Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Paté Foie Gras
Paté Foie Gras [boodskap #71557] Wo, 08 Januarie 2003 07:12 na volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek hoop ek spel die storie reg, maar dit is ganslewer soos die Franse dit
opdis. Gister lees ek in ons plaaslike Blou Bollie van die dame wat reken
hulle het 'n partytjie geniet met onder andere dié ganslewer as deel van die
fees. Dis glo fantasties lekker. Die vraag is net: Weet die mense hoe
word hierdie ganslewer gemaak? Dat ganse gedwang-voer word sodat hulle met
'n spoed kan vetword en 'n oorgrote lewer kan ontwikkel? Dis
dieremishandeling in die ergste graad.
Re: Paté Foie Gras [boodskap #71558 is 'n antwoord op boodskap #71557] Wo, 08 Januarie 2003 07:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ja ons weet wat gedoen word om meer gouer te kan produseer, en ons weet ook
die goed smaak lekker.
Ek is seker iewers sal jy die organiese weergawe kan kry waar die ganse
hulself op hul tyd dik gevreet het - dit sal net duurder wees, maar net so
lekker.
Om hoenders in hokke aan te hou van hul geboortedag is ook
dieremishandeling.
Om enige wilde dier in 'n hok aan te hou in 'n dieretuin is ook
dieremishandeling.
Dan praat ons nie eers van diere wat in laboratoriums gebruik word sodat ons
beter medisyne en mooimaakgoed kan kry nie.

Annette

"Suidwester" skryf in boodskap news:3e1bcf7b.0@news1.mweb.co.za...
> Ek hoop ek spel die storie reg, maar dit is ganslewer soos die Franse dit
> opdis. Gister lees ek in ons plaaslike Blou Bollie van die dame wat reken
> hulle het 'n partytjie geniet met onder andere dié ganslewer as deel van die
> fees. Dis glo fantasties lekker. Die vraag is net: Weet die mense hoe
> word hierdie ganslewer gemaak? Dat ganse gedwang-voer word sodat hulle met
> 'n spoed kan vetword en 'n oorgrote lewer kan ontwikkel? Dis
> dieremishandeling in die ergste graad.
>
Re: Paté Foie Gras [boodskap #71562 is 'n antwoord op boodskap #71557] Wo, 08 Januarie 2003 08:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Suidwester - eerste vraag - waarom herdoop jy nie na Swaer nie - soos in
SWA(er) - dis mos minder spelwerk.
Tweede vraag - is jy ten gunste van die voorkoming van diere-mishandeling?
Of, staan jy diereregte voor? Ek het 'n probleem met laasgenoemde.

"Suidwester" skryf in boodskap news:3e1bcf7b.0@news1.mweb.co.za...
> Ek hoop ek spel die storie reg, maar dit is ganslewer soos die Franse dit
> opdis. Gister lees ek in ons plaaslike Blou Bollie van die dame wat reken
> hulle het 'n partytjie geniet met onder andere dié ganslewer as deel van die
> fees. Dis glo fantasties lekker. Die vraag is net: Weet die mense hoe
> word hierdie ganslewer gemaak? Dat ganse gedwang-voer word sodat hulle met
> 'n spoed kan vetword en 'n oorgrote lewer kan ontwikkel? Dis
> dieremishandeling in die ergste graad.
>
Re: Paté Foie Gras [boodskap #71564 is 'n antwoord op boodskap #71562] Wo, 08 Januarie 2003 09:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Die maklikste wat ek dit kan stel, is dat ek glo dat die mens die hoër IK
het en daarom 'n verantwoordelikheid het om die diere op aarde te beheer en
te benut na die beste van sy vermoë. Nou sal jy hopelik volg wat ek bedoel
as ek vir jou die voorbeeld gee dat ek kan verstaan hoekom byvoorbeeld die
robbe aan ons kus geooes word. Eerstens moet die getalle onder beheer
gekry word omdat die rob se natuurlike vyande [die haai] verminder het en
daarom eskaleer robgetalle buite beheer. Om die oes vir my aanvaarbaar te
kry, moet die rob ten eerste so vinnig moontlik doodgemaak word sonder dat
die dier ly en tweedens moet die karkas ten volle benut word. Dit word wel
gedoen en dis 'n wen-wen situasie.
Wat ek wel nie mee saamgaan nie, is waar die dier [heel moontlik self
geteel vir die betrokke doel] dan onder daai dekmantel vir die mens se
gebruik, misbruik word. Soos bv om 'n leeu te teel en dit dan in 'n hok
laat skiet deur 'n lafaard met 'n geweer wat nie die guts het om dit in die
oop veld te doen nie. Dis vir my immoreel.

"Jonas" skryf in boodskap news:3e1be357$0$225@hades.is.co.za...
> Suidwester - eerste vraag - waarom herdoop jy nie na Swaer nie - soos in
> SWA(er) - dis mos minder spelwerk.
> Tweede vraag - is jy ten gunste van die voorkoming van diere-mishandeling?
> Of, staan jy diereregte voor? Ek het 'n probleem met laasgenoemde.
> "Suidwester" wrote in message
> news:3e1bcf7b.0@news1.mweb.co.za...
>> Ek hoop ek spel die storie reg, maar dit is ganslewer soos die Franse dit
>> opdis. Gister lees ek in ons plaaslike Blou Bollie van die dame wat
> reken
>> hulle het 'n partytjie geniet met onder andere dié ganslewer as deel van
> die
>> fees. Dis glo fantasties lekker. Die vraag is net: Weet die mense
> hoe
>> word hierdie ganslewer gemaak? Dat ganse gedwang-voer word sodat hulle
> met
>> 'n spoed kan vetword en 'n oorgrote lewer kan ontwikkel? Dis
>> dieremishandeling in die ergste graad.
>>
>
Re: Paté Foie Gras [boodskap #71565 is 'n antwoord op boodskap #71558] Wo, 08 Januarie 2003 09:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jy is seker in 'n mate reg, maar nie een van daai diere word met 'n tregter
kos direk in sy krop in oormaat ingeforseer nie. Daai gans is naderhad so
vet en sy lewer so enorm groot dat dit nie meer kan opstaan nie. 'n
Hoender in 'n lêhok is ook nie wonderlik nie, maar die diere word darem nie
geforseer om te eet nie. Ek dink die gans-storie is gross en ek sal daai
kak nooit eet nie.

