Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Het niemand iets te sê oor die
Het niemand iets te sê oor die [boodskap #71048] Vr, 27 Desember 2002 22:49 na volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Eerste menslike kloon nie?
Re: Het niemand iets te sê oor die [boodskap #71051 is 'n antwoord op boodskap #71048] Sa, 28 Desember 2002 02:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek het al klaar my mond daaroor uitgespoel op 'n ander ng, so ek is nou
uitgewoed, dankie.
Annette

in message news:36mp0vkaj31v716rlur76mqp6eht03j1mi@4ax.com...
> Eerste menslike kloon nie?
>
Re: Het niemand iets te sê oor die [boodskap #71052 is 'n antwoord op boodskap #71048] Sa, 28 Desember 2002 03:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Katryn wrote:

> Eerste menslike kloon nie?

Neem jy die Raelians ernstig op? Hulle
is 'n eksotiese sekte in Quebec. Ek dink
nie hier in Kanada word hulle op die
oomblik ernstig opgeneem nie.

Gloudina
Re: Het niemand iets te sê oor die [boodskap #71069 is 'n antwoord op boodskap #71052] Sa, 28 Desember 2002 16:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote:

> Neem jy die Raelians ernstig op? Hulle
> is 'n eksotiese sekte in Quebec. Ek dink
> nie hier in Kanada word hulle op die
> oomblik ernstig opgeneem nie.

Hmmm....ja, ek dink ek neem hulle filosofie en geloofspraktyke met
dieselfde graad van erns op as al die ander (enige ander?) kultusse en
sektes - veral die verskeie boom-kultusse, en dalk selfs ander groepe
soos bv. Boeddhisme wat, soos iemand vir my vertel het, oorspronklik
eintlik bedoel was om 'n weight-loss club te wees.

Maar oor hulle wetenskap, en spesifiek die klonering, voel ek bietjie
anders. Dis heel moontlik dat hulle wel 'n menslike kloon gemaak het.
Ons almal weet van die magdom potensiele en werklike probleme met
enige klonerings proses. Soos een van die grootste probleme nogsteeds
is hoe om sekere gene te "reset". Hier by UGA is 'n groep wat beeste
kloneer, en hulle het oneindige probleme met die kalfies. Dit kos
miljoene om die goedjies net vir 'n paar weke aan die lewe te hou.

Elkgeval, die Raelians is darem ook nie die enigste groep wat dit
probeer of probeer het nie. Maar ek vermoed, en sal ook nie te
verbaas wees as hulle net gebruik word as 'n rookskerm vir wat RERIG
aangaan in verskeie laboratoriums dwarsoor die wereld nie.

Hopelik sal hulle sal seker binnekort mitochondriale vergelykings doen
met die baba en moeder se mitochondria om te sien of dit dieselfde is.
As dit verskil, dan was/is dit seker maar net nog 'n Pons/Fleishman
scam (die cold fusion storie).
Re: Het niemand iets te sê oor die [boodskap #71082 is 'n antwoord op boodskap #71048] So, 29 Desember 2002 08:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Paul Van Straaten  is tans af-lyn  Paul Van Straaten
Boodskappe: 171
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
Teen my beginsels...maar kan baie beteken vir die mediese wetenskappe in die
soeke na geneesmiddels ensomeer.

