Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: DISKRIMINASIE IN DIE REENBOOGNASIE
Re: DISKRIMINASIE IN DIE REENBOOGNASIE [boodskap #70147] Do, 05 Desember 2002 18:54 na volgende boodskap
waar...  is tans af-lyn  waar...
Boodskappe: 1
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Junior Lid
In article ,
writes:
>
> VRIENDE - versprei hierdie epos so wyd as moontlik.
>
>
>
> Rasgebaseerde voorskrifte wat gaan geld wanneer lede van die publiek
> eersdaags Telkomaandele kan aankoop, is die huidige brandpunt. Hierdie
> reaksie volg op volblad advertensies in vandag se Sondagkoerante, asook
> 'n inligtingsbrosjure wat deur die regering en Telkom aan die publiek
> versprei is, waarin aangedui word dat swartmense minder as witmense sal
> betaal vir Telkomaandele.
>
> Die verskil in aandeelprys op grond van ras word deur die regering
> ingeklee as 'n poging om ongelykhede uit te wis. Indien ras - en nie
> mense se inkomstevlak nie - gebruik word as maatstaf om goedkoper
> aandele te verskaf, sal dit slegs die ryk swart elite bevoordeel en nie
> ongelykhede uitwis nie.
>
> Daar word 'n beroep op die publiek gedoen word om die regering se
> rasvoorskrifte te verontagsaam en dat selfs diegene wat nie swart is
> nie, vir die afslagaandele aansoek moet doen. Dit sal die regering met
> die onbegonne taak laat om te probeer bepaal wie swart is en wie nie,
> wat hopelik daartoe sal lei dat die regering sal afsien van hierdie
> blatante diskriminasie op grond van ras.
>
> Benewens die bostaande beroep op die publiek, het Solidariteit (128000
> lede) ook aangedui dat hy die rasvoorskrifte gaan teenstaan deur die
> vakbond se strukture in Telkom te gebruik om intern 'n dispuut hieroor
> te verklaar.
>
> Ongelykhede en armoede moet sekerlik uitgewis word. Die bepaling van die
> verkoopprys van aandele op grond van ras gaan egter volgens hom nie
> ongelykhede ophef nie, maar eerder nuwe ongelykhede tot gevolg hê.
> Volgens hierdie wyse van toekenning van aandele sal meebring dat 'n
> swart miljoenêr byvoorbeeld goedkoper aandele sal kan koop as 'n arm
> werklose witte, terwyl die meeste arm swartmense steeds nie geld het om
> aandele te koop nie. Die nuwe swart elite is dus die enigste wat sal
> baat by die rasvoorskrifte.
>
> Hoekom word die inkomstevlak as maatstaf, eerder as ras nie gebruik nie?
> Indien die afslagaandeelopsie aan almal aangebied word wat byvoorbeeld
> minder as R 5 000 per maand verdien, sal dit help om ongelykhede uit te
> wis. Arm mense van alle gemeenskappe sal baat en nie net die nuwe swart
> elite nie.
>
>
>
> Die uwe
>
> RAPPORTRYERBEWEGING
>
>
>
> ONGETEKEN AGV ELEKTRONIESE VERSENDING
>
> J.A. KLEINHANS
>
> WEBMEESTER
>
> +27 23 3422505 - T
>
> +27 23 3474528 - F
>
> RRB WEB
>
>
>
>
>
> ----- Posted via NewsOne.Net: Free (anonymous) Usenet News via the Web -----
> http://newsone.net/ -- Free reading and anonymous posting to 60,000+
groups
> NewsOne.Net prohibits users from posting spam. If this or other posts
> made through NewsOne.Net violate posting guidelines, email ab...@newsone.net