"Annette" skryf in boodskap news:avgkbq$etdgv$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Ja ons weet wat gedoen word om meer gouer te kan produseer, en ons weet ook
> die goed smaak lekker.
> Ek is seker iewers sal jy die organiese weergawe kan kry waar die ganse
> hulself op hul tyd dik gevreet het - dit sal net duurder wees, maar net so
> lekker.
> Om hoenders in hokke aan te hou van hul geboortedag is ook
> dieremishandeling.
> Om enige wilde dier in 'n hok aan te hou in 'n dieretuin is ook
> dieremishandeling.
> Dan praat ons nie eers van diere wat in laboratoriums gebruik word sodat ons
> beter medisyne en mooimaakgoed kan kry nie.
>
> Annette
>
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:3e1bcf7b.0@news1.mweb.co.za...
>> Ek hoop ek spel die storie reg, maar dit is ganslewer soos die Franse dit
>> opdis. Gister lees ek in ons plaaslike Blou Bollie van die dame wat
> reken
>> hulle het 'n partytjie geniet met onder andere dié ganslewer as deel van
> die
>> fees. Dis glo fantasties lekker. Die vraag is net: Weet die mense
> hoe
>> word hierdie ganslewer gemaak? Dat ganse gedwang-voer word sodat hulle
> met
>> 'n spoed kan vetword en 'n oorgrote lewer kan ontwikkel? Dis
>> dieremishandeling in die ergste graad.
>>
>
Re: Paté Foie Gras [boodskap #71566 is 'n antwoord op boodskap #71565] Wo, 08 Januarie 2003 09:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
As jy nie die gory details geweet het nie, sou jy:))
Annette

"Suidwester" skryf in boodskap news:3e1bed67.0@news1.mweb.co.za...
> Jy is seker in 'n mate reg, maar nie een van daai diere word met 'n tregter
> kos direk in sy krop in oormaat ingeforseer nie. Daai gans is naderhad so
> vet en sy lewer so enorm groot dat dit nie meer kan opstaan nie. 'n
> Hoender in 'n lêhok is ook nie wonderlik nie, maar die diere word darem nie
> geforseer om te eet nie. Ek dink die gans-storie is gross en ek sal daai
> kak nooit eet nie.
> "Annette" wrote in message
> news:avgkbq$etdgv$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Ja ons weet wat gedoen word om meer gouer te kan produseer, en ons weet
> ook
>> die goed smaak lekker.
>> Ek is seker iewers sal jy die organiese weergawe kan kry waar die ganse
>> hulself op hul tyd dik gevreet het - dit sal net duurder wees, maar net so
>> lekker.
>> Om hoenders in hokke aan te hou van hul geboortedag is ook
>> dieremishandeling.
>> Om enige wilde dier in 'n hok aan te hou in 'n dieretuin is ook
>> dieremishandeling.
>> Dan praat ons nie eers van diere wat in laboratoriums gebruik word sodat
> ons
>> beter medisyne en mooimaakgoed kan kry nie.
>>
>> Annette
>>
>>
>> "Suidwester" wrote in message
>> news:3e1bcf7b.0@news1.mweb.co.za...
>>> Ek hoop ek spel die storie reg, maar dit is ganslewer soos die Franse
> dit
>>> opdis. Gister lees ek in ons plaaslike Blou Bollie van die dame wat
>> reken
>>> hulle het 'n partytjie geniet met onder andere dié ganslewer as deel
van
>> die
>>> fees. Dis glo fantasties lekker. Die vraag is net: Weet die
mense
>> hoe
>>> word hierdie ganslewer gemaak? Dat ganse gedwang-voer word sodat
hulle
>> met
>>> 'n spoed kan vetword en 'n oorgrote lewer kan ontwikkel? Dis
>>> dieremishandeling in die ergste graad.
>>>
>>
>
Re: Paté Foie Gras [boodskap #71578 is 'n antwoord op boodskap #71565] Wo, 08 Januarie 2003 11:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek stem saam met jou, ek het al gesien hoe lyk daai arme ganse en onder
gewone omstandighede, selfs in 'n hok, sal 'n gans hom blykbaar nooit so te
pletter eet nie, dis baie wreed! Maar aan die ander kant het ek nie 'n
probleem as hulle eksperimente op diere doen nie, so ek kan seker nie juis
veel sê nie.

Elaine

"Suidwester" skryf in boodskap news:3e1bed67.0@news1.mweb.co.za...
> Jy is seker in 'n mate reg, maar nie een van daai diere word met 'n tregter
> kos direk in sy krop in oormaat ingeforseer nie. Daai gans is naderhad so
> vet en sy lewer so enorm groot dat dit nie meer kan opstaan nie. 'n
> Hoender in 'n lêhok is ook nie wonderlik nie, maar die diere word darem nie
> geforseer om te eet nie. Ek dink die gans-storie is gross en ek sal daai
> kak nooit eet nie.
Re: Paté Foie Gras [boodskap #71579 is 'n antwoord op boodskap #71562] Wo, 08 Januarie 2003 11:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jy't 'n probleem met mense wat diereregte voorstaan? Hoekom?

Elaine

"Jonas" skryf in boodskap news:3e1be357$0$225@hades.is.co.za...
> Suidwester - eerste vraag - waarom herdoop jy nie na Swaer nie - soos in
> SWA(er) - dis mos minder spelwerk.
> Tweede vraag - is jy ten gunste van die voorkoming van diere-mishandeling?
> Of, staan jy diereregte voor? Ek het 'n probleem met laasgenoemde.
Re: Paté Foie Gras [boodskap #71580 is 'n antwoord op boodskap #71564] Wo, 08 Januarie 2003 11:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek het een keer 'n storie op Carte Blanche gesien waar hulle die leeuwyfie
van haar welpies skei, welpies aan die een kant, ma aan die ander kant, jy
moes hulle oor skreeu om by hulle ma te probeer kom. Dit was verdomp
harverskeurend en as ek ooit my hande op iemand kry wat so iets doen sal ek
homself stuk vir stuk uitmekaar skeur. Maar eers nadat ek hom verdoof het
natuurlik, want die leeus word ook "gedrug" so hulle het nie eers 'n
fighting chance nie.

