Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die ANC as anachronisme
Die ANC as anachronisme [boodskap #70908] So, 22 Desember 2002 13:09 na volgende boodskap
Chrisjolette  is tans af-lyn  Chrisjolette
Boodskappe: 38
Geregistreer: Junie 2002
Karma: 0
Volle Lid
Diegene wat hulself vandeesweek ontstel het oor Minister Manto
Tshabalala-Msimang se uitsprake oor Zimbabwe, waarin sy Zanu-PF as 'n
"suster-bevrydingsbeweging" bestempel het en haar steun toegesê het
aan "grondhervorming" in dié land, misgis hulle deeglik oor die aard
van die ANC. Die verbasende is nie dat Tshabalala-Msimang gesê het
wat sy gesê het nie, maar dat die ANC self nie reeds Mugabe se metodes
in Suid-Afrika toepas nie.


Afrika-bevrydingsbewegings het oor die afgelope veertig jaar bewys dat
hulle byna sonder uitsondering in staat is om hele lande te vernietig.
Mosambiek, Angola, Zambië, Tanzanië, Ghana, die Kongo, en nou ook
Zimbabwe, almal lande wat onder koloniale heerskappy oor
vooruitstrewende ekonomieë beskik het, is deur bevrydingsbewegings op
hul knieë gedwing.

Die verskynsel van die bevrydingsbeweging kan nie natuurlik nie los
gesien word van die Koue Oorlog nie. Trouens, die meeste van hierdie
organisasies, soos Zanu-PF, die ANC, Frelimo, die MPLA, ens., is
finansieel en andersins gerugsteun deur òf die Sowjet-Unie òf deur die
Volksrepubliek van China. Intussen het die Berlynse muur geval, maar
het die meeste bevrydingsbewegings bly voortbestaan. In die geval van
die ANC is sy oorspronklik Marxisties-Leninistiese ideologie inderhaas
laat vaar sodat Suid-Afrika vandag 'n regering het wat enersyds sy
sosialistiese en "linkse" aard bevestig, maar andersyds 'n
neo-Thatcheristiese fiskale en monetêre beleid handhaaf onder mnr.
Trevor Manuel.

Terwyl die ANC noodgedwonge 'n doktrine soos die diktatuur van die
proletariaat moes laat vaar, kon dit egter nie afstand doen van die
wese van sy ideologie rondom die bevrydingsmite nie. Terwyl die NP
vrywillig die mag aan die ANC oorhandig het, is die amptelike weergawe
egter dat dit tydens 'n soort militêre oorwinning behaal is.

Dit is hierdie fundamentele teenstrydigheid waarop die ANC gegrond is,
wat dit 'n uiters onvoorspelbare en uiteindelik gevaarlike organisasie
maak, soortgelyk aan die susterbeweging Zanu-PF. Die konstante
gebruik van die frase "nasionale revolusie" wat nou al soveel inslag
gevind het dat dit selfs klakkeloos herhaal word deur die
Afrikaanstalige pers asof dit eintlik ontdaan is van betekenis, is 'n
nuttige herinnering aan die ideologiese fondament van die ANC.

In terme van die klassieke Marxisme-Leninisme vind daar eers 'n
nasionale demokratiese revolusie of "burgerlike omwenteling" plaas,
waarna die "maatskaplike revolusie" of "proletariese omwenteling"
volg. Binne ANC-denke is die gedagte van 'n klasserevolusie egter
grotendeels vervang deur die idee van 'n rasserevolusie of soos dit
genoem word, "transformasie". Terwyl sommige terme verander het, was
daar egter tot dusver geen wesentlike vordering in die wêreldbeskouing
van die ANC nie, wat steeds die revolusie as grondliggende
uitgangspunt het.

Soos in Zimbabwe, is daar in Suid-Afrika aansienlike druk om
"grondhervorming" te laat plaasvind en om groot dele van die ekonomie
in die hande van swart apparatjieks wat bande met die regerende party
handhaaf, te plaas. Hierdie revolusie staan maar nog in sy
kinderskoene.

Tot dusver is geen bevrydingsbeweging in Suider-Afrika nog ontsetel
voordat die betrokke land nie eers die totale vernietiging van sy
ekonomie en infrastruktuur, asook dikwels hongersnood, beleef het nie.
Gegewe die volslae mislukking van hierdie "bevrydingspolitiek" wat in
'n groot mate op Oos-Europese benaderings gesteun het, kan 'n mens
hoop dat Suid-Afrika nie noodwendig dieselfde paadjie hoef te loop
alvorens daar regeringsverandering plaasvind nie.

Om die aftakeling van die land in die naam van "bevryding" te stuit,
gaan egter 'n veel meer energieke teenbeweging verg as enigiets wat
die bestaande politieke opposisie in Suid-Afrika kon monster. Ten
eerste moet daar besef word dat die ANC 'n anachronisme is net soos
die voormalige Kommunistiese Party van mnr. Erich Hoenecker in
Oos-Duitsland. Eintlik moes dit van die toneel verdwyn het ná 1989,
maar danksy die reeks flaters van die voormalige Nasionale Party is
dit op die historiese hartlongmasjien geplaas en kon dit selfs by
gebrek aan enige alternatief in Suid-Afrika, steun kry onder swart
Suid-Afrikaners wat weens 'n gebrek aan politieke ervaring tans 'n
beweging ondersteun wat potensieel die land oor dieselfde afgrond kan
dwing as Zanu-PF.

Daar behoort geen kompromie met hierdie politieke dinosourus aangegaan
te word nie. Een van die grootste leemtes in die SA politiek is die
gebrek aan daadwerklike historiese kritiek op die ANC wat sy bande met
die voormalige totalitêre bewinde in Oos-Europa blootlê, sy steun aan
die Sowjet-Unie tydens laasgenoemde se inval in die toenmalige
Tsjeggo-Slowakye, asook sy gebruik van stedelike terreur en
intimidasie om sy doelwitte te bereik. Dit ly geen twyfel dat ons hier
met 'n totalitêre beweging te make het wat enige oomblik tot dieselfde
vergrype as die Mugabe-bewind kan oorgaan nie.

Daar is 'n groot probleem met die politieke kultuur in Suid-Afrika, en
veral die media wat nog altyd geneig was om die maghebber na te praat.
Veral in die Afrikaanse pers tref mens patetiese ophemelings van die
ANC aan, en 'n soort oëverblindery om die werklike en gestelde proses
van revolusie waarin die land verkeer, te verdoesel.

Hoe lank nog gaan die skyn van demokrasie in Suid-Afrika kan
voortduur, voordat die ware gesig van die ANC, 'n monster uit die dae
van die Koue Oorlog, te voorskyn kom?
Re: Die ANC as anachronisme [boodskap #70911 is 'n antwoord op boodskap #70908] So, 22 Desember 2002 13:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ag nee, dis te naby aan Kersfees om politiek te praat. Ek kry in elk geval
so warm vandag dat my brein stil staan. Vergeet 'n bietjie van al die
politiek en die moeilikheid in die land, los die stres 'n bietjie eenkant en
geniet julself eerder.

