Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Rekenaars & selfone » Web blad ontwerp
Re: Aan wie behoort die nuusgroep [boodskap #71623 is 'n antwoord op boodskap #71614] Wo, 08 Januarie 2003 18:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Gideon, sy is bitter, bitter oud;)
Annette

":: Gideon ::" skryf in boodskap news:3e1c5edc$0$227@hades.is.co.za...
> OK....! Dis weard... en as jy my tanie is wil ek nie weet hoe oud jy werklik
> is nie....
>
>
>
>
> skryf in boodskap news:3E1C4C94.2020501@rogers.com...
>>
>> :: Gideon :: wrote:
>>
>>> Aan wie behoort hierdie nuusgroep?
>>
>>
>> Gideon, my dier, hierdie nuusgroep
>> se bestaan bestaan daarin dat daar
>> êrens 'n klomp elektriese konneksies
>> is, heelwaarskynlik êrens in Amerika,
>> en as hulle die ding diskonnekteer,
>> dan is ek en jy ook gediskonnekteer.
>> Maar tannie weet dis nie wat jy bedoel
>> nie. Jy vra die vraag te naief. Jy vra
>> die vraag omdat jy in 'n patriargale
>> sisteem glo, een waar iemand die mag
>> het of behoort te hê. Maar in die kuber-
>> ruimte werk dinge nie so nie. Ek sou sê
>> hierdie nuusgroep behoort aan die mense
>> wat verkies om op hierdie nuusgroep te pos.
>> Dus, mense wat soos Tant Hessie klou soos
>> 'n neet deur dik en dun. Die nuusgroep
>> behoort dus aan die nederiges van hart, die
>> kleinste onder ons.
>>
>> Tant Hessie van Lekkersing.
>>
>
Re: Aan wie behoort die nuusgroep [boodskap #71624 is 'n antwoord op boodskap #71605] Wo, 08 Januarie 2003 19:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DiDi[1]  is tans af-lyn  DiDi[1]
Boodskappe: 345
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 08 Jan 2003 16:02:18 GMT, "@rogers.com" het
geskryf:

>
> :: Gideon :: wrote:

> Annette sê:
> So as jy skel en beledig, verwag om dieselfde terug te ontvang.
> Net soos in die regte lewe.

Nonsens Annette, of ek in die vreedsame Davie Davis vorm skryf
of somtyds met die ietwat meer agresiewe maar steeds netso
liefdevolle Paul Van Straaten masker, bly ek die agtervolgde.

>> Aan wie behoort hierdie nuusgroep?
>

> Die nuusgroep
> behoort dus aan die nederiges van hart, die
> kleinste onder ons.
>
> Tant Hessie van Lekkersing.

Wees meer kere sò eerlik soos hier, Bouwer, waar jy
lofsingend toegee dat dié nuusgroep aan my behoort.

Davie Davis
Re: Aan wie behoort die nuusgroep [boodskap #71627 is 'n antwoord op boodskap #71614] Wo, 08 Januarie 2003 19:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

:: Gideon :: wrote:

> OK....! Dis weard... en as jy my tanie is wil ek nie weet hoe oud jy werklik
> is nie....

Les twee, Gideon. As jy op hierdie nuusgroep
jou talente wil adverteer, dan moet jy ten
minste sorg dat jy wys dat jy Engels en Afrikaans
magtig is. In een kort sinnetjie bewys jy dat
jy nóg Engels nóg Afrikaans sorgvuldig kan spel.
Dit bewys vir my dat jy slordig is. Wie wil nou
so 'n persoon huur? Boönop is jy nog hovaardig
ook, en kom skree hier op die nuusgroep omdat mense
vir jou vertel mense behoort nie hierdie nuusgroep
vir advertensies te gebruik nie. Dan dink ek, persoonlik,
dat jy ook 'n male chauvinist pig is, want jy neem dit
op jou om vir my te beledig as vrou. (Sal jy ooit vir
'n man uitskel oor sy ouderdom?)
Vir jou informasie, mens spel dit "weird" en
"tannie."

Tant Hessie van die Derde Republiek
se taalkommmissie.
Re: Web blad ontwerp [boodskap #71650 is 'n antwoord op boodskap #71620] Do, 09 Januarie 2003 07:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Paul Van Straaten  is tans af-lyn  Paul Van Straaten
Boodskappe: 171
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
Haai,shame!Het die man darem hare...ek is so bietjie kort daarvan en soek
net die regte skenker:)

"Annette" skryf in boodskap news:avhs9l$fv3fv$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Nee wat Paul. ontspan.
> Ons tweetjies weet presies waar ons met mekaar staan:))
> Elke liewe keer as ek smileys hier op die ng insit, dan weet ek ek irriteer
> hom so dat hy sy hare wil uittrek.:)
>
> Annette
>
>
> "Paul Van Straaten" wrote in message
> news:avhko2$gbj$2@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Onthou ek het dit nie gese nie!
>> Anette, jy moet oppas vir daardie man...nou-nou sien hy jou in die hof!
>> "Annette" wrote in message
>> news:avhc20$f9f46$2@ID-92016.news.dfncis.de...
>>> Jou geliefde vriend Ferdi van Beeld Max.
>>> Jy moet terugkom son toe.
>>> Die donker maak jou onnosel:))
>>> Annette
>>>
>>>
>>> "Max" wrote in message
>>> news:e720f1c7.0301080321.3736a01a@posting.google.com...
>>>> Wie's "die ander ou"?
>>>>
>>>> "Paul Van Straaten"
>>>> > Sy en 'n ou ander outjie sit altyd die pot mis.Hulle wil graag
>>>> >
>>>>
>>>> > haar en die ander ou...maar nou ja,ons moet maar met hulle ook
klaar
>>> kom.
>>>
>>
>
Re: Aan wie behoort die nuusgroep [boodskap #71653 is 'n antwoord op boodskap #71616] Do, 09 Januarie 2003 07:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Thys de Wet  is tans af-lyn  Thys de Wet
Boodskappe: 211
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
Koos wat as thys pos laat mense wonner wie's koos en wies thys
maar hierrie een in Thys en ek issie koossie

"thys" skryf in boodskap news:avhov3$iir$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> SY IS OUER AS FOSSIEL, NET BAIE LELIK
>
>
> ---
> Outgoing mail is certified Virus Free.
> Checked by AVG anti-virus system (http://www.grisoft.com).
> Version: 6.0.438 / Virus Database: 246 - Release Date: 07/01/2003
>
Re: Aan wie behoort die nuusgroep [boodskap #71656 is 'n antwoord op boodskap #71653] Do, 09 Januarie 2003 08:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Moenie warrie nie ou dier - ons weet koos is nie Koos nie, en thys is ook
nie Thys nie.
Annette

"Thys de Wet" skryf in boodskap news:avja24$13h9$1@news.adamastor.ac.za...
> Koos wat as thys pos laat mense wonner wie's koos en wies thys
> maar hierrie een in Thys en ek issie koossie
> "thys" wrote in message
> news:avhov3$iir$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> SY IS OUER AS FOSSIEL, NET BAIE LELIK
>>
>>
>> ---
>> Outgoing mail is certified Virus Free.
>> Checked by AVG anti-virus system (http://www.grisoft.com).
>> Version: 6.0.438 / Virus Database: 246 - Release Date: 07/01/2003
>>
>
Re: Aan wie behoort die nuusgroep [boodskap #71659 is 'n antwoord op boodskap #71627] Do, 09 Januarie 2003 09:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Michael E Willett  is tans af-lyn  Michael E Willett
Boodskappe: 182
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Senior Lid
Ja... `n mens se taal verwaarloos baie as jy die hele dag lank tussen die 2
moet rondhardloop. Ek werk in `n plek waar taal `n groot probleem is... en
jy find dat jy ook baie vinnig deurmekaar raak en woorde vergeet. Ek is
jammer as my spelling jou pla en ek voel baie gevlei dat jy so besorgt is
oor my lewenstyl.

Ek prys die Here dat ek nie jou houding in die lewe het nie. As jy so
aangaan oor jou ouderdom (jy is duidelik bedreig deur my vorige opmerking)
dan is jy seker heng oud... en dit pla jou baie (ook duidelik in jou reaksie
sigbaar).

Ek hoop dat dinge vir jou uitwerk.

Aan my liefste tante Hessie VAN VEGKOP
--
,-._,-.
\/)"(\/ :: GIDEON ::
(_o_)

.:Crowded Cubicle Web studio:.
--------------------------------------------------
Web: www.crowded.co.za

skryf in boodskap news:3E1C82D3.8090505@rogers.com...
>
> :: Gideon :: wrote:
>
>> OK....! Dis weard... en as jy my tanie is wil ek nie weet hoe oud jy werklik
>> is nie....
>
> Les twee, Gideon. As jy op hierdie nuusgroep
> jou talente wil adverteer, dan moet jy ten
> minste sorg dat jy wys dat jy Engels en Afrikaans
> magtig is. In een kort sinnetjie bewys jy dat
> jy nóg Engels nóg Afrikaans sorgvuldig kan spel.
> Dit bewys vir my dat jy slordig is. Wie wil nou
> so 'n persoon huur? Bo�nop is jy nog hovaardig
> ook, en kom skree hier op die nuusgroep omdat mense
> vir jou vertel mense behoort nie hierdie nuusgroep
> vir advertensies te gebruik nie. Dan dink ek, persoonlik,
> dat jy ook 'n male chauvinist pig is, want jy neem dit
> op jou om vir my te beledig as vrou. (Sal jy ooit vir
> 'n man uitskel oor sy ouderdom?)
> Vir jou informasie, mens spel dit "weird" en
> "tannie."
>
> Tant Hessie van die Derde Republiek
> se taalkommmissie.
>
Re: Aan wie behoort die nuusgroep [boodskap #71661 is 'n antwoord op boodskap #71627] Do, 09 Januarie 2003 09:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Michael E Willett  is tans af-lyn  Michael E Willett
Boodskappe: 182
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Senior Lid
My ma sê altyd... mense so oud soos tant Hessie... HET BAIE WYSHEID! So
almal, volg haar voorbeeld van SORGVULDIGE SPELLING! Sy weet altyd beter.

Snaaks genoeg, my ouma preek ook so baie soos ou Tant Hessie. Maar ek
luister na my ouma, want met grys hare kom wysheid (net so sê my ma ook
altyd).

Lekker dag aan almal wat deelneem aan hierdie nuusgroep. Mag julle `n lekker
dag hê...

--
,-._,-.
\/)"(\/ :: GIDEON ::
(_o_)

.:Crowded Cubicle Web studio:.
--------------------------------------------------
Web: www.crowded.co.za

skryf in boodskap news:3E1C82D3.8090505@rogers.com...
>
> :: Gideon :: wrote:
>
>> OK....! Dis weard... en as jy my tanie is wil ek nie weet hoe oud jy werklik
>> is nie....
>
> Les twee, Gideon. As jy op hierdie nuusgroep
> jou talente wil adverteer, dan moet jy ten
> minste sorg dat jy wys dat jy Engels en Afrikaans
> magtig is. In een kort sinnetjie bewys jy dat
> jy nóg Engels nóg Afrikaans sorgvuldig kan spel.
> Dit bewys vir my dat jy slordig is. Wie wil nou
> so 'n persoon huur? Bo�nop is jy nog hovaardig
> ook, en kom skree hier op die nuusgroep omdat mense
> vir jou vertel mense behoort nie hierdie nuusgroep
> vir advertensies te gebruik nie. Dan dink ek, persoonlik,
> dat jy ook 'n male chauvinist pig is, want jy neem dit
> op jou om vir my te beledig as vrou. (Sal jy ooit vir
> 'n man uitskel oor sy ouderdom?)
> Vir jou informasie, mens spel dit "weird" en
> "tannie."
>
> Tant Hessie van die Derde Republiek
> se taalkommmissie.
>
Re: Aan wie behoort die nuusgroep [boodskap #71663 is 'n antwoord op boodskap #71659] Do, 09 Januarie 2003 12:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Oud of te not, aantie Glads is reg ivm die slordige indruk wat jy skep deur
jou swak taalgebruik - Engels of Afrikaans.
Annette