Elaine

"Suidwester" wrote:

Soos bv om 'n leeu te teel en dit dan in 'n hok
> laat skiet deur 'n lafaard met 'n geweer wat nie die guts het om dit in die
> oop veld te doen nie. Dis vir my immoreel.
Re: Paté Foie Gras [boodskap #71585 is 'n antwoord op boodskap #71566] Wo, 08 Januarie 2003 12:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Mens sou seker stront ook kon geëet het wat soos tjoklits smaak as jy nie
geweet het wat die hoofbestanddeel was nie?

"Annette" skryf in boodskap news:avgqvb$ekt9c$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> As jy nie die gory details geweet het nie, sou jy:))
> Annette
>
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:3e1bed67.0@news1.mweb.co.za...
>> Jy is seker in 'n mate reg, maar nie een van daai diere word met 'n
> tregter
>> kos direk in sy krop in oormaat ingeforseer nie. Daai gans is naderhad
> so
>> vet en sy lewer so enorm groot dat dit nie meer kan opstaan nie. 'n
>> Hoender in 'n lêhok is ook nie wonderlik nie, maar die diere word darem
> nie
>> geforseer om te eet nie. Ek dink die gans-storie is gross en ek sal daai
>> kak nooit eet nie.
>> "Annette" wrote in message
>> news:avgkbq$etdgv$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>>> Ja ons weet wat gedoen word om meer gouer te kan produseer, en ons
weet
>> ook
>>> die goed smaak lekker.
>>> Ek is seker iewers sal jy die organiese weergawe kan kry waar die ganse
>>> hulself op hul tyd dik gevreet het - dit sal net duurder wees, maar
net
> so
>>> lekker.
>>> Om hoenders in hokke aan te hou van hul geboortedag is ook
>>> dieremishandeling.
>>> Om enige wilde dier in 'n hok aan te hou in 'n dieretuin is ook
>>> dieremishandeling.
>>> Dan praat ons nie eers van diere wat in laboratoriums gebruik word
sodat
>> ons
>>> beter medisyne en mooimaakgoed kan kry nie.
>>>
>>> Annette
>>>
>>>
>>> "Suidwester" wrote in message
>>> news:3e1bcf7b.0@news1.mweb.co.za...
>>>> Ek hoop ek spel die storie reg, maar dit is ganslewer soos die
Franse
>> dit
>>>> opdis. Gister lees ek in ons plaaslike Blou Bollie van die dame
wat
>>> reken
>>>> hulle het 'n partytjie geniet met onder andere dié ganslewer as deel
> van
>>> die
>>>> fees. Dis glo fantasties lekker. Die vraag is net: Weet die
> mense
>>> hoe
>>>> word hierdie ganslewer gemaak? Dat ganse gedwang-voer word sodat
> hulle
>>> met
>>>> 'n spoed kan vetword en 'n oorgrote lewer kan ontwikkel? Dis
>>>> dieremishandeling in die ergste graad.
>>>>
>>>
>>
>
Re: Paté Foie Gras [boodskap #71587 is 'n antwoord op boodskap #71579] Wo, 08 Januarie 2003 12:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Omdat diegene gewoonlik menslike eienskappe aan diere toedig - terwyl hulle
vir mense self vere voel.
Soos - het jy geweet dat Amreikaners meer geld aan hondekos spandeer as dit
wat hulle aan mense in onderontwikkelde lande gee?

"Elaine" skryf in boodskap news:3e1c0530.0@news1.mweb.co.za...
> Jy't 'n probleem met mense wat diereregte voorstaan? Hoekom?
>
> Elaine
>
> "Jonas" wrote in message
> news:3e1be357$0$225@hades.is.co.za...
>> Suidwester - eerste vraag - waarom herdoop jy nie na Swaer nie - soos in
>> SWA(er) - dis mos minder spelwerk.
>> Tweede vraag - is jy ten gunste van die voorkoming van diere-mishandeling?
>> Of, staan jy diereregte voor? Ek het 'n probleem met laasgenoemde.
>
Re: Paté Foie Gras [boodskap #71589 is 'n antwoord op boodskap #71587] Wo, 08 Januarie 2003 13:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Okay, wel in daai geval het ek ook 'n krisis daarmee. Maar mind you, ek het
verlede jaar meer op my honde gespandeer as myself, so ek moet dalk stilbly
want ek sal eers sorg dat my honde kos het voordat ek sal dink aan my eie
kos. Ek kan verstaan as daar nie kos is om te eet nie, my hondjies kan nie.

Groete
Elaine

"Jonas" skryf in boodskap news:3e1c19cd$0$226@hades.is.co.za...
> Omdat diegene gewoonlik menslike eienskappe aan diere toedig - terwyl hulle
> vir mense self vere voel.
> Soos - het jy geweet dat Amreikaners meer geld aan hondekos spandeer as dit
> wat hulle aan mense in onderontwikkelde lande gee?
Re: Paté Foie Gras [boodskap #71595 is 'n antwoord op boodskap #71579] Wo, 08 Januarie 2003 14:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek wonder soms oor myself. Ek gee veel eerder donasies vir
diere-organisasies as vir mense wat behoeftig is.
So miskien is daar mense soos Jonas nodig vir die ewewig;)
Annette

"Elaine" skryf in boodskap news:3e1c0530.0@news1.mweb.co.za...
> Jy't 'n probleem met mense wat diereregte voorstaan? Hoekom?
>
> Elaine
>
> "Jonas" wrote in message
> news:3e1be357$0$225@hades.is.co.za...
>> Suidwester - eerste vraag - waarom herdoop jy nie na Swaer nie - soos in
>> SWA(er) - dis mos minder spelwerk.
>> Tweede vraag - is jy ten gunste van die voorkoming van diere-mishandeling?
>> Of, staan jy diereregte voor? Ek het 'n probleem met laasgenoemde.
>
Re: Paté Foie Gras [boodskap #71598 is 'n antwoord op boodskap #71585] Wo, 08 Januarie 2003 14:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ekseklie liewe swaer:))
Annette