----- Posted via NewsOne.Net: Free (anonymous) Usenet News via the Web -----
http://newsone.net/ -- Free reading and anonymous posting to 60,000+ groups
NewsOne.Net prohibits users from posting spam. If this or other posts
made through NewsOne.Net violate posting guidelines, email ab...@newsone.net
Re: DISKRIMINASIE IN DIE REENBOOGNASIE [boodskap #70207 is 'n antwoord op boodskap #70147] Sa, 07 Desember 2002 19:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Paul Van Straaten  is tans af-lyn  Paul Van Straaten
Boodskappe: 171
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
Te bang om julle vuil werk self te doen.
skryf in boodskap news:aso7cs$r32$1@news.netmar.com...
> In article ,
> writes:
>>
>> VRIENDE - versprei hierdie epos so wyd as moontlik.
>>
>>
>>
>> Rasgebaseerde voorskrifte wat gaan geld wanneer lede van die publiek
>> eersdaags Telkomaandele kan aankoop, is die huidige brandpunt. Hierdie
>> reaksie volg op volblad advertensies in vandag se Sondagkoerante, asook
>> 'n inligtingsbrosjure wat deur die regering en Telkom aan die publiek
>> versprei is, waarin aangedui word dat swartmense minder as witmense sal
>> betaal vir Telkomaandele.
>>
>> Die verskil in aandeelprys op grond van ras word deur die regering
>> ingeklee as 'n poging om ongelykhede uit te wis. Indien ras - en nie
>> mense se inkomstevlak nie - gebruik word as maatstaf om goedkoper
>> aandele te verskaf, sal dit slegs die ryk swart elite bevoordeel en nie
>> ongelykhede uitwis nie.
>>
>> Daar word 'n beroep op die publiek gedoen word om die regering se
>> rasvoorskrifte te verontagsaam en dat selfs diegene wat nie swart is
>> nie, vir die afslagaandele aansoek moet doen. Dit sal die regering met
>> die onbegonne taak laat om te probeer bepaal wie swart is en wie nie,
>> wat hopelik daartoe sal lei dat die regering sal afsien van hierdie
>> blatante diskriminasie op grond van ras.
>>
>> Benewens die bostaande beroep op die publiek, het Solidariteit (128000
>> lede) ook aangedui dat hy die rasvoorskrifte gaan teenstaan deur die
>> vakbond se strukture in Telkom te gebruik om intern 'n dispuut hieroor
>> te verklaar.
>>
>> Ongelykhede en armoede moet sekerlik uitgewis word. Die bepaling van die
>> verkoopprys van aandele op grond van ras gaan egter volgens hom nie
>> ongelykhede ophef nie, maar eerder nuwe ongelykhede tot gevolg hê.
>> Volgens hierdie wyse van toekenning van aandele sal meebring dat 'n
>> swart miljoenêr byvoorbeeld goedkoper aandele sal kan koop as 'n arm
>> werklose witte, terwyl die meeste arm swartmense steeds nie geld het om
>> aandele te koop nie. Die nuwe swart elite is dus die enigste wat sal
>> baat by die rasvoorskrifte.
>>
>> Hoekom word die inkomstevlak as maatstaf, eerder as ras nie gebruik nie?
>> Indien die afslagaandeelopsie aan almal aangebied word wat byvoorbeeld
>> minder as R 5 000 per maand verdien, sal dit help om ongelykhede uit te
>> wis. Arm mense van alle gemeenskappe sal baat en nie net die nuwe swart
>> elite nie.
>>
>>
>>
>> Die uwe
>>
>> RAPPORTRYERBEWEGING
>>
>>
>>
>> ONGETEKEN AGV ELEKTRONIESE VERSENDING
>>
>> J.A. KLEINHANS
>>
>> WEBMEESTER
>>
>> +27 23 3422505 - T
>>
>> +27 23 3474528 - F
>>
>> RRB WEB
>>
>>
>>
>>
>>
>> ----- Posted via NewsOne.Net: Free (anonymous) Usenet News via the Web
> -----
>> http://newsone.net/ -- Free reading and anonymous posting to 60,000+
> groups
>> NewsOne.Net prohibits users from posting spam. If this or other posts
>> made through NewsOne.Net violate posting guidelines, email
ab...@newsone.net
>
>
> ----- Posted via NewsOne.Net: Free (anonymous) Usenet News via the eb -----
> http://newsone.net/ -- Free reading and anonymous posting to 60,000+
groups
> NewsOne.Net prohibits users from posting spam. If this or other posts
> made through NewsOne.Net violate posting guidelines, email
ab...@newsone.net
Re: DISKRIMINASIE IN DIE REENBOOGNASIE [boodskap #70208 is 'n antwoord op boodskap #70207] Sa, 07 Desember 2002 20:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 7 Dec 2002 21:59:47 +0200, "Paul Van Straaten"
wrote:

> Te bang om julle vuil werk self te doen.

Jy sal geen diploma per epos vanaf Gloudina hiervoor
ontvang nie, Paul. Beslis ook nie van my, Sebs of Koos nie.

Davie Davis
Re: DISKRIMINASIE IN DIE REENBOOGNASIE [boodskap #70209 is 'n antwoord op boodskap #70208] Sa, 07 Desember 2002 21:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Davie Davis wrote:

> Jy sal geen diploma per epos vanaf Gloudina hiervoor
> ontvang nie, Paul. Beslis ook nie van my, Sebs of Koos nie.

Los vir van Straaten uit. Jy is net
jaloers op sy sukses. En moenie vir
my in dieselfde asem noem met daardie
vuilbekke Sebs en Koos nie.

Gloudina
Re: DISKRIMINASIE IN DIE REENBOOGNASIE [boodskap #70215 is 'n antwoord op boodskap #70209] So, 08 Desember 2002 07:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 07 Dec 2002 21:32:21 GMT, "@rogers.com" wrote:

> Los vir van Straaten uit.

>
> Gloudina
>
>

Dit het net vir my geklink asof hy nie werklik weet waaroor dit gaan
nie, want waarom ondersteun hy hulle nie? In werklikheid is dit wat
hulle noem die waarheid en doen hulle wat hulle kan om dit te
beveg. Paul is egter steeds net KP met 'n steeds tipiese
Ferdi Hartzenberg houding van "hulle praat wel dieselfde taal as
ek maar is (miskien!) lede van 'n ander politieke party, so hulle
is deel van die vyand'. En indien ek verkeerd is Paul, verduidelik
jou reaksie op hulle skrywe wat getuig van lojaliteit teenoor die
blanke in die land en nie jou tipe lojaliteit wat slegs getuig van
lojaliteit teenoor die KP nie.

DD (die HNP een)
Re: DISKRIMINASIE IN DIE REENBOOGNASIE [boodskap #70217 is 'n antwoord op boodskap #70215] So, 08 Desember 2002 07:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Paul Van Straaten  is tans af-lyn  Paul Van Straaten
Boodskappe: 171
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
Davie,
Waar was hulle toe die sogenaamde "Regses" waarvan beide ek en jy deel
vorm,die strate plat geloop het om
mense te waarsku teen dit wat kom.Per slot van sake is die Rapport Ryers
Beweging nie slegs vir Blankes nie...maar die KP is!
Waarom gaan die RRB en toets nie hulle saak in die Grondwetlike hof soos
Solidariteit bereid is om te doen nie?
Wat is hulle agenda, deur te vra dat die e-pos aangestuur word sover
moontlik?
Watter bymotiewe het hulle?
Wat doen die HNP daaromtrent?
Jy weet indien enige persoon 'n skrywe plaas en hy/sy
verander hulle sogenaamde e-pos addres(se)...wat wil hulle daarmee bereik?
Sou jy dit nie ook as verskuilde agendas sien nie?
My e-pos adres is bekend aan enige persoon...soos dit is!
Dis net Ferdi wat dalk 'n bietjie agter-/stadig is.Dan sou hy lankal kon
uitvind wie ek is en my maklik opspoor...
aangesien my nommers gelys is!
Jy weet julle HNP's is baie vinnig om beskuldigings rond te slinger...maar
as dit na julle kant toe kom, kruip julle weg.Dit was maar al die jare
so,met oorle oom Jaap Marais!Hy het die KP teengestaan oor sy vete met oorle
oom Andries...omdat oom Andries nie vir die HNP wou staan in Waterberg
kiesafdeling in 1970/1 nie.Jaap was mos 'n salaris betaal deur die
Hertzog-stigting...omdat daar 'n HNP moes wees anders het die stigting geen
salaris bestaan nie!
Watse skielike liefde bestaan daar nou tussen julle en die
RRB?
Julle het hulle gehaat van julle stigting se dae af?
Julle het ook altyd die KP's verskree omdat van hulle lede
ook RRB en Broederbonders was.
Hoeveel aandele gaan jy wil koop van Telkom?
Beskou die HNP hulself ook noe as 'n voorheen benadeelde groep?
Gaan hulle aansoek doe vir aandele as 'n voorheen benadeelde groep?
Sal dit geskied op grond daarvan dat die KP sukses gehad het na sy stigting
en die HNP slegs 1 enkele setel
in 'n verkiessing kon wen(met die KP se hulp)in sy bestaan van meer as drie
dekades?
Watse alewige dwarstrekkery is dit met julle HNP's?

