Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ferdi-o-Ferdi...waar is jy?
Ferdi-o-Ferdi...waar is jy? [boodskap #70165] Vr, 06 Desember 2002 07:45 na volgende boodskap
Paul Van Straaten  is tans af-lyn  Paul Van Straaten
Boodskappe: 171
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
Waar kruip jy weg?Of het jy bang geword weens die
ontmaskering as 'n NI-Agent?
'n Mens mis jou liberale-treurmare.Het Beeld se sirkulasie syfer dalk iets
daarmee te doen?
Lyk my jy het regtig misgetas toe jy jou lakeie oorreed het
om so snaaks op te tree!
Re: Ferdi-o-Ferdi...waar is jy? [boodskap #70174 is 'n antwoord op boodskap #70165] Vr, 06 Desember 2002 12:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ontspan Paul - dis in Ferdi se geaardheid om so nou en dan die disappering
triek te doen.
Maar, soos die kat, kom hy altyd terug.
Annette

lantic.net> skryf in boodskap news:asq433$j20$2@ctb-nnrp2.saix.net...
> Waar kruip jy weg?Of het jy bang geword weens die
> ontmaskering as 'n NI-Agent?
> 'n Mens mis jou liberale-treurmare.Het Beeld se sirkulasie syfer dalk iets
> daarmee te doen?
> Lyk my jy het regtig misgetas toe jy jou lakeie oorreed het
> om so snaaks op te tree!
>
Re: Ferdi-o-Ferdi...waar is jy? [boodskap #70176 is 'n antwoord op boodskap #70165] Vr, 06 Desember 2002 13:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Paul Van Straaten wrote:

> Waar kruip jy weg?

> 'n Mens mis jou

Siestog, du Plessis, moenie jou hart
so op jou mou dra nie.

Tant Hessie van Waterval Onderstebo.
Re: Ferdi-o-Ferdi...waar is jy? [boodskap #70181 is 'n antwoord op boodskap #70176] Vr, 06 Desember 2002 18:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 06 Dec 2002 13:17:49 GMT, "@rogers.com" wrote:

>
> Paul Van Straaten wrote:
>
>> Waar kruip jy weg?
>
>
>> 'n Mens mis jou
>
>
> Siestog, du Plessis, moenie jou hart
> so op jou mou dra nie.
>
> Tant Hessie van Waterval Onderstebo.

Tant Hester, vergewe my asseblief as ek nie (nou?) hierop antwoord
nie:-) My vrou en ek het sowat drie ure gelede hier by die huis
aangeland na 'n baie lelike motorongeluk op die N3 gisteraand.
Miskien 'n uur en 'n half gewag eer 'n ambulans ons by 'n hospitaal
besorg het.
Gisteraand het ons in 'n hospitaal deurgebring honderde kilos
hiervandaan en vandag was daar nie 'n manier om ons langer
daar te hou nie. Het ons bagasie uit die wrak (wat eens my motor was)
gaan haal en huistoe gekom. Ons is seer en moeg, in nood vir 'n warm
bad en 'n eie bed:-)

Tot later

DD
Re: Ferdi-o-Ferdi...waar is jy? [boodskap #70182 is 'n antwoord op boodskap #70181] Vr, 06 Desember 2002 18:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Davie Davis wrote:

> Gisteraand het ons in 'n hospitaal deurgebring honderde kilos
> hiervandaan en vandag was daar nie 'n manier om ons langer
> daar te hou nie. Het ons bagasie uit die wrak (wat eens my motor was)
> gaan haal en huistoe gekom. Ons is seer en moeg, in nood vir 'n warm
> bad en 'n eie bed:-)

Agge NEE! :-( Dankie tog julle is veilig.
Sterkte DD.
Dit is goed om darem nogsteeds 'n smiley te sien van jou af, al is ek
seker dis nie hoe jy VOEL nie. :-)
Re: Ferdi-o-Ferdi...waar is jy? [boodskap #70187 is 'n antwoord op boodskap #70182] Vr, 06 Desember 2002 19:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 06 Dec 2002 13:47:23 -0500, Katryn wrote:

