Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » SA se beeld
SA se beeld [boodskap #7014] Vr, 16 Augustus 1996 00:00 na volgende boodskap
ena vanzyl  is tans af-lyn  ena vanzyl
Boodskappe: 4
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Junior Lid
Dit is kommerwekkend om waar te neem dat sommige "Suid-Afrikaners" ??,
hulle ten gunste van vigilante groepe uitspreek. Nie alleen het
hierdie groepe besluit hulle het die reg om gereg in eie hande te neem
nie, maar het oenskynlik besluit dat hulle die reg het om 'n ander
persoon se lewe te neem. Deur haat met haat te vergeld word slegs 'n
groter haat gekweek.

SA gaan gebuk onder 'n skeptiese wereldmark wat versigtig is om te
bele in 'n land met ongunstige stabiliteit, soos wat o.a. weerspiel
word in die swak rand. Die aksie van PAGAD het
nuus gemaak in buitelandse koerante soos die "USA Today" en is met skok
deur die publiek in die VSA ontvang.

Dit mag dalk kortstondige bevrediging aan hierdie groepe verleen
wanneer hulle ander vergeld, maar die langtermyn negatiewe invloed van
sodanige aksies raak elke Suid-Afrikaner.

Groetnis uit Nebraska

Ena van Zyl
Re: SA se beeld [boodskap #7053 is 'n antwoord op boodskap #7014] Ma, 19 Augustus 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan van Vollenhoven  is tans af-lyn  Johan van Vollenhoven
Boodskappe: 28
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Junior Lid
ena vanzyl wrote:
>
> Dit is kommerwekkend om waar te neem dat sommige "Suid-Afrikaners" ??,
> hulle ten gunste van vigilante groepe uitspreek. Nie alleen het
> hierdie groepe besluit hulle het die reg om gereg in eie hande te neem
> nie, maar het oenskynlik besluit dat hulle die reg het om 'n ander
> persoon se lewe te neem. Deur haat met haat te vergeld word slegs 'n
> groter haat gekweek.
>
> SA gaan gebuk onder 'n skeptiese wereldmark wat versigtig is om te
> bele in 'n land met ongunstige stabiliteit, soos wat o.a. weerspiel
> word in die swak rand. Die aksie van PAGAD het
> nuus gemaak in buitelandse koerante soos die "USA Today" en is met skok
> deur die publiek in die VSA ontvang.
>
> Dit mag dalk kortstondige bevrediging aan hierdie groepe verleen
> wanneer hulle ander vergeld, maar die langtermyn negatiewe invloed van
> sodanige aksies raak elke Suid-Afrikaner.
>
> Groetnis uit Nebraska
>
> Ena van Zyl

Ena,

Ek kan nie anders as om saam met jou te stem nie.

Ek hoor vandag 'n paar mense gesels, waarvan die een skynbaar hogere
koppe by Nedbank/Nedcor ken, en self nie onkundig oor geldsake is nie.
Volgens hulle, verwag hulle dat die Rand voor die einde van die jaar sal
verswak tot ongeveer R10.00 vir elke Amerikaanse Dollar... Stof tot
nadenke, sou ek reken, vir die mense wat glo dis goed en reg om wet en
orde in eie hande te neem. Wat hulle nie besef nie, is dat die hele land
se ekonomie, insluitend die van elke Jan Rap en sy maat, saam met sy
naaste bure, se eie begrotingkie vir sy maandelikse uitgawes, ook
daaronder gaan ly...!!!

Stop die misdaad, stop die wet & orde in eie hande neem!! Vat eerder
hande mense, sodat ons saam die land kan heropbou. Aan die regering - vir
meer as twee jaar word daar juis oor heropbou gepraat - staak die praat
en doen iets kostruktiefs...!!!

Groetnis en sterkte aan julle in die vreemde...

Johan
Re: SA se beeld [boodskap #7072 is 'n antwoord op boodskap #7014] Di, 20 Augustus 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lour...  is tans af-lyn  lour...
Boodskappe: 45
Geregistreer: Julie 1996
Karma: 0
Volle Lid
In Article, writes:
> Path: hermes.is.co.za!news
> From: Johan van Vollenhoven