"Katryn" skryf in boodskap news:36mp0vkaj31v716rlur76mqp6eht03j1mi@4ax.com...
> Eerste menslike kloon nie?
>
Re: Het niemand iets te sê oor die [boodskap #71108 is 'n antwoord op boodskap #71082] Ma, 30 Desember 2002 03:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Clonaid, die ouens wat beweer hulle het die eerste menslike kloon geskep, is
'n klomp "nutters", julle besef hulle glo dat die mens op aarde "geskep" is
deur Aliens en dat ons deur klooning hier beland het? Ek sal nie die klomp
mal hase of hulle sg. "Independant Expert" glo as hulle my met die bewyse in
die gesig klap nie. Hulle maak ook nie bekend wie hierdie "independant
expert" is nie. Miskien as dit een of ander vreeslik beroemde maatskappy of
Nobel wenner is, sal ek hom glo. Ek vermoed die Italianse dokter is dalk
die eerste een wat dit "regtig" reg gekry het. Onthou nou, die mense van
Clonaid wil ons die hulle "wonderwerkie" wys nie. Het julle julself nie
gevra hoekom nie? Sal jy nie jou trots vir die wêreld wil wys nie? O, en
Clonaid gaan nou blykbaar babatjies kloon wat die HIV virus dra, so kan
mense wat VIGS het, kleintjie hê van hulle eie bloed, dan kan hulle nie die
virus na hul kinders versprei nie. UHM, is ek die enigste een wat 'n "gat"
in hulle argument sien hier? En as jy rerig wil, dan kan jy Clonaid kry om
vir jou 'n troeteldiertjie te kloon, dan hoef jou geliefde woef nooit dood
te gaan nie, jy kan jou selle preserveer, om jouself te kloon, jy kan jou
babatjie se geslag kies haar haarkleur, die kleur van haar oë, en dies meer.
Ag nee, een van die dae gaan almal 'n "blond blue-eyed" model wil hê. En bo
en behalwe dit gaan sy nog slim wees ook, en sy gaan 'n goeie sangeres wees,
en sy gaan 'n goeie aktrise wees, en sy gaan.... Julle kry die idee. Klink
vir my asof hulle God speel.

Ek stem nie saam met klooning nie, behalwe dat dit dalk goed sal wees vir
mediese behandelinge soos kanker en orgaanoorplantings. Clonaid beweer
hulle kan afsonderlike organe kloon, en dit klink vir my goed. Het julle
geweet dat as jy 'n 30-jare oue persoon se selle gebruik om 'n baba te kloon
is daai baba in praktyk 30 jaar oud omdat die selle waarvan sy/hy gekloon is
30 jaar oud is? Dus word daai nuwe lewetjie se lewensduur klaar ingekort
met 30 jaar. Die brokkie nuttelose inligting het ek by 'n outjie gehoor wat
sy graad in mikrobiologie Cum Laude geslaag het, so ek vermoed hy weet
waarvan hy praat (net vir in geval jy gewonner het Antie Hessie)

Anyhoo, gaan besoek die web site by http://www.clonaid.com

Groete
Elaine

> "Katryn" wrote:
Eerste menslike kloon nie?
Re: Het niemand iets te sê oor die [boodskap #71115 is 'n antwoord op boodskap #71108] Ma, 30 Desember 2002 04:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Elaine" wrote:

> Clonaid, die ouens wat beweer hulle het die eerste menslike kloon geskep, is
> 'n klomp "nutters", julle besef hulle glo dat die mens op aarde "geskep" is
> deur Aliens en dat ons deur klooning hier beland het?

Ek dink die woord is 'klonering'. Maar afgesien daarvan, dink jy
julle storie van Adam en Eva is meer geloofwaardig as die Raelians se
storie?

> Ek sal nie die klomp
> mal hase of hulle sg. "Independant Expert" glo as hulle my met die bewyse in
> die gesig klap nie.

Ja, ongelowige Thomas het mos amper dieselfde gesê? :-)

> Het julle
> geweet dat as jy 'n 30-jare oue persoon se selle gebruik om 'n baba te kloon
> is daai baba in praktyk 30 jaar oud omdat die selle waarvan sy/hy gekloon is
> 30 jaar oud is? Dus word daai nuwe lewetjie se lewensduur klaar ingekort
> met 30 jaar. Die brokkie nuttelose inligting het ek by 'n outjie gehoor wat
> sy graad in mikrobiologie Cum Laude geslaag het, so ek vermoed hy weet
> waarvan hy praat (net vir in geval jy gewonner het Antie Hessie)

Sjoe, nou het ek rerig iets nuuts geleer. Waar het hy sy graad gekry?
:-)
Re: Het niemand iets te sê oor die [boodskap #71116 is 'n antwoord op boodskap #71108] Ma, 30 Desember 2002 04:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Elaine wrote:

Die brokkie nuttelose inligting het ek by 'n outjie gehoor wat
> sy graad in mikrobiologie Cum Laude geslaag het, so ek vermoed hy weet
> waarvan hy praat (net vir in geval jy gewonner het Antie Hessie)

Jy besef natuurlik dat Tant Hessie hier
baie naby aan die clonaiders bly, en al
lankal van hulle snert moes hoor. Selfs
al het hulle iets gekloon, is dit nie
nodig om so baie aandag aan hulle te gee
nie.