>
> Agge NEE! :-( Dankie tog julle is veilig.
> Sterkte DD.
> Dit is goed om darem nogsteeds 'n smiley te sien van jou af, al is ek
> seker dis nie hoe jy VOEL nie. :-)
>

Entlik Katryn, weet jy dat jy spesiaal is; jy moet dit weet want jy's
jy:-) So moet nie meer wonder waarom jy so diep hoek (lw, ek sê nie
'hoekie' nie:-) in my hart ingeneem het.
Miskien gaan julle nou ietwat langer vanaand met my opgeskeep sit
want my meisie het aan die slaap geraak en daar's nie 'n kans dat ek
nou in die bed gaan klim en haar wakker maak nie:-) Sy moet deurslaap
tot môreoggend. Dit moet vir julle snaaks klink wanneer ons in SA van
aandure praat en julle kyk by die venster uit na hoe hoog die son nog
sit.

Kom ek vertel julle wat het gebeur. Ons het (byna) landswye reën en
gistermiddag laat het ek hier weggery met die bedoeling om oor 'n
maand terug te keer. Net anderkant Warden was ons in vinnig vloeinde
verkeer op die N3 en sterk reên. Met voertuie wat onophoudelik van
voor aankom terwyl reën op die windskerms neerstort is die sig swak
veral in ag genome dat almal met gedompte hoofligte bestuur.

Dit moes ongeveer nege uur gisteraand gewees het wat ek
'n hoogte oorgesteek het en skielik was 'n wit rook wolk voor my.
Dit kon ook stoom gewees het maar ek wil dit terugroep as rook.
Toe ek remtrap jaag ek die rookwolk in en daar staan 'n Mazda 323
meters voor my in die ryvlak. Seker het sy enjin die gees gegee. Geen
ligte aan nie.

Daar was nie keer nie. 120 kmu per uur en die motor meters voor my
in die linkerbaan waar ek ook was, met verkeer in die regterbaan wat
beteken dat ek nie regs kon swaai nie.

Ek onthou alles in absolute detail. Die vreeslike slag toe ons die
Mazda tref. Die Mazda wat links voor ons uitswaai en my motor wat ook
links swaai met die neus opwaarts asof ons wil take-off. Die motor se
neus sak en ek stop met die voorwiele in 'n sloot.

My vou was slegs vir enkele sekondes histeries. Ek kalmeer haar, stel
vas dat sy orraait is en stamp my deur oop. Daardie oomblik is heelwat
mense om ons. 'n Jong Indiër wat nie genoeg kan doen om ons te help
nie. My vrou wat vir my skree dat die Indiër agter in die kar geklim
het. Intussen het ek 'n kollig wat by de siggaretaansteker inprop
gebruik om aankomende verkeer te waarsku wat my kar se agterwiele
staan steeds op die ryvlak. Die Indiër wat die kollig uit my hande
neem van waar hy sit agter en oor die leuning vir my vrou lig waar sy
met haar selfoon besig is. Ek stel haar tevrede dat hy vir haar lig op
haar selfoon (wat buitendien 'n model met ligte soos 'n kermisboom
is). Sy skree vir hom dat hy die lekkergoed moet uitlos. Die Indiër
wat my vertel dat hy net wil help. My Richard Sheffield vulpen by my
leen om die ander voertuig se besonderhede te kry. Die aasvoël van die
pad wat daar is om in te sleep. Die ander voertuie wat stilhou en
nader hardloop, my kniegspiere wat onophoedelik spring, ek wat aan
myself ergelik sê dat daar nie tyd is om skok op te doen nie, die
kollig wat skielik weg is, soos my pen wat weg is, soos die pak sagte
Mint lekkergoed wat weg is, soos die Indiër wat skielik weggeraak het
net na my vrou haar handsak op diie voorsitplek weggegryp het net na
hy weer voor ingeklim het terwyl ek besig is om met een van die
omstanders te praat. 'n Jong vrou wat sê dat iemand iets oor my
skouers moet sit want ek het 'n kortmou hemp aan en is deurweek,
ek wat wonder hoe ons op 'n tydstip soos die oor 'n nat lyf kan
bekoomer, die jong Lourika wat my vrou en my na die ambulans lei
en ondersoek... en 'n stamperige rit na die hospitaal. Nie 'n manier
waarop ek kon lê sonder om pyn te hê nie. As ek omdraai om daardie pyn
te verlig is daar 'n ander pyn. My vrou wat met 'n glimlag soos sò
dikwels sê, dis maklik, maak net jou oë toe en slaap... kom ek wys jou
hoe dit gedoen word...
Re: Ferdi-o-Ferdi...waar is jy? [boodskap #70189 is 'n antwoord op boodskap #70187] Sa, 07 Desember 2002 02:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Davie Davis wrote:

en 'n stamperige rit na die hospitaal. Nie 'n manier
> waarop ek kon lê sonder om pyn te hê nie. As ek omdraai om daardie pyn
> te verlig is daar 'n ander pyn. My vrou wat met 'n glimlag soos sò
> dikwels sê, dis maklik, maak net jou oë toe en slaap... kom ek wys jou
> hoe dit gedoen word...

Ai, du Plessis, wat kan mens ook nou
sê. Miskien net dankiesê dat julle albei
gespaar is. Vertel ons tog maar gereeld
hoe dit gaan.
My geografie is bietjie vaag. Waarheen
was julle op pad. Natal toe?

Gloudina
Re: Ferdi-o-Ferdi...waar is jy? [boodskap #70191 is 'n antwoord op boodskap #70181] Sa, 07 Desember 2002 04:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Haai Davie, baie jammer om dit te hoor.
Wat het presies gebeur wat die ongeluk veroorsaak het?
(((((((((((((((( Davie en Vroulief))))))))))))))))))))
Annette

"Davie Davis" skryf in boodskap news:pbq1vu476dnhu2rqmfj932rg27jb9dj9vn@4ax.com...
> On Fri, 06 Dec 2002 13:17:49 GMT, "@rogers.com" wrote:
>
>>
>> Paul Van Straaten wrote:
>>
>>> Waar kruip jy weg?
>>
>>
>>> 'n Mens mis jou
>>
>>
>> Siestog, du Plessis, moenie jou hart
>> so op jou mou dra nie.
>>
>> Tant Hessie van Waterval Onderstebo.
>
>
> Tant Hester, vergewe my asseblief as ek nie (nou?) hierop antwoord
> nie:-) My vrou en ek het sowat drie ure gelede hier by die huis
> aangeland na 'n baie lelike motorongeluk op die N3 gisteraand.
> Miskien 'n uur en 'n half gewag eer 'n ambulans ons by 'n hospitaal
> besorg het.
> Gisteraand het ons in 'n hospitaal deurgebring honderde kilos
> hiervandaan en vandag was daar nie 'n manier om ons langer
> daar te hou nie. Het ons bagasie uit die wrak (wat eens my motor was)
> gaan haal en huistoe gekom. Ons is seer en moeg, in nood vir 'n warm
> bad en 'n eie bed:-)
>
> Tot later
>
> DD
>
Re: Ferdi-o-Ferdi...waar is jy? [boodskap #70203 is 'n antwoord op boodskap #70189] Sa, 07 Desember 2002 18:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 07 Dec 2002 02:44:15 GMT, "@rogers.com" wrote:

> Ai, du Plessis, wat kan mens ook nou
> sê. Miskien net dankiesê dat julle albei
> gespaar is. Vertel ons tog maar gereeld
> hoe dit gaan.
> My geografie is bietjie vaag. Waarheen
> was julle op pad. Natal toe?
>
> Gloudina

Dankie dat jy bly is ek bly hier om jou te bly verpes (amper sê ek te
bly verbly:-)))
Jou geografie is steeds helder, Bouwer; want jy's reg. Op pad na
Durban waar ek 'n sakeafspraak gehad het en ek in 'n onprofessioneel
genoeg bui is om hulle nou nog nie te laat weet het waarom ek nie
opgedaag het nie.

