekende programmeerder gekoop en weer aan IBM verkoop vir
> miljoene - die eerste PC met DOS op het in 1981 uitgekom, COBOL, BASIC (Bill
> en Paul Allen se eerste programmeringstaal) en PASCAL was ook op die PC
> gewees. Maak nie saak hoe hy die kontrak by IBM gekry het nie - die man het
> van nêrens gekom, die wêreld verbaas en eerste in die mark gespring met 'n
> lekker "user-friendly" program soos Windows. Hy't die gap gesien, hy't hom
> gevat, hy't 'n biljoenêr geword, om nou daaroor te tjank gaan niemand
> enigiets in die sak bring nie. Ek's nie 'n fan van MS nie, maar gee die
> duiwel wat hom toekom.
>
> Is jy dalk onder die indruk dat Red Hat Linux 'n Kanadese firma is?
>
> Elaine
>
> wrote:
>
> Sy ma was 'n persoonlike
>
>> vriendin van die toentertydse hoof van IBM
>> en het hom oorreed om vir haar seun Bill en
>> sy vriend Paul die kontrak te gee om vir IBM se
>> persoonlike rekenaars 'n platform of soiets
>> te ontwikkel, and the rest is history.

>> Tant Hessie Red Hat (goeie Kanadese firma.)

>
>
>

Hier is 'n "link" na 'n die tydlyn van *nix. Dit bevat ook van MS se
hoogtepunte: http://www.robotwisdom.com/linux/timeline.html

Enjoy.
Re: Roofkopie - vervolg [boodskap #72028 is 'n antwoord op boodskap #71950] Do, 16 Januarie 2003 06:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan Naude  is tans af-lyn  Johan Naude
Boodskappe: 3
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Junior Lid
Suidwester wrote:
> Nee vriend, jy probeer jou aksies regverdig! Dis mos 'n vrye ou wêreld,
> hm? As jy nie hou van Windows se winsmarge nie, dan kry jy vir jou iets
> anders, maar dit gee jou steeds nie die reg om dit te steel nie. Dis
> presies die verbruiker se verweer.....as 'n ding te duur word, dan koop jy
> dit eenvoudig nie en dan sal die mark die verkoper druk om sy pryse meer
> realisties te maak. Sal ek egter vir jou die waarheid vertel? 95% van
> die mense wat Windows gebruik kan of wil nie iets anders gebruik nie en
> daarom het hulle geen reg om te kla oor die pryse nie. Dit was hulle keuse
> om te koop.
>

Dis juis die probleem. Dit was eers die afgelope jaar(?) wat rekenaar
verspreiders, 'n rekenaar sonder 'n MS OS kon verkoop. Hulle was gedwing
om MS saam met die hardeware (kompleet rekenaar) te verkoop.

Verspreiders het allerhande afslae en ander "perks" gekry as hulle MS
saam met die stelsel verkoop, onder andere om "updates" gratis te kry.

Dis waaroor die hof geding in Amerika was, onregverdige besigheids
praktyk, mense is gedwing om MS te gebruik, want gaan jy iets van jou PC
verwyder as jy ten duurste betaal het daarvoor, en in elkgeval nie van
beter weet nie?

J.
Re: Roofkopie - vervolg [boodskap #72044 is 'n antwoord op boodskap #72028] Do, 16 Januarie 2003 09:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja maar jy moet darem erkenning gee vir die feit dat dit darem eintlik Bill
Gates en sy make was wat die PC in die gewone man se hande geplaas het.
Dat hulle baie entoesiasties was daarmee en dat hulle hulle opposisie gas
gegee het, is seker waar en dit kan jy aan Gates se bankrekening sien. Dit
bly egter daaglikse besigheidspraktyk om 'n ander man te verhoed om met jou
te kompeteer. Kry jy dit reg, dan gaan dit beter met jou en as die publiek
uitvind dat jy hulle keuse beperk het deur nie jou opposisie nie toe te laat
nie, sal hulle seker die moer in wees vir jou en is dit hul demokratiese reg
om te besluit om dan eerder jou opposisie se produkte te koop, MAAR dit gee
jou nie die reg om die ou wat die monopolie bedryf het, se produk nou te
steel nie! Haal hom uit die mark deur op te hou om sy goete te koop, maar
steel? Daar is GEEN regverdiging vir steel nie. Steel is steel. Of dit
'n kar of 'n potlood is. Vind jy verdraagsaamheid vir sekere goed, onder
sekere omstandighede, dan moet jy ook die res goedkeur.
Jammer, ek bly by my punt. Sagteware steel is 'n kriminele
oortreding.