Tant Hessie van Montreal
Re: Het niemand iets te sê oor die [boodskap #71117 is 'n antwoord op boodskap #71082] Ma, 30 Desember 2002 04:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Paul Van Straaten" wrote:

> Teen my beginsels...

Ek stel rerig belang in hierdie beginsels van jou, Paul. Teen watter
"beginsels" druis klonering juis in?
Dink jy dat 'n kloon sal die definisie van wat dit beteken om "mens"
te wees, verander?
Re: Het niemand iets te sê oor die [boodskap #71129 is 'n antwoord op boodskap #71116] Ma, 30 Desember 2002 10:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Tant Hessie - hou ons asseblief op hoogte - ek is seker die "clonaiders" sal
niks sonder jou medewete of instemming doen nie...

skryf in boodskap news:3E0FCD89.8070502@rogers.com...
>
> Elaine wrote:
>
> Die brokkie nuttelose inligting het ek by 'n outjie gehoor wat
>> sy graad in mikrobiologie Cum Laude geslaag het, so ek vermoed hy weet
>> waarvan hy praat (net vir in geval jy gewonner het Antie Hessie)
>
> Jy besef natuurlik dat Tant Hessie hier
> baie naby aan die clonaiders bly, en al
> lankal van hulle snert moes hoor. Selfs
> al het hulle iets gekloon, is dit nie
> nodig om so baie aandag aan hulle te gee
> nie.
>
> Tant Hessie van Montreal
>
Re: Het niemand iets te sê oor die [boodskap #71141 is 'n antwoord op boodskap #71115] Ma, 30 Desember 2002 16:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
W  is tans af-lyn  W
Boodskappe: 306
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
"Elaine"
> "nutters" (wat) glo dat .... ons deur klooning hier beland het

Katryn
Ek dink die woord is 'klonering'.

Wouter
Ek sou reken dis "kloning". Maar ek het geen naslaanbronne by my
om dit te kontroleer nie.
Re: Het niemand iets te sê oor die [boodskap #71147 is 'n antwoord op boodskap #71115] Ma, 30 Desember 2002 17:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" wrote;
>
> Ek dink die woord is 'klonering'. Maar afgesien daarvan, dink jy
> julle storie van Adam en Eva is meer geloofwaardig as die Raelians se
> storie?

Ek glo aan die evolusie leer, het ook eers nie daaraan geglo nie, totdat
iemand mooi vir my verduidelik het hoe dit in mekaar steek. As jy volgens
die Bybel gaan, dan glo ons dat 1 dag vir God soos 'n 1000 jaar is en 'n
1000 jaar soos 1 dag. Evolusie het plaasgevind, en Adam en Eva was dalk dan
die eerste intelligente mense wat deur God gekies is. Ons weet daar was
ander mense ook, want Kain is weggestuur en het getrou met een van hulle (ek
het nou nie gaan lees wie nie, maar as jy wil kan ek dit opsoek). Dit is vir
my baaaiiiieee meer geloofwaardig as die storie dat ons deur Aliens geclone
is.
Verder gee ek ook nie rerig om wat 'n persoon glo nie - ek glo aan Aliens
en Conspiracies en al daai lekker dinge, maar dis nie te sê ek glo dat
Aliens ons geclone het nie :)) Wie't hulle dan gemaak? Ek glo ook nie dat
Aliens ons almal eendag gaan kom red, aan "immortality" en dat ek hulle moet
aanbid nie. As daar lewe op ander planete is (en ek glo daar is), dan het
hulle op dieselfde wyse begin as ons - hulle het dalk net verder ge�voleer
(hoe spel mens dit?) as ons.
>
> Sjoe, nou het ek rerig iets nuuts geleer. Waar het hy sy graad gekry?
> :-)
Een van SA se vooraanstaande Universiteite - Universiteit van Pretoria.
Tukkies dink ek noem hulle hulself.