":: GHOST ::" skryf in boodskap news:3e1d3c1c$0$231@hades.is.co.za...
> Ja... `n mens se taal verwaarloos baie as jy die hele dag lank tussen die 2
> moet rondhardloop. Ek werk in `n plek waar taal `n groot probleem is... en
> jy find dat jy ook baie vinnig deurmekaar raak en woorde vergeet. Ek is
> jammer as my spelling jou pla en ek voel baie gevlei dat jy so besorgt is
> oor my lewenstyl.
>
> Ek prys die Here dat ek nie jou houding in die lewe het nie. As jy so
> aangaan oor jou ouderdom (jy is duidelik bedreig deur my vorige opmerking)
> dan is jy seker heng oud... en dit pla jou baie (ook duidelik in jou reaksie
> sigbaar).
>
> Ek hoop dat dinge vir jou uitwerk.
>
> Aan my liefste tante Hessie VAN VEGKOP
> --
> ,-._,-.
> \/)"(\/ :: GIDEON ::
> (_o_)
>
> .:Crowded Cubicle Web studio:.
> --------------------------------------------------
> Web: www.crowded.co.za
>
>
>
>
> skryf in boodskap news:3E1C82D3.8090505@rogers.com...
>>
>> :: Gideon :: wrote:
>>
>>> OK....! Dis weard... en as jy my tanie is wil ek nie weet hoe oud jy
> werklik
>>> is nie....
>>
>> Les twee, Gideon. As jy op hierdie nuusgroep
>> jou talente wil adverteer, dan moet jy ten
>> minste sorg dat jy wys dat jy Engels en Afrikaans
>> magtig is. In een kort sinnetjie bewys jy dat
>> jy nóg Engels nóg Afrikaans sorgvuldig kan spel.
>> Dit bewys vir my dat jy slordig is. Wie wil nou
>> so 'n persoon huur? Bo�nop is jy nog hovaardig
>> ook, en kom skree hier op die nuusgroep omdat mense
>> vir jou vertel mense behoort nie hierdie nuusgroep
>> vir advertensies te gebruik nie. Dan dink ek, persoonlik,
>> dat jy ook 'n male chauvinist pig is, want jy neem dit
>> op jou om vir my te beledig as vrou. (Sal jy ooit vir
>> 'n man uitskel oor sy ouderdom?)
>> Vir jou informasie, mens spel dit "weird" en
>> "tannie."
>>
>> Tant Hessie van die Derde Republiek
>> se taalkommmissie.
>>
>
Re: Aan wie behoort die nuusgroep [boodskap #71668 is 'n antwoord op boodskap #71659] Do, 09 Januarie 2003 13:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

:: GHOST :: wrote:

> Ek prys die Here dat ek nie jou houding in die lewe het nie.
> Ek hoop dat dinge vir jou uitwerk.

En nou kom die kêreltjie nog so oop en
toe oop en toe aangehardloop met sy
prys die Here's, en dan sê hy dinge
wat nie inpas by die Bergpredikasie nie.
Is jy nog een van daardie ouens wat
voorgee dat julle Christus se leer volg,
maar die gebod daarin verbreek? Onthou,
salig is die armes van gees, want hulle
sal die koninkryk be-erwe.

Tant Hessie
Re: Aan wie behoort die nuusgroep [boodskap #71669 is 'n antwoord op boodskap #71661] Do, 09 Januarie 2003 13:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

:: GHOST :: wrote:

> Snaaks genoeg, my ouma preek ook so baie soos ou Tant Hessie. Maar ek
> luister na my ouma, want met grys hare kom wysheid (net so sê my ma ook
> altyd).
>
> Lekker dag aan almal wat deelneem aan hierdie nuusgroep. Mag julle `n lekker
> dag hê...

Sien, dis moontlik om 'n besadigde pos
hier te pos, as mens net so bietjie
nadink oor die lewe en oor wat belangrik
is. En dan kan jy maar sommer ook jou
webblad hier adverteer, en niemand gee om
nie.

Tant Hessie van Amanzimtoti
Re: Aan wie behoort die nuusgroep [boodskap #71672 is 'n antwoord op boodskap #71663] Do, 09 Januarie 2003 14:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek het oorspronklik 'n nuusgroep gesoek waar ek Afrikaans kon praat, juis
omdat ek so tussen die Engelse lewe en ek dit gemis het om Afrikaans gemis
het. Dit help nogal baie om Afrikaans te sit en tik, jy leer gou-gou weer
hoe om alles weer reg te spel, veral met Tannie Gloudina se vriendelik hulp
:))

Elaine

"Annette" skryf in boodskap news:avjp8r$g9tlq$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Oud of te not, aantie Glads is reg ivm die slordige indruk wat jy skep deur
> jou swak taalgebruik - Engels of Afrikaans.
> Annette
Re: Aan wie behoort die nuusgroep [boodskap #71677 is 'n antwoord op boodskap #71668] Do, 09 Januarie 2003 15:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Michael E Willett  is tans af-lyn  Michael E Willett
Boodskappe: 182
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Senior Lid
Ek geniet hierdie nuusgroep gate uit, dis absoluut die snaakste ding wat ek
nog beleef het.

-- Gideon

skryf in boodskap news:3E1D7CA0.2090505@rogers.com...
>
> :: GHOST :: wrote:
>
>
>> Ek prys die Here dat ek nie jou houding in die lewe het nie.
>> Ek hoop dat dinge vir jou uitwerk.
>
> En nou kom die kêreltjie nog so oop en
> toe oop en toe aangehardloop met sy
> prys die Here's, en dan sê hy dinge
> wat nie inpas by die Bergpredikasie nie.
> Is jy nog een van daardie ouens wat
> voorgee dat julle Christus se leer volg,
> maar die gebod daarin verbreek? Onthou,
> salig is die armes van gees, want hulle
> sal die koninkryk be-erwe.
>
> Tant Hessie
>
Re: Web blad ontwerp [boodskap #71678 is 'n antwoord op boodskap #71289] Do, 09 Januarie 2003 15:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Michael E Willett  is tans af-lyn  Michael E Willett
Boodskappe: 182
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Senior Lid
Ek voel dat hierdie nuusgroepe en die dinge wat bespreek word nie die tyd op
die internet werd is nie. Ek sal eerder my tyd spandeer om te studeer of te
werk.

Verder voel ek dat my spelling agterstand niks is teen meeste van die mense
se abteit vir kritiseer en oordeel nie. Ek is nie iemand wat hou van oor en
weer redeneer oor iets nie, want dis onproduktief en efbrekend.

Baie dankie vir die mense wat my baie oordentlik benader het oor probleme en
vrae. Ek waardeer dit dat julle tyd spandeer om my op my foute te wys, en ek
gee werklik nie om as julle dit doen nie. EK het nog baie om te leer en is
ook nie bang om te leer nie. Daar was selfs `n persoon wat aangebied het om
my te help met my spel foute.

Hoop julle geniet die nuusgroep verder

--
,-._,-.
\/)"(\/ :: GIDEON ::
(_o_)

.:Crowded Cubicle Web studio:.
--------------------------------------------------
Web: www.crowded.co.za

":: Gideon ::" skryf in boodskap news:3e16f181$0$237@hades.is.co.za...
> As jy `n web blad wil laat onwerp, of jou huidige web blad wil laat
> oordoen... gaan kyk bietjie by www.crowded.co.za. Ons is studente wat
> bietjie geld wil maak as ons nie studeer nie, en jy sal vind dat ons pryse
> en tegnieke baie kompeterend is.
>
> ,-._,-.
> \/)"(\/ :: GIDEON ::
> (_o_)
>
> Homepage: www.crowded.co.za
>
Re: Web blad ontwerp [boodskap #71679 is 'n antwoord op boodskap #71678] Do, 09 Januarie 2003 18:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Willie Vorster  is tans af-lyn  Willie Vorster
Boodskappe: 38
Geregistreer: September 2002
Karma: 0
Volle Lid
Hasta la vista

Willie

":: GHOST ::" > Hoop julle geniet die nuusgroep verder
Re: Aan wie behoort die nuusgroep [boodskap #71680 is 'n antwoord op boodskap #71659] Do, 09 Januarie 2003 18:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Willie Vorster  is tans af-lyn  Willie Vorster
Boodskappe: 38
Geregistreer: September 2002
Karma: 0
Volle Lid
Nonsens. As jy lief is vir die taal sal jy op hoogte bly van sake.

Willie

":: GHOST ::"
> Ja... `n mens se taal verwaarloos baie as jy die hele dag lank tussen die 2
> moet rondhardloop.
Re: Aan wie behoort die nuusgroep [boodskap #71684 is 'n antwoord op boodskap #71627] Do, 09 Januarie 2003 19:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kinky[1]  is tans af-lyn  Kinky[1]
Boodskappe: 193
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:...
> :: Gideon :: wrote:
>
>> OK....! Dis weard... en as jy my tanie is wil ek nie weet hoe oud jy werklik
>> is nie....
>
> Les twee, Gideon. As jy op hierdie nuusgroep
> jou talente wil adverteer, dan moet jy ten
> minste sorg dat jy wys dat jy Engels en Afrikaans
> magtig is. In een kort sinnetjie bewys jy dat
> jy nóg Engels nóg Afrikaans sorgvuldig kan spel.
> Dit bewys vir my dat jy slordig is. Wie wil nou
> so 'n persoon huur? Boönop is jy nog hovaardig
> ook, en kom skree hier op die nuusgroep omdat mense
> vir jou vertel mense behoort nie hierdie nuusgroep
> vir advertensies te gebruik nie. Dan dink ek, persoonlik,
> dat jy ook 'n male chauvinist pig is, want jy neem dit
> op jou om vir my te beledig as vrou. (Sal jy ooit vir
> 'n man uitskel oor sy ouderdom?)
> Vir jou informasie, mens spel dit "weird" en
> "tannie."
>
> Tant Hessie van die Derde Republiek
> se taalkommmissie.

KinkY: Is dit nie vreeslik dat hier n plekkie in die kuberruimte is
waar mens mekaar in die veiligheid van jou eie huis, kan slegsê en
niemand sal jou kom haal nie . . .

Dit is nou vir my wierd! En los maar die spelling. Dit is reg so!
:-)
Re: Aan wie behoort die nuusgroep [boodskap #71690 is 'n antwoord op boodskap #71668] Vr, 10 Januarie 2003 07:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Paul Van Straaten  is tans af-lyn  Paul Van Straaten
Boodskappe: 171
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
Is dit nie snaaks dat die Afrikaner homself maar altyd as
beter dan andere gesien het nie?
Ons het onsself maar altyd verhewe bo andere gesien...
Ek het agter gekom in die stukkies poste van die advertensie en so baie
andere dat ons op mekaar skel oor donnerse spelfoute...maar meeste van ons
maak spelfoute!
Ons is nie super-wesens van erens uit 'n spesiale uitgesoekte plekkie nie.Ek
weet hoe het ons gelag vir mense wat nie Afrikaans ten volle magtig was
nie(veral as hulle 'n fout maak).In plaas daarvan dat ons eerder hulp
aangebied het om die ander persoon te help het ons met hulle gespot en vir
hulle gelag!
Het ons al ooit daaraan gedink dat ander mense dalk meer probleme het as
sekere van ons?
Het ons al ooit gedink dat daar mense is wat bereid is om te werk vir 'n
inkomste terwyl hulle studeer?
Dan kom ons en ons skiet 'n persoon af oor fokken spelling.
Al wat ek wil vra is:"Plaas jouself in 'n posissie waar jy studeer om vir
jouself die toekoms in 'n beter lewe te kan maak...werk om huidiglik aan die
lewe te bly... en dan is so 'n persoon deel van die "mainstream" in die
ekonomie, waar hy/sy nie vra vir hulp nie...waar so 'n persoon nie 'n las is
vir die staat om te help met jou en my geld nie!
Dus, kom ons krap die balke uit ons eie kykers uit voor
ons splinters uit andere s'n probeer krap.
En dit is veral vir ou Hessie!
In plaas daarvan dat jy 'n Afrikaner probeer afbreek vanuit Kanada,lig jou
gat en doen iets om te help.Of is jy maar so common soos wat jy voorkom?
As elke outjie/vroutjie sy/haar deel bydra sal hierdie land
weer van 'n "Third world rubbish dump" na 'n spog land
verander wat dit eens was!
Laat die een wat sonder foute is,die eerste klippe gooi!
So,is ons dose of is ons wat ons voorgee om te wees?
Elke outjie/vroutjie sal maar vir hom-/haar self kan antwoord, hoewel ek 'n
paar se beskrywings kan gee,maar dan sit ek dalk met my gat in die kak!

Kom ons wees meer bedagsaam,ek is seker ons het almal foute...die een wat
nie het nie,moet seker nog gebore word!

Is ons Afrikaners of is ons Kafrikaners?

