Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Umngqusho
Umngqusho [boodskap #71377] Ma, 06 Januarie 2003 02:20 na volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek sit nou so en blaai deur die web bladsye, en sien toe hierdie gereg
raak wat ek nog nooit voorheen van gehoor het nie. Maar dit sorteer
onder Suid Afrikaanse kosse, toe wonder ek of iemand hier dalk weet
wat presies dit is?

Volgens http://southafrica.narod.ru/engels/sacuisine.htm
A traditional Xhosa dish, known to be Mr. Mandela's favourite dish

Ek het ook nog nooit van "vetkousies" gehoor nie. Ook nie van
"Martingaulas" en "Amatungula" nie. Maar dit is nogal 'n
interessante skakel, daardie.
Re: Umngqusho [boodskap #71380 is 'n antwoord op boodskap #71377] Ma, 06 Januarie 2003 06:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek dink dit is wat ek by die Kos en Wynfees se Etniese stalletjie geëet het.
Dit het gelyk en gesmaak na kaboemielies en boontjies.
Ek is seker ons gaan dit een van die dae in blikkies te koop kry:)
Annette

"Katryn" skryf in boodskap news:niph1vcbk34e27o4iuipbjrsaibtg7blai@4ax.com...
> Ek sit nou so en blaai deur die web bladsye, en sien toe hierdie gereg
> raak wat ek nog nooit voorheen van gehoor het nie. Maar dit sorteer
> onder Suid Afrikaanse kosse, toe wonder ek of iemand hier dalk weet
> wat presies dit is?
>
> Volgens http://southafrica.narod.ru/engels/sacuisine.htm
> A traditional Xhosa dish, known to be Mr. Mandela's favourite dish
>
>
> Ek het ook nog nooit van "vetkousies" gehoor nie. Ook nie van
> "Martingaulas" en "Amatungula" nie. Maar dit is nogal 'n
> interessante skakel, daardie.
>
Re: Umngqusho [boodskap #71389 is 'n antwoord op boodskap #71377] Ma, 06 Januarie 2003 08:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Daar het jy nou net my middagete beskryf.
Daar is darem 'n tamatie ook by:)
Annette

in message news:3e1945f8.8812625@news.telkomsa.net...
> On Sun, 05 Jan 2003 21:20:17 -0500, Katryn wrote:
>
>> Ek sit nou so en blaai deur die web bladsye, en sien toe hierdie gereg
>> raak wat ek nog nooit voorheen van gehoor het nie. Maar dit sorteer
>> onder Suid Afrikaanse kosse, toe wonder ek of iemand hier dalk weet
>> wat presies dit is?
>>
>> Volgens http://southafrica.narod.ru/engels/sacuisine.htm
>> A traditional Xhosa dish, known to be Mr. Mandela's favourite dish
>
>
> Umnqusho is stampmielies (samp) en boontjies. Voedsaam en heerlik. Eet
> net so warm of koud, of tradisioneel met dikmelk (amasi).
>
>
> (Iemand moet net die Russe leer dat die sardientjies nie van Wes-Afrika
> suidwaarts Natal toe swem nie. En sou "Penslawar" dalk Pens-en-lewer wees?)
>
Re: Umngqusho [boodskap #71390 is 'n antwoord op boodskap #71377] Ma, 06 Januarie 2003 09:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hans Rood  is tans af-lyn  Hans Rood
Boodskappe: 11
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
On Sun, 05 Jan 2003 21:20:17 -0500, Katryn wrote:

> Ek sit nou so en blaai deur die web bladsye, en sien toe hierdie gereg
> raak wat ek nog nooit voorheen van gehoor het nie. Maar dit sorteer
> onder Suid Afrikaanse kosse, toe wonder ek of iemand hier dalk weet
> wat presies dit is?
>
> Volgens http://southafrica.narod.ru/engels/sacuisine.htm
> A traditional Xhosa dish, known to be Mr. Mandela's favourite dish

Umnqusho is stampmielies (samp) en boontjies. Voedsaam en heerlik. Eet
net so warm of koud, of tradisioneel met dikmelk (amasi).