E

"Chrisjolette" skryf in boodskap news:2cc19bbd.0212220509.78bfb258@posting.google.com...
> Diegene wat hulself vandeesweek ontstel het oor Minister Manto
> Tshabalala-Msimang se uitsprake oor Zimbabwe, waarin sy Zanu-PF as 'n
> "suster-bevrydingsbeweging" bestempel het en haar steun toegesê het
> aan "grondhervorming" in dié land, misgis hulle deeglik oor die aard
> van die ANC.
Re: Die ANC as anachronisme [boodskap #70915 is 'n antwoord op boodskap #70908] So, 22 Desember 2002 18:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Chrisjolette -ek is bevrees dat jy in die kol is. Ons wil nie graag herken
wat ons sien en hoor nie.
Twee dinge wat my bygebly het nadat ek die Mail & Guardian se dekking van
die ANC Kongres gelees het is dit:

Die geweldige gebrek aan leierskap van gehalte binne die ANC.

Ten spyte van retoriek oor teenkanting teen korrupsie/misdaad is ten minste
2 van hulle top leiers tans betrek in hofgedinge waar hulle van kriminele
oortredings aangekla word. (Winnie & Yengeni). Maar nêrens het ek 'n enkele
opmerking in die koerante in die verband waargeneem.

Ook - wat het van die sg leiers geword toe "apartheid" die groot vyand was.
Het hierdie "leiers" hulle vermoë om dinge krities te waardeer, verloor?
(Was "apartheid" so 'n maklike teiken dat hierdie ouens nie werklike leiers
was nie?)

"Chrisjolette" skryf in boodskap news:2cc19bbd.0212220509.78bfb258@posting.google.com...
> Diegene wat hulself vandeesweek ontstel het oor Minister Manto
> Tshabalala-Msimang se uitsprake oor Zimbabwe, waarin sy Zanu-PF as 'n
> "suster-bevrydingsbeweging" bestempel het en haar steun toegesê het
> aan "grondhervorming" in dié land, misgis hulle deeglik oor die aard
> van die ANC. Die verbasende is nie dat Tshabalala-Msimang gesê het
> wat sy gesê het nie, maar dat die ANC self nie reeds Mugabe se metodes
> in Suid-Afrika toepas nie.
>
>
> Afrika-bevrydingsbewegings het oor die afgelope veertig jaar bewys dat
> hulle byna sonder uitsondering in staat is om hele lande te vernietig.
> Mosambiek, Angola, Zambië, Tanzanië, Ghana, die Kongo, en nou ook
> Zimbabwe, almal lande wat onder koloniale heerskappy oor
> vooruitstrewende ekonomieë beskik het, is deur bevrydingsbewegings op
> hul knieë gedwing.
>
> Die verskynsel van die bevrydingsbeweging kan nie natuurlik nie los
> gesien word van die Koue Oorlog nie. Trouens, die meeste van hierdie
> organisasies, soos Zanu-PF, die ANC, Frelimo, die MPLA, ens., is
> finansieel en andersins gerugsteun deur óf die Sowjet-Unie óf deur die
> Volksrepubliek van China. Intussen het die Berlynse muur geval, maar
> het die meeste bevrydingsbewegings bly voortbestaan. In die geval van
> die ANC is sy oorspronklik Marxisties-Leninistiese ideologie inderhaas
> laat vaar sodat Suid-Afrika vandag 'n regering het wat enersyds sy
> sosialistiese en "linkse" aard bevestig, maar andersyds 'n
> neo-Thatcheristiese fiskale en monetêre beleid handhaaf onder mnr.
> Trevor Manuel.
>
> Terwyl die ANC noodgedwonge 'n doktrine soos die diktatuur van die
> proletariaat moes laat vaar, kon dit egter nie afstand doen van die
> wese van sy ideologie rondom die bevrydingsmite nie. Terwyl die NP
> vrywillig die mag aan die ANC oorhandig het, is die amptelike weergawe
> egter dat dit tydens 'n soort militêre oorwinning behaal is.
>
> Dit is hierdie fundamentele teenstrydigheid waarop die ANC gegrond is,
> wat dit 'n uiters onvoorspelbare en uiteindelik gevaarlike organisasie
> maak, soortgelyk aan die susterbeweging Zanu-PF. Die konstante
> gebruik van die frase "nasionale revolusie" wat nou al soveel inslag
> gevind het dat dit selfs klakkeloos herhaal word deur die
> Afrikaanstalige pers asof dit eintlik ontdaan is van betekenis, is 'n
> nuttige herinnering aan die ideologiese fondament van die ANC.
>
> In terme van die klassieke Marxisme-Leninisme vind daar eers 'n
> nasionale demokratiese revolusie of "burgerlike omwenteling" plaas,
> waarna die "maatskaplike revolusie" of "proletariese omwenteling"
> volg. Binne ANC-denke is die gedagte van 'n klasserevolusie egter
> grotendeels vervang deur die idee van 'n rasserevolusie of soos dit
> genoem word, "transformasie". Terwyl sommige terme verander het, was
> daar egter tot dusver geen wesentlike vordering in die wêreldbeskouing
> van die ANC nie, wat steeds die revolusie as grondliggende
> uitgangspunt het.
>
> Soos in Zimbabwe, is daar in Suid-Afrika aansienlike druk om
> "grondhervorming" te laat plaasvind en om groot dele van die ekonomie
> in die hande van swart apparatjieks wat bande met die regerende party
> handhaaf, te plaas. Hierdie revolusie staan maar nog in sy
> kinderskoene.
>
> Tot dusver is geen bevrydingsbeweging in Suider-Afrika nog ontsetel
> voordat die betrokke land nie eers die totale vernietiging van sy
> ekonomie en infrastruktuur, asook dikwels hongersnood, beleef het nie.
> Gegewe die volslae mislukking van hierdie "bevrydingspolitiek" wat in
> 'n groot mate op Oos-Europese benaderings gesteun het, kan 'n mens
> hoop dat Suid-Afrika nie noodwendig dieselfde paadjie hoef te loop
> alvorens daar regeringsverandering plaasvind nie.
>
> Om die aftakeling van die land in die naam van "bevryding" te stuit,
> gaan egter 'n veel meer energieke teenbeweging verg as enigiets wat
> die bestaande politieke opposisie in Suid-Afrika kon monster. Ten
> eerste moet daar besef word dat die ANC 'n anachronisme is net soos
> die voormalige Kommunistiese Party van mnr. Erich Hoenecker in
> Oos-Duitsland. Eintlik moes dit van die toneel verdwyn het ná 1989,
> maar danksy die reeks flaters van die voormalige Nasionale Party is
> dit op die historiese hartlongmasjien geplaas en kon dit selfs by
> gebrek aan enige alternatief in Suid-Afrika, steun kry onder swart
> Suid-Afrikaners wat weens 'n gebrek aan politieke ervaring tans 'n
> beweging ondersteun wat potensieel die land oor dieselfde afgrond kan
> dwing as Zanu-PF.
>
> Daar behoort geen kompromie met hierdie politieke dinosourus aangegaan
> te word nie. Een van die grootste leemtes in die SA politiek is die
> gebrek aan daadwerklike historiese kritiek op die ANC wat sy bande met
> die voormalige totalitêre bewinde in Oos-Europa blootlê, sy steun aan
> die Sowjet-Unie tydens laasgenoemde se inval in die toenmalige
> Tsjeggo-Slowakye, asook sy gebruik van stedelike terreur en
> intimidasie om sy doelwitte te bereik. Dit ly geen twyfel dat ons hier
> met 'n totalitêre beweging te make het wat enige oomblik tot dieselfde
> vergrype as die Mugabe-bewind kan oorgaan nie.
>
> Daar is 'n groot probleem met die politieke kultuur in Suid-Afrika, en
> veral die media wat nog altyd geneig was om die maghebber na te praat.
> Veral in die Afrikaanse pers tref mens patetiese ophemelings van die
> ANC aan, en 'n soort oëverblindery om die werklike en gestelde proses
> van revolusie waarin die land verkeer, te verdoesel.
>
> Hoe lank nog gaan die skyn van demokrasie in Suid-Afrika kan
> voortduur, voordat die ware gesig van die ANC, 'n monster uit die dae
> van die Koue Oorlog, te voorskyn kom?
Re: Die ANC as anachronisme [boodskap #70920 is 'n antwoord op boodskap #70908] So, 22 Desember 2002 21:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On 22 Dec 2002 05:09:24 -0800, chrisjo...@yahoo.com
(Chrisjolette) wrote:

> Afrika-bevrydingsbewegings het oor die afgelope veertig jaar bewys dat
> hulle byna sonder uitsondering in staat is om hele lande te vernietig.

Ek sou se die Nasionale Party het dit omtrent beter as enige ander
party in Afrika bewys.
Re: Die ANC as anachronisme [boodskap #70921 is 'n antwoord op boodskap #70915] So, 22 Desember 2002 21:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 22 Dec 2002 20:09:04 +0200, "Jonas" wrote:

> Chrisjolette -ek is bevrees dat jy in die kol is. Ons wil nie graag herken
> wat ons sien en hoor nie.
> Twee dinge wat my bygebly het nadat ek die Mail & Guardian se dekking van
> die ANC Kongres gelees het is dit:
>
> Die geweldige gebrek aan leierskap van gehalte binne die ANC.

Jy meen Dan Roodt is 'n beter leier? He,he...
Het jy sy skreeusnaakse rubriek in julle publikasie gesien verlede
Sondag? Hy het dit natuurlik nie bedoel as snaaks nie!
Re: Die ANC as anachronisme [boodskap #70928 is 'n antwoord op boodskap #70908] Ma, 23 Desember 2002 06:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ons almal hoop maar dat daar 'n feniks sal verrys wat die uitsondering op
die reel is -
Onse Prez lyk op al die foto's van die konferensie vreeslik gespanne - soos
gewoonlik gaan daar baie meer onderling aan as wat in toesprake te kenne
gegee word.
Hier in die Kaap praat al hoe meer voorheenbenadeeldes, wat nie na die
kongres uitgenooi is nie, dat die ANC nie meer hul gunsteling melkskommel is
nie.
Die feit dat Phosa so 'n groot aanhang geniet, al was hy nie een van die 75
benoemdes nie- is vir my 'n baie interessante aanduiding dat almal nie meer
uit volle bors saamsing in die koor nie.
Dus hou ons almal hande en duime vas dat 'n sterk effektiewe opposisie die
moontlike historiese natuurlike gevolge die nek in kan slaan.