"Suidwester" skryf in boodskap news:3e1c13ba.0@news1.mweb.co.za...
> Mens sou seker stront ook kon geëet het wat soos tjoklits smaak as jy nie
> geweet het wat die hoofbestanddeel was nie?
> "Annette" wrote in message
> news:avgqvb$ekt9c$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> As jy nie die gory details geweet het nie, sou jy:))
>> Annette
>>
>>
>> "Suidwester" wrote in message
>> news:3e1bed67.0@news1.mweb.co.za...
>>> Jy is seker in 'n mate reg, maar nie een van daai diere word met 'n
>> tregter
>>> kos direk in sy krop in oormaat ingeforseer nie. Daai gans is
naderhad
>> so
>>> vet en sy lewer so enorm groot dat dit nie meer kan opstaan nie. 'n
>>> Hoender in 'n lêhok is ook nie wonderlik nie, maar die diere word
darem
>> nie
>>> geforseer om te eet nie. Ek dink die gans-storie is gross en ek sal
> daai
>>> kak nooit eet nie.
>>> "Annette" wrote in message
>>> news:avgkbq$etdgv$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>>>> Ja ons weet wat gedoen word om meer gouer te kan produseer, en ons
> weet
>>> ook
>>>> die goed smaak lekker.
>>>> Ek is seker iewers sal jy die organiese weergawe kan kry waar die
> ganse
>>>> hulself op hul tyd dik gevreet het - dit sal net duurder wees, maar
> net
>> so
>>>> lekker.
>>>> Om hoenders in hokke aan te hou van hul geboortedag is ook
>>>> dieremishandeling.
>>>> Om enige wilde dier in 'n hok aan te hou in 'n dieretuin is ook
>>>> dieremishandeling.
>>>> Dan praat ons nie eers van diere wat in laboratoriums gebruik word
> sodat
>>> ons
>>>> beter medisyne en mooimaakgoed kan kry nie.
>>>>
>>>> Annette
>>>>
>>>>
>>>> "Suidwester" wrote in message
>>>> news:3e1bcf7b.0@news1.mweb.co.za...
>>>> > Ek hoop ek spel die storie reg, maar dit is ganslewer soos die
> Franse
>>> dit
>>>> > opdis. Gister lees ek in ons plaaslike Blou Bollie van die dame
> wat
>>>> reken
>>>> > hulle het 'n partytjie geniet met onder andere dié ganslewer as
deel
>> van
>>>> die
>>>> > fees. Dis glo fantasties lekker. Die vraag is net: Weet die
>> mense
>>>> hoe
>>>> > word hierdie ganslewer gemaak? Dat ganse gedwang-voer word sodat
>> hulle
>>>> met
>>>> > 'n spoed kan vetword en 'n oorgrote lewer kan ontwikkel? Dis
>>>> > dieremishandeling in die ergste graad.
>>>> >
>>>>
>>>
>>
>
Re: Paté Foie Gras [boodskap #71599 is 'n antwoord op boodskap #71587] Wo, 08 Januarie 2003 14:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
So wat is jou punt?
Dat die mense nie moet troeteldiere aanhou nie, of nie hul troeteldiere moet
voer nie, en die geld wat hulle daardeur sou "spaar" moet aanstuur vir die
sukkelendes?
Watse troeteldier het jy Jonas?
Annette

"Jonas" skryf in boodskap news:3e1c19cd$0$226@hades.is.co.za...
> Omdat diegene gewoonlik menslike eienskappe aan diere toedig - terwyl hulle
> vir mense self vere voel.
> Soos - het jy geweet dat Amreikaners meer geld aan hondekos spandeer as dit
> wat hulle aan mense in onderontwikkelde lande gee?
> "Elaine" wrote in message
> news:3e1c0530.0@news1.mweb.co.za...
>> Jy't 'n probleem met mense wat diereregte voorstaan? Hoekom?
>>
>> Elaine
>>
>> "Jonas" wrote in message
>> news:3e1be357$0$225@hades.is.co.za...
>>> Suidwester - eerste vraag - waarom herdoop jy nie na Swaer nie - soos in
>>> SWA(er) - dis mos minder spelwerk.
>>> Tweede vraag - is jy ten gunste van die voorkoming van
> diere-mishandeling?
>>> Of, staan jy diereregte voor? Ek het 'n probleem met laasgenoemde.
>>
>
Re: Paté Foie Gras [boodskap #71602 is 'n antwoord op boodskap #71589] Wo, 08 Januarie 2003 14:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek het Weimeraners en die wêreld se mense kan maar uitsterf sover dit my
aangaan as dit 'n kwessie sou wees of hulle eerste kos moet kry of
behoeftige mense. Hulle is my verantwoordelikheid en ek werk hard om 'n
geldjie te verdien sodat ek hulle kan bekostig. Wat die behoeftiges
aanbetref.....daarvoor betaal ek belasting.

"Elaine" skryf in boodskap news:3e1c2294.0@news1.mweb.co.za...
> Okay, wel in daai geval het ek ook 'n krisis daarmee. Maar mind you, ek het
> verlede jaar meer op my honde gespandeer as myself, so ek moet dalk stilbly
> want ek sal eers sorg dat my honde kos het voordat ek sal dink aan my eie
> kos. Ek kan verstaan as daar nie kos is om te eet nie, my hondjies kan nie.
>
> Groete
> Elaine
>
> "Jonas" wrote in message
> news:3e1c19cd$0$226@hades.is.co.za...
>> Omdat diegene gewoonlik menslike eienskappe aan diere toedig - terwyl
> hulle
>> vir mense self vere voel.
>> Soos - het jy geweet dat Amreikaners meer geld aan hondekos spandeer as
> dit
>> wat hulle aan mense in onderontwikkelde lande gee?
>
Re: Paté Foie Gras [boodskap #71613 is 'n antwoord op boodskap #71557] Wo, 08 Januarie 2003 16:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" wrote:

> Ek hoop ek spel die storie reg, maar dit is ganslewer soos die Franse dit
> opdis.