> ena vanzyl wrote:
>>
>> Dit is kommerwekkend om waar te neem dat sommige "Suid-Afrikaners" ??,
>> hulle ten gunste van vigilante groepe uitspreek. Nie alleen het
>> hierdie groepe besluit hulle het die reg om gereg in eie hande te neem
>> nie, maar het oenskynlik besluit dat hulle die reg het om 'n ander
>> persoon se lewe te neem. Deur haat met haat te vergeld word slegs 'n
>> groter haat gekweek.
>>
>> SA gaan gebuk onder 'n skeptiese wereldmark wat versigtig is om te
>> bele in 'n land met ongunstige stabiliteit, soos wat o.a. weerspiel
>> word in die swak rand. Die aksie van PAGAD het
>> nuus gemaak in buitelandse koerante soos die "USA Today" en is met skok
>> deur die publiek in die VSA ontvang.
>>
>> Dit mag dalk kortstondige bevrediging aan hierdie groepe verleen
>> wanneer hulle ander vergeld, maar die langtermyn negatiewe invloed van
>> sodanige aksies raak elke Suid-Afrikaner.
>>
>> Groetnis uit Nebraska
>>
>> Ena van Zyl
>
> Ena,
>
> Ek kan nie anders as om saam met jou te stem nie.
>
> Ek hoor vandag 'n paar mense gesels, waarvan die een skynbaar hogere
> koppe by Nedbank/Nedcor ken, en self nie onkundig oor geldsake is nie.
> Volgens hulle, verwag hulle dat die Rand voor die einde van die jaar sal
> verswak tot ongeveer R10.00 vir elke Amerikaanse Dollar... Stof tot
> nadenke, sou ek reken, vir die mense wat glo dis goed en reg om wet en
> orde in eie hande te neem. Wat hulle nie besef nie, is dat die hele land
> se ekonomie, insluitend die van elke Jan Rap en sy maat, saam met sy
> naaste bure, se eie begrotingkie vir sy maandelikse uitgawes, ook
> daaronder gaan ly...!!!
>
> Stop die misdaad, stop die wet & orde in eie hande neem!! Vat eerder
> hande mense, sodat ons saam die land kan heropbou. Aan die regering - vir
> meer as twee jaar word daar juis oor heropbou gepraat - staak die praat
> en doen iets kostruktiefs...!!!
>
> Groetnis en sterkte aan julle in die vreemde...
>
> Johan

Ena & Johan

Ek stem saam oor die vigilante groepe - met die gewone massa histerie wat
saamgaan met die tipe ding sal onskuldige mense gewoonlik seerkry. Die
probleem moet egter aan gespreek word - misdaad neem sulke afmetings aan dat
dit ongelooflik is dat mense dit nog kan uitstaan. Onlangs was statistieke in
die koerante oor misdaad en as mens in ag neem dat Voertuig Kapings 'n
terugvind of inhegtenisneming persentasie van kleiner as 20% het, moord en
verkragtings nog laer, roof iets soos 15% laat dit jou wonder waarom het die
kwessie nou eers ontplof. Ek praat nie eers oor die bende bedrywighede wat in
die ou 'Gekleurde' woonbuurte waar mense daagliks met baie erger misdadigheid
as in die sogenaamde 'Wit' woonbuurte te doen het nie.

Vir die ou wat sy geld aan die einde van die week op die stasie gesteel word,
die een wat sy kind aan dwelms veslaaf sien, te bang om sy kinders buite te
laat speel, nie met sy kar by 'n robot wil stop nie - vir hom maak die
Rand/Dollar wisselkoers bokkerol saak. So what as die rand val, sy probleme is
hier en nou, nie volgende week of volgende maand in die Effekte beurs se
groei, of die beleggins wat nou weer ontrek word nie. Sy mikro probleme is
iets waarmee hy elke dag moet saamleef, so die makro van wereld ekonomiee tel
nou nie juis punte in sy boek nie.

'n Vriend is onlangs in sy bakkie gekaap in sy inrit, en iewers in Soweto uit
sy bakkie gestamp - Na my eerste gedagte van dat hy gelukkig is om met sy lewe
daaruit te kom het ek tot die besef gekom dat ons motor kapings nou maar
sommer so aanvaar, en eerder bekommerd is oor ons lewens. Ek dink dit wys uit
hoe erg die misdaad in die land nou is.

Die land opbou - nie maklik as die misdaad vinniger as die ekonomie groei nie.