Annette

@yahoo.com> skryf in boodskap news:2cc19bbd.0212220509.78bfb258@posting.google.com...
> Diegene wat hulself vandeesweek ontstel het oor Minister Manto
> Tshabalala-Msimang se uitsprake oor Zimbabwe, waarin sy Zanu-PF as 'n
> "suster-bevrydingsbeweging" bestempel het en haar steun toegesê het
> aan "grondhervorming" in dié land, misgis hulle deeglik oor die aard
> van die ANC. Die verbasende is nie dat Tshabalala-Msimang gesê het
> wat sy gesê het nie, maar dat die ANC self nie reeds Mugabe se metodes
> in Suid-Afrika toepas nie.
>
>
> Afrika-bevrydingsbewegings het oor die afgelope veertig jaar bewys dat
> hulle byna sonder uitsondering in staat is om hele lande te vernietig.
> Mosambiek, Angola, Zambië, Tanzanië, Ghana, die Kongo, en nou ook
> Zimbabwe, almal lande wat onder koloniale heerskappy oor
> vooruitstrewende ekonomieë beskik het, is deur bevrydingsbewegings op
> hul knieë gedwing.
>
> Die verskynsel van die bevrydingsbeweging kan nie natuurlik nie los
> gesien word van die Koue Oorlog nie. Trouens, die meeste van hierdie
> organisasies, soos Zanu-PF, die ANC, Frelimo, die MPLA, ens., is
> finansieel en andersins gerugsteun deur óf die Sowjet-Unie óf deur die
> Volksrepubliek van China. Intussen het die Berlynse muur geval, maar
> het die meeste bevrydingsbewegings bly voortbestaan. In die geval van
> die ANC is sy oorspronklik Marxisties-Leninistiese ideologie inderhaas
> laat vaar sodat Suid-Afrika vandag 'n regering het wat enersyds sy
> sosialistiese en "linkse" aard bevestig, maar andersyds 'n
> neo-Thatcheristiese fiskale en monetêre beleid handhaaf onder mnr.
> Trevor Manuel.
>
> Terwyl die ANC noodgedwonge 'n doktrine soos die diktatuur van die
> proletariaat moes laat vaar, kon dit egter nie afstand doen van die
> wese van sy ideologie rondom die bevrydingsmite nie. Terwyl die NP
> vrywillig die mag aan die ANC oorhandig het, is die amptelike weergawe
> egter dat dit tydens 'n soort militêre oorwinning behaal is.
>
> Dit is hierdie fundamentele teenstrydigheid waarop die ANC gegrond is,
> wat dit 'n uiters onvoorspelbare en uiteindelik gevaarlike organisasie
> maak, soortgelyk aan die susterbeweging Zanu-PF. Die konstante
> gebruik van die frase "nasionale revolusie" wat nou al soveel inslag
> gevind het dat dit selfs klakkeloos herhaal word deur die
> Afrikaanstalige pers asof dit eintlik ontdaan is van betekenis, is 'n
> nuttige herinnering aan die ideologiese fondament van die ANC.
>
> In terme van die klassieke Marxisme-Leninisme vind daar eers 'n
> nasionale demokratiese revolusie of "burgerlike omwenteling" plaas,
> waarna die "maatskaplike revolusie" of "proletariese omwenteling"
> volg. Binne ANC-denke is die gedagte van 'n klasserevolusie egter
> grotendeels vervang deur die idee van 'n rasserevolusie of soos dit
> genoem word, "transformasie". Terwyl sommige terme verander het, was
> daar egter tot dusver geen wesentlike vordering in die wêreldbeskouing
> van die ANC nie, wat steeds die revolusie as grondliggende
> uitgangspunt het.
>
> Soos in Zimbabwe, is daar in Suid-Afrika aansienlike druk om
> "grondhervorming" te laat plaasvind en om groot dele van die ekonomie
> in die hande van swart apparatjieks wat bande met die regerende party
> handhaaf, te plaas. Hierdie revolusie staan maar nog in sy
> kinderskoene.
>
> Tot dusver is geen bevrydingsbeweging in Suider-Afrika nog ontsetel
> voordat die betrokke land nie eers die totale vernietiging van sy
> ekonomie en infrastruktuur, asook dikwels hongersnood, beleef het nie.
> Gegewe die volslae mislukking van hierdie "bevrydingspolitiek" wat in
> 'n groot mate op Oos-Europese benaderings gesteun het, kan 'n mens
> hoop dat Suid-Afrika nie noodwendig dieselfde paadjie hoef te loop
> alvorens daar regeringsverandering plaasvind nie.
>
> Om die aftakeling van die land in die naam van "bevryding" te stuit,
> gaan egter 'n veel meer energieke teenbeweging verg as enigiets wat
> die bestaande politieke opposisie in Suid-Afrika kon monster. Ten
> eerste moet daar besef word dat die ANC 'n anachronisme is net soos
> die voormalige Kommunistiese Party van mnr. Erich Hoenecker in
> Oos-Duitsland. Eintlik moes dit van die toneel verdwyn het ná 1989,
> maar danksy die reeks flaters van die voormalige Nasionale Party is
> dit op die historiese hartlongmasjien geplaas en kon dit selfs by
> gebrek aan enige alternatief in Suid-Afrika, steun kry onder swart
> Suid-Afrikaners wat weens 'n gebrek aan politieke ervaring tans 'n
> beweging ondersteun wat potensieel die land oor dieselfde afgrond kan
> dwing as Zanu-PF.
>
> Daar behoort geen kompromie met hierdie politieke dinosourus aangegaan
> te word nie. Een van die grootste leemtes in die SA politiek is die
> gebrek aan daadwerklike historiese kritiek op die ANC wat sy bande met
> die voormalige totalitêre bewinde in Oos-Europa blootlê, sy steun aan
> die Sowjet-Unie tydens laasgenoemde se inval in die toenmalige
> Tsjeggo-Slowakye, asook sy gebruik van stedelike terreur en
> intimidasie om sy doelwitte te bereik. Dit ly geen twyfel dat ons hier
> met 'n totalitêre beweging te make het wat enige oomblik tot dieselfde
> vergrype as die Mugabe-bewind kan oorgaan nie.
>
> Daar is 'n groot probleem met die politieke kultuur in Suid-Afrika, en
> veral die media wat nog altyd geneig was om die maghebber na te praat.
> Veral in die Afrikaanse pers tref mens patetiese ophemelings van die
> ANC aan, en 'n soort oëverblindery om die werklike en gestelde proses
> van revolusie waarin die land verkeer, te verdoesel.
>
> Hoe lank nog gaan die skyn van demokrasie in Suid-Afrika kan
> voortduur, voordat die ware gesig van die ANC, 'n monster uit die dae
> van die Koue Oorlog, te voorskyn kom?
Re: Die ANC as anachronisme [boodskap #70943 is 'n antwoord op boodskap #70920] Ma, 23 Desember 2002 09:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ferdietjiekie - ek sou meer kredietwaardigheid aan jou geheg het as jy vir
die M&G gewerk het. Maar ek dink nie hulle doen regstellende aanstellinge
nie - daai joernaliste kan maar skryf ...

"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:bmbc0voemd3h3d9hcnetddbr5l9jrundof@4ax.com...
> On 22 Dec 2002 05:09:24 -0800, chrisjo...@yahoo.com
> (Chrisjolette) wrote:
>
> dat
>> hulle byna sonder uitsondering in staat is om hele lande te vernietig.
>
> Ek sou se die Nasionale Party het dit omtrent beter as enige ander
> party in Afrika bewys.
>
Re: Die ANC as anachronisme [boodskap #70948 is 'n antwoord op boodskap #70943] Ma, 23 Desember 2002 11:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Lekker kwaad ne. Jou vet ou lafaard.
Dis nou al twee verkleinings. Ek kan jou al sien ... jou prulmond tuit
so om jou tong as jy die verkleinings inryg in woede.
Dan dril die spek om die maag so....

He, he....

On Mon, 23 Dec 2002 11:55:13 +0200, "Jonas" wrote:

> Ferdietjiekie - ek sou meer kredietwaardigheid aan jou geheg het as jy vir
> die M&G gewerk het. Maar ek dink nie hulle doen regstellende aanstellinge
> nie - daai joernaliste kan maar skryf ...
> "Ferdi Greyling" wrote in message
> news:bmbc0voemd3h3d9hcnetddbr5l9jrundof@4ax.com...
>> On 22 Dec 2002 05:09:24 -0800, chrisjo...@yahoo.com
>> (Chrisjolette) wrote:

>> > dat
>>> hulle byna sonder uitsondering in staat is om hele lande te vernietig.

>> Ek sou se die Nasionale Party het dit omtrent beter as enige ander
>> party in Afrika bewys.


>
Re: Die ANC as anachronisme [boodskap #70949 is 'n antwoord op boodskap #70928] Ma, 23 Desember 2002 11:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 23 Dec 2002 08:25:36 +0200, "Annette" wrote:

> Ons almal hoop maar dat daar 'n feniks sal verrys wat die uitsondering op
> die reel is -
> Onse Prez lyk op al die foto's van die konferensie vreeslik gespanne - soos
> gewoonlik gaan daar baie meer onderling aan as wat in toesprake te kenne
> gegee word.
> Hier in die Kaap praat al hoe meer voorheenbenadeeldes, wat nie na die
> kongres uitgenooi is nie, dat die ANC nie meer hul gunsteling melkskommel is
> nie.
> Die feit dat Phosa so 'n groot aanhang geniet, al was hy nie een van die 75
> benoemdes nie- is vir my 'n baie interessante aanduiding dat almal nie meer
> uit volle bors saamsing in die koor nie.
> Dus hou ons almal hande en duime vas dat 'n sterk effektiewe opposisie die
> moontlike historiese natuurlike gevolge die nek in kan slaan.

As jy na die uitslae van vorige NEC-verkiesings kyk sal jy sien dat
gewildheid by daardie verkiesing nie baie sterk bande het met wie mag
hou nie.

Die ANC as 'n organisasie is nie 'n bloudruk van die ANC as regering
nie.

Daar is 'n groot simpatie-stem (bv. Winnie) sowel as stemme wat groei
uit die verskillende strome in die organisasie.
As jy sinryk wil ontleed, gaan kyk wie is exiles en wie is UDF, waar
sit hulle ens.