(Iemand moet net die Russe leer dat die sardientjies nie van Wes-Afrika
suidwaarts Natal toe swem nie. En sou "Penslawar" dalk Pens-en-lewer wees?)
Re: Umngqusho [boodskap #71398 is 'n antwoord op boodskap #71380] Ma, 06 Januarie 2003 12:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" wrote:

> Ek dink dit is wat ek by die Kos en Wynfees se Etniese stalletjie geëet het.
> Dit het gelyk en gesmaak na kaboemielies en boontjies.
> Ek is seker ons gaan dit een van die dae in blikkies te koop kry:)

Thanks! :-) Wie was dit nou weer wat ook amper so iets geeet het?
Nataniël? Of was dit lensies en iets anders?
Re: Umngqusho [boodskap #71400 is 'n antwoord op boodskap #71390] Ma, 06 Januarie 2003 12:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
ha...@spam.net (Dompas) wrote:

Hey Dompas - dankie vir jou antwoord. Is jy familie van Knormoer?
Du Plessis (as laaste naam) is 'n gegewe - ek wonder net altyd oor
mense se eerste name!

> Umnqusho is stampmielies (samp) en boontjies. Voedsaam en heerlik. Eet
> net so warm of koud, of tradisioneel met dikmelk (amasi).

Ek probeer net agterkom wat lekker kan wees met daai konkoksie, maar
dis seker net nog te vroeg vir my. :-)

> (Iemand moet net die Russe leer dat die sardientjies nie van Wes-Afrika
> suidwaarts Natal toe swem nie. En sou "Penslawar" dalk Pens-en-lewer wees?)

Ja, ek was nogal juis beindruk omdat dit 'n Russiese skakel was.
Interessant waar Afrikaans oral gepraat word, nè?
Jou Pens-en-Lewer klink ook nogal spot-on vir my. Maar eeeeeuw!!! :-)
Re: Umngqusho [boodskap #71402 is 'n antwoord op boodskap #71389] Ma, 06 Januarie 2003 12:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" wrote:

> Daar het jy nou net my middagete beskryf.

Eeeughy! :-) Ai, Annette - daar woon jy in die land van melk en
heuning - letterlik, en jy eet afval vir middagete? :-)
Toemaar, ek spot net eintlik - ek weet smaak en goeters verskil. :-)
Re: Umngqusho [boodskap #71416 is 'n antwoord op boodskap #71377] Ma, 06 Januarie 2003 15:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Paul Van Straaten  is tans af-lyn  Paul Van Straaten
Boodskappe: 171
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
Ek moet saam stem ...baie lekker!
Maar afval is ook lekker...hang af van hoe dit gaar gemaak is!

"Annette" skryf in boodskap news:avc0of$dog81$2@ID-92016.news.dfncis.de...
> Afval?? Ek eet nie afval nie - maar daar is min dinge so lekker soos
> kaboemielies, amasie en rooibone.
> Annette
>
>
> "Katryn" wrote in message
> news:1rsi1vgehui4s5k3boe5up6gigork748pi@4ax.com...
>> "Annette" wrote:
>>
>>> Daar het jy nou net my middagete beskryf.
>>
>> Eeeughy! :-) Ai, Annette - daar woon jy in die land van melk en
>> heuning - letterlik, en jy eet afval vir middagete? :-)
>> Toemaar, ek spot net eintlik - ek weet smaak en goeters verskil. :-)
>>
>
Re: Umngqusho [boodskap #71423 is 'n antwoord op boodskap #71377] Ma, 06 Januarie 2003 17:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
pwbotha[3]  is tans af-lyn  pwbotha[3]
Boodskappe: 41
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Volle Lid
Hi Katryn.