Daar kan ek ook aan 'n paar iets toedig!Maar, weereens weerhou ek my maar
daaroor.

Groete

Afrikaner
skryf in boodskap news:3E1D7CA0.2090505@rogers.com...
>
> :: GHOST :: wrote:
>
>
>> Ek prys die Here dat ek nie jou houding in die lewe het nie.
>> Ek hoop dat dinge vir jou uitwerk.
>
> En nou kom die kêreltjie nog so oop en
> toe oop en toe aangehardloop met sy
> prys die Here's, en dan sê hy dinge
> wat nie inpas by die Bergpredikasie nie.
> Is jy nog een van daardie ouens wat
> voorgee dat julle Christus se leer volg,
> maar die gebod daarin verbreek? Onthou,
> salig is die armes van gees, want hulle
> sal die koninkryk be-erwe.
>
> Tant Hessie
>
Re: Aan wie behoort die nuusgroep [boodskap #71696 is 'n antwoord op boodskap #71690] Vr, 10 Januarie 2003 10:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Paul, hierdie antwoord gaan definitief nie eers in die Drafts lê en afkoel
nie.

"Paul Van Straaten" skryf in boodskap news:avltmd$5qt$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Is dit nie snaaks dat die Afrikaner homself maar altyd as
> beter dan andere gesien het nie?
Nee dit is snaaks dat jy dit so vind. Dit kan van enige etniese groep, ras,
geslag, kultuurgroep of organisasie gesê word.
Dis nie net "die Afrikaner" nie.
Maar terwyl ons nou op die punt is - wat beskou jy as "die Afrkaner"? Ons
het so 'n tydjie gelede die vraag gehad, en niemand het dieselfde antwoord
gegee nie.. Elkeen het sy eie definisie wat vir hom sy/haar Afrikanerskap
beskryf, wat ook reg is.
Ek stel net belang om jou siening te weet.

> Ons het onsself maar altyd verhewe bo andere gesien...

Nee, jammer, ek is definitief nie een van die onse in jou pond nie.
Ek beskou myself nie verhewe bo enige mens nie, maar 'n gelyke, en ook nie
'n ondergeskikte nie.
Die ou lewe het my al lankal geleer dat diegene op wie jy wil neersien is
juis die wat jou aangenaam sal verras.
Sien jy neer op Mbeki?
Indien wel, hoekom?
Kan jy aan enige eerste minister in die vorige bedeling dink wat beter as hy
gevaar het?
Of slegter?
Sien jy neer op enige persoon wat deelneem op die nuusgroep?
Indien wel, hoekom?

> Ek het agter gekom in die stukkies poste van die advertensie en so baie
> andere dat ons op mekaar skel oor donnerse spelfoute...maar meeste van ons
> maak spelfoute!

Daar is 'n groot verskil tussen spelfoute en tikfoute.
Mens kan ook gou agterkom wanneer 'n spelfout per ongeluk gemaak is ( dis
wat ek baie doen) of wanneer 'n persoon nie weet nie, maar te lui is om na
te slaan, en gereeld dieselfde fout oor en oor maak.
Ek sien dit deesdae veral by jongmense wat blykbaar nie die vaagste benul
het wanneer om die ei, ui of y te gebruik nie.

> Ons is nie super-wesens van erens uit 'n spesiale uitgesoekte plekkie nie.

Nee, niemand is nie - maar ons mag iemand probeer reghelp as mens sien hul
spelling is op die verkeerde pad.
Dit maak nie van my 'n beter of slimmer mens nie, net een wat meer gesteld
is om my taal in stand te hou.
Instandhouding van taal gaan nie net gepaard met praat en skryf net soos
enigiemand wil nie.

Ek
> weet hoe het ons gelag vir mense wat nie Afrikaans ten volle magtig was
> nie(veral as hulle 'n fout maak)
Weereens, ek is nie een van daardie onse nie.
Van kleins af het ek net agting gehad vir diegene wat Afrikaans probeer
praat, en hulle probeer reghelp. Natuurlik het ek gelag - maar nie vir hulle
nie, maar saam met hulle.

.In plaas daarvan dat ons eerder hulp
> aangebied het om die ander persoon te help het ons met hulle gespot en vir
> hulle gelag!

Mmmmmm - dit het met die opvoeding te doen - nie as Afrikaansprekende
Suid-Afrikaner nie.

> Het ons al ooit daaraan gedink dat ander mense dalk meer probleme het as
> sekere van ons?

Wie sal nou erken dat ander mense meer probleme as ons het?:))
Dit is tog juis die punt van die hele storie, om begrip te hê vir ander
mense se probleme of tekortkominge.
Dit beteken nie dat mens nie mag reghelp nie.

> Het ons al ooit gedink dat daar mense is wat bereid is om te werk vir 'n
> inkomste terwyl hulle studeer?

En presies wat het dit met die prys van eiers te doen dat hulle nie wil reg
spel nie?

> Dan kom ons en ons skiet 'n persoon af oor fokken spelling.

Janee - daar kom dit - sodra iets nie mooi na jou sin verloop nie, dan moet
die anglisistiese ou vloekwoordjie bygegooi word.

> Al wat ek wil vra is:"Plaas jouself in 'n posissie waar jy studeer om vir
> jouself die toekoms in 'n beter lewe te kan maak...werk om huidiglik aan die
> lewe te bly... en dan is so 'n persoon deel van die "mainstream" in die
> ekonomie, waar hy/sy nie vra vir hulp nie...waar so 'n persoon nie 'n las is
> vir die staat om te help met jou en my geld nie!
> Dus, kom ons krap die balke uit ons eie kykers uit voor
> ons splinters uit andere s'n probeer krap.
> En dit is veral vir ou Hessie!

Janee, dood moet 'n oorsaak hê - ek moet nou nie iemand reghelp wat ek kan
sien nie kan spel nie, want ek werk negatief in op die ekonomie van die
land?
Strooi man.

Jy is tog 'n werkgewer.
Kom ons sê jy het 'n pos vir 'n administratiewe klerk, en twee mense doen
aansoek.
Gaan jy die een aanstel wat jy weet jy elke liewe brief wat jy wil uitstuur
noukeurig sal moet nagaan vir spelfoute en laat oortik , of een wat self
die brief nagaan en spelfoute en tikfoute regstel voordat hy/sy dit vir jou
bring vir jou handtekening?
Die persoon wat gesteld is op sy/haar spelling en taalgebruik, behoort ook
noodwendig meer georganiseerd en trots op hul werk te wees.

Dis die klein jakkalsies wat die wingerd verniel.

> In plaas daarvan dat jy 'n Afrikaner probeer afbreek vanuit Kanada,lig jou
> gat en doen iets om te help.
Maar sy doen dit mos.
Ek moet erken nou wel nie op 'n elegante of simpatieke manier nie.

Of is jy maar so common soos wat jy voorkom?

Mmmmm - Die Afrikaner dink ook almal is common behalwe hy.

> As elke outjie/vroutjie sy/haar deel bydra sal hierdie land
> weer van 'n "Third world rubbish dump" na 'n spog land
> verander wat dit eens was!

Nie terwyl ons toelaat, en selfs voorskryf, dat elkeen maar kan doen en
aangaan soos wat hy/sy wil tov Afrikaanse spelling nie.:))

Terwyl ons nou by die eertydse spog land is - van watter periode praat jy?
Spog land in wat?
Was ons ooit die land met die sterkste ekonomie?
Was ons ooit die land met die sterkste groei?
Was ons ooit die land met die meeste medaljes by die olimpiese spele?

O ja- ons is 'n spogland - was nog altyd gewees - vir ons natuurskoon en ons
mense.
Vir ons vermoë om planne te maak en nuwe produkte uit te dink. en te
patenteer.

> Laat die een wat sonder foute is,die eerste klippe gooi!

Inderdaad!

> So,is ons dose of is ons wat ons voorgee om te wees?

Ons is almal bokse.
Elkeen leef mos maar in sy vierkantjie waarin hy/sy tuis voel.

> Elke outjie/vroutjie sal maar vir hom-/haar self kan antwoord, hoewel ek 'n
> paar se beskrywings kan gee,maar dan sit ek dalk met my gat in die kak!

Nou daar is 'n mooi, eg Afrikaanse vloek:)

Al wat ek net kan sê dat 'n mens maar taamlik eenvoudig is as jy moet vloek
omdat jy nie die nodige taalkennis het om jou punt gepas duidelik te kan
stel nie.
Ek wou sê in keurige Afrikaans - maar dit kan tog so maklik verwar word met
geurige;))

>
> Kom ons wees meer bedagsaam,ek is seker ons het almal foute...die een wat
> nie het nie,moet seker nog gebore word!

Wel die mens sonder foute is nie mens nie.
Maar van bedagsaamheid gepraat, hoekom begin jy nie sommer by jouself nie?
Ek sê nie jy moet nie, jy moet net probeer:)))
>
> Is ons Afrikaners of is ons Kafrikaners?

Wat bedoel jy hiermee?

>
> Daar kan ek ook aan 'n paar iets toedig!Maar, weereens weerhou ek my maar
> daaroor.

Hoekom nie? - jy is nou so mooi op 'n drafstap, en besig om spoed op te tel.
Dis waarvoor ons hier is - laat waai!!
Vertel ons wat jy dink, dan weet ons mos hoe om jou beter te kan verstaan.
>
> Groete
>
> Afrikaner
Die een wat dink hy is beter as ander, lag vir mense wat nie vlot kan
Afrikaans praat nie, mense kan uitskel as common, dink dat dit nie nodig is
om Afrikaans as taal gestand te hou nie en
dink dit is fraai om te kan vloek.

Annette
Afrikaanssprekende Suid-Afrikaner.

> skryf in boodskap news:3E1D7CA0.2090505@rogers.com...
>>
>> :: GHOST :: wrote:
>>
>>
>>> Ek prys die Here dat ek nie jou houding in die lewe het nie.
>>> Ek hoop dat dinge vir jou uitwerk.
>>
>> En nou kom die kêreltjie nog so oop en
>> toe oop en toe aangehardloop met sy
>> prys die Here's, en dan sê hy dinge
>> wat nie inpas by die Bergpredikasie nie.
>> Is jy nog een van daardie ouens wat
>> voorgee dat julle Christus se leer volg,
>> maar die gebod daarin verbreek? Onthou,
>> salig is die armes van gees, want hulle
>> sal die koninkryk be-erwe.
>>
>> Tant Hessie
>>
>
Re: Aan wie behoort die nuusgroep [boodskap #71699 is 'n antwoord op boodskap #71696] Vr, 10 Januarie 2003 11:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek het 'n Afrikaanse onderwyser gehad in st.9 (nou graad 11), wat vir ons
vertel het dat dit soms beter is om 'n vloekwoord te gebruik as 'n "mooi"
woord. MAW as twee ouens hard besig is om te baklei, gaan die een nie vir
die ander een sê "Ek gaan jou slaan nie", dit boesem net nie die nodige
vrees in nie. Hy gaan eerder sê "Ek gaan jou opdonner!" of "Ek gaan jou
bliksem!" Dis mos baie sterker as "Ek gaan jou slaan". So, om nou en dan
'n vloekwoord te gebruik om jouself op 'n kragtiger manier uit te druk is
nie altyd verkeerd nie, veral met 'n medium soos hierdie waar ons nie mekaar
se stemtone, gesigsuitdrukkings en dies meer kan hoor nie. Dis nou nie te
sê elke tweede woord wat jy gebruik kan nou maar 'n vloekwoord wees nie,
maar as jy die dag regtig "kak" voel oor 'n ding en nie net "sleg" nie, sal
'n mens dalk beter verstaan is jy sê "Ek voel kak" i.p.v. "Ek voel sleg".
As dit kak gaan, gaan dit slegter as sleg :))

Sê maar net.

Groete
Elaine

"Annette" wrote:
> 'n
>> paar se beskrywings kan gee,maar dan sit ek dalk met my gat in die kak!
>
> Nou daar is 'n mooi, eg Afrikaanse vloek:)
>
> Al wat ek net kan sê dat 'n mens maar taamlik eenvoudig is as jy moet vloek
> omdat jy nie die nodige taalkennis het om jou punt gepas duidelik te kan
> stel nie.
> Ek wou sê in keurige Afrikaans - maar dit kan tog so maklik verwar word met
> geurige;))
Re: Aan wie behoort die nuusgroep [boodskap #71705 is 'n antwoord op boodskap #71699] Vr, 10 Januarie 2003 12:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek kan jou verseker, as ek sê dit gaan beroerd dan gaan dit veel slegter as
net slegter as sleg.

