Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die naam AZANIA
Die naam AZANIA [boodskap #7098] Vr, 23 Augustus 1996 00:00 na volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Dit lyk nie of daar enige poging aangewend word
om Suid-Afrika te verdoop na AZANIA nie.

Ek weet dat daar 'n lang gesprek op die SA Engelse
nuusgroep was oor waar die naam vandaan kom. Ek
haal die volgende aan uit 'n boek wat in 1774 gedruk
is : "A New System, or an Analysis of Ancient Mythology"
deur Jacob Bryant:

".. if I should meet with a country called
Azania, I may in like manner derive it from
Az-An, a fountain sacred to the Sun; from
whence the country was named. And I may
suppose this fountain to have been sacred to
the God of light on account of some real, or
imputed, quality in its waters... As there was
a region named Azania in Arcadia, the reader
may judge of my interpretation by the account
given of the excellence of its waters...


Amper 'n soort Griekse Amanzimtoti!
Die mitologiese Arcadia, waarvan Azania dus 'n
deel was, was 'n streek van pastorale rustigheid.

Wat my egter interesseer, is of die vryheidsvegters
wat die naam AZANIA voorgestaan het, dit gekies
het omdat die internasionale designasie vir Suid-
Afrika, naamlik ZA (en nou die eindes van e-pos
adresse) bevat is in die naam AZANIA?

Gloudina Bouwer
Re: Die naam AZANIA [boodskap #7107 is 'n antwoord op boodskap #7098] Sa, 24 Augustus 1996 00:00 Na vorige boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
iz...@igs.net (Izak Bouwer) wrote:
<<>Wat my egter interesseer, is of die vryheidsvegters
> wat die naam AZANIA voorgestaan het, ...>>>

Die naam word hoofsaaklik deur die PAC/Azapo-deel van die politieke
spektrum voorgestaan. Nie deur die ANC nie.
Die groepe wat dit voorstaan het bitter min politieke steun.
Vorige onderwerp: TAAL + KERK: Vulgere Skisofrene ????
Volgende onderwerp: Re: AFRIKANER: KULTUUR en SNOBISME - OHOPOHO
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 02:48:39 MGT 2024