Groete
Elaine
Re: Het niemand iets te sê oor die [boodskap #71148 is 'n antwoord op boodskap #71116] Ma, 30 Desember 2002 17:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
lolol, Antie, ek weet ook al 'n hele rukkie van die lot. Ek het toevallig
verlede jaar op hulle web site afgekom en hulle maar afgemaak as 'n klomp
neute. Natuurlik verdien hulle al die aandag!! Hulle het dan die eerste
menslike babatjie gekloon!!

Groete
E

wrote:

> Jy besef natuurlik dat Tant Hessie hier
> baie naby aan die clonaiders bly, en al
> lankal van hulle snert moes hoor. Selfs
> al het hulle iets gekloon, is dit nie
> nodig om so baie aandag aan hulle te gee
> nie.
>
> Tant Hessie van Montreal
>
Re: Het niemand iets te sê oor die [boodskap #71149 is 'n antwoord op boodskap #71117] Ma, 30 Desember 2002 18:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek wil sommer op hierdie een antwoord! Ja dit sal!
Wat gaan later gebeur? Gaan hulle mense kloon spesifiek vir mediese
doeleindes? Waar is daai persoon se menswees dan? Gaan hulle mense dalk
kloon om spesifiek soldate te wees? Masjiene vir 'n mal diktator dalk?
Waar is daai persoon se menswees heen? Gaan hulle mense kloon spesifiek om
atlete te wees? Waar is daai persoon se keuse heen om dalk miskien 'n
dokter te wees? Cloning is dalk 'n goeie ding nou, maar waar gaan dit
ophou? Clonaid gaan babas kloon wat HIV+ is!! Hoe regverdig is dit teenoor
daai mensies?! Hulle staan dan nie eers 'n kans nie, want selfs al is jy
immuun teen VIGS, is jy nog steeds 'n draer van die HIV virus en kan jy nog
steeds die virus oordra aan iemand anders! So hulle kan nie kinders hê of
'n normale seksuele verhouding met hulle toekomstige maats nie! Dit
beïnvloed mos daai kindertjies met die virus se mens wees. Hulle het nie
eers 'n keuse gehad nie, daar's sommer vir hulle besluit hulle gaan die
virus hê!!! Kan jy jouself indink watse klomp probleem kinders dit gaan
afgee?

Groete
Elaine

"Katryn" skryf in boodskap news:i0jv0vcbjq3f8e0olbkt7h4fhomtut0hr3@4ax.com...
> "Paul Van Straaten" wrote:
>
>> Teen my beginsels...
>
> Ek stel rerig belang in hierdie beginsels van jou, Paul. Teen watter
> "beginsels" druis klonering juis in?
> Dink jy dat 'n kloon sal die definisie van wat dit beteken om "mens"
> te wees, verander?
>
Re: Het niemand iets te sê oor die [boodskap #71155 is 'n antwoord op boodskap #71147] Ma, 30 Desember 2002 19:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Sal die van ons wat gekloonde aliens is nou dit moet erken?:)))
Annette