Ek stem natuurlik nie saam met jou onderwyser nie, maar dit is nie my skuld
dat hy te lui was om meer woorde te leer nie, of genot kon put om darem 'n
rede te hê om in die klas te kon vloek nie.;)
Donner en bliksem is nie vloekwoorde nie.
Of hoe gaan jy swaar weer beskryf?

Annette

"Elaine" skryf in boodskap news:3e1eacc2.0@news1.mweb.co.za...
> Ek het 'n Afrikaanse onderwyser gehad in st.9 (nou graad 11), wat vir ons
> vertel het dat dit soms beter is om 'n vloekwoord te gebruik as 'n "mooi"
> woord. MAW as twee ouens hard besig is om te baklei, gaan die een nie vir
> die ander een sê "Ek gaan jou slaan nie", dit boesem net nie die nodige
> vrees in nie. Hy gaan eerder sê "Ek gaan jou opdonner!" of "Ek gaan jou
> bliksem!" Dis mos baie sterker as "Ek gaan jou slaan". So, om nou en dan
> 'n vloekwoord te gebruik om jouself op 'n kragtiger manier uit te druk is
> nie altyd verkeerd nie, veral met 'n medium soos hierdie waar ons nie mekaar
> se stemtone, gesigsuitdrukkings en dies meer kan hoor nie. Dis nou nie te
> sê elke tweede woord wat jy gebruik kan nou maar 'n vloekwoord wees nie,
> maar as jy die dag regtig "kak" voel oor 'n ding en nie net "sleg" nie, sal
> 'n mens dalk beter verstaan is jy sê "Ek voel kak" i.p.v. "Ek voel sleg".
> As dit kak gaan, gaan dit slegter as sleg :))
>
> Sê maar net.
>
> Groete
> Elaine
>
>
> "Annette" wrote:
>> 'n
>>> paar se beskrywings kan gee,maar dan sit ek dalk met my gat in die
kak!
>>
>> Nou daar is 'n mooi, eg Afrikaanse vloek:)
>>
>> Al wat ek net kan sê dat 'n mens maar taamlik eenvoudig is as jy moet
> vloek
>> omdat jy nie die nodige taalkennis het om jou punt gepas duidelik te kan
>> stel nie.
>> Ek wou sê in keurige Afrikaans - maar dit kan tog so maklik verwar word
> met
>> geurige;))
>
Re: Aan wie behoort die nuusgroep [boodskap #71707 is 'n antwoord op boodskap #71690] Vr, 10 Januarie 2003 12:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Paul Van Straaten wrote:

> Dus, kom ons krap die balke uit ons eie kykers uit voor
> ons splinters uit andere s'n probeer krap.
> En dit is veral vir ou Hessie!
> In plaas daarvan dat jy 'n Afrikaner probeer afbreek vanuit Kanada,lig jou
> gat en doen iets om te help.Of is jy maar so common soos wat jy voorkom?

Tant Hessie het natuurlik gewag totdat die
outjie op die ander lede van die nuusgroep
begin skree het in sy halfgebakte Engels en
Afrikaans, voordat Tant Hessie die ta aan die
keel beet gekry het. En op 'n aweregse manier
help Tant Hessie eintlik sulke kere. Die outjie
sal nou baie meer sensitief wees oor sy taalgebruik
en spelling (selfs in Engels), sal tweekeer dink
voordat hy sy ou studentelyfie voor 'n klomp
grootmense kon rondgooi, en hopelik sal hy ophou
om vir homself geluk te wens omdat hy so 'n
goeie Christen is, terwyl hy op ander mense skree.

Die Ruiter in die Dag
Re: Aan wie behoort die nuusgroep [boodskap #71709 is 'n antwoord op boodskap #71696] Vr, 10 Januarie 2003 13:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Paul Van Straaten  is tans af-lyn  Paul Van Straaten
Boodskappe: 171
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
Annette,
Ek is nie kwaad nie.Maar as ons hulp bied,moet dit met die gepaardgaande
simpatie wees.
Wel, ek hoop jy't jou uitgewoed!:)Dis goed so indien jy het,aangesien ek dit
ook doen.
1)'n Afrikaans sprekende Blanke persoon is 'n Afrikaner.
Ek ag andere wat my taal praat as Afrikaans sprekende
Suid-Afrikaners.Indien ek Zoeloe vlot praat maak dit tog nie van my 'n
Zoeloe nie!Of hoe?
2)Ek sien nie neer op Mbeki nie.Ek het net nie soveel respek vir hom soos
wat ek byvoorbeeld vir Nelson Mandela of Buthelezi het nie.
3)Ek glo nie die prys van eiers het iets te doen gehad met die pos nie:))
As ek bv. 'n gesigsprobleem het en as ge volg van my werklading/studietyd en
andere verkeerd spel, gaan jy my nog met rotse gooi?
4)Hessie kon die persoon beter genader het.Hy het sy moer gepluk oor die
bohaai wat gemaak was.Toe ek nuut op die NG gekom het het ek ook.Maar iemand
was so goed en gaaf om my reg te help en die pad te wys.Na die eerste paar
kere het ek gevoel dat die NG is vir 'n paar uitgesoekte "kliek", tot ek die
raad wat die persoon wat my ge-e-pos het gehelp het.Nou voel ek deel van die
groep wat sinvol en soms vol strooi kan pos en soms daarna nog lekker lag
oor die goed wat iemand sou kwytraak!
In plaas van om die outjie anders met meer volwassenheid te hanteer en die
pad te wys, het ons heel moontlik 'n nuwe deelnemer aan gesprekke verloor.Is
dit die doel van die groep?
Moet ons kyk hoeveel mense kan weg gewys word?
Moet ons so te kere gaan dat mense eerder wegskram van die NG af?Of moet ons
eerder kyk om die NG te vergroot en dit sal dalk bydra tot groter sukses van
die groep of wat?
5)Ek is ook gesteld op taal, en veral met dokumentasie maak ek seker van die
feite en spelling.As ek nie weet nie,vra ek om hulp,aangesien dit nie so 'n
vreeslike skande is nie!
6)Jy vra watter tydperk ek van skryf oor die spog land?
Weet jy nie?Was jy nie in die land nie?
Daar was 'n tydperk wat ons die tweede sterkste geld-eenheid in die wereld
gehad het.Weet jy van die tydperk toe dr.Verwoerd eerste minister was?Weet
jy van die tyd toe advokaat BJ Vorster eerste minister was, toe was die
rand steeds sterker as die dollar.Die goudprys in dollar terme was ook
sterker as wat dit huidiglik is in Vorster en PW Botha se tyd.
In dr.Verwoerd se tyd was die ekonomiese groeikoers om en by 6 tot 7% indien
nie beter nie.Het jy dit geweet?
Medaljes?
Het jy geweet weens andere se haat teen Suid-Afrika was ons Internasionaal
verdoem?
Weens dieselfde etnisiteit wat sy kop in Israel en Palestina uitsteek was
ons sportmanne en vroue verdoem en 'n geweldige oneer aangedoen!Het jy dit
geweet?
Het jy geweet dat daar in die vreeslike apartheids-jare meer Internasionale
beleggings in SA was as wat huidiglik die geval is?
Pepsi het onttrek uit SA uit in die 80's en toe hulle weer kom investeer met
swartes aan die stuur, het dit glad nie lank geneem vir hulle moeder
maatskappy om te vra vir likwidasie nie.Het jy dit geweet?
7)Jy vra watter eerste minister het in die vorige regime beter gevaar of
slegter gevaar as Mbeki.
Dit gaan geensins moeilik wees om jou te antwoord nie.
Vanaf 1910 -1919 was Genl.Louis Botha aan die stuur van die unie.Hy het nie
sleg gevaar nie maar was te verknog aan die Britse heersers.
Toe kom genl.Smuts en hy het ook maar aan die queen se rokpante vasgeklou!
Daarna was dit Genl.Hertzog wat SA altyd eerste gestel het en bande met die
queen wou breek, hy het geensins sleg gevaar nie...maar toe breek die ergste
resessie in die wereld se geskiedenis uit en almal blameer hom daarvoor.
Daarna wou hy nie vir die queen gaan oorlog het nie, toe voel die meeste
LV's hulle wil Smuts terug neem.Hulle het dit gedoen en Smuts se ware kleure
kom toe te voorskyn en hy gaan oorlog 'n oorlog wat niks met SA uit te waai
gehad het nie.Intussen het dinge so sleg gegaan in SA dat die kiessers
besluit het om 'n opregte Afrikaner regering te kies in 1948.
Dr.Malan en sy opvolger adv.Strijdom het hulle holle af gewerk om die
Afrikaner op te hef en hom sy regmatige plek in die samelewing te gee.
Dr.Verwoerd het vir Strijdom opgevolg en het slegs verkeerd gedoen met die
woordjie "APARTHEID".

Om terug te keer tot die punt:
Al die eerste ministers het beter as Mbeki gevaar behalwe
miskien FW DE KLERK.
Die ekonomie het 'n geweldige insinking gehad in die 80's,
maar soos ek telkemale gevra het aan mense:"Wat het jy gesoek in die winkels
wat jy nie kon kry nie?"
Wat het sanksies gedoen met jou as persoon?

Werkloosheid is vandag aan die orde van die dag!
Daar was nog nooit soveel likwidasies en eksekusies as juis nou nie!
Daar was nog nooit soveel wetteloosheid soos juis nou nie!
Daar was nooit soveel verkragtings soos nou nie!
Daar was 'n tyd wat ek kan onthou dat ons in die somer met deur wa-wyd-ope
geslaap het!
"Try" dit nou...

So nou het jy die antwoorde wat jy van my gevra het.Ek het ook sommer
uitgepak oor die dinge wat my suur maak.