Du Plessis
Re: Ferdi-o-Ferdi...waar is jy? [boodskap #70204 is 'n antwoord op boodskap #70191] Sa, 07 Desember 2002 18:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 7 Dec 2002 06:04:08 +0200, "Annette" wrote:

> Haai Davie, baie jammer om dit te hoor.
> Wat het presies gebeur wat die ongeluk veroorsaak het?
> (((((((((((((((( Davie en Vroulief))))))))))))))))))))
> Annette
>
>

Ten minste een persoon wat feite lees, want jy ken vroumense né,
Annette. Ek het vir haar gesê dat sy tot in Durbs kan wag eer sy
dankie sê vir 'n maand vakansie.

Davie
Re: Ferdi-o-Ferdi...waar is jy? [boodskap #70206 is 'n antwoord op boodskap #70187] Sa, 07 Desember 2002 19:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 06 Dec 2002 21:58:03 +0200, Davie Davis wrote:
> 'n Jong Indiër wat nie genoeg kan doen om ons te help
> nie. My vrou wat vir my skree dat die Indiër agter in die kar geklim
> het. Intussen het ek 'n kollig wat by de siggaretaansteker inprop
> gebruik om aankomende verkeer te waarsku wat my kar se agterwiele
> staan steeds op die ryvlak. Die Indiër wat die kollig uit my hande
> neem van waar hy sit agter en oor die leuning vir my vrou lig waar sy
> met haar selfoon besig is. Ek stel haar tevrede dat hy vir haar lig op
> haar selfoon (wat buitendien 'n model met ligte soos 'n kermisboom
> is). Sy skree vir hom dat hy die lekkergoed moet uitlos. Die Indiër
> wat my vertel dat hy net wil help. My Richard Sheffield vulpen by my
> leen om die ander voertuig se besonderhede te kry. Die aasvoël van die
> pad wat daar is om in te sleep. Die ander voertuie wat stilhou en
> nader hardloop, my kniegspiere wat onophoedelik spring, ek wat aan
> myself ergelik sê dat daar nie tyd is om skok op te doen nie, die
> kollig wat skielik weg is, soos my pen wat weg is, soos die pak sagte
> Mint lekkergoed wat weg is, soos die Indiër wat skielik weggeraak het
> net na my vrou haar handsak op diie voorsitplek weggegryp het net na
> hy weer voor ingeklim het terwyl ek besig is om met een van die
> omstanders te praat.

Ek wonder of enig iemand opgemerk het wat ek julle (in my
onsamehangende vertelling:-) van die eerste mens vertel het wat
by ons motor was en gemaak het of hy wil help.
Dat hy oombliklik na die ongeluk stil gehou het en begin steel het uit
ons motor. Selfs die duur kollig wat ek gebruik het om ander voertuie
te waarsku om versigtig te wees, gesteel het.

DD
Re: Ferdi-o-Ferdi...waar is jy? [boodskap #70210 is 'n antwoord op boodskap #70206] Sa, 07 Desember 2002 21:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Davie Davis wrote:

> Ek wonder of enig iemand opgemerk het wat ek julle (in my
> onsamehangende vertelling:-) van die eerste mens vertel het wat
> by ons motor was en gemaak het of hy wil help.
> Dat hy oombliklik na die ongeluk stil gehou het en begin steel het uit
> ons motor. Selfs die duur kollig wat ek gebruik het om ander voertuie
> te waarsku om versigtig te wees, gesteel het.

Wel, du Plessis, ek moet bieg dat ek sterk
lus gewees het om nie vir jou te glo oor die
hele "ongeluk" nie. Veral die mooi afgeronde
gepraat oor "die Indiër". Dit sou tipies van
jou forensiese spoor gewees het om allerhande
stories saam te flans, veral met 'n rassistiese
angle. As die storie egter waar is, is jy darem
nie teveel kwyt nie.
Anders as ek. Verlede week het iemand 'n hele
masjien vol wasgoed van ons uit 'n droër onder in
die laundromat-area van ons gebou gesteel. Mens
moet nogal met 'n elektroniese "swiper" in die plek
inkom, dus kan dit net mense in die condominium wees,
tensy dit mense is wat van buite ingekom het. En dis
nie per abuis gedoen nie. Die persoon het die goed
verwyder, en die deur toe weer toegemaak en die masjien
aangesit, waar ek was voor die tydperk verstryk het.

