Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ek stel aan julle voor: TWEE VERRAAIERS
Ek stel aan julle voor: TWEE VERRAAIERS [boodskap #7154] Vr, 30 Augustus 1996 00:00 na volgende boodskap
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
VERRAIER No 1
==============
Ek lees Mnr Trevor Manuel, Minister van Finansies,
het gedurende 'n rugbywedstryd tussen die Springbokke en die All Blacks
luidkeels sy steun vir die All Blacks betuig. Met die laaste 2 doele
van die All Blacks het hy blykbaar op en af gespring.
'n Toeskouer het hom gevra waarom hy nie die Bokke ondersteun nie.
Hy het geantwoord dat hy nie 'n wit Suid Afrikaner is nie en
"dit maak 'n groot verskil".

Ek kan nie help om te dink watter groot indruk dit gemaak het toe
Nelson Mandela met die Rugby Wereldbeker die Bokke kom ondersteun
het nie. Hoe mooi dit nie was as teken van welwillendheid nie en
hoe lank die mense daaroor gepraat het nie.

Maar Trevor Manuel is nie daarin geintereseerd om die hand uit te steek
in 'n nuwe Suid Afrika nie. Hy wil nie 'n voorbeeld stel nie.
Hy stel nie daarin belang om sy wrokke privaat te hou nie.
Inteendeel, hy bring sy ou wrokke en stal dit uit.
Hy is 'n rassistiese poephol, en ek het my respek vir hom verloor.

VERRAAIER No 2
==============
and...@aztec.co.za (Andries du Toit) het 'n ruk gelede oor
Mark Behr geskryf:

> het hy op een of ander digterkonferensie voor almal gebieg
> dat hy die hele tyd lank eintlik 'n polisie-informant was.
> Die etter.
> Wag net: hy bring seer sekerlik een van die dae 'n boek oor sy
> sielswroeginge as 'n piemper. Die stank van vrot perskes?

Ek stem saam. En daar was baie ouens soos hy.
Studentjies op universiteite wat gespioeneer het op hul mede-studente
teen betaling. Want almal wat mos nie vir die Nasionale Party gestem
het nie was 'n "kommunis/linkse radikale" en moes ondermyn word.
Hierdie misrabele idiote het gedink het hulle is James Bond
en doen die land 'n guns. Wat allerhande vuiligheidspeletjies gespeel
het op die kampusse en dan 'n kloppie op die skouer gekry het daarvoor,
en 'n geldjie in die sak (vir 'n motortjie of so).
Ek hoop julle vet braai uit. Julle is laer as slangkak op die bodem van
die see.
Re: Ek stel aan julle voor: TWEE VERRAAIERS [boodskap #7165 is 'n antwoord op boodskap #7154] So, 01 September 1996 00:00 Na vorige boodskap
mor...  is tans af-lyn  mor...
Boodskappe: 4
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
On 8/30/96 5:22PM, in message , Theo Scott
wrote:

> gal...@ibm.net wrote:
>>
>> Ek stem saam. En daar was baie ouens soos hy.
>> Studentjies op universiteite wat gespioeneer het op hul mede-studente
>> teen betaling...
>
> Ek weet nou nie van die betaling nie, maar die spioenasie was daar.
> Die beste was dat hierdie ouens nie so uitgeslape was soos hulle
> gedink het nie. Ek onthou nog van 'n vriend wat so pas terug gekom het
> van Europa. Hy was ook vir 'n dag lank in Oos Duitsland. Met sy
> terugkoms vind hy 'n versteekte mikrofoon binne in sy rekenaar.
> Die spioene wou graag iets he^ om te vertel...
>
>
En dan was daar ook die ouens van die veiligheidspolisie wat op die
universiteitsterreine rondgesluip het. Ek het 'n lang storie, gebaseer op
persoonlike ondervinding, van hoe my vriend professor Friedemann Grenz, destyds
die professor van Duits aan die Universiteit van Port Elizabeth, deur een van
hierdie kalante geterroriseer is. En hierdie ou was ook nie baie uitgeslape nie.
--
Morne Bezuidenhout | e-mail: mor...@iafrica.com
Vorige onderwerp: Die Afrikaner: Swartes molesteer Laerskooldogter -- Hoof swyg!
Volgende onderwerp: Dit is hier. . .
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 07:50:37 MGT 2024