In 1993 het Cyril bv. Meer stemme as Thabo gekry in die
NEC-verkiesing, maar steeds is thabo verkies as die visie-president
onder Mandela - wat ook 'n voorlopige verkiesing vir die volgende
president was na Mandela.
Re: Die ANC as anachronisme [boodskap #70958 is 'n antwoord op boodskap #70949] Ma, 23 Desember 2002 18:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Regtig Ferdietjiekie - gee jy jou voor as kenner - tog nie? Is jy jou
koerant se politieke kommisaris van die ANC?

En, weet jou redakteur ook daarvan - of is dit bloot op die ng waar jou mond
(sonder voortande) so grooot is?

ha ha ha ....

"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:tssd0vgofn10b65bo3d2n5a4h8nvmffhpl@4ax.com...
> On Mon, 23 Dec 2002 08:25:36 +0200, "Annette"
> wrote:
>
> > gewoonlik gaan daar baie meer onderling aan as wat in toesprake te kenne
>> gegee word.
>> Hier in die Kaap praat al hoe meer voorheenbenadeeldes, wat nie na die
>> kongres uitgenooi is nie, dat die ANC nie meer hul gunsteling melkskommel is
>> nie.
>> Die feit dat Phosa so 'n groot aanhang geniet, al was hy nie een van die 75
>> benoemdes nie- is vir my 'n baie interessante aanduiding dat almal nie meer
>> uit volle bors saamsing in die koor nie.
>> Dus hou ons almal hande en duime vas dat 'n sterk effektiewe opposisie die
>> moontlike historiese natuurlike gevolge die nek in kan slaan.
>
> As jy na die uitslae van vorige NEC-verkiesings kyk sal jy sien dat
> gewildheid by daardie verkiesing nie baie sterk bande het met wie mag
> hou nie.
>
> Die ANC as 'n organisasie is nie 'n bloudruk van die ANC as regering
> nie.
>
> Daar is 'n groot simpatie-stem (bv. Winnie) sowel as stemme wat groei
> uit die verskillende strome in die organisasie.
> As jy sinryk wil ontleed, gaan kyk wie is exiles en wie is UDF, waar
> sit hulle ens.
>
>
> In 1993 het Cyril bv. Meer stemme as Thabo gekry in die
> NEC-verkiesing, maar steeds is thabo verkies as die visie-president
> onder Mandela - wat ook 'n voorlopige verkiesing vir die volgende
> president was na Mandela.
>
Re: Die ANC as anachronisme [boodskap #70964 is 'n antwoord op boodskap #70921] Ma, 23 Desember 2002 19:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Ferdi Greyling wrote:

> Jy meen Dan Roodt is 'n beter leier? He,he...
> Het jy sy skreeusnaakse rubriek in julle publikasie gesien verlede
> Sondag? Hy het dit natuurlik nie bedoel as snaaks nie!

Waarna word hier verwys?

Gloudina
Re: Die ANC as anachronisme [boodskap #70965 is 'n antwoord op boodskap #70958] Ma, 23 Desember 2002 19:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 23 Dec 2002 20:09:35 +0200, "Jonas" wrote:

> Regtig Ferdietjiekie - gee jy jou voor as kenner - tog nie? Is jy jou
> koerant se politieke kommisaris van die ANC?
>
> En, weet jou redakteur ook daarvan - of is dit bloot op die ng waar jou mond
> (sonder voortande) so grooot is?
>
> ha ha ha ....

Kyk hoe dril "Jonas" se AWB-maag!

Wat het jy met al daai khaki-hempde gemaak wat jy toe na 1994 moes
ontslae raak van?

Vet ou lafaard wat jy is.
Re: Die ANC as anachronisme [boodskap #70967 is 'n antwoord op boodskap #70964] Ma, 23 Desember 2002 20:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 23 Dec 2002 19:24:13 GMT, "@rogers.com" wrote:

Waarna word hier verwys?

Dan Roodt se rubriek in Rapport. Al wil vark van die plaas dit nie
hoor nie, het Roodt actually 'n gereelde rubriek in Rapport waar hy
kan skryf wat sy hart begeer.
In verlede naweek s'n het hy dit op hom geneem om aan "die volk" 'n
soort virtuele TV-toespraak vir die Nuwejaar te skryf.
Hy het begin deur mense te bedank wat aan hom skryf om hom geluk te
wens met sy "uitstekende skryfstyl".
Van daar was daar verder heelwat juweeltjies.
Re: Die ANC as anachronisme [boodskap #70981 is 'n antwoord op boodskap #70965] Di, 24 Desember 2002 02:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ferdietjiekie - dis duidelik dat jy 'n oorgewig probleem in die familie het
...

Seker die ryk Graylinks ? Wat dit kan bekostig?

"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:1aqe0vcglo69ao278k0du19nkjs8jl25m7@4ax.com...
> On Mon, 23 Dec 2002 20:09:35 +0200, "Jonas"
> wrote:
>
> jou
>> koerant se politieke kommisaris van die ANC?
>>
>> En, weet jou redakteur ook daarvan - of is dit bloot op die ng waar jou mond
>> (sonder voortande) so grooot is?
>>
>> ha ha ha ....
>
> Kyk hoe dril "Jonas" se AWB-maag!
>
> Wat het jy met al daai khaki-hempde gemaak wat jy toe na 1994 moes
> ontslae raak van?
>
> Vet ou lafaard wat jy is.
>
Re: Die ANC as anachronisme [boodskap #70994 is 'n antwoord op boodskap #70981] Di, 24 Desember 2002 19:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Kyk hoe dril "Jonas" se AWB-maag!

Wat het jy met al daai khaki-hempde gemaak wat jy toe na 1994 moes
ontslae raak van?

Vet ou lafaard wat jy is.

On Tue, 24 Dec 2002 04:25:05 +0200, "Jonas" wrote:

> Ferdietjiekie - dis duidelik dat jy 'n oorgewig probleem in die familie het
> ...
>
> Seker die ryk Graylinks ? Wat dit kan bekostig?
>
> "Ferdi Greyling" wrote in message
> news:1aqe0vcglo69ao278k0du19nkjs8jl25m7@4ax.com...
>> On Mon, 23 Dec 2002 20:09:35 +0200, "Jonas"
>> wrote:

>> > jou
>>> koerant se politieke kommisaris van die ANC?
>>>
>>> En, weet jou redakteur ook daarvan - of is dit bloot op die ng waar jou mond
>>> (sonder voortande) so grooot is?
>>>
>>> ha ha ha ....

>> Kyk hoe dril "Jonas" se AWB-maag!

>> Wat het jy met al daai khaki-hempde gemaak wat jy toe na 1994 moes
>> ontslae raak van?

>> Vet ou lafaard wat jy is.