"Annette" skryf in boodskap news:avm940$grepp$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Paul, hierdie antwoord gaan definitief nie eers in die Drafts lê en afkoel
> nie.
>
> "Paul Van Straaten" wrote in message
> news:avltmd$5qt$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Is dit nie snaaks dat die Afrikaner homself maar altyd as
>> beter dan andere gesien het nie?
> Nee dit is snaaks dat jy dit so vind. Dit kan van enige etniese groep, ras,
> geslag, kultuurgroep of organisasie gesê word.
> Dis nie net "die Afrikaner" nie.
> Maar terwyl ons nou op die punt is - wat beskou jy as "die Afrkaner"? Ons
> het so 'n tydjie gelede die vraag gehad, en niemand het dieselfde antwoord
> gegee nie.. Elkeen het sy eie definisie wat vir hom sy/haar Afrikanerskap
> beskryf, wat ook reg is.
> Ek stel net belang om jou siening te weet.
>
>> Ons het onsself maar altyd verhewe bo andere gesien...
>
> Nee, jammer, ek is definitief nie een van die onse in jou pond nie.
> Ek beskou myself nie verhewe bo enige mens nie, maar 'n gelyke, en ook nie
> 'n ondergeskikte nie.
> Die ou lewe het my al lankal geleer dat diegene op wie jy wil neersien is
> juis die wat jou aangenaam sal verras.
> Sien jy neer op Mbeki?
> Indien wel, hoekom?
> Kan jy aan enige eerste minister in die vorige bedeling dink wat beter as hy
> gevaar het?
> Of slegter?
> Sien jy neer op enige persoon wat deelneem op die nuusgroep?
> Indien wel, hoekom?
>
>> Ek het agter gekom in die stukkies poste van die advertensie en so baie
>> andere dat ons op mekaar skel oor donnerse spelfoute...maar meeste van ons
>> maak spelfoute!
>
> Daar is 'n groot verskil tussen spelfoute en tikfoute.
> Mens kan ook gou agterkom wanneer 'n spelfout per ongeluk gemaak is ( dis
> wat ek baie doen) of wanneer 'n persoon nie weet nie, maar te lui is om na
> te slaan, en gereeld dieselfde fout oor en oor maak.
> Ek sien dit deesdae veral by jongmense wat blykbaar nie die vaagste benul
> het wanneer om die ei, ui of y te gebruik nie.
>
>> Ons is nie super-wesens van erens uit 'n spesiale uitgesoekte plekkie
nie.
>
> Nee, niemand is nie - maar ons mag iemand probeer reghelp as mens sien hul
> spelling is op die verkeerde pad.
> Dit maak nie van my 'n beter of slimmer mens nie, net een wat meer gesteld
> is om my taal in stand te hou.
> Instandhouding van taal gaan nie net gepaard met praat en skryf net soos
> enigiemand wil nie.
>
> Ek
>> weet hoe het ons gelag vir mense wat nie Afrikaans ten volle magtig was
>> nie(veral as hulle 'n fout maak)
> Weereens, ek is nie een van daardie onse nie.
> Van kleins af het ek net agting gehad vir diegene wat Afrikaans probeer
> praat, en hulle probeer reghelp. Natuurlik het ek gelag - maar nie vir hulle
> nie, maar saam met hulle.
>
> .In plaas daarvan dat ons eerder hulp
>> aangebied het om die ander persoon te help het ons met hulle gespot en vir
>> hulle gelag!
>
> Mmmmmm - dit het met die opvoeding te doen - nie as Afrikaansprekende
> Suid-Afrikaner nie.
>
>> Het ons al ooit daaraan gedink dat ander mense dalk meer probleme het as
>> sekere van ons?
>
> Wie sal nou erken dat ander mense meer probleme as ons het?:))
> Dit is tog juis die punt van die hele storie, om begrip te hê vir ander
> mense se probleme of tekortkominge.
> Dit beteken nie dat mens nie mag reghelp nie.
>
>> Het ons al ooit gedink dat daar mense is wat bereid is om te werk vir 'n
>> inkomste terwyl hulle studeer?
>
> En presies wat het dit met die prys van eiers te doen dat hulle nie wil reg
> spel nie?
>
>
>> Dan kom ons en ons skiet 'n persoon af oor fokken spelling.
>
> Janee - daar kom dit - sodra iets nie mooi na jou sin verloop nie, dan moet
> die anglisistiese ou vloekwoordjie bygegooi word.
>
>> Al wat ek wil vra is:"Plaas jouself in 'n posissie waar jy studeer om vir
>> jouself die toekoms in 'n beter lewe te kan maak...werk om huidiglik aan
> die
>> lewe te bly... en dan is so 'n persoon deel van die "mainstream" in die
>> ekonomie, waar hy/sy nie vra vir hulp nie...waar so 'n persoon nie 'n
las
> is
>> vir die staat om te help met jou en my geld nie!
>> Dus, kom ons krap die balke uit ons eie kykers uit voor
>> ons splinters uit andere s'n probeer krap.
>> En dit is veral vir ou Hessie!
>
> Janee, dood moet 'n oorsaak hê - ek moet nou nie iemand reghelp wat ek kan
> sien nie kan spel nie, want ek werk negatief in op die ekonomie van die
> land?
> Strooi man.
>
> Jy is tog 'n werkgewer.
> Kom ons sê jy het 'n pos vir 'n administratiewe klerk, en twee mense doen
> aansoek.
> Gaan jy die een aanstel wat jy weet jy elke liewe brief wat jy wil uitstuur
> noukeurig sal moet nagaan vir spelfoute en laat oortik , of een wat self
> die brief nagaan en spelfoute en tikfoute regstel voordat hy/sy dit vir jou
> bring vir jou handtekening?
> Die persoon wat gesteld is op sy/haar spelling en taalgebruik, behoort ook
> noodwendig meer georganiseerd en trots op hul werk te wees.
>
> Dis die klein jakkalsies wat die wingerd verniel.
>
>> In plaas daarvan dat jy 'n Afrikaner probeer afbreek vanuit Kanada,lig jou
>> gat en doen iets om te help.
> Maar sy doen dit mos.
> Ek moet erken nou wel nie op 'n elegante of simpatieke manier nie.
>
> Of is jy maar so common soos wat jy voorkom?
>
> Mmmmm - Die Afrikaner dink ook almal is common behalwe hy.
>
>
>> As elke outjie/vroutjie sy/haar deel bydra sal hierdie land
>> weer van 'n "Third world rubbish dump" na 'n spog land
>> verander wat dit eens was!
>
> Nie terwyl ons toelaat, en selfs voorskryf, dat elkeen maar kan doen en
> aangaan soos wat hy/sy wil tov Afrikaanse spelling nie.:))
>
> Terwyl ons nou by die eertydse spog land is - van watter periode praat jy?
> Spog land in wat?
> Was ons ooit die land met die sterkste ekonomie?
> Was ons ooit die land met die sterkste groei?
> Was ons ooit die land met die meeste medaljes by die olimpiese spele?
>
> O ja- ons is 'n spogland - was nog altyd gewees - vir ons natuurskoon en ons
> mense.
> Vir ons vermoë om planne te maak en nuwe produkte uit te dink. en te
> patenteer.
>
>> Laat die een wat sonder foute is,die eerste klippe gooi!
>
> Inderdaad!
>
>> So,is ons dose of is ons wat ons voorgee om te wees?
>
> Ons is almal bokse.
> Elkeen leef mos maar in sy vierkantjie waarin hy/sy tuis voel.
>
>> Elke outjie/vroutjie sal maar vir hom-/haar self kan antwoord, hoewel ek
> 'n
>> paar se beskrywings kan gee,maar dan sit ek dalk met my gat in die kak!
>
> Nou daar is 'n mooi, eg Afrikaanse vloek:)
>
> Al wat ek net kan sê dat 'n mens maar taamlik eenvoudig is as jy moet vloek
> omdat jy nie die nodige taalkennis het om jou punt gepas duidelik te kan
> stel nie.
> Ek wou sê in keurige Afrikaans - maar dit kan tog so maklik verwar word met
> geurige;))
>
>>
>> Kom ons wees meer bedagsaam,ek is seker ons het almal foute...die een wat
>> nie het nie,moet seker nog gebore word!
>
> Wel die mens sonder foute is nie mens nie.
> Maar van bedagsaamheid gepraat, hoekom begin jy nie sommer by jouself nie?
> Ek sê nie jy moet nie, jy moet net probeer:)))
>>
>> Is ons Afrikaners of is ons Kafrikaners?
>
> Wat bedoel jy hiermee?
>
>>
>> Daar kan ek ook aan 'n paar iets toedig!Maar, weereens weerhou ek my maar
>> daaroor.
>
> Hoekom nie? - jy is nou so mooi op 'n drafstap, en besig om spoed op te tel.
> Dis waarvoor ons hier is - laat waai!!
> Vertel ons wat jy dink, dan weet ons mos hoe om jou beter te kan verstaan.
>>
>> Groete
>>
>> Afrikaner
> Die een wat dink hy is beter as ander, lag vir mense wat nie vlot kan
> Afrikaans praat nie, mense kan uitskel as common, dink dat dit nie nodig is
> om Afrikaans as taal gestand te hou nie en
> dink dit is fraai om te kan vloek.
>
> Annette
> Afrikaanssprekende Suid-Afrikaner.
>
>
>
>
>> skryf in boodskap news:3E1D7CA0.2090505@rogers.com...
>>>
>>> :: GHOST :: wrote:
>>>
>>>
>>>> Ek prys die Here dat ek nie jou houding in die lewe het nie.
>>>> Ek hoop dat dinge vir jou uitwerk.
>>>
>>> En nou kom die kêreltjie nog so oop en
>>> toe oop en toe aangehardloop met sy
>>> prys die Here's, en dan sê hy dinge
>>> wat nie inpas by die Bergpredikasie nie.
>>> Is jy nog een van daardie ouens wat
>>> voorgee dat julle Christus se leer volg,
>>> maar die gebod daarin verbreek? Onthou,
>>> salig is die armes van gees, want hulle
>>> sal die koninkryk be-erwe.
>>>
>>> Tant Hessie
>>>
>>
>
Re: Aan wie behoort die nuusgroep [boodskap #71710 is 'n antwoord op boodskap #71705] Vr, 10 Januarie 2003 13:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Ek stem ook net met die onderwyser saam as hy van kragwoorde
soos donner en bliksem praat. Vloekwoorde het op papier in
elk geval min effek, dis heel anders wanneer dit met emosie
persoonlik oorgedra word.
Wouter

Annette skryf in boodskap news:avmfqi$h64ds$4@ID-92016.news.dfncis.de...
Ek kan jou verseker, as ek sê dit gaan beroerd dan gaan dit veel
slegter as net slegter as sleg.

Ek stem natuurlik nie saam met jou onderwyser nie, maar dit is nie
my skuld dat hy te lui was om meer woorde te leer nie, of genot
kon put om darem 'n rede te hê om in die klas te kon vloek nie.;)
Donner en bliksem is nie vloekwoorde nie.
Of hoe gaan jy swaar weer beskryf?

Annette

"Elaine" skryf in boodskap news:3e1eacc2.0@news1.mweb.co.za...
> Ek het 'n Afrikaanse onderwyser gehad in st.9 (nou graad 11), wat vir ons
> vertel het dat dit soms beter is om 'n vloekwoord te gebruik as 'n "mooi"
> woord. MAW as twee ouens hard besig is om te baklei, gaan die een nie vir
> die ander een sê "Ek gaan jou slaan nie", dit boesem net nie die nodige
> vrees in nie. Hy gaan eerder sê "Ek gaan jou opdonner!" of "Ek gaan jou
> bliksem!" Dis mos baie sterker as "Ek gaan jou slaan". So, om nou
> 'n vloekwoord te gebruik om jouself op 'n kragtiger manier uit te druk is
> nie altyd verkeerd nie, veral met 'n medium waar ons nie mekaar
> se stemtone, gesigsuitdrukkings en dies meer kan hoor nie. Dis nou nie te
> sê elke tweede woord wat jy gebruik kan nou maar 'n vloekwoord wees nie,
> maar as jy die dag regtig "kak" voel en nie net "sleg" nie, sal
> 'n mens dalk beter verstaan is jy sê "Ek voel kak" i.p.v. "Ek voel sleg".
> As dit kak gaan, gaan dit slegter as sleg :))
>
> Sê maar net.
>
> Groete
> Elaine
>
>
> "Annette" wrote:
> paar se beskrywings kan gee,maar dan sit ek dalk met my gat in die kak!
>>
>> Nou daar is 'n mooi, eg Afrikaanse vloek:)
>>
>> Al wat ek net kan sê dat 'n mens maar taamlik eenvoudig is as jy vloek
>> omdat jy nie die nodige taalkennis het om jou punt duidelik te kan stel nie.
>> Ek wou sê in keurige Afrikaans - maar dit kan tog so maklik verwar word
> met geurige;))
>
Re: Aan wie behoort die nuusgroep [boodskap #71711 is 'n antwoord op boodskap #71709] Vr, 10 Januarie 2003 14:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Paul Van Straaten
Jy vra watter tydperk ek van skryf oor die spog land?
Weet jy nie? Was jy nie in die land nie? Daar was 'n tydperk
wat ons die tweede sterkste geld-eenheid in die wereld
gehad het.

Wouter
Weet jy dat daar 'n tydperk was wat ons die heel sterkste
geldeenheid in die wêreld gehad het? En weet jy wanneer?
Die jaar 2002.

As jy aan die begin van die jaar $100 000 dollar na Rand
omgeskakel het, sou jy aan die einde van 2002 meer as
$150 000 gehad het. En baie meer rente as wat jy in dollar
sou kon verdien.

Dit beteken natuurlik niks, omdat ons in 2001 meer verloor
het as wat ons in 2002 gewen het. Maar jou stelling beteken
ook maar min, want destyds het ons 'n geslote ekonomie
en streng valutabeheer gehad. Daarmee kan jy 'n geldeenheid
kunsmatig hoog hou, soos Mugabe tot so twee jaar gelede
met die Zim $ gedoen het. En die enigste werklike krag in
die Rand het van die hoë goudprys gekom. Good luck, nie
good management nie.

Paul
Die goudprys in dollar terme was ook sterker as wat dit huidiglik
is in Vorster en PW Botha se tyd.

Wouter
Ons het niks tot daardie hoë prys bygedra nie, dit was suiwer geluk.

Paul
In dr.Verwoerd se tyd was die ekonomiese groeikoers om en
by 6 tot 7% indien nie beter nie.Het jy dit geweet?

Wouter
Dit was as gevolg van die hoë goud- en ander mineraalpryse,
ten spyte van taamlik swak ekonomiese bestuur.
Daarna het ons vir meer as 10 jaar nul en negatiewe groei gehad,
as gevolg van die swak ekonomiese besluite in die boom-jare.

Paul
Het jy geweet dat daar in die vreeslike apartheids-jare meer
Internasionale beleggings in SA was as wat huidiglik die geval is?

Wouter
Dalk in die goud-era, ja. Maar daarna was daar weinig netto
nuwe belegging. Dit het eers in die nuwe SA gebeur..
Vloekwoorde [boodskap #71715 is 'n antwoord op boodskap #71710] Vr, 10 Januarie 2003 15:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Wouter Plaasvark" wrote:

> Ek stem ook net met die onderwyser saam as hy van kragwoorde
> soos donner en bliksem praat.

