Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » re kultier en so en al dit
re kultier en so en al dit [boodskap #7036] So, 18 Augustus 1996 00:00 na volgende boodskap
pigf...  is tans af-lyn  pigf...
Boodskappe: 33
Geregistreer: Julie 1996
Karma: 0
Volle Lid
synde eki 'n kultier ou is nie, behalwe dat ek rooiwyn erg dieg en in groot
volumes, is hierdie my idee van afr op sy allerbeste. dit volg natuurlik na
galjoen se vorige bydraes, wat my stukkies geruk het.

pulvermacher

gebet van tities tokaan

halleluja! Heere; hy het jou in die laaste tyd rechte goed gedra. Kyke die
gras! Kyke die gousblom! Kyke die banjang water in die sloot! Kyke die bees!
Hulle wil almal uit hulle vel spring van gladgyt. kyk hoe hulle hol en
achterop schop, net's die jong meide van baldadigheid. dan kyk al die mense
hule mielies, hulle ossem hulle aerdappels, hulle schaape, hulle boone, hulle
pampoen hulle ertjies. alles is volop, en hulle kinders is almal boekpens van
die vettigheid. ja allemaal, net maar alleen jeremias, zyn kinders nie!

ons wil erken Heerem dat jy jou planne mooi achter mekaar gezet het, en dat jy
jou best gedoen het van deuze jaar; maar tog Heere jy't nie pad langs gehou
met Jeremias nie. Jeremias, hy't hom in die laaste tyd goed gedra. hy het laat
staan die vloek, en het padgegee ver die vrouw mens hy't alle week zyn
treppens in die kerkbord gegooi, en hy het lange tyd nie ver jou ergenis aan
gedoen nie. En kyk Heere, wat het jy gemaak? ... Jy het jou bits geschiet, en
Jeremias zyn melkbokke almal dood geslaan. Jeremias, Heere hy voel nie lekker
onder die dinge nie. Toen hy in die sonde was, het jy zyn beste voor-os laat
vrek! dit was tog nie mooi om jeremias so vaderlik te berispe nie, om zyn
goddeloosheid het jy sy klein lukassie stilletjies in die zeepot laat
verongeluk. nou, dit was ook nie manierlyk nie; en kyk nou? ... daar vreet die
Aasvoëls zyn melkbokke almaal op. perbeer nou Heere, Jeremias was in jou plek
gewees: Wat het hy gemaak, zal hy jou kinders en jou melkbokke doodgeschiet
het? ... Maar Heere ons moet volgens jou wette handel, en malkander al die
foute vergeeve. Halleluja!

ongedateer plus/minus 1893

(vir die ou in frankryk wat dit vulgęr noem, jy's arm pęl).
Re: re kultier en so en al dit [boodskap #7090 is 'n antwoord op boodskap #7036] Do, 22 Augustus 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
Daai stuk oor die:

> gebet van tities tokaan

is verskriklik mooi, waar kry jy dit ?
Dit het my so 'n knop in my keel gegee dat ek na my 20 jaar oue
KWV brandewyn moes gryp. (Ek bere dit vir spesiale geleenthede).
My boeta pos dit met groot moeite Australie toe.
(Vorige keer het die dokwerkers hier dit gesteel).

Ek is ook lief vir my wyn. My vrou noem my 'n wynsnob.
Dit nou net oor ek in 'n land van barbare woon wat hul wyn
sluk en nie ruik nie. Die transvalers is ook maar amper so erg.
Koop die Kapenaars se wyn op, bere dit tot dit suur is.
Hulle probeer daarin bele^ i.p.v. drink.
Hoop jy is nie 'n "Transvaler" nie...

Groete
Re: re kultier en so en al dit [boodskap #7117 is 'n antwoord op boodskap #7036] So, 25 Augustus 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
pigf...  is tans af-lyn  pigf...
Boodskappe: 33
Geregistreer: Julie 1996
Karma: 0
Volle Lid
galjoen het geskrywe:
> Daai stuk oor die:
>
> >gebet van tities tokaan
>
> is verskriklik mooi, waar kry jy dit ?
> Dit het my so 'n knop in my keel gegee dat ek na my 20 jaar oue
> KWV brandewyn moes gryp. (Ek bere dit vir spesiale geleenthede).
> My boeta pos dit met groot moeite Australie toe.

dit kom voor in 'n bundel getiteld: Die Afrikaanse kortverhaalboek
en is saamgestel deur Abraham de Vries en uitgegee deur H&R.
Waar De Vries dit kry weet ek nie.
Maar dit is stunning, né?

