Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Gedig van verlange ontrek
Gedig van verlange ontrek [boodskap #7044] Ma, 19 Augustus 1996 00:00 na volgende boodskap
Castet  is tans af-lyn  Castet
Boodskappe: 10
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Junior Lid
Hierdie is definitief blykbaar nie n plek om goeie vriende te maak nie.
Gedagtis word verfoeilik uitgewis en deurtrek met belediging. Wat het van
ons geword dat al wat van ons oorbly is beledigings? Is dit werklik waarom
mense vingers gekry het om te tik, oordeel te vel? Ek ontrek myself uit n
groep wat hulleself as elite beskou en dink dat George Orwell reg was "All
animals are equal, but some animals are more equal than others." Nouja ek
wil eers die bitter nasmaak gaan uitwis en hoop dat julle n bietjie meer
oordentlikheid aan die dag kan le. Ek stel nie belang om in n geneswembad
te swem deurtrek van pessimisme nie.
Die mag en medium van die rekenaar het net n vullisblik vir emosies
geword.
Ek groet dus en stuur groete aan die een wat my afmaak as n vulgere
skisofreen.
Jy weet nie wat jy se nie, dis onnosel, ek hoop jy sal eendag die
nutteloosheid van die memoriseer van sulke woorde jou niks in die sak
bring nie. Gaan rus maar met die wete dat ons almal maar ons probleme het,
en ek wens ek kon weet hoe iemand soos jy die woord kultuur verstaan.
Noem my wat jy wil, ek is n prototype en nie n stereotype nie. Dit kan ek
jou virseker ou boet of ou sus. Gebruik dan jou taal as dit al is wat jou
gelukkig maak, moet my net nie daar insleep nie jou koei!
Ek kan jou virseker die wereld is nie so groot nie, dit is net n padkaart
opgevou in die laai van jou kas.
Totsiens.
Re: Gedig van verlange [boodskap #7058 is 'n antwoord op boodskap #7044] Ma, 19 Augustus 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
cas...@aol.com (Castet) wrote:
<<>Ek is dalk net nog n korrel in ....>>>

Dit was nice.
Dankie.

Dit word lente in Johannesburg. Die bome begin sagte groen blaartjies
kry en die lentebloeisels kom uit.
Gisteraand was daar donderweer in die verte en 'n ligte buie reen het
oor die dak gesleep.
Die skyline van Hillbrow staan elke aand later oop en helder teen die
wit lug.
Re: Gedig van verlange [boodskap #7059 is 'n antwoord op boodskap #7044] Ma, 19 Augustus 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
cas...@aol.com (Castet) wrote:
<<ek is net nog 'n korrel in die sand
van menigte strande bondbesaai.

ek is wat hulle noem een van die gelukkiges.

maar ek wonder of ek ooit:
die biltong tussen my tande uit gaan haal.
weer die beeste in die kraal saam met oupa gaan haal.

ek bere my herinneringe in die laaie van my hart.
ek emmigreer en immigreer.
ek is nou geintergreer.

maar soos 'n fyn

biesiemandtjie is my liefde vir my land
ingeweef
en nie sommer iets wat ek uit kan rafel nie.>>


Vergewe my. Asseblief. Ek kon my hande nie hier van af hou nie.
Ek moes dit eenvoudig effens draai om die volle kleure van die gedig
te sien flits.
Dit was lekker. Baie Dankie.
Re: Gedig van verlange [boodskap #7060 is 'n antwoord op boodskap #7044] Ma, 19 Augustus 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
fe...@is.co.za (Koos) wrote:
<<<>cas...@aol.com (Castet) wrote:

><<ek is net nog 'n korrel in die sand
> van menigte strande bondbesaai....>>>>

Ek het ge"tamper" met die gedig omdat ek daarmee wou speel. Toe het ek
dit as e-mail na die skryfster gestuur, maar per ongeluk ook 'n
weergawe op die nuusgroep geplaas.
Dit moes nie gebeur het nie. Die veranderings wat ek gaan staan en
aanbring het, was nie vir openbaar nie en moes nooit in die nuusgroep
beland het nie. Dit is baie arrogant om andere se beter geskrewe goed
te verander as jy daarmee speel en dit dan sonder toestemming openbaar
te maak. Dit was NIE die bedoeling nie.
Ek is vra nedering om verskoning.
Jammer.
ferdi
Re: Gedig van verlange ontrek [boodskap #7076 is 'n antwoord op boodskap #7044] Wo, 21 Augustus 1996 00:00 Na vorige boodskap
Louis  is tans af-lyn  Louis
Boodskappe: 32
Geregistreer: Junie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Agge-nee man, moet jou nie laat afsit deur die I-Net gebruikers nie !
Sekere mense het wel waardering vir opgevoede menings en opinies. As jy
weet waarvan jy praat, moenie moedeloos word nie.

Sterkte
Vorige onderwerp: GEDIG: oor daai brommer !
Volgende onderwerp: Gedig van verlange
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 10 05:17:58 MGT 2024