Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Beurse
Beurse [boodskap #71527] Di, 07 Januarie 2003 20:44 na volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Kan iemand my sê hoe 'n mens te werk gaan om aansoek te doen vir beurse? My
bediende se dogter wil vreeslik graag 'n dokter word, maar daar's nie fondse
beskikbaar vir so iets nie. Sy skryf hierdie jaar matriek. Wat van 'n
studielening? Is dit ooit moontlik vir haar om so 'n lening te kry?

Dankie & Groete
Elaine
Re: Beurse [boodskap #71538 is 'n antwoord op boodskap #71527] Di, 07 Januarie 2003 22:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
emmy[1]  is tans af-lyn  emmy[1]
Boodskappe: 865
Geregistreer: April 2001
Karma: 0
Senior Lid
Elaine schreef in berichtnieuws
3e1b3c51.0@news1.mweb.co.za...
> Kan iemand my sê hoe 'n mens te werk gaan om aansoek te doen vir beurse? My
> bediende se dogter wil vreeslik graag 'n dokter word, maar daar's nie fondse
> beskikbaar vir so iets nie. Sy skryf hierdie jaar matriek. Wat van 'n
> studielening? Is dit ooit moontlik vir haar om so 'n lening te kry?

http://www.zuidafrikahuis.nl/organisatie-n.htm

grt emmy
>
> Dankie & Groete
> Elaine
>
Re: Beurse [boodskap #71539 is 'n antwoord op boodskap #71538] Di, 07 Januarie 2003 23:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dankie

"emmy" wrote:
>
> http://www.zuidafrikahuis.nl/organisatie-n.htm
>
> grt emmy
Re: Beurse [boodskap #71542 is 'n antwoord op boodskap #71527] Wo, 08 Januarie 2003 02:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Elaine wrote:

> Kan iemand my sê hoe 'n mens te werk gaan om aansoek te doen vir beurse? My
> bediende se dogter wil vreeslik graag 'n dokter word, maar daar's nie fondse
> beskikbaar vir so iets nie. Sy skryf hierdie jaar matriek. Wat van 'n
> studielening? Is dit ooit moontlik vir haar om so 'n lening te kry?

Jy kan reg aan die begin seker maak dat die
dogter, wat 'n dokter wil word, die nodige
wiskunde en ander vakke het wat dit vir haar
moontlik sal maak om aansoek te doen vir mediese
studies. En ook seker maak dat sy wel baie goed
in wiskunde presteer, anders sou sy liewer in 'n
ander rigting moet probeer gaan.

Gloudina
Re: Beurse [boodskap #71545 is 'n antwoord op boodskap #71527] Wo, 08 Januarie 2003 02:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Joe[1]  is tans af-lyn  Joe[1]
Boodskappe: 36
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Volle Lid
Doen by die universiteit aansoek. Of sien die bank vir 'n studielening.
Haar matriekpunte moet goed wees anders gaan sy dit moeili maak en groot
studieskuld opbou.

"Elaine" skryf in boodskap news:3e1b3c51.0@news1.mweb.co.za...
> Kan iemand my sê hoe 'n mens te werk gaan om aansoek te doen vir beurse? My
> bediende se dogter wil vreeslik graag 'n dokter word, maar daar's nie fondse
> beskikbaar vir so iets nie. Sy skryf hierdie jaar matriek. Wat van 'n
> studielening? Is dit ooit moontlik vir haar om so 'n lening te kry?
>
> Dankie & Groete
> Elaine
>
Re: Beurse [boodskap #71574 is 'n antwoord op boodskap #71542] Wo, 08 Januarie 2003 10:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja, sy't alles wat nodig is, ek het haar rapporte en goed, maar eerlikwaar
ek weet nie of sy 'n kans staan nie, kompetisie is sterk vir beurse deesdae.

E

wrote:
>
> Jy kan reg aan die begin seker maak dat die
> dogter, wat 'n dokter wil word, die nodige
> wiskunde en ander vakke het wat dit vir haar
> moontlik sal maak om aansoek te doen vir mediese
> studies. En ook seker maak dat sy wel baie goed
> in wiskunde presteer, anders sou sy liewer in 'n
> ander rigting moet probeer gaan.
>
> Gloudina
>
Re: Beurse [boodskap #71576 is 'n antwoord op boodskap #71545] Wo, 08 Januarie 2003 10:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jy moet eers 'n rukkie lank studeer voordat jy 'n lening by die Universiteit
kan kry. Minstens een semester en jou punte moet baie, baie goed wees
anders gaan jy nie daai meriete-beurs kry nie. Ek dink die meisiekind moet
maar gaan werk soek as 'n kelnerin of iets êrens dat sy kan uithelp met die
koste verbonde aan haar studies. Uitgevreete meisiekind van 18 en het nie
eers 'n deeltydse werk nie! Vir my is dit natuurlik 'n groot skande, veral
as jou ma haarself moet flou werk om die pot aan die kook te hou.