Cheers
Lou
Re: SA se beeld [boodskap #7100 is 'n antwoord op boodskap #7014] Vr, 23 Augustus 1996 00:00 Na vorige boodskap
koll  is tans af-lyn  koll
Boodskappe: 3
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Junior Lid
lour...@hipsys.co.za wrote:
>
> In Article, writes:
>> Path: hermes.is.co.za!news
>> From: Johan van Vollenhoven
>
>> ena vanzyl wrote:
>>>
>>> Dit is kommerwekkend om waar te neem dat sommige "Suid-Afrikaners" ??,
>>> hulle ten gunste van vigilante groepe uitspreek. Nie alleen het
>>> hierdie groepe besluit hulle het die reg om gereg in eie hande te neem
>>> nie, maar het oenskynlik besluit dat hulle die reg het om 'n ander
>>> persoon se lewe te neem. Deur haat met haat te vergeld word slegs 'n
>>> groter haat gekweek.
>>>
>>> SA gaan gebuk onder 'n skeptiese wereldmark wat versigtig is om te
>>> bele in 'n land met ongunstige stabiliteit, soos wat o.a. weerspiel
>>> word in die swak rand. Die aksie van PAGAD het
>>> nuus gemaak in buitelandse koerante soos die "USA Today" en is met skok
>>> deur die publiek in die VSA ontvang.
>>>
>>> Dit mag dalk kortstondige bevrediging aan hierdie groepe verleen
>>> wanneer hulle ander vergeld, maar die langtermyn negatiewe invloed van
>>> sodanige aksies raak elke Suid-Afrikaner.
>>>
>>> Groetnis uit Nebraska
>>>
>>> Ena van Zyl
>>
>> Ena,
>>
>> Ek kan nie anders as om saam met jou te stem nie.
>>
>> Ek hoor vandag 'n paar mense gesels, waarvan die een skynbaar hogere
>> koppe by Nedbank/Nedcor ken, en self nie onkundig oor geldsake is nie.
>> Volgens hulle, verwag hulle dat die Rand voor die einde van die jaar sal
>> verswak tot ongeveer R10.00 vir elke Amerikaanse Dollar... Stof tot
>> nadenke, sou ek reken, vir die mense wat glo dis goed en reg om wet en
>> orde in eie hande te neem. Wat hulle nie besef nie, is dat die hele land
>> se ekonomie, insluitend die van elke Jan Rap en sy maat, saam met sy
>> naaste bure, se eie begrotingkie vir sy maandelikse uitgawes, ook
>> daaronder gaan ly...!!!
>>
>> Stop die misdaad, stop die wet & orde in eie hande neem!! Vat eerder
>> hande mense, sodat ons saam die land kan heropbou. Aan die regering - vir
>> meer as twee jaar word daar juis oor heropbou gepraat - staak die praat
>> en doen iets kostruktiefs...!!!
>>
>> Groetnis en sterkte aan julle in die vreemde...
>>
>> Johan
>
> Ena & Johan
>
> Ek stem saam oor die vigilante groepe - met die gewone massa histerie wat
> saamgaan met die tipe ding sal onskuldige mense gewoonlik seerkry. Die
> probleem moet egter aan gespreek word - misdaad neem sulke afmetings aan dat
> dit ongelooflik is dat mense dit nog kan uitstaan. Onlangs was statistieke in
> die koerante oor misdaad en as mens in ag neem dat Voertuig Kapings 'n
> terugvind of inhegtenisneming persentasie van kleiner as 20% het, moord en
> verkragtings nog laer, roof iets soos 15% laat dit jou wonder waarom het die
> kwessie nou eers ontplof. Ek praat nie eers oor die bende bedrywighede wat in
> die ou 'Gekleurde' woonbuurte waar mense daagliks met baie erger misdadigheid
> as in die sogenaamde 'Wit' woonbuurte te doen het nie.
>
> Vir die ou wat sy geld aan die einde van die week op die stasie gesteel word,
> die een wat sy kind aan dwelms veslaaf sien, te bang om sy kinders buite te
> laat speel, nie met sy kar by 'n robot wil stop nie - vir hom maak die
> Rand/Dollar wisselkoers bokkerol saak. So what as die rand val, sy probleme is
> hier en nou, nie volgende week of volgende maand in die Effekte beurs se
> groei, of die beleggins wat nou weer ontrek word nie. Sy mikro probleme is
> iets waarmee hy elke dag moet saamleef, so die makro van wereld ekonomiee tel
> nou nie juis punte in sy boek nie.
>
> 'n Vriend is onlangs in sy bakkie gekaap in sy inrit, en iewers in Soweto uit
> sy bakkie gestamp - Na my eerste gedagte van dat hy gelukkig is om met sy lewe
> daaruit te kom het ek tot die besef gekom dat ons motor kapings nou maar
> sommer so aanvaar, en eerder bekommerd is oor ons lewens. Ek dink dit wys uit
> hoe erg die misdaad in die land nou is.
>
> Die land opbou - nie maklik as die misdaad vinniger as die ekonomie groei nie.
>
> Cheers
> Lou
Ek stem saam met jou Lou.
R.Koll, USA
Vorige onderwerp: Regte Afrikaners
Volgende onderwerp: TAAL + KERK: nog steeds apartheid ?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 10 19:26:09 MGT 2024