Gloudina
Re: Ferdi-o-Ferdi...waar is jy? [boodskap #70211 is 'n antwoord op boodskap #70206] So, 08 Desember 2002 03:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
O ja Davie - ek het dit verseker opgelet - maar omdat jy nie van die bleddie
koelie gepraat het nie, het ek aangeneem dat jy nie vreeslik ontsteld was
nie:)))
Hier in die Kaap juis 'n saak aan van 'n jongman wat verongeluk het en sy
selfoon wat van sy lyk gesteel is - deur 'n polisieman.
Ek was bly dat vroulief haar handsak betyds uit julle "helper" se gierige
kloue kon red.
Jammer om te hoor van jou pen, jou lig en die lekkers wat julle nie meer kan
geniet nie.
Sou sulke mense die paaie bewandel met die doel om mense in ongelukke te
besteel?

Annette
PS sterkte met die slaaplooshied - dit gaan ''n bietjie aanhou - maar ons
hier kan die punch vat:)))

"Davie Davis" skryf in boodskap news:99h4vu8j62ig1dpga1aimt93dgldrmdqar@4ax.com...
> On Fri, 06 Dec 2002 21:58:03 +0200, Davie Davis
> wrote:
>> 'n Jong Indiër wat nie genoeg kan doen om ons te help
>> nie. My vrou wat vir my skree dat die Indiër agter in die kar geklim
>> het. Intussen het ek 'n kollig wat by de siggaretaansteker inprop
>> gebruik om aankomende verkeer te waarsku wat my kar se agterwiele
>> staan steeds op die ryvlak. Die Indiër wat die kollig uit my hande
>> neem van waar hy sit agter en oor die leuning vir my vrou lig waar sy
>> met haar selfoon besig is. Ek stel haar tevrede dat hy vir haar lig op
>> haar selfoon (wat buitendien 'n model met ligte soos 'n kermisboom
>> is). Sy skree vir hom dat hy die lekkergoed moet uitlos. Die Indiër
>> wat my vertel dat hy net wil help. My Richard Sheffield vulpen by my
>> leen om die ander voertuig se besonderhede te kry. Die aasvoël van die
>> pad wat daar is om in te sleep. Die ander voertuie wat stilhou en
>> nader hardloop, my kniegspiere wat onophoedelik spring, ek wat aan
>> myself ergelik sê dat daar nie tyd is om skok op te doen nie, die
>> kollig wat skielik weg is, soos my pen wat weg is, soos die pak sagte
>> Mint lekkergoed wat weg is, soos die Indiër wat skielik weggeraak het
>> net na my vrou haar handsak op diie voorsitplek weggegryp het net na
>> hy weer voor ingeklim het terwyl ek besig is om met een van die
>> omstanders te praat.
>
> Ek wonder of enig iemand opgemerk het wat ek julle (in my
> onsamehangende vertelling:-) van die eerste mens vertel het wat
> by ons motor was en gemaak het of hy wil help.
> Dat hy oombliklik na die ongeluk stil gehou het en begin steel het uit
> ons motor. Selfs die duur kollig wat ek gebruik het om ander voertuie
> te waarsku om versigtig te wees, gesteel het.
>
> DD
>
Re: Ferdi-o-Ferdi...waar is jy? [boodskap #70214 is 'n antwoord op boodskap #70210] So, 08 Desember 2002 07:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 07 Dec 2002 21:42:19 GMT, "@rogers.com" wrote:

> Anders as ek. Verlede week het iemand 'n hele
> masjien vol wasgoed van ons uit 'n droër onder in
> die laundromat-area van ons gebou gesteel.

> Gloudina
>

Ek weet nie of ek die storie moet glo nie.
Miskien is jy net dik daarvoor om slegs
die Blankes in SA cheap te maak en
begin nou stories oor die Kanadese
ook versprei.