> Hoop jy is nie 'n "Transvaler" nie...
>

nee gelukkig nie. x 'n gautenger.

groete,
Re: re kultier en so en al dit [boodskap #7118 is 'n antwoord op boodskap #7036] So, 25 Augustus 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
kuy...  is tans af-lyn  kuy...
Boodskappe: 10
Geregistreer: Julie 1996
Karma: 0
Junior Lid
>> Hoop jy is nie 'n "Transvaler" nie...
>>
>
> nee gelukkig nie. x 'n gautenger.
>
> groete,

Ek woon nie in die nuwe Suid-Afrika nie, maar het wel in die ou een
gewoon. Al die jare het 'n groot gedeelte van die Suid-Afrikaanse
bevolking van Gauteng (stad van goud) gepraat selfs al was die amptelike
naam Johannesburg. Dit irriteer my dat almal nou ewe skielik van Gauteng
praat. Wat is verkeerd daarmee om nog steeds van Johannesburg te sê?

Griet.
Re: re kultier en so en al dit....wyn en hondemis [boodskap #7123 is 'n antwoord op boodskap #7036] Ma, 26 Augustus 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
Terwyl Pigfarmer my nou aan die roer het oor wyn, en terwyl ek
nou die Kapenaars en die Transvalers en die Australiers
by kultuur en wyndrink ingesleep het, net die volgende:

Ek het eenkeer gehoor wat die Suidwesboere doen as hul gaan visvang:
Hulle begrawe 'n bottel rooiwyn of twee langs die pad en merk dit
met 'n stapel klippe. As hulle dan volgende jaar weer kom grawe hulle
hom uit - dit smaak blykbaar vreeslik goed dan. (verouder? of miskien
so bietjie karakter bygekry?).

Ek kry laasweek in my posbus (hier in Australie) 'n advertensie vir
'n elektroniese toestel. Jy sit die wyn daarin en skakel dit aan,
en dan kan jy die wyn sommer in 'n paar minute met 5 jaar verouder
(volgens die advertensie). Dit verkoop seker goed hier onder die klomp.
(Het jy nou al ooit van sulke bog gehoor - as jy dit glo verdien jy
gemors wat jy drink)

Terloops: Ek het laas gepraat van wyn ruik: ek lees eenkeer dat 'n
goeie Boergonje na kak ruik. (ek sweer). Of dit nou waar is weet ek nie.
Wat wel waar is is dat 'n Sauvignon Blanc na varsgesnyde gras ruik.
Nou wonder ek waaraan mens dink as jy so met jou grassnyer oor die
hondemis ry.....

Die punt van ruik is nie dat hy vir jou dieselfde ruik as wat die
wynkenners seg nie, solank jy net vir jou na iets ruik wat jy kan herken
of eien. So seg hulle byvoorbeeld dat 'n baie goeie Pinotage na stroois
ruik, so lekker rokerige reuk. Dis nogal waar. (My apologie aan almal wat
in strooise bly - ek bedoel nie sleg nie). Ook het ek gehoor van iemand
dat 'n Pinotage (of was dit nou 'n Cabernet?) na sy geweer ruik as hy hom
met geweerolie skoongemaak het.

Nou ja.

Groete. Skink nog 'n dop!
Re: re kultier en so en al dit....wyn en hondemis [boodskap #7140 is 'n antwoord op boodskap #7123] Wo, 28 Augustus 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dirk Laurie  is tans af-lyn  Dirk Laurie
Boodskappe: 5
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
In article , gal...@ibm.net says...
>
>
>
> Terloops: Ek het laas gepraat van wyn ruik: ek lees eenkeer dat 'n
> goeie Boergonje na kak ruik. (ek sweer). Of dit nou waar is weet ek nie.
> Wat wel waar is is dat 'n Sauvignon Blanc na varsgesnyde gras ruik.
> Nou wonder ek waaraan mens dink as jy so met jou grassnyer oor die
> hondemis ry.....
>
> Nou ja.
>
> Groete. Skink nog 'n dop!
>

Jy het nou net my hond se lewe gered, elke keer wanneer ek die
gras sny dreig ek om die hond DBV toe te vat.

Ja, ek weet ek moet eers optel voor ek sny, maar weet jy hoe lyk
n hondedrol in die Kaapse winter.. Plat jelierig met hare op.