Kyk na abcHood.com/ (my email naam daar is 'n foto van my gesin)

Groete

"Katryn" skryf in boodskap news:niph1vcbk34e27o4iuipbjrsaibtg7blai@4ax.com...
> Ek sit nou so en blaai deur die web bladsye, en sien toe hierdie gereg
> raak wat ek nog nooit voorheen van gehoor het nie. Maar dit sorteer
> onder Suid Afrikaanse kosse, toe wonder ek of iemand hier dalk weet
> wat presies dit is?
>
> Volgens http://southafrica.narod.ru/engels/sacuisine.htm
> A traditional Xhosa dish, known to be Mr. Mandela's favourite dish
>
>
> Ek het ook nog nooit van "vetkousies" gehoor nie. Ook nie van
> "Martingaulas" en "Amatungula" nie. Maar dit is nogal 'n
> interessante skakel, daardie.
>
Re: Umngqusho [boodskap #71425 is 'n antwoord op boodskap #71423] Ma, 06 Januarie 2003 18:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"pieter" wrote:

> Hi Katryn.
>
> Kyk na abcHood.com/ (my email naam daar is 'n foto van my gesin)

Ag, hulle is te oulik!! Jou vrou is ook pragtig, hoor! Maar ek dink
jou ou dogtertjie sal my hart steel! :-)

Ek gaan later vanaand weer kyk. Hierdie rekenaar waarop ek nou werk se
grafika kaart maak alles vreeslik donker, so ek kan nie so mooi sien
nie. Ek hou ook veral van daardie "verouderde" foto's.

DANKIE Pieter!
Re: Umngqusho [boodskap #71427 is 'n antwoord op boodskap #71425] Ma, 06 Januarie 2003 18:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
pwbotha[3]  is tans af-lyn  pwbotha[3]
Boodskappe: 41
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Volle Lid
Ag dankie nou sien jy ook my "trouble(s)"

"Katryn" skryf in boodskap news:69hj1v4mc42h7f2om9q2o4jfkuec289525@4ax.com...
> "pieter" wrote:
>
>> Hi Katryn.
>>
>> Kyk na abcHood.com/ (my email naam daar is 'n foto van my gesin)
>
> Ag, hulle is te oulik!! Jou vrou is ook pragtig, hoor! Maar ek dink
> jou ou dogtertjie sal my hart steel! :-)
>
> Ek gaan later vanaand weer kyk. Hierdie rekenaar waarop ek nou werk se
> grafika kaart maak alles vreeslik donker, so ek kan nie so mooi sien
> nie. Ek hou ook veral van daardie "verouderde" foto's.
>
> DANKIE Pieter!
>
Re: Umngqusho [boodskap #71431 is 'n antwoord op boodskap #71416] Ma, 06 Januarie 2003 19:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 6 Jan 2003 17:50:32 +0200, "Paul Van Straaten"
wrote:

> Ek moet saam stem ...baie lekker!
> Maar afval is ook lekker...hang af van hoe dit gaar gemaak is!

Haai, ek moes die brief in my slaap geskryf het.
Ek kan nie eens onthou wanneer ek dit geskryf het nie
maar besing weer die lof van afval. Solank daar klein kerrie ertappels
is is en nié (glad en geheel nié!) 'n oog en 'n kop in is nie:-) Ons
is mos darem witmense:-)))

DD
Re: Umngqusho [boodskap #71440 is 'n antwoord op boodskap #71377] Ma, 06 Januarie 2003 22:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" wrote:

> Afval?? Ek eet nie afval nie - maar daar is min dinge so lekker soos
> kaboemielies, amasie en rooibone.

Nou ja - Dompas het van "Penslawar" as Pens-en-lewer gepraat, en jy
het daarop reageer, en ek het weer daarop reageer.
Lewer en pens tel in my oë as afval.
Afval [boodskap #71443 is 'n antwoord op boodskap #71431] Ma, 06 Januarie 2003 22:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Davie Davis wrote:

> Solank daar klein kerrie ertappels
> is is en nié (glad en geheel nié!) 'n oog en 'n kop in is nie:-) Ons
> is mos darem witmense:-)))

Het jy al die fliek, "Minority Report" gesien, DD? So gepraat van
oë....
EISH!
Maar ek wonder nogal hoe so oog dan sal smaak? Dit sal seker lekker
taai wees?

