Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Oor mielies, perskes en nog meer.
Oor mielies, perskes en nog meer. [boodskap #7139] Wo, 28 Augustus 1996 00:00
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Toe ek taamlik lank gelede in Kanada kom
woon het, het ek opgemerk dat die mielies geel is.
Ek het aanvanklik gepraat van die feit dat hulle
mielies hier anders is. Toe vra hulle my hoe dit in
S.A. lyk. Toe ek vir hulle vertel die mielies is wit,
toe kyk hulle my snaaks aan. (Seker gedink wit
mense uit die rassistiese Suid-Afrika kla selfs as
hulle mielies nie wit is nie.)
Nou omtrent vyf ses jaar gelede kom hier 'n nuwe
mielie op die mark. Hulle noem dit "peaches and
cream." En siedaar, tussen die geel pitte is daar die
ivooragtige wit en sagter pitte waaraan ek gewoond
was in SA. En met elke jaar wat verbygaan, is daar
meer wit en minder geel pitte. Vanjaar merk ek op
hulle noem dit nie eens meer "peaches and cream"
nie.( Hier noem hulle mielies natuurlik "corn.")
Ons is nou in die heerlike periode wanneer al die
lokale groente en vrugte in oormaat in die winkels en
marke is. Vir omtrent 'n maand is alles goedkoper en
heerlik vars. Teen die middel van Oktober, wanneer
ons "Thanksgiving" vier, is die oorvloed ongeveer oor.
(Die Amerikaners se Thanksgiving is eers aan die einde
van November.)
Ons eet selfs ons eie Kanadese perskes. Hulle kom
van die Niagara Peninsula. Dis 'n deel van Ontario wat
baie meer suid is as die res van Kanada. Dit word ook
beskerm deur die "Niagara Escarpment" (laerige heuwels
wat die Niagara Valle moontlik maak, wanneer 'n rivier
daaroor vloei.) In die Niagara Peninsula is daar ook uit-
gestrekte wingerde. Hulle maak daar wyn. Lank gelede
het selfs Kanadese (wat nou nie eintlik wynkenners is nie)
hul neuse opgetrek vir die Kanadese wyn. Maar in die
afgelope dekades het mense uit Europa baie goeie wyne
daar begin produseer. Hulle maak daar ook "yswyn." Hul
laat die druiwe in die land staan, en pluk dit eers wanneer
dit alreeds daarop gesneeu het. Die wyn is dan glo baie
soet. Maar dit is baie duur en ek het nog nie daarvan geproe
nie. As ons wyn wil drink, koop ons Bolandse wyne.

Gloudina Bouwer
Vorige onderwerp: Goud
Volgende onderwerp: Demokrasie: Wat presies beteken dit?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 14:00:51 MGT 2024