>
Re: Die ANC as anachronisme [boodskap #70997 is 'n antwoord op boodskap #70994] Wo, 25 Desember 2002 06:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Paul Van Straaten  is tans af-lyn  Paul Van Straaten
Boodskappe: 171
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
Dit help nie om mekaar uit te skel en name te gee nie.Ons
almal weet tog waar Ferdi se simpatie is...enige iets anders as die regering
is mos maar gemors in sy kykers.
Dit help nie om hom aan te vat oor sy joernalistieke
loopbaan nie, aangesien hy mos maar net vertalings doen en as NIA-agent
optree.Ek het 'n storie gehoor dat hulle die joernaliste sal beskerm as die
joernaliste vir hulle
skinder-nuus aandra...is dit waar?
Beeld het maar net oorleef weens die NNP se bydraes
en nou is hulle op die ANC se treintjie.Ek sal veel eerder
Die Sowetan lees voor ek die Beeld lees.Ek het laas in 1987 'n Beeld gekoop
toe ek my subskripsie gekanselleer
het.Vandag lees ek slegs die Engelse koerante,aangesien
ek nie my geld in die water gooi nie!

Jonas,vat dit maar van wie dit kom!
Ons almal weet wat die benaminge is vir enige joernalis,
aangesien ons land mos nie meer oor ondersoekende
joernaliste beskik nie.Hulle hoor 'n gerug by hul ANC-hoofkantoor dan blaas
hulle dit op dat dit lyk soos een moerse berg...dan wil hulle 'n storie
skryf daaroor,
gewoonlik net 'n klomp snert!
Dus los die ou dat hy vir homself sprokies uit dink waaroor hy kan skryf.Hy
mag doen en skryf soos hy wil
want sy regering gee hom die toestemming en die geleentheid om juis dit te
doen.Hy maak in ieder geval van
homself 'n dwaas.Niemand behalwe diegene wat glo dat die witmense in die NNP
die land met die volgende verkiesing gaan regeer,lees meer die stront wat in
die
Afrikaanse (kak)dagblaaie geskryf word nie!
Ferdi is die soort wat glo dat kortbroek 'n hasie uit die
hoed gaan trek en dan weer by haakneus Tony gaan uitkom..."and they will
live happily ever after".

Diegene van ons wat gesien het dat alle volkere met
DA-beleid,deur die NNP aan die ANC uitverkoop is ;
weet van beter!
Beide die NNP en die DA gaan hulle gatte sien in die
komende verkiesing.

Nartuurlik iets wat stil gehou is deur al wat koerant en media is, is die
feit dat die Vryheids Front 'n skok oorwinning behaal het in Bethal.Dit was
'n DA-wyk.
1)VF
2)ANC
3)DA
4)Onafhanklik
5)NNP(Ondersteunde onafhanklike)
Dit was 'n VF wins.

Nou ja, ek het seker genoeg gepraat.Ek hoop Ferdi kan
rustig slaap met al sy tjol wat hy kwyt raak.Ek glo nie hy het 'n gewete
nie.

Groete

Paul van Straaten

"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:9seh0vgh870vovmrh1q4snkfjc26kkcc28@4ax.com...
>
> Kyk hoe dril "Jonas" se AWB-maag!
>
> Wat het jy met al daai khaki-hempde gemaak wat jy toe na 1994 moes
> ontslae raak van?
>
> Vet ou lafaard wat jy is.
>
>
>
> On Tue, 24 Dec 2002 04:25:05 +0200, "Jonas"
> wrote:
>
>> Ferdietjiekie - dis duidelik dat jy 'n oorgewig probleem in die familie het
>> ...
>>
>> Seker die ryk Graylinks ? Wat dit kan bekostig?
>>
>> "Ferdi Greyling" wrote in message
>> news:1aqe0vcglo69ao278k0du19nkjs8jl25m7@4ax.com...
>>> On Mon, 23 Dec 2002 20:09:35 +0200, "Jonas"
>>> wrote:
>
>>> >> jou
>>>> koerant se politieke kommisaris van die ANC?
>>>>
>>>> En, weet jou redakteur ook daarvan - of is dit bloot op die ng waar jou mond
>>>> (sonder voortande) so grooot is?
>>>>
>>>> ha ha ha ....
>
>>> Kyk hoe dril "Jonas" se AWB-maag!
>
>>> Wat het jy met al daai khaki-hempde gemaak wat jy toe na 1994 moes
>>> ontslae raak van?
>
>>> Vet ou lafaard wat jy is.
>>
>
Re: Die ANC as anachronisme [boodskap #70998 is 'n antwoord op boodskap #70994] Wo, 25 Desember 2002 09:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Paul Van Straaten  is tans af-lyn  Paul Van Straaten
Boodskappe: 171
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
Ek sou eerder 'n AWB-maag met my saam dra voordat ek soos 'n uitgeteerde
muskiet uit Afrika lyk!
Dis nie net AWB's wat khaki dra nie.
Sekeres van ons moet dalk gewig verloor,maar ons het nog selfrespek...iets
wat Ferdi verloor het die dag toe hy gaan werk soek het by Beeld!
Kan jy meer?Beeld.Watse Beeld?Ek gaan soek eerder werk by 'n standbeeld as
wat ek by die Afrikaanse Dagblad:Beeld gaan werk soek.
Ek het een enkele wens...en dit is dat Beeld met sy kantore en mense hulle
in Zimbabwe gaan vestig.Dit sal
dan nie nodig wees dat ons van hulle hoef te hoor nie.

Die aap Mugabe sal met hulle galle werk.Miskien ook nie,
want hulle dink eenders.Die wittes skuld die arme swartes mos vreeslik
baie.Agga shame baas ferdi!

"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:9seh0vgh870vovmrh1q4snkfjc26kkcc28@4ax.com...
>
> Kyk hoe dril "Jonas" se AWB-maag!
>
> Wat het jy met al daai khaki-hempde gemaak wat jy toe na 1994 moes
> ontslae raak van?
>
> Vet ou lafaard wat jy is.
>
>
>
> On Tue, 24 Dec 2002 04:25:05 +0200, "Jonas"
> wrote:
>
>> Ferdietjiekie - dis duidelik dat jy 'n oorgewig probleem in die familie het
>> ...
>>
>> Seker die ryk Graylinks ? Wat dit kan bekostig?
>>
>> "Ferdi Greyling" wrote in message
>> news:1aqe0vcglo69ao278k0du19nkjs8jl25m7@4ax.com...
>>> On Mon, 23 Dec 2002 20:09:35 +0200, "Jonas"
>>> wrote:
>
>>> >> jou
>>>> koerant se politieke kommisaris van die ANC?
>>>>
>>>> En, weet jou redakteur ook daarvan - of is dit bloot op die ng waar jou mond
>>>> (sonder voortande) so grooot is?
>>>>
>>>> ha ha ha ....
>
>>> Kyk hoe dril "Jonas" se AWB-maag!
>
>>> Wat het jy met al daai khaki-hempde gemaak wat jy toe na 1994 moes
>>> ontslae raak van?
>
>>> Vet ou lafaard wat jy is.
>>
>
Re: Die ANC as anachronisme [boodskap #71004 is 'n antwoord op boodskap #70997] Wo, 25 Desember 2002 21:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 25 Dec 2002 08:17:35 +0200, "Paul Van Straaten"
wrote:

> Dit help nie om mekaar uit te skel en name te gee nie.Ons
> almal weet tog waar Ferdi se simpatie is...enige iets anders as die regering
> is mos maar gemors in sy kykers.
> Dit help nie om hom aan te vat oor sy joernalistieke
> loopbaan nie, aangesien hy mos maar net vertalings doen en as NIA-agent
> optree.Ek het 'n storie gehoor dat hulle die joernaliste sal beskerm as die
> joernaliste vir hulle
> skinder-nuus aandra...is dit waar?