Blanke in SA
Re: Ferdi-o-Ferdi...waar is jy? [boodskap #70216 is 'n antwoord op boodskap #70211] So, 08 Desember 2002 07:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 8 Dec 2002 05:15:21 +0200, "Annette" wrote:

> O ja Davie - ek het dit verseker opgelet - maar omdat jy nie van die bleddie
> koelie gepraat het nie, het ek aangeneem dat jy nie vreeslik ontsteld was
> nie:)))
> Hier in die Kaap juis 'n saak aan van 'n jongman wat verongeluk het en sy
> selfoon wat van sy lyk gesteel is - deur 'n polisieman.
> Ek was bly dat vroulief haar handsak betyds uit julle "helper" se gierige
> kloue kon red.
> Jammer om te hoor van jou pen, jou lig en die lekkers wat julle nie meer kan
> geniet nie.
> Sou sulke mense die paaie bewandel met die doel om mense in ongelukke te
> besteel?
>
> Annette
> PS sterkte met die slaaplooshied - dit gaan ''n bietjie aanhou - maar ons
> hier kan die punch vat:)))
>

Die stoflike skade wat ek gely het is natuurlik minnimaal Annette,
vergeleke met die (verdere) skade in vertroue in my medemens.
Jy is heeltemal reg, dit lyk asof hulle so 'n gebeurtenis sien as
'n geleentheid om te oes.

Dit wat jy vertel van 'n selfoondiefstal herinner aan 'n geval in
die land (paar jaar gelede en ek kan nie onthou waar in die land
dit was nie) van 'n vrou wat haarself in haar motor vergas het.
'n Kaffer het haar lyk uit haar motor gehaal, daar op die grond
gelaat en haar motor gesteel.

Dankie dat julle die 'punch sal kan vat' Bouwer sukkel bietjie
daarmee:-)

DD
Re: Ferdi-o-Ferdi...waar is jy? [boodskap #70223 is 'n antwoord op boodskap #70216] So, 08 Desember 2002 14:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Davie Davis wrote:

> 'n Kaffer het haar lyk uit haar motor gehaal, daar op die grond
> gelaat en haar motor gesteel.
>
> Dankie dat julle die 'punch sal kan vat' Bouwer sukkel bietjie
> daarmee:-)

Nee, ek sukkel nie daarmee nie. Miskien
was dit nogal 'n praktiese oplossing.
Maar die storie klink tog vir my bietjie
apokrief, soos een van daardie urban legends
wat sommige Afrikaners opdink om tog iets
sleg te vind om oor "die Kaffers" te praat.
Ek kan egter vir jou 'n ware storie vertel
van twee kaffers. My een skoondogter se ma het
'n lelike ongeluk gehad op die hoofpad net buite
Durban. Haar kar is van die pad af geslinger en
sy het erg beenbeserings opgedoen. Die eerste mense
by haar was twee swart mans, wat op haar versoek
haar handsak in die kar gesoek het en haar selfoon
vir haar gegee het sodat sy self die ambulans kon
bel. Hulle het by haar gebly totdat die ambulans en
die polisie aangekom het, en toe het hulle weggehardloop
tussen die bosse. Sy is so vreeslik jammer dat sy nie
hulle name of ander inligting het nie, sodat sy hulle
kan bedank, want hulle het haar lewe gered. Die mense
van die pad af sou haar nie maklik kon sien nie, en sy
sou heelwaarskynlik doodgebloei het.

Gloudina
Re: Ferdi-o-Ferdi...waar is jy? [boodskap #70242 is 'n antwoord op boodskap #70181] So, 08 Desember 2002 22:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Shame Davie, hoop jy voel gou beter. Ek het self nou eers by die huis gekom
na 'n laaaaaaaangggggggg naweek. Anyway, hoop jy't versekering gehad en dat
jy gou weer op en aan die gang sal wees.