Maar hulle met net oppas dat Vader Kersfees hulle nie hof toe vat nie.
Om sommer so sonder respek van sy rendiere te praat as
"kragwoorde"....gmmmffff...
(Donner en Blitzen)
Re: Aan wie behoort die nuusgroep [boodskap #71716 is 'n antwoord op boodskap #71709] Vr, 10 Januarie 2003 15:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Paul Van Straaten" wrote:

> Annette,
> Ek is nie kwaad nie.Maar as ons hulp bied,moet dit met die gepaardgaande
> simpatie wees.

Empatie sal beter werk. Maar kan ek jou vra om asseblief te leer om
reg te kwoteer? Met simpatie in my hart vra ek jou baie mooi.
Re: Aan wie behoort die nuusgroep [boodskap #71717 is 'n antwoord op boodskap #71709] Vr, 10 Januarie 2003 15:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Paul Van Straaten wrote:

Weet jy van die tydperk toe dr.Verwoerd eerste minister was?Weet
> jy van die tyd toe advokaat BJ Vorster eerste minister was, toe was die
> rand steeds sterker as die dollar.

Dit wys net jou algehele onkunde van die
historiese agtergrond van geldwaardes in
SA as jy so praat. Die rand was van die
begin van sy bestaan af sterker as die
Amerikaanse dollar. Daar was, lank voor
1948, drie Amerikaanse dollars op elke
pond geldeenheid. Toe die rand geskep is,
het die rand een-en-'n-half Amerikaanse
dollar geword. En so het dit ongeveer
gebly. Eers in die middel van die apartheids-
regime het dit begin sukkel, maar selfs in
die begin van die tagtigerjare was die rand
nog meer werd as die Kanadese dollar. Dis eers
later, gedurende jou geliefde apartheids-
varke se tyd, dat die rand heeltemal in duie
gestort het.
Dis natuurlik nie net die SA rand wat swak
geword het teenoor die Amerikaanse dollar in die
laaste paar dekades nie. Ons Kanadese dollar, wat
in die middel sestigs selfs meer as die VSA dollar
was, sukkel nou om 65 Amerikaanse sent op 'n dollar
te haal. En daar is mense wat die lae dollar vir
Kanada voorstaan. Dis glo baie goed vir ons handel,
aangesien ons die VSA se grootste handelsvennoot is.

Gloudina
Re: Aan wie behoort die nuusgroep [boodskap #71718 is 'n antwoord op boodskap #71696] Vr, 10 Januarie 2003 16:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" wrote:

> Paul, hierdie antwoord gaan definitief nie eers in die Drafts lê en afkoel
> nie.

Annette, jy kan maar enige dag skiem jy's mein hoor. Hierdie was nou
sommer 'n bakgat antwoord op Paultjie se strooi. Gooi daat Drafts (ek
lees dit eers as bier) weg, en skryf van nou af sommer so direk en
spontaan. Ek laaaik! :-))
(Agent, het nie 'n Drafts nie. Of dalk het dit, maar ek weet nie waar
of hoe, nie) :-)
Re: Aan wie behoort die nuusgroep [boodskap #71719 is 'n antwoord op boodskap #71696] Vr, 10 Januarie 2003 16:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Annette wrote:

Dave du Plessis skryf:
>> Is ons Afrikaners of is ons Kafrikaners?

> Wat bedoel jy hiermee?

Jy vra tevergeefs wat du Plessis hiermee
"bedoel." Dit is duidelik dat hierdie
man een of ander satisfaksie kry deur die
woord "kaffer" te gebruik. Erens op 'n
diep emosionele vlak is dit vir hom nodig
om hierdie woord hardop te sê ( of seker dit
vir homself ook te fluister.) Sielkundiges sal
vir ons verduidelik dat sy selfwaarde en sy
selfbeeld met sulke ikoniese woorde in stand
gehou word. Dit geld nou nie vir 'n mens wat
die woord net nou en dan gebruik nie. Maar
Dave du Plessis het 'n intense nood om hierdie
woord te sê. Dis daarom dat hy dit elke kans wat
hy kry, in sy skrywery insmokkel. Mens kan maar
alleen jammer voel vir so 'n persoon. Freud sal
ook daarop wys dat hierdie kompulsiewe toestand
gewoonlik seksuele implikasies het.

Die Ruiter in die Dag
Re: Vloekwoorde [boodskap #71720 is 'n antwoord op boodskap #71715] Vr, 10 Januarie 2003 17:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
> "Wouter Plaasvark" wrote:
>
>> Ek stem ook net met die onderwyser saam as hy van kragwoorde
>> soos donner en bliksem praat.

Dalk 'n goeie nuwe naam vir Eskom- die nuwe "donner en bliksem"
maatskappy. Die nuwe en verbeterde maatskappy, wat Afrika van krag
voorsien. Wie sal dan nou nie vir Donner en Bliksem wil werk nie? En
aan die ander kant, wie sal DURF kla as daar fout is met hulle
elektrisiteit?
Re: Aan wie behoort die nuusgroep [boodskap #71721 is 'n antwoord op boodskap #71696] Vr, 10 Januarie 2003 18:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DiDi[1]  is tans af-lyn  DiDi[1]
Boodskappe: 345
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 10 Jan 2003 12:53:57 +0200, "Annette"
het geskryf:

Paul sê ondermeer terwyl hy sy eie swak spelling erken:
>> Ek het agter gekom in die stukkies poste van die advertensie en so baie
>> andere dat ons op mekaar skel oor donnerse spelfoute...maar meeste van ons
>> maak spelfoute!

Die Blonde Annette Antwoord:
> Jy is tog 'n werkgewer.
> Kom ons sê jy het 'n pos vir 'n administratiewe klerk, en twee mense doen
> aansoek.
> Gaan jy die een aanstel wat jy weet jy elke liewe brief wat jy wil uitstuur
> noukeurig sal moet nagaan vir spelfoute en laat oortik , of een wat self
> die brief nagaan en spelfoute en tikfoute regstel voordat hy/sy dit vir jou
> bring vir jou handtekening?

Jy kan nie anders as blond wees nie, Annette

Dawie
Re: Aan wie behoort die nuusgroep [boodskap #71722 is 'n antwoord op boodskap #71705] Vr, 10 Januarie 2003 18:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DiDi[1]  is tans af-lyn  DiDi[1]
Boodskappe: 345
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 10 Jan 2003 14:48:41 +0200, "Annette"
het geskryf:

> Donner en bliksem is nie vloekwoorde nie.
> Of hoe gaan jy swaar weer beskryf?
>
> Annette
>

watchout... ek gaan jou swaar weer
en weer en weer swaar weer! :-O

Dawie
Re: Aan wie behoort die nuusgroep [boodskap #71726 is 'n antwoord op boodskap #71709] Vr, 10 Januarie 2003 19:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
> Annette,
> Ek is nie kwaad nie.Maar as ons hulp bied,moet dit met die gepaardgaande
> simpatie wees.
O ek stem saam - maar mens moet ook empatie hê met mense se skryfstyle en
hoe elkeen dit mag lees.
Mens kry bombastiese mense.

> Wel, ek hoop jy't jou uitgewoed!:)
:))) Ek het nog nie begin nie:))

Dis goed so indien jy het,aangesien ek dit
> ook doen.
> 1)'n Afrikaans sprekende Blanke persoon is 'n Afrikaner.
> Ek ag andere wat my taal praat as Afrikaans sprekende
> Suid-Afrikaners.Indien ek Zoeloe vlot praat maak dit tog nie van my 'n
> Zoeloe nie!Of hoe?
Maar Paul. elke liewe mens wat in Afrika gebore is, is 'n Afrikaner. (
Vergelyk almal wat in Europa gebore is word as Europ�ers beskou - ongeag van
watter land, taal of kleur)
Jy kan nie sommer net hierdie reg toe eien net omdat jy blank is en
Afrikaans praat nie.
Jy moet meer by jou definisie voeg - iets soos Christelik Nasionaal, en Wat
Die Afrikaanse Taal En Kultuur Voorstaan en wat van Wat Hulle Graag Self Die
Boerevolk Noem, of iets in dier voege.:)))
Wat van die Afrikaner beesras? Ons noem hulle tog Afrikaners, al is hulle
nie persone nie, nie blank nie, en ek dink ook nie hulle praat Afrikaans
nie.
Ek vra maar net.

> 2)Ek sien nie neer op Mbeki nie.Ek het net nie soveel respek vir hom soos
> wat ek byvoorbeeld vir Nelson Mandela of Buthelezi het nie.
Dis oukei, ek ook nie.
Ek wou net die begrip tuisbring dat om meer of minder respek vir iemand te
hê vir watter rede ookal nie beteken dat jy op 'n persoon neersien nie.

> 3)Ek glo nie die prys van eiers het iets te doen gehad met die pos nie:))
> As ek bv. 'n gesigsprobleem het en as ge volg van my werklading/studietyd en
> andere verkeerd spel, gaan jy my nog met rotse gooi?
Juis, werkslading en studie en gesigprobleem het niks te doen met spelling
nie.
Doen jy skielik jou hoofrekene anders as jy haastig , doof of besig is?

> 4)Hessie kon die persoon beter genader het.Hy het sy moer gepluk oor die
> bohaai wat gemaak was.Toe ek nuut op die NG gekom het het ek ook.Maar iemand
> was so goed en gaaf om my reg te help en die pad te wys.Na die eerste paar
> kere het ek gevoel dat die NG is vir 'n paar uitgesoekte "kliek", tot ek die
> raad wat die persoon wat my ge-e-pos het gehelp het.Nou voel ek deel van die
> groep wat sinvol en soms vol strooi kan pos en soms daarna nog lekker lag
> oor die goed wat iemand sou kwytraak!
Dis waar - maar sê my - toe jy die groep ontdek het, het jy nie eers 'n paar
bydraes gelees en gesien hoe sommige mense skryf nie?
Dit is tog die riglyn hoe om elke mens te hanteer.
Dis net soos in die regte lewe by 'n partytjie.
Mens loop nie sommer almal voor die voet storm en gee hulle 'n hartlike klap
op die blad nie.
Sommige mense sal terugslaan:))

> In plaas van om die outjie anders met meer volwassenheid te hanteer en die
> pad te wys, het ons heel moontlik 'n nuwe deelnemer aan gesprekke verloor.Is
> dit die doel van die groep?
Dit hang eintlik van homself af. As hy die aantie kan hanteer of ignoreer is
hy reg.
Indien nie, dan is die groep elk geval nie goed vir hom as hy aan hoë
bloeddruk ly nie;))

> Moet ons kyk hoeveel mense kan weg gewys word?
Nee , nie eintlik nie. Maar dit is Gloudina se oogmerk, en die van ons wat
nog hier is, is uit pure moedswilligheid:))

> Moet ons so te kere gaan dat mense eerder wegskram van die NG af?Of moet ons
> eerder kyk om die NG te vergroot en dit sal dalk bydra tot groter sukses van
> die groep of wat?

Ons probeer ons bes- mense kom en gaan - afhangende van hul uithouvermoë:))
Jy is in die goeie tye hier.
Deesdae baklei en vloek en skel nie almal met almal heeltyd nie.
Dis net die Hollanders wat nog so vreeslik vloek:))

> 5)Ek is ook gesteld op taal, en veral met dokumentasie maak ek seker van die
> feite en spelling.As ek nie weet nie,vra ek om hulp,aangesien dit nie so 'n
> vreeslike skande is nie!
Maar hoekom dan net dan?
Sal 'n engelsman psycology verkeerd gaan spel as dit nie vir 'n dokument is
nie?

> 6)Jy vra watter tydperk ek van skryf oor die spog land?
> Weet jy nie?Was jy nie in die land nie?
O. ek was hier, maar net nie met oogklappe aan nie.

> Daar was 'n tydperk wat ons die tweede sterkste geld-eenheid in die wereld
> gehad het.
Dit was toe ons geldeenheid aan die goudprys gekoppel was - niks met ons
spog land te doen nie, wel met die internasionale goudstandaard.
Ons lewer nog steeds dieselfde gehalte goud.

Weet jy van die tydperk toe dr.Verwoerd eerste minister was?
Ja, wat daarvan?

Weet
> jy van die tyd toe advokaat BJ Vorster eerste minister was, toe was die
> rand steeds sterker as die dollar.
Ja ek weet - selfs sterker as die pond. Maar dit het niks te doen gehad met
hulle staatmansskap of goeie ekonomiese beleif nie.