:-)
Re: Umngqusho [boodskap #71448 is 'n antwoord op boodskap #71440] Di, 07 Januarie 2003 03:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Lewer afval? Nooit as te nimmer nie!
Annette

"Katryn" skryf in boodskap news:eh1k1vobqi3pog6qnqnquuuv07ndf7irig@4ax.com...
> "Annette" wrote:
>
>> Afval?? Ek eet nie afval nie - maar daar is min dinge so lekker soos
>> kaboemielies, amasie en rooibone.
>
> Nou ja - Dompas het van "Penslawar" as Pens-en-lewer gepraat, en jy
> het daarop reageer, en ek het weer daarop reageer.
> Lewer en pens tel in my oë as afval.
>
Re: Afval [boodskap #71450 is 'n antwoord op boodskap #71443] Di, 07 Januarie 2003 04:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Die Arabiere bedien cus-cus so in 'n torintkie met 'n oog bo-op.
Jy eet dit glo soos 'n katoba-druif - druk die waterigheid uit in die mond
en gooi die res weg.
Annette

"Katryn" skryf in boodskap news:de2k1vklv8ab53f2h3kfok3mhpqqrq54tp@4ax.com...
> Davie Davis wrote:
>
>> Solank daar klein kerrie ertappels
>> is is en nié (glad en geheel ni�!) 'n oog en 'n kop in is nie:-) Ons
>> is mos darem witmense:-)))
>
> Het jy al die fliek, "Minority Report" gesien, DD? So gepraat van
> oë....
> EISH!
> Maar ek wonder nogal hoe so oog dan sal smaak? Dit sal seker lekker
> taai wees?
>
> :-)
>
Re: Umngqusho [boodskap #71511 is 'n antwoord op boodskap #71448] Di, 07 Januarie 2003 19:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
pwbotha[3]  is tans af-lyn  pwbotha[3]
Boodskappe: 41
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Volle Lid
Natuurlik is dit afval. Word in die abattoir's in die afval aanleg verwerk
en verpak.

"Annette" skryf in boodskap news:avdjd6$e3pb8$2@ID-92016.news.dfncis.de...
> Lewer afval? Nooit as te nimmer nie!
> Annette
>
>
> "Katryn" wrote in message
> news:eh1k1vobqi3pog6qnqnquuuv07ndf7irig@4ax.com...
>> "Annette" wrote:
>>
>>> Afval?? Ek eet nie afval nie - maar daar is min dinge so lekker soos
>>> kaboemielies, amasie en rooibone.
>>
>> Nou ja - Dompas het van "Penslawar" as Pens-en-lewer gepraat, en jy
>> het daarop reageer, en ek het weer daarop reageer.
>> Lewer en pens tel in my oë as afval.
>>
>
Re: Afval [boodskap #71514 is 'n antwoord op boodskap #71443] Di, 07 Januarie 2003 19:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DiDi[1]  is tans af-lyn  DiDi[1]
Boodskappe: 345
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 06 Jan 2003 17:59:50 -0500, Katryn
het geskryf:

> Maar ek wonder nogal hoe so oog dan sal smaak? Dit sal seker lekker
> taai wees?
>
> :-)

nog nooit gesien hoe so oog smaak nie, Katryn:-)

DD
Re: Umngqusho [boodskap #71520 is 'n antwoord op boodskap #71511] Di, 07 Januarie 2003 19:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DiDi[1]  is tans af-lyn  DiDi[1]
Boodskappe: 345
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 7 Jan 2003 21:00:12 +0200, "pieter" het geskryf:

> Natuurlik is dit afval. Word in die abattoir's in die afval aanleg verwerk
> en verpak.
>
>
>
> "Annette"
>> Lewer afval? Nooit as te nimmer nie!
>> Annette

