Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Was die Kool die sous werd vir die nuwe SA?
Was die Kool die sous werd vir die nuwe SA? [boodskap #7105] Sa, 24 Augustus 1996 00:00 na volgende boodskap
Aussies  is tans af-lyn  Aussies
Boodskappe: 40
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Ek weet nie eens of die inset die Nuusgroep sal bereik nie aangesien
my antwoorde (2) op Gloudina se pos net in die niet verdwyn !
Laat ek maar my stelling begin indien die "posting" suksesvol is!
Was die kool die sous werd vir die vorming van die NSA? Ek wonder!
Mens kan so maklik sê ja, Maar as mens dit alles meet in " Human
Suffering" wonder ek tog!
'n Groot Ja dat menslikke lyding beeidig is op politieke front maar is
dit waar? Is al die verskillende volkerre van die NSA wel nou beter af
as voorheen? Is meeste van die immoraliteite wat plaasvind nie wel 'n
erfenis van die Nasionale Party nie? Wie gaan bieg oor , in my oë die
grootste "sonde" van die verlede ... die indoktrineering van die
skoolgaande jeug? Sal Mnr de Klerk sy Vereening toespraak dat daar
nooit ruimte vir swart kinders op blanke skole sal wees nie as
verkeerd TEENOOR die balnkes beskryf en HULLE vra vir vergifnis nie
net teenoor die swart volkere nie maar teenoor die misleiding van die
Blankes en veral die Blanke jeug? Is daar ruimte vir die volkere van
SA wat hul eie identieteit wil behou om dit wel te kan doen?
Soveel vrae en nog meer van iemand wat trots is op sy "Roots" maar dit
alles tog prys gegee het om vir sy kinders 'n toekoms van normaliteit
te kan bekom. Koos miskien kan jy, as seker die mees gebalanseerde
korrespondent, 'n ou tydjie spaar om die debat te begin'
Groete uit die Paradys
Paul van der Merwe.
Re: Was die Kool die sous werd vir die nuwe SA? [boodskap #7106 is 'n antwoord op boodskap #7105] Sa, 24 Augustus 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
tan...@iinet.net.au (AUSSIE) wrote:

>>

Dis hier, swaer.

In die algemeen. Ja, dit was vir my die moeite werd.
Wie is ek: 45 jaar oud, werk as 'n joernalis. Het Afrikaans op
Oudtshoorn grootgeword, regte geswot op Stellenbosch, diensplig gedoen
en het twee "pre-teen" dogterjies in 'n gemengde Engelse skool. Ons
praat almal al die tyd Afrikaans in die huis.

Die vorige bestel was op die eerste vlak imoreel.

(Vir my. Ander mag verskil. En hier wil ek net se aan die regses wat
aan die groep deelneem: Moenie wegkruip nie. Neem deel en se wat julle
glo. Julle sal 'n argument kry, soms fel, maar as julle oop is en more
or less beredeneerd argumenteer, sal julle dalk verbaas wees hoeveel
sin daar in die debatte gaan wees. Maar moenie beledig nie. En
argumenteer met inhoud nie met cliches nie.)

Op die tweede vlak was die vorige bestel stupid. Dit het op realiteite
gesit wat daarmee gebots het (bv. 'n werkersklas en breer
verbruikersklas wat al hoe meer opgevoed MOES word om die ekonomie te
laat voortstoom).
Dit het die ekonomie opgedonder, SA geisoleer (kiss of death in vandag
se wereld) en ons al hoe meer in oorloe op ons grense getrek.

Dan het dit gepaard gegaan met dinge soos sensuur. Ek moes vriende vra
om hulle vriende te vra om Henry Miller-boeke in te SMOKKEL in SA!!

Vandag is dit oor. Ek geniet die vryheid. Die oopheid wat ek het om
met beginsels te speel. Ek verwonder my keer op keer as ek 'n beginsel
"exercise".

Hierdie land is op die kruispad.
Ons kan verbrokkel en afgly en ons kan bereik waarna ons mik: 'n
Sukses in Afrika. Dus 'n land waar dit goed is om in te bly. Dit
beteken nie probleemvry nie, net 'n plek waar dit on the balance goed
is om in te bly. Waar kinders na 'n effens beter toekoms kan uitsien.
Ons sal nog sien watter kant ons gaan val.
Daar is tekens van verval: Die swak Rand en die misdaad.
Daar is tekens van sukses: 'n Ekonomie wat vir die eerste keer in jare
"actually" groei en laer inflasie en 'n demokratiese manier van dinge
doen wat lyk of dit refleks begin word.