Elaine

"Joe" skryf in boodskap news:pgMS9.6193$DU3.3843@news.bellsouth.net...
> Doen by die universiteit aansoek. Of sien die bank vir 'n studielening.
> Haar matriekpunte moet goed wees anders gaan sy dit moeili maak en groot
> studieskuld opbou.
Re: Beurse [boodskap #71612 is 'n antwoord op boodskap #71527] Wo, 08 Januarie 2003 16:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Paul Van Straaten  is tans af-lyn  Paul Van Straaten
Boodskappe: 171
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
Universiteite gee voorkeur aan anderskleuriges in die aanbieding vir hulp
vir mense wat in so 'n rigting sou wou studeer.Sy sal seker gekeur moet word
vir die studierigting.Indien sy aanvaar word en sy wek hard in haar matriek
jaar sal sy geen probleme ondervind om 'n beurs te kry nie.

"Elaine" skryf in boodskap news:3e1b3c51.0@news1.mweb.co.za...
> Kan iemand my sê hoe 'n mens te werk gaan om aansoek te doen vir beurse? My
> bediende se dogter wil vreeslik graag 'n dokter word, maar daar's nie fondse
> beskikbaar vir so iets nie. Sy skryf hierdie jaar matriek. Wat van 'n
> studielening? Is dit ooit moontlik vir haar om so 'n lening te kry?
>
> Dankie & Groete
> Elaine
>
Re: Beurse [boodskap #71637 is 'n antwoord op boodskap #71612] Do, 09 Januarie 2003 00:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek hoop so vir haar part, sy's minstens bereid om te leer soos dit vir my
klink.

E

"Paul Van Straaten" skryf in boodskap news:avhko8$gbj$6@ctb-nnrp2.saix.net...
> Universiteite gee voorkeur aan anderskleuriges in die aanbieding vir hulp
> vir mense wat in so 'n rigting sou wou studeer.Sy sal seker gekeur moet word
> vir die studierigting.Indien sy aanvaar word en sy wek hard in haar matriek
> jaar sal sy geen probleme ondervind om 'n beurs te kry nie.
Re: Beurse [boodskap #71652 is 'n antwoord op boodskap #71637] Do, 09 Januarie 2003 07:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Thys de Wet  is tans af-lyn  Thys de Wet
Boodskappe: 211
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
Daar's natuurlik ook nog Eduloan wat lenings aan studente bied.
Universiteite en Technikons het almal aansoekvorms daarvoor.

Thys by die Bos se waassittie. (Nie die waassittie innie bossie)
En ek praat nie namens die US nie. Werk net hier...

"Elaine" skryf in boodskap news:3e1cc4c1.0@news1.mweb.co.za...
> Ek hoop so vir haar part, sy's minstens bereid om te leer soos dit vir my
> klink.
>
> E
>
> "Paul Van Straaten" wrote in message
> news:avhko8$gbj$6@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Universiteite gee voorkeur aan anderskleuriges in die aanbieding vir hulp
>> vir mense wat in so 'n rigting sou wou studeer.Sy sal seker gekeur moet
> word
>> vir die studierigting.Indien sy aanvaar word en sy wek hard in haar
> matriek
>> jaar sal sy geen probleme ondervind om 'n beurs te kry nie.
>
Re: Beurse [boodskap #71655 is 'n antwoord op boodskap #71652] Do, 09 Januarie 2003 08:44 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Is daar 'n beperking op die ouderdom van die aansoekers Thys?

Annette

"Thys de Wet" skryf in boodskap news:avj9s8$13h0$1@news.adamastor.ac.za...
> Daar's natuurlik ook nog Eduloan wat lenings aan studente bied.
> Universiteite en Technikons het almal aansoekvorms daarvoor.
>
> Thys by die Bos se waassittie. (Nie die waassittie innie bossie)
> En ek praat nie namens die US nie. Werk net hier...
> "Elaine" wrote in message
> news:3e1cc4c1.0@news1.mweb.co.za...
>> Ek hoop so vir haar part, sy's minstens bereid om te leer soos dit vir my
>> klink.
>>
>> E
>>
>> "Paul Van Straaten" wrote in message
>> news:avhko8$gbj$6@ctb-nnrp2.saix.net...
>>> Universiteite gee voorkeur aan anderskleuriges in die aanbieding vir
> hulp
>>> vir mense wat in so 'n rigting sou wou studeer.Sy sal seker gekeur
moet
>> word
>>> vir die studierigting.Indien sy aanvaar word en sy wek hard in haar
>> matriek
>>> jaar sal sy geen probleme ondervind om 'n beurs te kry nie.
>>
>
Vorige onderwerp: Wat was...en wat kan kom!
Volgende onderwerp: oorlog innie niewejaar antie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 22:24:58 MGT 2024