Word in die abattoir's in die afval aanleg verwerk
verpak. en gelewer

DD
Re: Umngqusho [boodskap #71550 is 'n antwoord op boodskap #71377] Wo, 08 Januarie 2003 04:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kinky[1]  is tans af-lyn  Kinky[1]
Boodskappe: 193
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Katryn skryf in boodskap news:...
> Ek sit nou so en blaai deur die web bladsye, en sien toe hierdie gereg
> raak wat ek nog nooit voorheen van gehoor het nie. Maar dit sorteer
> onder Suid Afrikaanse kosse, toe wonder ek of iemand hier dalk weet
> wat presies dit is?
>
> Volgens http://southafrica.narod.ru/engels/sacuisine.htm
> A traditional Xhosa dish, known to be Mr. Mandela's favourite dish
>

KinkY: Ek kan vir jou n lekker resep daarvan stuur as jy of iemand
dit graag wil hê! Dit is vir my ook n heerlike gereg! :-)
>
Re: Umngqusho [boodskap #71551 is 'n antwoord op boodskap #71511] Wo, 08 Januarie 2003 04:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
So, as die staat se abattoirs sê dis afval dan is dit?
Nee - afval eet ek nie, lewer eet ek:)))
Annette

in message news:avf85h$s55$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Natuurlik is dit afval. Word in die abattoir's in die afval aanleg verwerk
> en verpak.
>
>
>
> "Annette" wrote in message
> news:avdjd6$e3pb8$2@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Lewer afval? Nooit as te nimmer nie!
>> Annette
>>
>>
>> "Katryn" wrote in message
>> news:eh1k1vobqi3pog6qnqnquuuv07ndf7irig@4ax.com...
>>> "Annette" wrote:
>>>
>>>> Afval?? Ek eet nie afval nie - maar daar is min dinge so lekker soos
>>>> kaboemielies, amasie en rooibone.
>>>
>>> Nou ja - Dompas het van "Penslawar" as Pens-en-lewer gepraat, en jy
>>> het daarop reageer, en ek het weer daarop reageer.
>>> Lewer en pens tel in my oë as afval.
>>>
>>
>
Re: Umngqusho [boodskap #71582 is 'n antwoord op boodskap #71551] Wo, 08 Januarie 2003 11:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max[1]  is tans af-lyn  Max[1]
Boodskappe: 241
Geregistreer: Februarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Lewer is 'n klier.

Ons afvaleters hou nie van kliere nie...

"Annette"
> So, as die staat se abattoirs sê dis afval dan is dit?
> Nee - afval eet ek nie, lewer eet ek:)))
> Annette
Re: Umngqusho [boodskap #71596 is 'n antwoord op boodskap #71582] Wo, 08 Januarie 2003 14:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Haai Max!!! Ek weet van die meeste vroulike afvaleters wat van 'n klier
hou:))
Annette

-- .com> skryf in boodskap news:e720f1c7.0301080314.76b53f4a@posting.google.com...
> Lewer is 'n klier.
>
> Ons afvaleters hou nie van kliere nie...
>
> "Annette"
>> So, as die staat se abattoirs sê dis afval dan is dit?
>> Nee - afval eet ek nie, lewer eet ek:)))
>> Annette
Re: Umngqusho [boodskap #71631 is 'n antwoord op boodskap #71431] Wo, 08 Januarie 2003 21:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Swart Simon  is tans af-lyn  Swart Simon
Boodskappe: 101
Geregistreer: Julie 2002
Karma: 0
Senior Lid
"Davie Davis" skryf in boodskap news:skkj1vs3oe7n3ejc5kme005hvffgu4kmpd@4ax.com...

> Haai, ek moes die brief in my slaap geskryf het.
> Ek kan nie eens onthou wanneer ek dit geskryf het nie
> maar besing weer die lof van afval. Solank daar klein kerrie ertappels
> is is en nié (glad en geheel nié!) 'n oog en 'n kop in is nie:-) Ons
> is mos darem witmense:-)))

Hier wys jy maar net weer hoe bekrompe jou ou wêreldjie
is.

Het jy al ooit gehoor van 'hoofdkaas'? Dis 'n lekkerny
wat die Hollanders maak van 'n gekookte varkkop, met
augurke, ens. in en wat dan in die yskas gestol word.
(Nee - daar is nie kaas in nie).