"Johan Naude" skryf in boodskap news:b05ji1$ndi$1@news.siemens.at...
> Suidwester wrote:
>> Nee vriend, jy probeer jou aksies regverdig! Dis mos 'n vrye ou wêreld,
>> hm? As jy nie hou van Windows se winsmarge nie, dan kry jy vir jou iets
>> anders, maar dit gee jou steeds nie die reg om dit te steel nie. Dis
>> presies die verbruiker se verweer.....as 'n ding te duur word, dan koop jy
>> dit eenvoudig nie en dan sal die mark die verkoper druk om sy pryse meer
>> realisties te maak. Sal ek egter vir jou die waarheid vertel? 95% van
>> die mense wat Windows gebruik kan of wil nie iets anders gebruik nie en
>> daarom het hulle geen reg om te kla oor die pryse nie. Dit was hulle keuse
>> om te koop.
>>
>
> Dis juis die probleem. Dit was eers die afgelope jaar(?) wat rekenaar
> verspreiders, 'n rekenaar sonder 'n MS OS kon verkoop. Hulle was gedwing
> om MS saam met die hardeware (kompleet rekenaar) te verkoop.
>
> Verspreiders het allerhande afslae en ander "perks" gekry as hulle MS
> saam met die stelsel verkoop, onder andere om "updates" gratis te kry.
>
> Dis waaroor die hof geding in Amerika was, onregverdige besigheids
> praktyk, mense is gedwing om MS te gebruik, want gaan jy iets van jou PC
> verwyder as jy ten duurste betaal het daarvoor, en in elkgeval nie van
> beter weet nie?
>
> J.
>
Re: Roofkopie - vervolg [boodskap #72055 is 'n antwoord op boodskap #72044] Do, 16 Januarie 2003 12:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
W  is tans af-lyn  W
Boodskappe: 306
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
Suidwester
Jammer, ek bly by my punt. Sagteware steel is 'n kriminele oortreding.

Wouter
Ek stem saam, dis diefstal. Net vir die interessanthied, het jy 'n lisensie
vir
*al* jou sagteware, ook dié wat jy privaat gebruik?

Indien wel, is jy nogal 'n uitsondering....
Re: Roofkopie - vervolg [boodskap #72068 is 'n antwoord op boodskap #72044] Do, 16 Januarie 2003 20:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DiDi[1]  is tans af-lyn  DiDi[1]
Boodskappe: 345
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 16 Jan 2003 11:40:29 +0200, "Suidwester" wrote:

> Jammer, ek bly by my punt. Sagteware steel is 'n kriminele
> oortreding.

om 180 0f 200 kmu te ry ook.

DD
Re: Roofkopie - vervolg [boodskap #72069 is 'n antwoord op boodskap #72028] Do, 16 Januarie 2003 20:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Thys[2]  is tans af-lyn  Thys[2]
Boodskappe: 2
Geregistreer: Januarie 2003
Karma: 0
Junior Lid
"Johan Naude" skryf in boodskap news:b05ji1$ndi$1@news.siemens.at...
> Suidwester wrote:
>> Nee vriend, jy probeer jou aksies regverdig! Dis mos 'n vrye ou wêreld,
>> hm? As jy nie hou van Windows se winsmarge nie, dan kry jy vir jou iets
>> anders, maar dit gee jou steeds nie die reg om dit te steel nie. Dis
>> presies die verbruiker se verweer.....as 'n ding te duur word, dan koop jy
>> dit eenvoudig nie en dan sal die mark die verkoper druk om sy pryse meer
>> realisties te maak. Sal ek egter vir jou die waarheid vertel? 95% van
>> die mense wat Windows gebruik kan of wil nie iets anders gebruik nie en
>> daarom het hulle geen reg om te kla oor die pryse nie. Dit was hulle keuse
>> om te koop.
>>
>
> Dis juis die probleem. Dit was eers die afgelope jaar(?) wat rekenaar
> verspreiders, 'n rekenaar sonder 'n MS OS kon verkoop. Hulle was gedwing
> om MS saam met die hardeware (kompleet rekenaar) te verkoop.
>
> Verspreiders het allerhande afslae en ander "perks" gekry as hulle MS
> saam met die stelsel verkoop, onder andere om "updates" gratis te kry.

Dit is darem nie waar nie! Ek het al in 1985 'n PC sonder 'n bedryfstelsel
gekoop, en sedertdien tientalle kere - elke keer die bedryfstelsel apart
gekoop!

> Dis waaroor die hof geding in Amerika was, onregverdige besigheids
> praktyk, mense is gedwing om MS te gebruik, want gaan jy iets van jou PC
> verwyder as jy ten duurste betaal het daarvoor, en in elkgeval nie van
> beter weet nie?
>
> J.
>
Re: Roofkopie - vervolg [boodskap #72086 is 'n antwoord op boodskap #72055] Vr, 17 Januarie 2003 06:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Toevallig ja. Ek gebruik XP, maar besit ook 98SE vir my ander stelsels.
Verder besit ek Corel en 'n CAD program. Alles goete wat ek in besigheid
gebruik.