Hilda is die eintlike persoon wat jou alles sal kan vertel van foie
gras. (Uitgespreek as "fwa-gra")
Pâté de foie gras is 'n dis wat gemaak word van die foie gras -
oftewel gans lewers.
Die pâté self, word gemaak met die lewers, wyn, truffels (weet nie wat
dit in afrikaans is nie), en dan ook kalfsvleis.
Dus is 'n pâté (uitgespreek "pa-ty", maar net die fensie naam vir 'n
"paste" of smeersel dalk in afrikaans? En dit waarvan jy praat as die
ganslewer, word net 'foie gras' genoem , of as jy wil fensie wees -
foie gras au naturel. :-)
Re: Paté Foie Gras [boodskap #71615 is 'n antwoord op boodskap #71587] Wo, 08 Januarie 2003 17:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Barend van B.  is tans af-lyn  Barend van B.
Boodskappe: 36
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Volle Lid
Dis eerder andersom:
Ek dig aan mense een dierlike eienskap toe: gevoelens; sy kan ly.

Ek denk dis slegs 'n kwessie of een dier gevoelens het ofnie, sonder te kyk
of een dier een mens is ofnie.
Maar hierdie is natuurlik 'n baie teer puntjie: "Eie Volk Eers" (mense!)

Ek is ten gunste van die voorkoming van diere-mishandeling.

:-bvb-: (Een kaaskop wat hier 'n beetjie afrikaans oefen.)

"Jonas" skryf in:

>
> Omdat diegene gewoonlik menslike eienskappe aan diere toedig - terwyl hulle
> vir mense self vere voel.
> Soos - het jy geweet dat Amreikaners meer geld aan hondekos spandeer as dit
> wat hulle aan mense in onderontwikkelde lande gee?
> "Elaine" wrote in message
> news:3e1c0530.0@news1.mweb.co.za...
>> Jy't 'n probleem met mense wat diereregte voorstaan? Hoekom?
>>
>> Elaine
>>
>> "Jonas" wrote in message
>> news:3e1be357$0$225@hades.is.co.za...
>>> Suidwester - eerste vraag - waarom herdoop jy nie na Swaer nie - soos in
>>> SWA(er) - dis mos minder spelwerk.
>>> Tweede vraag - is jy ten gunste van die voorkoming van diere-mishandeling?
>>> Of, staan jy diereregte voor? Ek het 'n probleem met laasgenoemde.
>>
>>
Re: Paté Foie Gras [boodskap #71641 is 'n antwoord op boodskap #71595] Do, 09 Januarie 2003 00:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Annette, soms het ek self 'n probleem met, soos ons hulle noem, Greenies.
Dis nodig om te sorg vir diere en na hulle te kyk en alles, maar dis ook nou
nie nodig om die dam onder die eend se gat uit te ruk nie. Baie van hulle
gaan so te kere as jy bv. vleis eet dat jy na 'n ruk 'n kramp wil kry. Daar
het hulle daai een Survivor (in Australia) Micheal dink ek was sy naam, met
'n pot rooi verf gegooi (in die openbaar) omdat hy dit durf waag het om 'n
vark dood te maak vir kos! Ek ken 'n vrou, net 'n kennis, wat weier om
enige dierproduk insluitende eiers en melk te gebruik. Sy glo koeie word
aspris swanger gehou om melk te produseer, en maak nie saak wat jy vir haar
sê nie sy luister nie. As jy dit waag om te smul aan jou tjoppie voor haar
vertel sy net hoe wreed ek is omdat ek dit waag om 'n tjoppie te eet, en wat
hulle doen met die skapie by die slagpale. Jy voel na 'n ruk lus om die
vleis in haar gesig te druk.

Elaine

"Annette" skryf in boodskap news:avhbse$fh7hf$3@ID-92016.news.dfncis.de...
> Ek wonder soms oor myself. Ek gee veel eerder donasies vir
> diere-organisasies as vir mense wat behoeftig is.
> So miskien is daar mense soos Jonas nodig vir die ewewig;)
> Annette
Re: Paté Foie Gras [boodskap #71646 is 'n antwoord op boodskap #71599] Do, 09 Januarie 2003 03:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Annette. Ek dink my punt is baie duidelik.
Ek het 2 brakke - wat baie goed versorg word.
Watse troeteldier het jy ?

"Annette" skryf in boodskap news:avhc97$fb9s4$2@ID-92016.news.dfncis.de...
> So wat is jou punt?
> Dat die mense nie moet troeteldiere aanhou nie, of nie hul troeteldiere moet
> voer nie, en die geld wat hulle daardeur sou "spaar" moet aanstuur vir die
> sukkelendes?
> Watse troeteldier het jy Jonas?
> Annette
>
>
> "Jonas" wrote in message
> news:3e1c19cd$0$226@hades.is.co.za...
>> Omdat diegene gewoonlik menslike eienskappe aan diere toedig - terwyl
> hulle
>> vir mense self vere voel.
>> Soos - het jy geweet dat Amreikaners meer geld aan hondekos spandeer as
> dit
>> wat hulle aan mense in onderontwikkelde lande gee?
>> "Elaine" wrote in message
>> news:3e1c0530.0@news1.mweb.co.za...
>>> Jy't 'n probleem met mense wat diereregte voorstaan? Hoekom?
>>>
>>> Elaine
>>>
>>> "Jonas" wrote in message
>>> news:3e1be357$0$225@hades.is.co.za...
>>>> Suidwester - eerste vraag - waarom herdoop jy nie na Swaer nie -
soos
> in
>>>> SWA(er) - dis mos minder spelwerk.
>>>> Tweede vraag - is jy ten gunste van die voorkoming van
>> diere-mishandeling?
>>>> Of, staan jy diereregte voor? Ek het 'n probleem met laasgenoemde.
>>>
>>
>
Re: Paté Foie Gras [boodskap #71648 is 'n antwoord op boodskap #71646] Do, 09 Januarie 2003 04:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Gehad - my hond is dood, en ek sien nie kans vir 'n vis nie, en ek is
allergies vir kat.
Dus, gee jy meer geld in donasies aan behoeftiges as wat jy aan jou honde
bestee?
Dit is die punt wat ek wou maak op jou antwoord dat die Amerikaners meer aan
hul troeteldiere bestee.
Sien?
Annette