Swart Simon
Re: Umngqusho [boodskap #71632 is 'n antwoord op boodskap #71631] Wo, 08 Januarie 2003 22:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
W  is tans af-lyn  W
Boodskappe: 306
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
Swart Simon
Het jy al ooit gehoor van 'hoofdkaas'? Dis 'n lekkerny
wat die Hollanders maak van 'n gekookte varkkop, met
augurke, ens. in en wat dan in die yskas gestol word.
(Nee - daar is nie kaas in nie).

Wouter
Dit herinner my aan die Nederlandse woord 'hoofdrol'
In Afrikaans spel ons dit sonder die 'd' ;-)
Re: Umngqusho [boodskap #71633 is 'n antwoord op boodskap #71631] Wo, 08 Januarie 2003 22:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Swart Simon wrote:

> "Davie Davis" wrote in message
Ons >>is mos darem witmense:-)))

> Hier wys jy maar net weer hoe bekrompe jou ou wêreldjie
> is.
> Het jy al ooit gehoor van 'hoofdkaas'? Dis 'n lekkerny
> wat die Hollanders maak van 'n gekookte varkkop, met
> augurke, ens. in en wat dan in die yskas gestol word.
> (Nee - daar is nie kaas in nie).

Ja, hier in Kanada noem die Mennoniete
dit "headcheese."

Gloudina
Re: Umngqusho [boodskap #71654 is 'n antwoord op boodskap #71596] Do, 09 Januarie 2003 08:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max[1]  is tans af-lyn  Max[1]
Boodskappe: 241
Geregistreer: Februarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Om van 'n klier te hou is anders as om 'n klier te eet!

"Annette"
> Haai Max!!! Ek weet van die meeste vroulike afvaleters wat van 'n klier
> hou:))
> Annette
>
>
> -- .com> wrote in message
> news:e720f1c7.0301080314.76b53f4a@posting.google.com...
>> Lewer is 'n klier.
>>
>> Ons afvaleters hou nie van kliere nie...
>>
>> "Annette"
>>> So, as die staat se abattoirs sê dis afval dan is dit?
>>> Nee - afval eet ek nie, lewer eet ek:)))
>>> Annette
Re: Umngqusho [boodskap #71657 is 'n antwoord op boodskap #71654] Do, 09 Januarie 2003 08:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
:))))) Ek weet darem nie, Ek kan natuurlik nou net vir myself praat - maar
as ek van 'n klier hou eet ek dit:)))
Annette

"Max" skryf in boodskap news:e720f1c7.0301090023.4caaa74a@posting.google.com...
> Om van 'n klier te hou is anders as om 'n klier te eet!
>
> "Annette"
>> Haai Max!!! Ek weet van die meeste vroulike afvaleters wat van 'n klier
>> hou:))
>> Annette
>>
>>
>> -- .com> wrote in message
>> news:e720f1c7.0301080314.76b53f4a@posting.google.com...
>>> Lewer is 'n klier.
>>>
>>> Ons afvaleters hou nie van kliere nie...
>>>
>>> "Annette"
>>>> So, as die staat se abattoirs sê dis afval dan is dit?
>>>> Nee - afval eet ek nie, lewer eet ek:)))
>>>> Annette
Kopkase [boodskap #71713 is 'n antwoord op boodskap #71631] Vr, 10 Januarie 2003 15:08 Na vorige boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Swart Simon" wrote:

> Het jy al ooit gehoor van 'hoofdkaas'? Dis 'n lekkerny
> wat die Hollanders maak van 'n gekookte varkkop, met
> augurke, ens. in en wat dan in die yskas gestol word.
> (Nee - daar is nie kaas in nie).

Oulik, nou weet ek waarom ons na julle verwys as Kaaskoppe. Dit het
toe al die tyd nooit iets te make gehad met rerige kase, of selfs die
maan nie. Maar varkkoppe en agurke.
Live and learn....:-)

(Ek neem aan dis dieselfde as 'sult'?)
Vorige onderwerp: oorlog innie niewejaar antie
Volgende onderwerp: Schuster
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 07 14:41:49 MGT 2024