Paul, het jy die guts om dit in my gesig te se?

Wie is jou prokureurs?
Re: Die ANC as anachronisme [boodskap #71008 is 'n antwoord op boodskap #70994] Do, 26 Desember 2002 05:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ferdietjiekie - dis vir my heel interessant hoe jy fisiese kenmerke toeken
aan iemand wat jy nog nooit ontmoet het nie. Jy besef natuurlik hoe dit op
jouself reflekteer. So, moet asseblief nie daarmee ophou nie - ek sal dit
selfs waardeer indien jy jou geprojekteerde visies in meer detail hier op
die ng plaas.
Ek wil egter hier herhaal - jy as joernalis en "digter" sub-standaard.
Maar ek aanvaar jy is soos'n adonis gebou - of soos adoons. Plaas 'n foto
hier sodat almal jou kan sien en bewonder ... Moet nie 'n lafaard wees nie
....

"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:9seh0vgh870vovmrh1q4snkfjc26kkcc28@4ax.com...
>
> Kyk hoe dril "Jonas" se AWB-maag!
>
> Wat het jy met al daai khaki-hempde gemaak wat jy toe na 1994 moes
> ontslae raak van?
>
> Vet ou lafaard wat jy is.
>
>
>
> On Tue, 24 Dec 2002 04:25:05 +0200, "Jonas"
> wrote:
>
>> Ferdietjiekie - dis duidelik dat jy 'n oorgewig probleem in die familie het
>> ...
>>
>> Seker die ryk Graylinks ? Wat dit kan bekostig?
>>
>> "Ferdi Greyling" wrote in message
>> news:1aqe0vcglo69ao278k0du19nkjs8jl25m7@4ax.com...
>>> On Mon, 23 Dec 2002 20:09:35 +0200, "Jonas"
>>> wrote:
>
>>> >> jou
>>>> koerant se politieke kommisaris van die ANC?
>>>>
>>>> En, weet jou redakteur ook daarvan - of is dit bloot op die ng waar jou mond
>>>> (sonder voortande) so grooot is?
>>>>
>>>> ha ha ha ....
>
>>> Kyk hoe dril "Jonas" se AWB-maag!
>
>>> Wat het jy met al daai khaki-hempde gemaak wat jy toe na 1994 moes
>>> ontslae raak van?
>
>>> Vet ou lafaard wat jy is.
>>
>
Re: Die ANC as anachronisme [boodskap #71011 is 'n antwoord op boodskap #70921] Do, 26 Desember 2002 09:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Paul Van Straaten  is tans af-lyn  Paul Van Straaten
Boodskappe: 171
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
Waarvoor val jy vir Dan Roodt aan?Is dit omdat jy self
leierloos is?Wat gaan aan met jou?
Kan jy nie soos 'n volwassene probeer redeneer met ander volwassenes nie?

"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:onbc0vo2pqc8q6fhub2bj2p4nccmr1i5bi@4ax.com...
> On Sun, 22 Dec 2002 20:09:04 +0200, "Jonas"
> wrote:
>
> herken
>> wat ons sien en hoor nie.
>> Twee dinge wat my bygebly het nadat ek die Mail & Guardian se dekking van
>> die ANC Kongres gelees het is dit:
>>
>> Die geweldige gebrek aan leierskap van gehalte binne die ANC.
>
> Jy meen Dan Roodt is 'n beter leier? He,he...
> Het jy sy skreeusnaakse rubriek in julle publikasie gesien verlede
> Sondag? Hy het dit natuurlik nie bedoel as snaaks nie!
>
Re: Die ANC as anachronisme [boodskap #71019 is 'n antwoord op boodskap #71011] Vr, 27 Desember 2002 05:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
pwbotha[3]  is tans af-lyn  pwbotha[3]
Boodskappe: 41
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Volle Lid
Een ding moet ek van Dan Roodt se, hy kan SKRYF, en Ferdi kan nie

"Paul Van Straaten" skryf in boodskap news:auff0s$9nt$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Waarvoor val jy vir Dan Roodt aan?Is dit omdat jy self
> leierloos is?Wat gaan aan met jou?
> Kan jy nie soos 'n volwassene probeer redeneer met ander volwassenes nie?
> "Ferdi Greyling" wrote in message
> news:onbc0vo2pqc8q6fhub2bj2p4nccmr1i5bi@4ax.com...
>> On Sun, 22 Dec 2002 20:09:04 +0200, "Jonas"
>> wrote:
>>
>> > herken
>>> wat ons sien en hoor nie.
>>> Twee dinge wat my bygebly het nadat ek die Mail & Guardian se dekking van
>>> die ANC Kongres gelees het is dit:
>>>
>>> Die geweldige gebrek aan leierskap van gehalte binne die ANC.
>>
>> Jy meen Dan Roodt is 'n beter leier? He,he...
>> Het jy sy skreeusnaakse rubriek in julle publikasie gesien verlede
>> Sondag? Hy het dit natuurlik nie bedoel as snaaks nie!
>>
>
Re: Die ANC as anachronisme [boodskap #71023 is 'n antwoord op boodskap #70920] Vr, 27 Desember 2002 07:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Paul Van Straaten  is tans af-lyn  Paul Van Straaten
Boodskappe: 171
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi,

Tree jy nou op in jou persoonlike hoedanigheid of het
kortbroek iewers 'n pos vir jou?Dit is algemeen bekend
dat joernaliste goed gevaar het onder die NP-vaandel.
Maar ek weet nie of dit dieselfde gaan wees in die nuwe SA nie.Kyk hulle veg
mos nie meer verkiesings amptelik nie.Hulle plaas nou onafhanklike kandidate
wat uiters swak vaar in die verkiesings...veral op plaaslike vlak.
Of het die NNP jou aangestel as hulle amptelike verteenwoordiger op die NG?
Kyk alles wat ek plaas is basies(tong-in-die-kies)om mense se reaksies uit
te lok en dan eers te debateer daaroor.Maar lyk my jy beledig so ver jy kan
en as jy
aangevat word dan dreig jy met regsaksies?
Jy weet...ek wil amper jammer voel vir jou.Ek voel dit is tyd dat jy of
kritiek wat eintlik grappender-wys uitgedeel
word aanvaar... en as jy dit nie wil aanvaar nie,gaan klim in die bed en
slaap!
By the way:"Alle regses" drink nie net Klipdrift nie...
en dan is daar diegene wat glad nie drink nie...dus hou nou maar op met jou
vieslike beledigings.Dit is geensins die teken van goeie joernalistiek
nie.As jy dan so 'n vreeslike goeie joernalis is,soos wat jy te kenne
gee...dan stuur jy beslis die verkeerde seine uit!
As jy dus kans sien om die regte seine uit te stuur kan ons
ander dalk van opinie verander...
Maar die kanse dat sommige van ons oortuig sal word raak al hoe skraler.As
jy ophou name en gesegdes aan andere (onverdiend en ongevraagd)toedien sal
dieselfde dalk met jou gebeur.Gewoonlik maai 'n mens presies dit wat hy
saai!