Dick
Re: re kultier en so en al dit [boodskap #7141 is 'n antwoord op boodskap #7036] Wo, 28 Augustus 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anonymous  is tans af-lyn  Anonymous
Boodskappe: 24
Geregistreer: Junie 1996
Karma: 0
Junior Lid
In article , Griet wrote:
>
> Ek woon nie in die nuwe Suid-Afrika nie, maar het wel in die ou een
> gewoon. Al die jare het 'n groot gedeelte van die Suid-Afrikaanse
> bevolking van Gauteng (stad van goud) gepraat selfs al was die amptelike
> naam Johannesburg. Dit irriteer my dat almal nou ewe skielik van Gauteng
> praat. Wat is verkeerd daarmee om nog steeds van Johannesburg te sê?
>
> Griet.

Want Gauteng is nie Johannesburg nie. Johannesburg is maar net een van
verskeie stede en dorpe in die provinsie Gauteng. Pretoria is bv. ook in
Gauteng. Johannesburg se naam is nog steeds Johannesburg, amptelik en
nie-amptelik.

--
Jonnie

Re: Kultier en so aan en al dit........ [boodskap #7173 is 'n antwoord op boodskap #7036] Ma, 02 September 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
Ek het laas van drank gepraat, so ons sal noodwendig by visvang
moet uitkom.
Visvang seg hulle, is mos 'n verskoning om te drink.
Ek het eenkeer gelees dat die tannies kla dat die vistermanne tog
nie so oop en bloot langs die viswaters moet suip nie,
want die kinders stap verby en sien dit en dit lyk sleg.
(Kinders is wil mos altyd weet wat jy gevang het ens)
Meeste ouens gedra hulle natuurlik.
Hulle gooi vooraf hul brandewyn by hulle coke,
en jy kan sien: as daai ou met sy visstok so lekker klein teugies
aan sy cokebottel vat, word dit al hoe kwater:
"Maar oom, oom het mos vergeet om aas aan te sit..."
"Jong, die vishe is sho lishtig hul byt shommer aan my shinker..."

Groete
(en stywe lyne).
Re: re kultier en so en al dit [boodskap #7193 is 'n antwoord op boodskap #7036] So, 08 September 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
"dup. martins" <du...@icon.co.za> wrote:
<<<>A nee a Koos, ek vat jou aan en jy reageer nie daarop nie! ...>>>>

Verwys jy dalk na die argument oor die apartheid-verlede en die
moraliteit al dan nie daarvan?
Indien wel, dan le die probleem by jou "server" want ek het jou 'n
week of twee gelede al geantwoord.

In elk geval, ek het gou teruggeblaai en hier is wat ek destyds gepos
het weer:
____________________________________
"dup. martins" <du...@icon.co.za> wrote:
<<< is dit vir my verbasend dat jy se die die vorige bestel
>was immoreel. >>>

Ek glo 'n mens moet andere se menswaardigheid respekteer.
Jy moet aan hulle die regte gee wat jy vir jouself opeis.
Jy moet andere nie doodmaak omdat hulle ander menings as jy het nie.
Jy moet hulle nie in armoede dompel met geweld omdat hulle ander tale
praat en ander velkleure as jy het nie.
Jy moet nie kinders se lewens vernietig omdat jy nie van hulle
velkleur of taal hou nie.

Die vorige bestel het dit gedoen. Nie per ongeluk nie, maar as 'n
positiewe beleid.

Ek weet Verwoerd het Phd gehad. Hy was steeds stupid.

Apartheid as 'n uitgebreide sentrale staatsbeleid waaraan alles -
insluitende die regstelsel (wat sleg gebuig moes word voor hy kon
inpas) - gehak was, is onder die vorige regering gevestig. En
nagejaag.

Om Jode te haat was niks vreemds in Europa in die afgelope eeu of wat nie.
Dit verskoon Hitler nie vir wat hy gedoen het nie. Dieselfde geld vir
die "Die Engelse het apartheid begin-" soort van argument.
Re: re kultier en so en al dit [boodskap #7194 is 'n antwoord op boodskap #7036] Ma, 09 September 1996 00:00 Na vorige boodskap
Aussies  is tans af-lyn  Aussies
Boodskappe: 40
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
> Ek glo 'n mens moet andere se menswaardigheid respekteer.
> Jy moet aan hulle die regte gee wat jy vir jouself opeis.
> Jy moet andere nie doodmaak omdat hulle ander menings as jy het nie.
> Jy moet hulle nie in armoede dompel met geweld omdat hulle ander tale
> praat en ander velkleure as jy het nie.
> Jy moet nie kinders se lewens vernietig omdat jy nie van hulle
> velkleur of taal hou nie.

Nee wat Koos jy het nou net bewys jy is 'n AUSSIE :))))))
Vorige onderwerp: SHANIA TWAIN - met 'n Suid-Afrikaanse konneksie?
Volgende onderwerp: Afrikaanse Skrywers: Foto's
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 08 16:29:38 MGT 2024