Die goudprys in dollar terme was ook
> sterker as wat dit huidiglik is in Vorster en PW Botha se tyd.
> In dr.Verwoerd se tyd was die ekonomiese groeikoers om en by 6 tot 7% indien
> nie beter nie.Het jy dit geweet?
Ek weet - sien my antwoord hier bo en ook Wouter se antwoord.

Nou - kan jy enigie ekonomiese maatreël wat bg eerste ministers ingestel het
vir volhoubare groei meld of wat nog steeds toegepas word?

> Medaljes?
> Het jy geweet weens andere se haat teen Suid-Afrika was ons Internasionaal
> verdoem?
O ek weet van die sport en alles, omdat wie nou weer eerste apartheid in
sport ingebring het?
Omdat wie nou weer te domastrant gewees het om te dink dat nie een
nie-blanke goed genoeg is om vir sy land te mag deelneem nie?
Wil jy my vertel dat jy dit nie snaaks vind dat vandat daar so baie goeie
nie-blanke langafstandatlete skielik uit die lug uit geval het daar skielik
soveel minder blanke langafstandatlete is wat presteer nie?
Hulle het ons nie eintlik gehaat nie.
Hulle wou maar net deur aksie vir ons op die regte pad lei, want praat wou
nie help nie.

> Weens dieselfde etnisiteit wat sy kop in Israel en Palestina uitsteek was
> ons sportmanne en vroue verdoem en 'n geweldige oneer aangedoen!
Strooi man. Palestina en Israel se storie het niks te doen met ons politici
en ander blindes wat nie vir elke sportman hier 'n kans wou gee nie.

Het jy dit
> geweet?
Wat? Dat die buiteland vir ons wou dwing om ons oë oop te maak?

> Het jy geweet dat daar in die vreeslike apartheids-jare meer Internasionale
> beleggings in SA was as wat huidiglik die geval is?
Sien Wouter se antwoord. Dit is die rede.

> Pepsi het onttrek uit SA uit in die 80's en toe hulle weer kom investeer met
> swartes aan die stuur, het dit glad nie lank geneem vir hulle moeder
> maatskappy om te vra vir likwidasie nie.Het jy dit geweet?
O ja - maar waar in die wye wêreld het Pepsi gegroei tot so 'n mate dat dit
kompeterend was met Coke?

> 7)Jy vra watter eerste minister het in die vorige regime beter gevaar of
> slegter gevaar as Mbeki.
> Dit gaan geensins moeilik wees om jou te antwoord nie.
> Vanaf 1910 -1919 was Genl.Louis Botha aan die stuur van die unie.Hy het nie
> sleg gevaar nie maar was te verknog aan die Britse heersers.
> Toe kom genl.Smuts en hy het ook maar aan die queen se rokpante vasgeklou!
> Daarna was dit Genl.Hertzog wat SA altyd eerste gestel het en bande met die
> queen wou breek, hy het geensins sleg gevaar nie...maar toe breek die ergste
> resessie in die wereld se geskiedenis uit en almal blameer hom daarvoor.
> Daarna wou hy nie vir die queen gaan oorlog het nie, toe voel die meeste
> LV's hulle wil Smuts terug neem.Hulle het dit gedoen en Smuts se ware kleure
> kom toe te voorskyn en hy gaan oorlog 'n oorlog wat niks met SA uit te waai
> gehad het nie.Intussen het dinge so sleg gegaan in SA dat die kiessers
> besluit het om 'n opregte Afrikaner regering te kies in 1948.

Tot dusver het nog nie een beter of swakker as Mbeki gedoen nie.
Die mense het teen Smuts gestem omdat hulle nog steeds kwaad was vir die
Engelse oor die Boere-oorlog.
Die ossewabrandwag sou enige ander land ondersteun het wat teen die Engelse
baklei het.

> Dr.Malan en sy opvolger adv.Strijdom het hulle holle af gewerk om die
> Afrikaner op te hef en hom sy regmatige plek in die samelewing te gee.
Nie eintlik nie.
Hulle het gebruik gemaak van nepotisme en bevooroordeling om een groep mense
( lees blanke Afrikaanssprekende mans) ten koste van alle ander te
bevoordeel.

> Dr.Verwoerd het vir Strijdom opgevolg en het slegs verkeerd gedoen met die
> woordjie "APARTHEID".
Slegs? Ek dink nie Verwoerd was so 'n engeltjie nie- en as jy sy skrywes
lees sal jy weet hy het net een ding in sy kop gehad - apartheid.
>
> Om terug te keer tot die punt:
> Al die eerste ministers het beter as Mbeki gevaar behalwe
> miskien FW DE KLERK.
Nie een van hulle was beter of slegter as Mbeki nie.

> Die ekonomie het 'n geweldige insinking gehad in die 80's,
> maar soos ek telkemale gevra het aan mense:"Wat het jy gesoek in die winkels
> wat jy nie kon kry nie?"
> Wat het sanksies gedoen met jou as persoon?
As ons nie sanksies gehad het nie, was ons nie in 1987 bankrot nie.
Dit is nie goeie staatmanskap om jou oorhoops te leen, en met 'n gelieg en
'n bedrieg en met agterlangse omkopery angaan net sodat dit kan aanhou goed
gaan in die winkels nie.
>
> Werkloosheid is vandag aan die orde van die dag!
Hoekom? Teen wat was die werkloosheidsyfer gemeet vroeër as daar nie eers
behoorlik sensus gehou was nie?

> Daar was nog nooit soveel likwidasies en eksekusies as juis nou nie!
Hoekom? Omdat daar skielik 'n klomp mense was wat 'n pakket geneem het en
dan dink hulle is besigheidsmense of winkeleienaars wat van enige besigheid
wat hulle koop 'n sukses kan maak.

> Daar was nog nooit soveel wetteloosheid soos juis nou nie!
Dit mag wees dat ons meer weet van al die wetteloosheid.
Of miskien is dit omdat ons sit met 'n hele twee geslagte van mense wat
grootgeword het met 'n wettelose kultuur.

> Daar was nooit soveel verkragtings soos nou nie!
O nee, ons weet net van meer. Verkragtings was nog maar altyd daar.

> Daar was 'n tyd wat ek kan onthou dat ons in die somer met deur wa-wyd-ope
> geslaap het!
> "Try" dit nou...
Ek sal nie weet nie. Ek het grootgeword in 'n huis waar alle deure elke aand
sorgvuldig gesluit was.

Daar was ook 'n tyd dat ek nie sou kon dink blanke mense sou bomme plant net
omdat hulle ongelukkig is nie.
Leef die bomplanters nou in die bosse of in strooise?
Sit hulle sonder 'n inkomste en kan hulle sekere produkte nie kry nie?

>
> So nou het jy die antwoorde wat jy van my gevra het.Ek het ook sommer
> uitgepak oor die dinge wat my suur maak.

Reg so en dankie Paul. Laat ons bors oopmaak. Elkeen is tog geregtig op 'n
mening - mag ons deur nugtere gesprekvoering mekaar se standpunte eerbiedig
en ons menings lug.
Annette