Ek is darem bly dat jy en jou gade die ongeluk oorleef het?Jammer om daarvan
te verneem.

Groete
Paul van Straaten
pau...@lantic.net
dexter...@lantic.net

"Davie Davis" skryf in boodskap news:0or5vu45a67vbf4c32dl0gntduaj1jls7n@4ax.com...
> On Sat, 07 Dec 2002 21:32:21 GMT, "@rogers.com" wrote:
>
>
>> Los vir van Straaten uit.
>
>>
>> Gloudina
>>
>
> Dit het net vir my geklink asof hy nie werklik weet waaroor dit gaan
> nie, want waarom ondersteun hy hulle nie? In werklikheid is dit wat
> hulle noem die waarheid en doen hulle wat hulle kan om dit te
> beveg. Paul is egter steeds net KP met 'n steeds tipiese
> Ferdi Hartzenberg houding van "hulle praat wel dieselfde taal as
> ek maar is (miskien!) lede van 'n ander politieke party, so hulle
> is deel van die vyand'. En indien ek verkeerd is Paul, verduidelik
> jou reaksie op hulle skrywe wat getuig van lojaliteit teenoor die
> blanke in die land en nie jou tipe lojaliteit wat slegs getuig van
> lojaliteit teenoor die KP nie.
>
> DD (die HNP een)
>
Re: DISKRIMINASIE IN DIE REENBOOGNASIE [boodskap #70218 is 'n antwoord op boodskap #70209] So, 08 Desember 2002 08:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Paul Van Straaten  is tans af-lyn  Paul Van Straaten
Boodskappe: 171
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
Ag dankie vir jou ondersteuning Gloudina!
Dit voel amper asof ek by ou Roelf Meyer se vergadering
is in Hillbrow 1987, waar ons "Regses" en julle "Linkses"
(PFP...van daardie jare)saam gespan het om vir Roelfie
die rofste ry van sy lewe te gee!
Jokingly gese...hoor!
skryf in boodskap news:3DF269D8.8000906@rogers.com...
>
> Davie Davis wrote:
>
>
>> Jy sal geen diploma per epos vanaf Gloudina hiervoor
>> ontvang nie, Paul. Beslis ook nie van my, Sebs of Koos nie.
>
>
>
> Los vir van Straaten uit. Jy is net
> jaloers op sy sukses. En moenie vir
> my in dieselfde asem noem met daardie
> vuilbekke Sebs en Koos nie.
>
> Gloudina
>
Re: DISKRIMINASIE IN DIE REENBOOGNASIE [boodskap #70219 is 'n antwoord op boodskap #70147] So, 08 Desember 2002 08:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Paul Van Straaten  is tans af-lyn  Paul Van Straaten
Boodskappe: 171
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
Enige persoon wat 18 jaar oud geword het na 1994 sou vir alle praktiese
doeleindes kon kwalifiseer as 'n voorheen
benadeelde persoon...aangesien hulle nie voor dit kon stem nie!
Dus Davie, indien jy kinders het in hierdie groep...kan hulle ook so aansoek
doen vir goedkoper aandele!
Dis tyd dat Afrikaners reageer op dit wat gebied word.
Persoonlik sou ek bang wees om aandele te koop aangesien 'n mens nie weet of
die te-noteerde maatskappy
dieselfde roete as Pepsi gaan loop nie!Ons almal weet mos wat met Pepsi SA