"Jonas" skryf in boodskap news:3e1ce749$0$236@hades.is.co.za...
> Annette. Ek dink my punt is baie duidelik.
> Ek het 2 brakke - wat baie goed versorg word.
> Watse troeteldier het jy ?
> "Annette" wrote in message
> news:avhc97$fb9s4$2@ID-92016.news.dfncis.de...
>> So wat is jou punt?
>> Dat die mense nie moet troeteldiere aanhou nie, of nie hul troeteldiere
> moet
>> voer nie, en die geld wat hulle daardeur sou "spaar" moet aanstuur vir die
>> sukkelendes?
>> Watse troeteldier het jy Jonas?
>> Annette
>>
>>
>> "Jonas" wrote in message
>> news:3e1c19cd$0$226@hades.is.co.za...
>>> Omdat diegene gewoonlik menslike eienskappe aan diere toedig - terwyl
>> hulle
>>> vir mense self vere voel.
>>> Soos - het jy geweet dat Amreikaners meer geld aan hondekos spandeer
as
>> dit
>>> wat hulle aan mense in onderontwikkelde lande gee?
>>> "Elaine" wrote in message
>>> news:3e1c0530.0@news1.mweb.co.za...
>>>> Jy't 'n probleem met mense wat diereregte voorstaan? Hoekom?
>>>>
>>>> Elaine
>>>>
>>>> "Jonas" wrote in message
>>>> news:3e1be357$0$225@hades.is.co.za...
>>>> > Suidwester - eerste vraag - waarom herdoop jy nie na Swaer nie -
> soos
>> in
>>>> > SWA(er) - dis mos minder spelwerk.
>>>> > Tweede vraag - is jy ten gunste van die voorkoming van
>>> diere-mishandeling?
>>>> > Of, staan jy diereregte voor? Ek het 'n probleem met laasgenoemde.
>>>>
>>>
>>
>
Re: Paté Foie Gras [boodskap #71671 is 'n antwoord op boodskap #71602] Do, 09 Januarie 2003 13:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
'n Vriendin van my het 'n Weimeraner - lieflike hond. Net sy oë freak my 'n
bietjie uit - spierwit. Het hulle almal sulke oë?
Ek gee geld vir die Salvation Army, en my man vir die Kankervereniging, ons
sal ook so af en toe 'n ietsie in die DBV se bokse sit, maar dis al. 'n
Mens kan ook nie vir almal gee nie, ander sit jy na 'n ruk waar die
behoeftiges sit.

Elaine

"Suidwester" skryf in boodskap news:3e1d6651.0@news1.mweb.co.za...
> Ek het Weimeraners en die wêreld se mense kan maar uitsterf sover dit my
> aangaan as dit 'n kwessie sou wees of hulle eerste kos moet kry of
> behoeftige mense.
Re: Paté Foie Gras [boodskap #71673 is 'n antwoord op boodskap #71671] Do, 09 Januarie 2003 14:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Weimers se oë is geel. As hulle klein is, is dit blou. Hulle is vrek
intelligent...eintlik te slim vir hul eie goed. Dis 'n goeie waghond, maar
sal tog ook nooit 'n kind byt nie. Ja, ek gee ook so hier en daar, maar as
dit by 'n keuse kom, dan is my honde eerste prioriteit. So 'n ent terug
vra die een swart werker my of ek dan liewer vir my honde is as vir hom, 'n
mens. Hy was baie geskok toe ek vir hom ja antwoord en kan glad nie
verstaan dat dit net vir hom as swarte geld nie.....ek kies my honde bo
enige mens....wit of swart.

"Elaine" skryf in boodskap news:3e1d7fc4.0@news1.mweb.co.za...
> 'n Vriendin van my het 'n Weimeraner - lieflike hond. Net sy oë freak my 'n
> bietjie uit - spierwit. Het hulle almal sulke oë?
> Ek gee geld vir die Salvation Army, en my man vir die Kankervereniging, ons
> sal ook so af en toe 'n ietsie in die DBV se bokse sit, maar dis al. 'n
> Mens kan ook nie vir almal gee nie, ander sit jy na 'n ruk waar die
> behoeftiges sit.
>
> Elaine
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:3e1d6651.0@news1.mweb.co.za...
>> Ek het Weimeraners en die wêreld se mense kan maar uitsterf sover dit my
>> aangaan as dit 'n kwessie sou wees of hulle eerste kos moet kry of
>> behoeftige mense.
>
Re: Paté Foie Gras [boodskap #71675 is 'n antwoord op boodskap #71673] Do, 09 Januarie 2003 14:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek dink nie jy is al een nie.
Dis juis die punt wat ek aan Jonas probeer uitwys - dat 'n mens eerder vir
jou diere sorg as om geld te gee vir liefdadigheid.
Hy het dit soos 'n beskuldiging laat klink dat Amerikaners meer aan hul
troeteldiere spandeer as wat hulle hulp verleen aan behoewendes.
Dis nie net die Amerikaners nie.
Enige ordentlike diereliefhebber doen dit ook.

Annette

"Suidwester" skryf in boodskap news:3e1d82db.0@news1.mweb.co.za...
> Weimers se oë is geel. As hulle klein is, is dit blou. Hulle is vrek
> intelligent...eintlik te slim vir hul eie goed. Dis 'n goeie waghond, maar
> sal tog ook nooit 'n kind byt nie. Ja, ek gee ook so hier en daar, maar as
> dit by 'n keuse kom, dan is my honde eerste prioriteit. So 'n ent terug
> vra die een swart werker my of ek dan liewer vir my honde is as vir hom, 'n
> mens. Hy was baie geskok toe ek vir hom ja antwoord en kan glad nie
> verstaan dat dit net vir hom as swarte geld nie.....ek kies my honde bo
> enige mens....wit of swart.
> "Elaine" wrote in message
> news:3e1d7fc4.0@news1.mweb.co.za...
>> 'n Vriendin van my het 'n Weimeraner - lieflike hond. Net sy oë freak
my
> 'n
>> bietjie uit - spierwit. Het hulle almal sulke oë?
>> Ek gee geld vir die Salvation Army, en my man vir die Kankervereniging,
> ons
>> sal ook so af en toe 'n ietsie in die DBV se bokse sit, maar dis al. 'n
>> Mens kan ook nie vir almal gee nie, ander sit jy na 'n ruk waar die
>> behoeftiges sit.
>>
>> Elaine
>>
>> "Suidwester" wrote in message
>> news:3e1d6651.0@news1.mweb.co.za...
>>> Ek het Weimeraners en die wêreld se mense kan maar uitsterf sover dit my
>>> aangaan as dit 'n kwessie sou wees of hulle eerste kos moet kry of
>>> behoeftige mense.
>>
>
Re: Paté Foie Gras [boodskap #71681 is 'n antwoord op boodskap #71673] Do, 09 Januarie 2003 18:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Sal jy jou honde bo jou vrou/meisie/boyfriend ook kies? Ek het al baie
gewonder of ek my honde bo my man sal kies, maar ek dink as dit op die push
kom sal die honde wen :))