Elaine

"Davie Davis" wrote:
>
>
> Tant Hester, vergewe my asseblief as ek nie (nou?) hierop antwoord
> nie:-) My vrou en ek het sowat drie ure gelede hier by die huis
> aangeland na 'n baie lelike motorongeluk op die N3 gisteraand.
> Miskien 'n uur en 'n half gewag eer 'n ambulans ons by 'n hospitaal
> besorg het.
>
> DD
>
Re: Ferdi-o-Ferdi...waar is jy? [boodskap #70243 is 'n antwoord op boodskap #70242] So, 08 Desember 2002 23:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 9 Dec 2002 00:59:50 +0200, "Elaine" wrote:

> Shame Davie, hoop jy voel gou beter. Ek het self nou eers by die huis gekom
> na 'n laaaaaaaangggggggg naweek. Anyway, hoop jy't versekering gehad en dat
> jy gou weer op en aan die gang sal wees.
>
> Elaine
>

Dankie Elaine, ek voel reeds hope beter. Die enigste skade wat ons
werklik het is seer spiere en kneusings. Ons lag daaroor maar lag nie
hard nie want dit maak selfs seer om hard te lag:-) Interessant
genoeg, ek kan soveel smileys hier plaas as wat ek wil, en niks kraak
of is seer (soos met Bouwer saam:-) nie.

Ja, my versekering was op datum en behoort te wees, want ek doen my
eie versekering:-). Feit is egter dat jy in omstandighede soos dié
agterkom dat 'n stuk yster sentimentele gevoelens aanwakker. En
versekering kan ook nie finansieël vergoed vir wat my kar werklik werd
was nie. Daarmee saam het dit nou gebeur kort na ek weer eiendom in
Durban gekoop het.

Ek moet baie gou weer aan die gang wees, dit het gebeur enkele dae
na ek met verlof begin het. Én, ek wil een van die mooi dae durbs toe.

Raai waarmee is ek besig? Dit:
http://www.autotrader.co.za

Slaap lekker

Davie
Vir Davie [boodskap #70259 is 'n antwoord op boodskap #70187] Ma, 09 Desember 2002 06:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Davie Davis wrote:

> Entlik Katryn, weet jy dat jy spesiaal is; jy moet dit weet want jy's
> jy:-) So moet nie meer wonder waarom jy so diep hoek (lw, ek sê nie
> 'hoekie' nie:-) in my hart ingeneem het.

I bet you say that to all the girls!
:-))))
(Dankie DD)

> Miskien gaan julle nou ietwat langer vanaand met my opgeskeep sit
> want my meisie het aan die slaap geraak en daar's nie 'n kans dat ek
> nou in die bed gaan klim en haar wakker maak nie:-) Sy moet deurslaap
> tot môreoggend. Dit moet vir julle snaaks klink wanneer ons in SA van
> aandure praat en julle kyk by die venster uit na hoe hoog die son nog
> sit.

Ek sien volgens die boodskappe dat dit darem effens beter met julle
gaan. Skies dat ek so besig was die naweek, en nie kon saamgesels
nie. Dis nou alweer amper 2 uur in die oggend, en as ek nie nou 'n
plan maak om te gaan slaap nie, gaan dit nag more ...er...later
vandag, wees. :-)

Oor daardie Indiër - ai, sommige mense kan darem maar mislike
onmenslike goeters aanvang. :-(
Re: Vir Davie [boodskap #70370 is 'n antwoord op boodskap #70259] Di, 10 Desember 2002 19:17 Na vorige boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 09 Dec 2002 01:39:09 -0500, Katryn wrote:

> Davie Davis wrote:
>
>> Entlik Katryn, weet jy dat jy spesiaal is; jy moet dit weet want jy's
>> jy:-) So moet nie meer wonder waarom jy so diep hoek (lw, ek sê nie
>> 'hoekie' nie:-) in my hart ingeneem het.
>
> I bet you say that to all the girls!
> :-))))
> (Dankie DD)

Vergeet dit! Dit is woorde wat uniek net vir julle is.

DD
Vorige onderwerp: Hoe is dit dan ook moontlik?
Volgende onderwerp: Die Ausie Onnie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 05:18:43 MGT 2024