"Elaine" skryf in boodskap news:3e1088a9.0@news1.mweb.co.za...
> "Katryn" wrote;
>>
>> Ek dink die woord is 'klonering'. Maar afgesien daarvan, dink jy
>> julle storie van Adam en Eva is meer geloofwaardig as die Raelians se
>> storie?
>
> Ek glo aan die evolusie leer, het ook eers nie daaraan geglo nie, totdat
> iemand mooi vir my verduidelik het hoe dit in mekaar steek. As jy volgens
> die Bybel gaan, dan glo ons dat 1 dag vir God soos 'n 1000 jaar is en 'n
> 1000 jaar soos 1 dag. Evolusie het plaasgevind, en Adam en Eva was dalk dan
> die eerste intelligente mense wat deur God gekies is. Ons weet daar was
> ander mense ook, want Kain is weggestuur en het getrou met een van hulle (ek
> het nou nie gaan lees wie nie, maar as jy wil kan ek dit opsoek). Dit is vir
> my baaaiiiieee meer geloofwaardig as die storie dat ons deur Aliens geclone
> is.
> Verder gee ek ook nie rerig om wat 'n persoon glo nie - ek glo aan Aliens
> en Conspiracies en al daai lekker dinge, maar dis nie te sê ek glo dat
> Aliens ons geclone het nie :)) Wie't hulle dan gemaak? Ek glo ook nie dat
> Aliens ons almal eendag gaan kom red, aan "immortality" en dat ek hulle moet
> aanbid nie. As daar lewe op ander planete is (en ek glo daar is), dan het
> hulle op dieselfde wyse begin as ons - hulle het dalk net verder ge�voleer
> (hoe spel mens dit?) as ons.
>>
>> Sjoe, nou het ek rerig iets nuuts geleer. Waar het hy sy graad gekry?
>> :-)
> Een van SA se vooraanstaande Universiteite - Universiteit van Pretoria.
> Tukkies dink ek noem hulle hulself.
>
> Groete
> Elaine
>
Re: Het niemand iets te sê oor die [boodskap #71156 is 'n antwoord op boodskap #71149] Ma, 30 Desember 2002 19:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Hoe kan daar van menswees gepraat word as daar geen sperm by betrokke was
nie?
Daar gaan seker nou kloonbanke wees - soos bloedbanke.

Annette

"Elaine" skryf in boodskap news:3e108ec6.0@news1.mweb.co.za...
> Ek wil sommer op hierdie een antwoord! Ja dit sal!
> Wat gaan later gebeur? Gaan hulle mense kloon spesifiek vir mediese
> doeleindes? Waar is daai persoon se menswees dan? Gaan hulle mense dalk
> kloon om spesifiek soldate te wees? Masjiene vir 'n mal diktator dalk?
> Waar is daai persoon se menswees heen? Gaan hulle mense kloon spesifiek om
> atlete te wees? Waar is daai persoon se keuse heen om dalk miskien 'n
> dokter te wees? Cloning is dalk 'n goeie ding nou, maar waar gaan dit
> ophou? Clonaid gaan babas kloon wat HIV+ is!! Hoe regverdig is dit teenoor
> daai mensies?! Hulle staan dan nie eers 'n kans nie, want selfs al is jy
> immuun teen VIGS, is jy nog steeds 'n draer van die HIV virus en kan jy nog
> steeds die virus oordra aan iemand anders! So hulle kan nie kinders hê of
> 'n normale seksuele verhouding met hulle toekomstige maats nie! Dit
> beïnvloed mos daai kindertjies met die virus se mens wees. Hulle het nie
> eers 'n keuse gehad nie, daar's sommer vir hulle besluit hulle gaan die
> virus hê!!! Kan jy jouself indink watse klomp probleem kinders dit gaan
> afgee?
>
> Groete
> Elaine
>
> "Katryn" wrote in message
> news:i0jv0vcbjq3f8e0olbkt7h4fhomtut0hr3@4ax.com...
>> "Paul Van Straaten" wrote:
>>
>>> Teen my beginsels...
>>
>> Ek stel rerig belang in hierdie beginsels van jou, Paul. Teen watter
>> "beginsels" druis klonering juis in?
>> Dink jy dat 'n kloon sal die definisie van wat dit beteken om "mens"
>> te wees, verander?
>>
>
Re: Het niemand iets te sê oor die [boodskap #71165 is 'n antwoord op boodskap #71155] Di, 31 Desember 2002 00:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" wrote:

> Sal die van ons wat gekloonde aliens is nou dit moet erken?:)))