Elaine

"Suidwester" skryf in boodskap news:3e1d82db.0@news1.mweb.co.za...
> Weimers se oë is geel. As hulle klein is, is dit blou. Hulle is vrek
> intelligent...eintlik te slim vir hul eie goed. Dis 'n goeie waghond, maar
> sal tog ook nooit 'n kind byt nie. Ja, ek gee ook so hier en daar, maar as
> dit by 'n keuse kom, dan is my honde eerste prioriteit. So 'n ent terug
> vra die een swart werker my of ek dan liewer vir my honde is as vir hom, 'n
> mens. Hy was baie geskok toe ek vir hom ja antwoord en kan glad nie
> verstaan dat dit net vir hom as swarte geld nie.....ek kies my honde bo
> enige mens....wit of swart.
Re: Paté Foie Gras [boodskap #71683 is 'n antwoord op boodskap #71681] Do, 09 Januarie 2003 19:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
pwbotha[3]  is tans af-lyn  pwbotha[3]
Boodskappe: 41
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Volle Lid
nie geweet jys een van "daai" honde mense nie

"Elaine" skryf in boodskap news:3e1dc097.0@news1.mweb.co.za...
> Sal jy jou honde bo jou vrou/meisie/boyfriend ook kies? Ek het al baie
> gewonder of ek my honde bo my man sal kies, maar ek dink as dit op die push
> kom sal die honde wen :))
>
> Elaine
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:3e1d82db.0@news1.mweb.co.za...
>> Weimers se oë is geel. As hulle klein is, is dit blou. Hulle is vrek
>> intelligent...eintlik te slim vir hul eie goed. Dis 'n goeie waghond,
> maar
>> sal tog ook nooit 'n kind byt nie. Ja, ek gee ook so hier en daar,
maar
> as
>> dit by 'n keuse kom, dan is my honde eerste prioriteit. So 'n ent terug
>> vra die een swart werker my of ek dan liewer vir my honde is as vir hom,
> 'n
>> mens. Hy was baie geskok toe ek vir hom ja antwoord en kan glad nie
>> verstaan dat dit net vir hom as swarte geld nie.....ek kies my honde bo
>> enige mens....wit of swart.
>
Re: Paté Foie Gras [boodskap #71685 is 'n antwoord op boodskap #71683] Do, 09 Januarie 2003 21:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"daai" honde mense? Jy klink nes my Oupa - en dis nie 'n kompliment nie!
:o)

E

"pieter" skryf in boodskap news:avkier$fv5$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> nie geweet jys een van "daai" honde mense nie
Re: Paté Foie Gras [boodskap #71689 is 'n antwoord op boodskap #71681] Vr, 10 Januarie 2003 06:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
'n Hond praat nie teë nie. 'n Hond is nie moody nie. 'n Hond kry nie PMS
nie. 'n Hond is nooit laat nie en hang ook nie alewig voor 'n spieël rond
nie. 'n Hond vra nie wie of wat jy is en wat jou status is in die lewe of
wat jy al bereik het nie of wat jy hoop om te bereik nie. 'n Hond gee
onvoorwaardelike liefde, maak nie saak of jy 'n professor, dokter, arbeider,
prostituut, bedelaar, of wat ook al mag wees nie. As hy sy lojaliteit
gegee het, sal jy altyd daarop staat kan maak. Hoe kan daar dan nog 'n
keuse wees?

"Elaine" skryf in boodskap news:3e1dc097.0@news1.mweb.co.za...
> Sal jy jou honde bo jou vrou/meisie/boyfriend ook kies? Ek het al baie
> gewonder of ek my honde bo my man sal kies, maar ek dink as dit op die push
> kom sal die honde wen :))
>
> Elaine
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:3e1d82db.0@news1.mweb.co.za...
>> Weimers se oë is geel. As hulle klein is, is dit blou. Hulle is vrek
>> intelligent...eintlik te slim vir hul eie goed. Dis 'n goeie waghond,
> maar
>> sal tog ook nooit 'n kind byt nie. Ja, ek gee ook so hier en daar,
maar
> as
>> dit by 'n keuse kom, dan is my honde eerste prioriteit. So 'n ent terug
>> vra die een swart werker my of ek dan liewer vir my honde is as vir hom,
> 'n
>> mens. Hy was baie geskok toe ek vir hom ja antwoord en kan glad nie
>> verstaan dat dit net vir hom as swarte geld nie.....ek kies my honde bo
>> enige mens....wit of swart.
>
Re: Paté Foie Gras [boodskap #71697 is 'n antwoord op boodskap #71689] Vr, 10 Januarie 2003 11:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
My Chow is vreeslik gesteld op sy voorkoms. Hy sit altyd doodstil dat ek
hom kam, en hy "trim" sy eie toonnaels. Ek kry hom gereeld waar hy homself
in die spieël sit en bewonder. Hy's 'n ongelooflike trotse hond, en as hy
stout was en hy kry raas of as ek gedip het, gaan sit hy in die hoekie of op
sy gunsteling plekkie buitekant en "pout". Niks kry hom om terug te kom na
my toe nie, nie eers 'n koekie of 'n stukkie biltong nie. Wanneer hy reg is
sal hy wel kom vrede maak.