"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:bmbc0voemd3h3d9hcnetddbr5l9jrundof@4ax.com...
> On 22 Dec 2002 05:09:24 -0800, chrisjo...@yahoo.com
> (Chrisjolette) wrote:
>
> dat
>> hulle byna sonder uitsondering in staat is om hele lande te vernietig.
>
> Ek sou se die Nasionale Party het dit omtrent beter as enige ander
> party in Afrika bewys.
>
Re: Die ANC as anachronisme [boodskap #71040 is 'n antwoord op boodskap #71023] Vr, 27 Desember 2002 21:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 27 Dec 2002 09:50:59 +0200, "Paul Van Straaten"
wrote:

> Ferdi,
>
> Tree jy nou op in jou persoonlike hoedanigheid of het
> kortbroek iewers 'n pos vir jou?Dit is algemeen bekend
> dat joernaliste goed gevaar het onder die NP-vaandel.
> Maar ek weet nie of dit dieselfde gaan wees in die nuwe SA nie.Kyk hulle veg
> mos nie meer verkiesings amptelik nie.Hulle plaas nou onafhanklike kandidate
> wat uiters swak vaar in die verkiesings...veral op plaaslike vlak.
> Of het die NNP jou aangestel as hulle amptelike verteenwoordiger op die NG?
> Kyk alles wat ek plaas is basies(tong-in-die-kies)om mense se reaksies uit
> te lok en dan eers te debateer  daaroor.Maar lyk my jy beledig so ver jy kan
> en as jy
> aangevat word dan dreig jy met regsaksies?

Tong in die kies, he?

Jy dink dis tong in die kies om iemand valslik daarvan te beskuldig
dat hulle in die geheim vir die veiligheidspolisie werk (ou of nuwe
weergawe ) ?

En jy dui nie aan jy maak 'n grap nie?!

Kom ons vat jou bietjie terug in tyd. Oos-Rand in die jare 80 waar jy
(volgens jou eie vertelling 'n tyd gelede) 'n organiseerder in die
regse politiek was.

Stel jou voor iemand sê met dodelike erns (hulle het vergeet om te
sê hulle praat "tong in die kies") jy is 'n
veiligheidspolisie-informant.

Hmmm Paul?

Dink bietjie terug.

Dis wat jy nou gedoen het, jy het iemand met wie jy oor politiek
verskil in die openbaar valslik daarvan beskuldig..

> Jy weet...ek wil amper jammer voel vir jou.Ek voel dit is tyd dat jy of
> kritiek wat eintlik grappender-wys uitgedeel
> word aanvaar... en as jy dit nie wil aanvaar nie,gaan klim in die bed en
> slaap!

A! wat sien ons hier? 'n Ernstige poging van Paul om nou "daarop te
wys" dat hy "eintlik net 'n grappie gemaak het" ?

Wat was dit Paul?
Was dit 'n ernstige beskuldiging? In welke geval jy beter jou "bewyse"
moet begin regkry. En gaan spreek solank 'n prokureur. Laat weet
sommer dan wie dit is. E-pos my ook met 'n adres.

Of was dit 'n grappie, Paul?
Se dit dan duidelik.
Se^ iets soos "Ek is jammer dat ek nie duidelik aangedui het ek maak
'n grappie toe ek dit gese het nie."

Want, Paul, ek het nooit vir enige geheime mag gespioeneer of gewerk
in enige hoedanigheid nie en ek doen dit nie nou nie. En sal dit nie
in die toekoms doen nie.

Jy wat in regse politiek georganiseer het, behoort te weet wat so 'n
valse beskuldiging is. Regses moes gereeld daaronder deurloop, kan jy
onthou, Paul?

So se dit Paul, as dit 'n grap was.
Of se dat nie nie 'n grap was nie - as jy nie 'n grappie gemaak het
nie. Se dit, Paul. Dat ek kan weet.

> By the way:"Alle regses" drink nie net Klipdrift nie...
> en dan is daar diegene wat glad nie drink nie...dus hou nou maar op met jou
> vieslike beledigings.Dit is geensins die teken van goeie joernalistiek
> nie.As jy dan so 'n vreeslike goeie joernalis is,soos wat jy te kenne
> gee...dan stuur jy beslis die verkeerde seine uit!
> As jy dus kans sien om die regte seine uit te stuur kan ons
> ander dalk van opinie verander...
> Maar die kanse dat sommige van ons oortuig sal word raak al hoe skraler.As
> jy ophou name en gesegdes aan andere (onverdiend en ongevraagd)toedien sal
> dieselfde dalk met jou gebeur.Gewoonlik maai 'n mens presies dit wat hy
> saai!
> "Ferdi Greyling"  wrote in message
> news:bmbc0voemd3h3d9hcnetddbr5l9jrundof@4ax.com...
>>  On 22 Dec 2002 05:09:24 -0800, chrisjo...@yahoo.com
>>  (Chrisjolette) wrote:

>>  >  dat
>>> hulle byna sonder uitsondering in staat is om hele lande te vernietig.

>>  Ek sou se die Nasionale Party het dit omtrent beter as enige ander
>>  party in Afrika bewys.


>
Re: Die ANC as anachronisme [boodskap #71041 is 'n antwoord op boodskap #71011] Vr, 27 Desember 2002 21:14 Na vorige boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 26 Dec 2002 11:15:58 +0200, "Paul Van Straaten"
wrote:

> Waarvoor val jy vir Dan Roodt aan?Is dit omdat jy self
> leierloos is?Wat gaan aan met jou?
> Kan jy nie soos 'n volwassene probeer redeneer met ander volwassenes nie?

OK. Kom ons praat oor die "volwasse redenaar-"ding.
Het jy sy rubriek gelees?

> "Ferdi Greyling" wrote in message
> news:onbc0vo2pqc8q6fhub2bj2p4nccmr1i5bi@4ax.com...
>> On Sun, 22 Dec 2002 20:09:04 +0200, "Jonas"
>> wrote:

>> > herken
>>> wat ons sien en hoor nie.
>>> Twee dinge wat my bygebly het nadat ek die Mail & Guardian se dekking van
>>> die ANC Kongres gelees het is dit:
>>>
>>> Die geweldige gebrek aan leierskap van gehalte binne die ANC.

>> Jy meen Dan Roodt is 'n beter leier? He,he...
>> Het jy sy skreeusnaakse rubriek in julle publikasie gesien verlede
>> Sondag? Hy het dit natuurlik nie bedoel as snaaks nie!


>
Vorige onderwerp: Irak, oorlog en geld....
Volgende onderwerp: Ou "Jonas"...
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 15:46:46 MGT 2024