Uh uh....nog nooit nie!!
Mens bly net tjoepstil en kyk annerpad. :-)
Re: Het niemand iets te sê oor die [boodskap #71168 is 'n antwoord op boodskap #71155] Di, 31 Desember 2002 02:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
lolol - ag Annette, ons sal 'n uitsondering maak in jou geval :)))

Elaine

"Annette" skryf in boodskap news:auq74d$9gav8$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Sal die van ons wat gekloonde aliens is nou dit moet erken?:)))
> Annette
Re: Het niemand iets te sê oor die [boodskap #71169 is 'n antwoord op boodskap #71156] Di, 31 Desember 2002 02:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dink net, jy kan jou selle gaan "skenk" en 'n perfekte weergawe van jouself
kry. Gaan daai persoon dat ook jou persoonlikheid hê, wonder ek? Baie
mense glo mos jy word so gebore nie so gemaak nie :)))

E

"Annette" skryf in boodskap news:auq74j$9gav8$2@ID-92016.news.dfncis.de...
> Hoe kan daar van menswees gepraat word as daar geen sperm by betrokke was
> nie?
> Daar gaan seker nou kloonbanke wees - soos bloedbanke.
>
> Annette
Re: Het niemand iets te sê oor die [boodskap #71173 is 'n antwoord op boodskap #71147] Di, 31 Desember 2002 05:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Elaine" wrote:

> . Dit is vir my baaaiiiieee meer geloofwaardig as die storie dat ons deur Aliens geclone
> is.

Ja, ek verstaan wat jy bedoel Elaine. Ons sien maar almal dinge uit
ons eie, unieke perspektiewe, en eis die "waarheid" deur die gekleurde
lense van daardie "waarheid" se dogmas.

> hulle op dieselfde wyse begin as ons - hulle het dalk net verder geëvoleer
> (hoe spel mens dit?) as ons.

Hopelik vra jy darem nie vir my hoe om woorde korrek te spel nie?
Yikes! :-)
Ek het geen idee nie, en sal ook maar net moet raai. :-)

Terloops, ek is 'n SciFi en Fantasie liefhebber, dus hou ek nogal
van die ruimtemannetjies se dogmatiek. :-)) (Okay - dis TIK!!) :-)

(Maar ek is rerig 'n SciFi en Fantasie liefhebber)
Re: Het niemand iets te s oor die [boodskap #71191 is 'n antwoord op boodskap #71173] Di, 31 Desember 2002 11:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max[1]  is tans af-lyn  Max[1]
Boodskappe: 241
Geregistreer: Februarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Eers was daar die oerknal ("big bang").

Alles in die heelal het uitmekaargespat. As gevolg van
aantrekkingskrag van groter hemelliggame het kleiner deeltjies daarom
begin wentel. Onderlinge aantrekkingskrag het gemaak dat planete vorm.
Mercury lekker swaar, pluto net gas. En daar êrens tussenin, waterstof
en suurstof - die noodsaaklikste vir lewe (soos ons dit ken).

Logika sê dus dat daar om ander "sonne" ook planete gevorm het. En
omdat al die waterstof en suurstof nie nét in óns rigting gespat het
nie, moes daar ander "aardes" ook vorm.

Ongelukkig is dit té vêr om te gaan kyk hoe die lewe op die ander
aardes lyk. Dus Katryn, is jou ruimtemannetjies miskien nie so groot
fiksie en fantasie nie. Ongelukkig is dit vir hulle ook te vêr om na
ons toe te kom.

"Beam me up, Scotty" is egter (en bly voorlopig) net SCI-FI.