Elaine

"Suidwester" skryf in boodskap news:3e1e62cf.0@news1.mweb.co.za...
> 'n Hond praat nie teë nie. 'n Hond is nie moody nie. 'n Hond kry nie PMS
> nie. 'n Hond is nooit laat nie en hang ook nie alewig voor 'n spieël rond
> nie. 'n Hond vra nie wie of wat jy is en wat jou status is in die lewe of
> wat jy al bereik het nie of wat jy hoop om te bereik nie. 'n Hond gee
> onvoorwaardelike liefde, maak nie saak of jy 'n professor, dokter, arbeider,
> prostituut, bedelaar, of wat ook al mag wees nie. As hy sy lojaliteit
> gegee het, sal jy altyd daarop staat kan maak. Hoe kan daar dan nog 'n
> keuse wees?
Re: Paté Foie Gras [boodskap #71703 is 'n antwoord op boodskap #71689] Vr, 10 Januarie 2003 12:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Suidwester wrote:

> 'n Hond praat nie teë nie. 'n Hond is nie moody nie. 'n Hond kry nie PMS
> nie. 'n Hond is nooit laat nie en hang ook nie alewig voor 'n spieël rond
> nie. 'n Hond vra nie wie of wat jy is en wat jou status is in die lewe of
> wat jy al bereik het nie of wat jy hoop om te bereik nie.

Ai, Suidwester, as jy besef watter sielkundige
profiel jy hier openbaar, dan sal jy ophou so
jou hart op jou mou dra. Arme ding, jy kry ook
geen respek nie, nè?
So van voor die spieël rondhang gepraat: Ons
woonstelgebou se hysbakke het spieëls in. Ek merk
op dat dit gereeld die mans is wat meer as die
vrouens vir hulself in die spieëls staan en dophou.

Gloudina
Re: Paté Foie Gras [boodskap #71738 is 'n antwoord op boodskap #71703] Vr, 10 Januarie 2003 20:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
pwbotha[3]  is tans af-lyn  pwbotha[3]
Boodskappe: 41
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Volle Lid
seker omdat jou spieelbeeld afgeets is

skryf in boodskap news:3E1EC0FF.2090102@rogers.com...
>
> Suidwester wrote:
>
>> 'n Hond praat nie teë nie. 'n Hond is nie moody nie. 'n Hond kry nie PMS
>> nie. 'n Hond is nooit laat nie en hang ook nie alewig voor 'n spieël rond
>> nie. 'n Hond vra nie wie of wat jy is en wat jou status is in die lewe of
>> wat jy al bereik het nie of wat jy hoop om te bereik nie.
>
>
> Ai, Suidwester, as jy besef watter sielkundige
> profiel jy hier openbaar, dan sal jy ophou so
> jou hart op jou mou dra. Arme ding, jy kry ook
> geen respek nie, nê?
> So van voor die spieël rondhang gepraat: Ons
> woonstelgebou se hysbakke het spieëls in. Ek merk
> op dat dit gereeld die mans is wat meer as die
> vrouens vir hulself in die spieëls staan en dophou.
>
> Gloudina
>
Re: Paté Foie Gras [boodskap #71770 is 'n antwoord op boodskap #71703] Sa, 11 Januarie 2003 05:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
My antie, dink jy nie dalk die ouens wat daar by jou in die spieël staan en
kyk het dalk meer te siene as jy nie? Ek het nogal 'n familielid [vroulik]
wat ver in die sielkunde gestudeer is en die reken dat sielkunde die
grootste klomp kak is wat die mensdom nog uitgedink het. Sy reken dis net
verskonings vir die menslike swakhede en swakkelinge wat hierdie twak glo.
So, as die skoen pas, trek hom aan!
skryf in boodskap news:3E1EC0FF.2090102@rogers.com...
>
> Suidwester wrote:
>
>> 'n Hond praat nie teë nie. 'n Hond is nie moody nie. 'n Hond kry nie PMS
>> nie. 'n Hond is nooit laat nie en hang ook nie alewig voor 'n spieël rond
>> nie. 'n Hond vra nie wie of wat jy is en wat jou status is in die lewe of
>> wat jy al bereik het nie of wat jy hoop om te bereik nie.
>
>
> Ai, Suidwester, as jy besef watter sielkundige
> profiel jy hier openbaar, dan sal jy ophou so
> jou hart op jou mou dra. Arme ding, jy kry ook
> geen respek nie, nê?
> So van voor die spieël rondhang gepraat: Ons
> woonstelgebou se hysbakke het spieëls in. Ek merk
> op dat dit gereeld die mans is wat meer as die
> vrouens vir hulself in die spieëls staan en dophou.
>
> Gloudina
>
Re: Paté Foie Gras [boodskap #71792 is 'n antwoord op boodskap #71770] Sa, 11 Januarie 2003 18:39 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Suidwester wrote:

Ek het nogal 'n familielid [vroulik]
> wat ver in die sielkunde gestudeer is en die reken dat sielkunde die
> grootste klomp kak is wat die mensdom nog uitgedink het.

Jy weet, Suidwester, as 'n student hier in
Noord-Amerika vir my sê hy "studeer sielkunde,"
dan sê ek al klaar vir myself: hier is heelwaarskynlik
'n student wat met groot basuin universiteit toe
is, maar uiteindelik dit nie kon maak in die meer
intensiewe vakke nie, en toe uiteindelik maar sit
met 'n klomp "bird courses," gewoonlik Sielkunde.
In my jongdae op Stellenbosch het dit ook so gegaan.
Daar was 'n duisternis BA's met Sielkunde grade,
omdat hulle al vroeg nie meer toegelaat is, weens
hulle predikate, om byvoorbeeld Engels te loop nie.
So nie elkeen wat "Sielkunde geloop" het, het nou
teveel hare op hulle tande nie.
Maar daardie sielkundiges, wat benewens hulle
doktersgraad in die Sielkunde ook 'n mediese graad
het, hulle weet waarvan hulle praat. En daardie
mense wat 'n doktersgraad in die Kliniese Sielkunde
het, vir hulle kan jy maar ernstig opneem. En ek is
bly om te sien dat my een swaer in SA se dogter, wat
ook "Sielkunde geswot" het, nou by 'n mynmaatskappy
se Personeel-afdeling werk, en vir haar M.A. in
Bedryfs-sielkunde swot.

Gloudina
Vorige onderwerp: Re: Anybody out there
Volgende onderwerp: AfrSoc Gaan die Wêreld oorneem!:)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 14:35:39 MGT 2024