'n Voorbeeld: Met die vorige toets teen die All Blacks het Trevor
Manual (Minister van finansies) openlik vir die All Blacks sit en
skreeu.
(Dit was nadat regses in 'n toets net voor dit wild en wakker die ou
vlak gewaai het, die spanbestuurer dit veroordeel het, die
Springbok-kaptein dit verdedig het EN DIE REGERING HEELTEMAL BUITE DIT
GEBLY HET.)
Toe hy gevra word hoekom hy dit doen, synde 'n Suid-Afrikaner, se hy
maar hy is 'n "nie-blanke Suid-Afrikaner".
Die algemene oordeel onder blankes was dat hy seker kan skreeu vir wie
hy wil, maar dat dit 'n stupid ding was vir 'n minister om te doen.
Toe, die Maandag open hy 'n Dept van Finansies-kantoor iewers in
Bellville dink ek.
Die kantoor se hoof is 'n mev. Visser.
Toe hy daar aankom speel sy kliphard oor die PA System 'n opname van
Leon Schuster se "Hier kom die Bokke..." Dis 'n simpel lied wat 'n
ritmiese getjammel is wat die Sprinkbok-rugbyspan se lof besing. Dit
was veral gespeel verlede jaar met die Wereldbeker.
Wat doen hy: Hy begin lag. Open die kantoor en se wel, dit lyk of die
belasting-ontduikers 'n swaar tyd gaan he want mev. Visser is 'n kwaai
antie.

Dink terug aan PW. Wat sou hy gedoen het?

My geld is daarop dat ons dit gaan maak.
Maar dan, ek moet so dink ek bly hier!!!

>

Ja. Maar daar gaan nie 'n Volkstaat wees nie en die hulp wat altyd van
die Regering gekom het vir die behoud van Afrikaans en dinge Afrikaans
gaan nie juis meer daar wees nie.
Daar gaan egter van staatskant geen pogings wees on dit te onderdruk
nie.
Daar gaan nog 'n tyd druk op skole wees wat in Afrikaans wil oorleef
terwyl hulle nie die getalle het om meer taalbane uit te hou nie.
Daar gaan nie sommer meer Afrikaanse TV wees nie.
Dit is waarskynlik onvermydelik dat Engels die "language of records"
gaan word in die lang termyn.

Maar niemand gaan Afrikaners verhinder om al die Afrikaanse boeke te
skryf en te publiseer en te verkoop en te koop wat hulle wil nie.
En as hulle TV-reekse gaan maak en 'n TV-kanaal gaan oprig, gaan
niemand dit keer nie.
Die ding is net ons sal moet leer om dit self te doen. Teenoor die
verlede toe die staat dit vir ons gedoen het met die land se geld.
Re: Was die Kool die sous werd vir die nuwe SA? [boodskap #7128 is 'n antwoord op boodskap #7105] Di, 27 Augustus 1996 00:00 Na vorige boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
"dup. martins" wrote:

>>[/color]

Ek glo 'n mens moet andere se menswaardigheid respekteer.
Jy moet aan hulle die regte gee wat jy vir jouself opeis.
Jy moet andere nie doodmaak omdat hulle ander menings as jy het nie.
Jy moet hulle nie in armoede dompel met geweld omdat hulle ander tale
praat en ander velkleure as jy het nie.
Jy moet nie kinders se lewens vernietig omdat jy nie van hulle
velkleur of taal hou nie.

Die vorige bestel het dit gedoen. Nie per ongeluk nie, maar as 'n
positiewe beleid.

Ek weet Verwoerd het Phd gehad. Hy was steeds stupid.

Apartheid as 'n uitgebreide sentrale staatsbeleid waaraan alles -
insluitende die regstelsel (wat sleg gebuig moes word voor hy kon
inpas) - gehak was, is onder die vorige regering gevestig. En
nagejaag.

Om Jode te haat was niks vreemds in Europa in die afgelope eeu of wat
nie.
Dit verskoon Hitler nie vir wat hy gedoen het nie. Dieselfde geld vir
die "Die Engelse het apartheid begin-" soort van argument.
Vorige onderwerp: PAGAD is net nog n BENDE
Volgende onderwerp: Goud
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 05:20:38 MGT 2024