Genesis 1

1. In die begin het God die hemel en die aarde geskape.
2. En die aarde was woes en leeg, en duisternis was op die
wêreldvloed, en die Gees van God het gesweef op die waters.
3. En God het gesê: Laat daar lig wees! En daar was lig.
4. Toe sien God dat die lig goed was. En God het skeiding gemaak
tussen die lig en die duisternis;
5. en God het die lig dag genoem, en die duisternis het Hy nag
genoem. En dit was aand en dit was môre , die eerste dag.
6. En God het gesê: Laat daar 'n uitspansel wees tussen die waters,
en laat dit skeiding maak tussen waters en waters.
7. God het toe die uitspansel gemaak en die waters wat onder die
uitspansel is, geskei van die waters wat bo die uitspansel is. En dit
was so.
8. En God het die uitspansel hemel genoem. En dit was aand en dit was
môre, die tweede dag.
9. En God het gesê: Laat die waters onder die hemel hulle op een plek
versamel, sodat die droë grond sigbaar word. En dit was so.
10. En God het die droë grond aarde genoem, en die versameling van
die waters het Hy see genoem. Toe sien God dat dit goed was.

Water = Lewe

Sommer net iets om oor na te dink, hier aan die einde van 2002,
wanneer ek vir julle almal die beste jare van julle lewe toewens,
beginnende in 2003.

Groete
Max_____________________________________________________

Katryn wrote in message

> Terloops, ek is 'n SciFi en Fantasie liefhebber, dus hou ek nogal
> van die ruimtemannetjies se dogmatiek. :-)) (Okay - dis TIK!!) :-)
>
> (Maar ek is rerig 'n SciFi en Fantasie liefhebber)
Re: Het niemand iets te s oor die [boodskap #71212 is 'n antwoord op boodskap #71191] Di, 31 Desember 2002 17:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
maxiebu...@yahoo.com (Max) wrote:

> Ongelukkig is dit té vêr om te gaan kyk hoe die lewe op die ander
> aardes lyk. Dus Katryn, is jou ruimtemannetjies miskien nie so groot
> fiksie en fantasie nie. Ongelukkig is dit vir hulle ook te vêr om na
> ons toe te kom.

Ja, ek sê nou vir julle. They're out there!!
:-))

> Sommer net iets om oor na te dink, hier aan die einde van 2002,
> wanneer ek vir julle almal die beste jare van julle lewe toewens,
> beginnende in 2003.

Dankie, en ook vir jou, Max.

Walt Whitman (1819-1892). Leaves of Grass. 1900.

Great are the Myths

GREAT are the myths I too delight in them;
Great are Adam and Eve I too look back and accept them;
Great the risen and fallen nations, and their poets, women, sages,
inventors, rulers, warriors, and priests.
Great is Liberty! great is Equality! I am their follower;
Helmsmen of nations, choose your craft! where you sail, I sail,
I weather it out with you, or sink with you.

ens.
Re: Het niemand iets te s oor die [boodskap #71218 is 'n antwoord op boodskap #71191] Di, 31 Desember 2002 20:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jean-Pierre Botha  is tans af-lyn  Jean-Pierre Botha
Boodskappe: 85
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
maxiebu...@yahoo.com (Max) skryf in boodskap news:...
> Eers was daar die oerknal ("big bang").
>
> Alles in die heelal het uitmekaargespat. As gevolg van
> aantrekkingskrag van groter hemelliggame het kleiner deeltjies daarom
> begin wentel. Onderlinge aantrekkingskrag het gemaak dat planete vorm.
> Mercury lekker swaar, pluto net gas. En daar êrens tussenin, waterstof
> en suurstof - die noodsaaklikste vir lewe (soos ons dit ken).
>
> Logika sê dus dat daar om ander "sonne" ook planete gevorm het. En
> omdat al die waterstof en suurstof nie nét in óns rigting gespat het
> nie, moes daar ander "aardes" ook vorm.
>
> Ongelukkig is dit té vêr om te gaan kyk hoe die lewe op die ander
> aardes lyk. Dus Katryn, is jou ruimtemannetjies miskien nie so groot
> fiksie en fantasie nie. Ongelukkig is dit vir hulle ook te vêr om na
> ons toe te kom.
>
> "Beam me up, Scotty" is egter (en bly voorlopig) net SCI-FI.
>
> Genesis 1
>
> 1. In die begin het God die hemel en die aarde geskape.
> 2. En die aarde was woes en leeg, en duisternis was op die
> wêreldvloed, en die Gees van God het gesweef op die waters.
> 3. En God het gesê: Laat daar lig wees! En daar was lig.
> 4. Toe sien God dat die lig goed was. En God het skeiding gemaak
> tussen die lig en die duisternis;
> 5. en God het die lig dag genoem, en die duisternis het Hy nag
> genoem. En dit was aand en dit was môre , die eerste dag.
> 6. En God het gesê: Laat daar 'n uitspansel wees tussen die waters,
> en laat dit skeiding maak tussen waters en waters.
> 7. God het toe die uitspansel gemaak en die waters wat onder die
> uitspansel is, geskei van die waters wat bo die uitspansel is. En dit
> was so.
> 8. En God het die uitspansel hemel genoem. En dit was aand en dit was
> môre, die tweede dag.
> 9. En God het gesê: Laat die waters onder die hemel hulle op een plek
> versamel, sodat die droë grond sigbaar word. En dit was so.
> 10. En God het die droë grond aarde genoem, en die versameling van
> die waters het Hy see genoem. Toe sien God dat dit goed was.
>
> Water = Lewe
>
> Sommer net iets om oor na te dink, hier aan die einde van 2002,
> wanneer ek vir julle almal die beste jare van julle lewe toewens,
> beginnende in 2003.
>
> Groete
> Max_____________________________________________________
>
>
> Katryn wrote in message
>
>> Terloops, ek is 'n SciFi en Fantasie liefhebber, dus hou ek nogal
>> van die ruimtemannetjies se dogmatiek. :-)) (Okay - dis TIK!!) :-)
>>
>> (Maar ek is rerig 'n SciFi en Fantasie liefhebber)