> "Annette" wrote in message
> news:avm940$grepp$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Paul, hierdie antwoord gaan definitief nie eers in die Drafts lê en
> afkoel
>> nie.
>>
>> "Paul Van Straaten" wrote in message
>> news:avltmd$5qt$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>> Is dit nie snaaks dat die Afrikaner homself maar altyd as
>>> beter dan andere gesien het nie?
>> Nee dit is snaaks dat jy dit so vind. Dit kan van enige etniese groep,
> ras,
>> geslag, kultuurgroep of organisasie gesê word.
>> Dis nie net "die Afrikaner" nie.
>> Maar terwyl ons nou op die punt is - wat beskou jy as "die Afrkaner"? Ons
>> het so 'n tydjie gelede die vraag gehad, en niemand het dieselfde antwoord
>> gegee nie.. Elkeen het sy eie definisie wat vir hom sy/haar Afrikanerskap
>> beskryf, wat ook reg is.
>> Ek stel net belang om jou siening te weet.
>>
>>> Ons het onsself maar altyd verhewe bo andere gesien...
>>
>> Nee, jammer, ek is definitief nie een van die onse in jou pond nie.
>> Ek beskou myself nie verhewe bo enige mens nie, maar 'n gelyke, en ook
> nie
>> 'n ondergeskikte nie.
>> Die ou lewe het my al lankal geleer dat diegene op wie jy wil neersien is
>> juis die wat jou aangenaam sal verras.
>> Sien jy neer op Mbeki?
>> Indien wel, hoekom?
>> Kan jy aan enige eerste minister in die vorige bedeling dink wat beter
as
> hy
>> gevaar het?
>> Of slegter?
>> Sien jy neer op enige persoon wat deelneem op die nuusgroep?
>> Indien wel, hoekom?
>>
>>> Ek het agter gekom in die stukkies poste van die advertensie en so baie
>>> andere dat ons op mekaar skel oor donnerse spelfoute...maar meeste van
> ons
>>> maak spelfoute!
>>
>> Daar is 'n groot verskil tussen spelfoute en tikfoute.
>> Mens kan ook gou agterkom wanneer 'n spelfout per ongeluk gemaak is ( dis
>> wat ek baie doen) of wanneer 'n persoon nie weet nie, maar te lui is om na
>> te slaan, en gereeld dieselfde fout oor en oor maak.
>> Ek sien dit deesdae veral by jongmense wat blykbaar nie die vaagste benul
>> het wanneer om die ei, ui of y te gebruik nie.
>>
>>> Ons is nie super-wesens van erens uit 'n spesiale uitgesoekte plekkie
> nie.
>>
>> Nee, niemand is nie - maar ons mag iemand probeer reghelp as mens sien hul
>> spelling is op die verkeerde pad.
>> Dit maak nie van my 'n beter of slimmer mens nie, net een wat meer gesteld
>> is om my taal in stand te hou.
>> Instandhouding van taal gaan nie net gepaard met praat en skryf net soos
>> enigiemand wil nie.
>>
>> Ek
>>> weet hoe het ons gelag vir mense wat nie Afrikaans ten volle magtig was
>>> nie(veral as hulle 'n fout maak)
>> Weereens, ek is nie een van daardie onse nie.
>> Van kleins af het ek net agting gehad vir diegene wat Afrikaans probeer
>> praat, en hulle probeer reghelp. Natuurlik het ek gelag - maar nie vir
> hulle
>> nie, maar saam met hulle.
>>
>> .In plaas daarvan dat ons eerder hulp
>>> aangebied het om die ander persoon te help het ons met hulle gespot en
> vir
>>> hulle gelag!
>>
>> Mmmmmm - dit het met die opvoeding te doen - nie as Afrikaansprekende
>> Suid-Afrikaner nie.
>>
>>> Het ons al ooit daaraan gedink dat ander mense dalk meer probleme het as
>>> sekere van ons?
>>
>> Wie sal nou erken dat ander mense meer probleme as ons het?:))
>> Dit is tog juis die punt van die hele storie, om begrip te hê vir ander
>> mense se probleme of tekortkominge.
>> Dit beteken nie dat mens nie mag reghelp nie.
>>
>>> Het ons al ooit gedink dat daar mense is wat bereid is om te werk vir 'n
>>> inkomste terwyl hulle studeer?
>>
>> En presies wat het dit met die prys van eiers te doen dat hulle nie wil
> reg
>> spel nie?
>>
>>
>>> Dan kom ons en ons skiet 'n persoon af oor fokken spelling.
>>
>> Janee - daar kom dit - sodra iets nie mooi na jou sin verloop nie, dan
> moet
>> die anglisistiese ou vloekwoordjie bygegooi word.
>>
>>> Al wat ek wil vra is:"Plaas jouself in 'n posissie waar jy studeer om
> vir
>>> jouself die toekoms in 'n beter lewe te kan maak...werk om huidiglik
aan
>> die
>>> lewe te bly... en dan is so 'n persoon deel van die "mainstream" in die
>>> ekonomie, waar hy/sy nie vra vir hulp nie...waar so 'n persoon nie 'n
> las
>> is
>>> vir die staat om te help met jou en my geld nie!
>>> Dus, kom ons krap die balke uit ons eie kykers uit voor
>>> ons splinters uit andere s'n probeer krap.
>>> En dit is veral vir ou Hessie!
>>
>> Janee, dood moet 'n oorsaak hê - ek moet nou nie iemand reghelp wat ek kan
>> sien nie kan spel nie, want ek werk negatief in op die ekonomie van die
>> land?
>> Strooi man.
>>
>> Jy is tog 'n werkgewer.
>> Kom ons sê jy het 'n pos vir 'n administratiewe klerk, en twee mense doen
>> aansoek.
>> Gaan jy die een aanstel wat jy weet jy elke liewe brief wat jy wil
> uitstuur
>> noukeurig sal moet nagaan vir spelfoute en laat oortik , of een wat self
>> die brief nagaan en spelfoute en tikfoute regstel voordat hy/sy dit vir
> jou
>> bring vir jou handtekening?
>> Die persoon wat gesteld is op sy/haar spelling en taalgebruik, behoort ook
>> noodwendig meer georganiseerd en trots op hul werk te wees.
>>
>> Dis die klein jakkalsies wat die wingerd verniel.
>>
>>> In plaas daarvan dat jy 'n Afrikaner probeer afbreek vanuit Kanada,lig
> jou
>>> gat en doen iets om te help.
>> Maar sy doen dit mos.
>> Ek moet erken nou wel nie op 'n elegante of simpatieke manier nie.
>>
>> Of is jy maar so common soos wat jy voorkom?
>>
>> Mmmmm - Die Afrikaner dink ook almal is common behalwe hy.
>>
>>
>>> As elke outjie/vroutjie sy/haar deel bydra sal hierdie land
>>> weer van 'n "Third world rubbish dump" na 'n spog land
>>> verander wat dit eens was!
>>
>> Nie terwyl ons toelaat, en selfs voorskryf, dat elkeen maar kan doen en
>> aangaan soos wat hy/sy wil tov Afrikaanse spelling nie.:))
>>
>> Terwyl ons nou by die eertydse spog land is - van watter periode praat jy?
>> Spog land in wat?
>> Was ons ooit die land met die sterkste ekonomie?
>> Was ons ooit die land met die sterkste groei?
>> Was ons ooit die land met die meeste medaljes by die olimpiese spele?
>>
>> O ja- ons is 'n spogland - was nog altyd gewees - vir ons natuurskoon en
> ons
>> mense.
>> Vir ons vermoë om planne te maak en nuwe produkte uit te dink. en te
>> patenteer.
>>
>>> Laat die een wat sonder foute is,die eerste klippe gooi!
>>
>> Inderdaad!
>>
>>> So,is ons dose of is ons wat ons voorgee om te wees?
>>
>> Ons is almal bokse.
>> Elkeen leef mos maar in sy vierkantjie waarin hy/sy tuis voel.
>>
>>> Elke outjie/vroutjie sal maar vir hom-/haar self kan antwoord, hoewel
ek
>> 'n
>>> paar se beskrywings kan gee,maar dan sit ek dalk met my gat in die
kak!
>>
>> Nou daar is 'n mooi, eg Afrikaanse vloek:)
>>
>> Al wat ek net kan sê dat 'n mens maar taamlik eenvoudig is as jy moet
> vloek
>> omdat jy nie die nodige taalkennis het om jou punt gepas duidelik te kan
>> stel nie.
>> Ek wou sê in keurige Afrikaans - maar dit kan tog so maklik verwar word
> met
>> geurige;))
>>
>>>
>>> Kom ons wees meer bedagsaam,ek is seker ons het almal foute...die een
> wat
>>> nie het nie,moet seker nog gebore word!
>>
>> Wel die mens sonder foute is nie mens nie.
>> Maar van bedagsaamheid gepraat, hoekom begin jy nie sommer by jouself nie?
>> Ek sê nie jy moet nie, jy moet net probeer:)))
>>>
>>> Is ons Afrikaners of is ons Kafrikaners?
>>
>> Wat bedoel jy hiermee?
>>
>>>
>>> Daar kan ek ook aan 'n paar iets toedig!Maar, weereens weerhou ek my
> maar
>>> daaroor.
>>
>> Hoekom nie? - jy is nou so mooi op 'n drafstap, en besig om spoed op te
> tel.
>> Dis waarvoor ons hier is - laat waai!!
>> Vertel ons wat jy dink, dan weet ons mos hoe om jou beter te kan
verstaan.
>>>
>>> Groete
>>>
>>> Afrikaner
>> Die een wat dink hy is beter as ander, lag vir mense wat nie vlot kan
>> Afrikaans praat nie, mense kan uitskel as common, dink dat dit nie nodig
> is
>> om Afrikaans as taal gestand te hou nie en
>> dink dit is fraai om te kan vloek.
>>
>> Annette
>> Afrikaanssprekende Suid-Afrikaner.
>>
>>
>>
>>
>>> skryf in boodskap news:3E1D7CA0.2090505@rogers.com...
>>>>
>>>> :: GHOST :: wrote:
>>>>
>>>>
>>>> > Ek prys die Here dat ek nie jou houding in die lewe het nie.
>>>> > Ek hoop dat dinge vir jou uitwerk.
>>>>
>>>> En nou kom die kêreltjie nog so oop en
>>>> toe oop en toe aangehardloop met sy
>>>> prys die Here's, en dan sê hy dinge
>>>> wat nie inpas by die Bergpredikasie nie.
>>>> Is jy nog een van daardie ouens wat
>>>> voorgee dat julle Christus se leer volg,
>>>> maar die gebod daarin verbreek? Onthou,
>>>> salig is die armes van gees, want hulle
>>>> sal die koninkryk be-erwe.
>>>>
>>>> Tant Hessie
>>>>
>>>
>>
>
Re: Aan wie behoort die nuusgroep [boodskap #71727 is 'n antwoord op boodskap #71718] Vr, 10 Januarie 2003 19:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Al die kort antwoorde hier is sommerso.
Maar as ek 'n lang antwoord moet gee en redelik ernstig oorkom, dan doen ek
dit gewoonlik op die afkoelmanier, en dan na 'n paar dae is dit yskoud en
los ek dit maar;))

Annette

"Katryn" skryf in boodskap news:kurt1vk2hqjggdhpi554udicn9hl2gu574@4ax.com...
> "Annette" wrote:
>
>> Paul, hierdie antwoord gaan definitief nie eers in die Drafts lê en afkoel
>> nie.
>
> Annette, jy kan maar enige dag skiem jy's mein hoor. Hierdie was nou
> sommer 'n bakgat antwoord op Paultjie se strooi. Gooi daat Drafts (ek
> lees dit eers as bier) weg, en skryf van nou af sommer so direk en
> spontaan. Ek laaaik! :-))
> (Agent, het nie 'n Drafts nie. Of dalk het dit, maar ek weet nie waar
> of hoe, nie) :-)
>
Re: Aan wie behoort die nuusgroep [boodskap #71728 is 'n antwoord op boodskap #71709] Vr, 10 Januarie 2003 19:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DiDi[1]  is tans af-lyn  DiDi[1]
Boodskappe: 345
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 10 Jan 2003 15:05:36 +0200, "Paul Van Straaten"
het geskryf:

> Annette,
> Ek is nie kwaad nie.Maar as ons hulp bied,moet dit met die gepaardgaande
> simpatie wees.
> Wel, ek hoop jy't jou uitgewoed!:)Dis goed so indien jy het,aangesien ek dit
> ook doen.
> 1)'n Afrikaans sprekende Blanke persoon is 'n Afrikaner.
> Ek ag andere wat my taal praat as Afrikaans sprekende
> Suid-Afrikaners.Indien ek Zoeloe vlot praat maak dit tog nie van my 'n
> Zoeloe nie!Of hoe?
> 2)Ek sien nie neer op Mbeki nie.Ek het net nie soveel respek vir hom soos
> wat ek byvoorbeeld vir Nelson Mandela of Buthelezi het nie.
> 3)Ek glo nie die prys van eiers het iets te doen gehad met die pos nie:))
> As ek bv. 'n gesigsprobleem het en as ge volg van my werklading/studietyd en
> andere verkeerd spel, gaan jy my nog met rotse gooi?
> ek
> ek
> ek
> ens.

Mensig Paul, en daar's mense wat dink dat ek
onder jou naam skryf! Met soveel 'ek's in een brief!
Paul, mens skryf nie so nie! Tel bietjie daai ek's
in jou brief toe!

ek, die nimlike DD:-)))
Re: Aan wie behoort die nuusgroep [boodskap #71730 is 'n antwoord op boodskap #71721] Vr, 10 Januarie 2003 19:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek gaan jou hof toe sleep:)))
Annette

+0200, "Annette"
> het geskryf:
>
> Paul sê ondermeer terwyl hy sy eie swak spelling erken:
>>> Ek het agter gekom in die stukkies poste van die advertensie en so baie
>>> andere dat ons op mekaar skel oor donnerse spelfoute...maar meeste van ons
>>> maak spelfoute!
>
> Die Blonde Annette Antwoord:
>> Jy is tog 'n werkgewer.
>> Kom ons sê jy het 'n pos vir 'n administratiewe klerk, en twee mense doen
>> aansoek.
>> Gaan jy die een aanstel wat jy weet jy elke liewe brief wat jy wil uitstuur
>> noukeurig sal moet nagaan vir spelfoute en laat oortik , of een wat self
>> die brief nagaan en spelfoute en tikfoute regstel voordat hy/sy dit vir jou
>> bring vir jou handtekening?
>
>
> Jy kan nie anders as blond wees nie, Annette
>
>
> Dawie
>
Re: Aan wie behoort die nuusgroep [boodskap #71731 is 'n antwoord op boodskap #71727] Vr, 10 Januarie 2003 19:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" wrote:

> Al die kort antwoorde hier is sommerso.
> Maar as ek 'n lang antwoord moet gee en redelik ernstig oorkom, dan doen ek
> dit gewoonlik op die afkoelmanier, en dan na 'n paar dae is dit yskoud en
> los ek dit maar;))

OOOooooo, so dis dan waarom jy my ignoreer. Ek het gewonner...
:-)
Katryn - nogsteeds al singende vir Willie - "koljander koljander so
deur die bos....."
Re: Aan wie behoort die nuusgroep [boodskap #71732 is 'n antwoord op boodskap #71728] Vr, 10 Januarie 2003 19:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dis net omdat jy so baie van jouself as Paul dink du Plessis:)))

Wou nog vra - met die ongeluk - wat het gebeur met die mense in wie jy
vasgery het?
Annette

"Davie Davis" skryf in boodskap news:kg6u1v8fnajiq3fo1a8bkrrcfri5li8jkj@4ax.com...
> On Fri, 10 Jan 2003 15:05:36 +0200, "Paul Van Straaten"
> het geskryf:
>
>> Annette,
>> Ek is nie kwaad nie.Maar as ons hulp bied,moet dit met die gepaardgaande
>> simpatie wees.
>> Wel, ek hoop jy't jou uitgewoed!:)Dis goed so indien jy het,aangesien ek dit
>> ook doen.
>> 1)'n Afrikaans sprekende Blanke persoon is 'n Afrikaner.
>> Ek ag andere wat my taal praat as Afrikaans sprekende
>> Suid-Afrikaners.Indien ek Zoeloe vlot praat maak dit tog nie van my 'n
>> Zoeloe nie!Of hoe?
>> 2)Ek sien nie neer op Mbeki nie.Ek het net nie soveel respek vir hom soos
>> wat ek byvoorbeeld vir Nelson Mandela of Buthelezi het nie.
>> 3)Ek glo nie die prys van eiers het iets te doen gehad met die pos nie:))
>> As ek bv. 'n gesigsprobleem het en as ge volg van my werklading/studietyd en
>> andere verkeerd spel, gaan jy my nog met rotse gooi?
>> ek
>> ek
>> ek
>> ens.
>
>
> Mensig Paul, en daar's mense wat dink dat ek
> onder jou naam skryf! Met soveel 'ek's in een brief!
> Paul, mens skryf nie so nie! Tel bietjie daai ek's
> in jou brief toe!
>
> ek, die nimlike DD:-)))
>
Re: Aan wie behoort die nuusgroep [boodskap #71733 is 'n antwoord op boodskap #71726] Vr, 10 Januarie 2003 19:51 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" wrote:

Paul vra: Moet ons kyk hoeveel mense kan weg gewys word?

Annette antwoord: Nee , nie eintlik nie. Maar dit is Gloudina se
oogmerk, en die van ons wat nog hier is, is uit pure
moedswilligheid:))

Katryn lag haarself amper van haar stoel af!! Ain't that the truth,
Annette!!! :-)))))
Vorige onderwerp: Hp 870 Cxi drukker
Volgende onderwerp: Ek het die fout gekry (SMS)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 13:00:26 MGT 2024