"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3e26ad80.0@news1.mweb.co.za...
> Suidwester
> Jammer, ek bly by my punt. Sagteware steel is 'n kriminele oortreding.
>
> Wouter
> Ek stem saam, dis diefstal. Net vir die interessanthied, het jy 'n lisensie
> vir
> *al* jou sagteware, ook dié wat jy privaat gebruik?
>
> Indien wel, is jy nogal 'n uitsondering....
>
Re: Roofkopie - vervolg [boodskap #72087 is 'n antwoord op boodskap #72068] Vr, 17 Januarie 2003 06:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Met die verskilletjie dat mens die wet oortree maar ek nie iets van jou of
iemand anders steel nie. Die enigste ou wat die boete betaal is die ou wat
te vinnig ry. Steel jy sagteware steel jy 'n ander ou se goed.

"DD" skryf in boodskap news:sh4e2vobvaid70ojn787t1ha9hnci6h8r1@4ax.com...
> On Thu, 16 Jan 2003 11:40:29 +0200, "Suidwester"
> wrote:
>
>
>> Jammer, ek bly by my punt. Sagteware steel is 'n kriminele
>> oortreding.
>
>
> om 180 0f 200 kmu te ry ook.
>
> DD
>
Re: Roofkopie - vervolg [boodskap #72094 is 'n antwoord op boodskap #72068] Vr, 17 Januarie 2003 08:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Threeships Mcduck  is tans af-lyn  Threeships Mcduck
Boodskappe: 244
Geregistreer: Junie 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 16 Jan 2003 22:14:12 +0200, DD served the following
to the group:

> On Thu, 16 Jan 2003 11:40:29 +0200, "Suidwester"
> wrote:
>
>
>> Jammer, ek bly by my punt. Sagteware steel is 'n kriminele
>> oortreding.
>
>
> om 180 0f 200 kmu te ry ook.
>
> DD
>

of om 61 in `n 60 sone te ry, of om op die ng te post en lees terwyl
jy by die werk is of of of.......en so is ons maar almal skuldig aan
die een of ander oortreding nie waar nie.

Threeships Mcduck
www.mothership.co.za
Re: Roofkopie - vervolg [boodskap #72112 is 'n antwoord op boodskap #72001] Vr, 17 Januarie 2003 12:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dit lyk soos DOS, maar dit is nie regtig nie - Linux se "stam" is die ou
Unix. Die Linux commands is baie moeiliker om te onthou as die DOS
commands. Maar as jy die Linux "windows" gebruik is dit darem nie te
moeilik nie, dis maar net 'n nuwe ding om te leer. Dis net as jy Linux
servers het wat jy al die klomp commands moet onthou. Dis string op string
bevele totdat jy uiteindelik uitkom waar jy wil. Jy't nog steeds DOS nodig
om jou PC reg te laat werk, as jy net Linux het kan jy hulle "DOS" gebruik,
maar jy kan Linux en Windows op dieselfde rekenaar run as jy wil.

Ek glo nie ek kan meer enige van die DOS commands onthou nie, ek moet elke
keer vir my man vra. Hy't nog in DOS geprogrammeer.

Elaine

"Tobie" skryf in boodskap news:b06to8$ogc$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Linux is dit terug na Dos 5 of DR Dos 6 tipe van OS? Onthou jy dit? Ek het
> omtrent al my Dos bevele al vergeet behalwe die EEN wat niemand sal vergeet
> wat Windoze gebruik nie nl. a:> Format C:\q
> ---
Re: Roofkopie - vervolg [boodskap #72113 is 'n antwoord op boodskap #72069] Vr, 17 Januarie 2003 12:20 Na vorige boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Die ding dat jy 'n OS saam met jou PC kry is redelik nuut, dis maar eers
vandat Windows 95 uitgekom het wat MS dit begin doen het. Ek het ook nog
nooit my rekenaar saam met 'n OS gekry nie, maar dit hang af waar jy koop.
Omdat ons self ons rekenaars kan bou, koop ons by handelaars soos Axiz en
Rectron - hulle gee nie 'n OS nie, maar outjies soos Game, Dion en
Incredible Connection gee Windows saam met die rekenaars.
Na die MS hofsaak is daar besluit dat maatskappye wat rekenaars saam met 'n
OS wil verkoop aan kliënte 'n keuse van Operating Systems moet gee, maar ek
vermoed dis net van toepassing op die VSA.

Elaine

"Thys" wrote:

> Dit is darem nie waar nie! Ek het al in 1985 'n PC sonder 'n bedryfstelsel
> gekoop, en sedertdien tientalle kere - elke keer die bedryfstelsel apart
> gekoop!
Vorige onderwerp: Mugabe se verkiesing
Volgende onderwerp: Begripstoets
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 03:52:59 MGT 2024