Mooi woorde Max.
As jy ooit die boek "Die Groot Gedagte" in die hande kry, koop hom en
lees hom. Dit is geskryf uit 'n christelike oogpunt en is regtig die
moeite werd om te lees.Ek het die boek hier iewers, maar ek kan hom
nie nou in die hande kry nie. Ek pos sy besonderhede sodra ek hom
tussen al my ander goed kan uitkrap.Dit handel oor die makro sowel as
die mikro kosmos en glo my dit is een van die interresantste boeke wat
ek nog ooit gelees het.Beslis elke sent werd.

Dit gee ook beter insig oor die term "GOD"
Voorwaar uitstekende afrikaanse leesgenot!

Lekker nuwe jaar aan almal in hierdie NG.

Joe Myburgh

PS. Yesterday's Sci-Fi is tomorrow's reality
Re: Het niemand iets te s oor die [boodskap #71236 is 'n antwoord op boodskap #71191] Wo, 01 Januarie 2003 20:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Joe de Beer  is tans af-lyn  Joe de Beer
Boodskappe: 20
Geregistreer: Junie 1997
Karma: 0
Junior Lid
Max skryf in boodskap news:e720f1c7.0212310321.55c12649@posting.google.com...
> Eers was daar die oerknal ("big bang").

< knip >

Lees gerus Stephen Hawking se boek (A Brief history of time), dan kan n mens
hierdie n bieetjie beter verstaan ook !!! Ek het n e-book weergawe wat met
Acrobar gelees kan word, maar is 1,5 Mb - gegewe dat daar nie "binaries"
in hierdie newsgroup se titel is nie, sal ek dit direk aanstuur as iemand
belangstel om dit te lees

Joeboy
Re: Het niemand iets te s oor die [boodskap #71238 is 'n antwoord op boodskap #71236] Wo, 01 Januarie 2003 21:16 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Joe de Beer wrote:

> Lees gerus Stephen Hawking se boek (A Brief history of time)

Ha, ha, ha. Nog een wat voorgee om
Hawking se boek te gelees het. Jy
fool niemand nie. En Hawking fool
ook niemand nie. Enige wetenskaplike
wat die woord "God" rondgooi, probeer
iemand die doekies voor die oë draai.

Tant Hessie van Cambridge
Vorige onderwerp: Siener in die Suburbs
Volgende onderwerp: Charfe poef soos 'n pro en mense skiem jys main
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 12 17:45:38 MGT 2024