gebeur het en sy vreeslike steun
aan die voorheen benadeeldes.Maar ek het hul ondergang in SA geniet en daar
is andere wat nog dieselfde pad gaan loop.
skryf in boodskap news:aso7cs$r32$1@news.netmar.com...
> In article ,
> writes:
>>
>> VRIENDE - versprei hierdie epos so wyd as moontlik.
>>
>>
>>
>> Rasgebaseerde voorskrifte wat gaan geld wanneer lede van die publiek
>> eersdaags Telkomaandele kan aankoop, is die huidige brandpunt. Hierdie
>> reaksie volg op volblad advertensies in vandag se Sondagkoerante, asook
>> 'n inligtingsbrosjure wat deur die regering en Telkom aan die publiek
>> versprei is, waarin aangedui word dat swartmense minder as witmense sal
>> betaal vir Telkomaandele.
>>
>> Die verskil in aandeelprys op grond van ras word deur die regering
>> ingeklee as 'n poging om ongelykhede uit te wis. Indien ras - en nie
>> mense se inkomstevlak nie - gebruik word as maatstaf om goedkoper
>> aandele te verskaf, sal dit slegs die ryk swart elite bevoordeel en nie
>> ongelykhede uitwis nie.
>>
>> Daar word 'n beroep op die publiek gedoen word om die regering se
>> rasvoorskrifte te verontagsaam en dat selfs diegene wat nie swart is
>> nie, vir die afslagaandele aansoek moet doen. Dit sal die regering met
>> die onbegonne taak laat om te probeer bepaal wie swart is en wie nie,
>> wat hopelik daartoe sal lei dat die regering sal afsien van hierdie
>> blatante diskriminasie op grond van ras.
>>
>> Benewens die bostaande beroep op die publiek, het Solidariteit (128000
>> lede) ook aangedui dat hy die rasvoorskrifte gaan teenstaan deur die
>> vakbond se strukture in Telkom te gebruik om intern 'n dispuut hieroor
>> te verklaar.
>>
>> Ongelykhede en armoede moet sekerlik uitgewis word. Die bepaling van die
>> verkoopprys van aandele op grond van ras gaan egter volgens hom nie
>> ongelykhede ophef nie, maar eerder nuwe ongelykhede tot gevolg hê.
>> Volgens hierdie wyse van toekenning van aandele sal meebring dat 'n
>> swart miljoenêr byvoorbeeld goedkoper aandele sal kan koop as 'n arm
>> werklose witte, terwyl die meeste arm swartmense steeds nie geld het om
>> aandele te koop nie. Die nuwe swart elite is dus die enigste wat sal
>> baat by die rasvoorskrifte.
>>
>> Hoekom word die inkomstevlak as maatstaf, eerder as ras nie gebruik nie?
>> Indien die afslagaandeelopsie aan almal aangebied word wat byvoorbeeld
>> minder as R 5 000 per maand verdien, sal dit help om ongelykhede uit te
>> wis. Arm mense van alle gemeenskappe sal baat en nie net die nuwe swart
>> elite nie.
>>
>>
>>
>> Die uwe
>>
>> RAPPORTRYERBEWEGING
>>
>>
>>
>> ONGETEKEN AGV ELEKTRONIESE VERSENDING
>>
>> J.A. KLEINHANS
>>
>> WEBMEESTER
>>
>> +27 23 3422505 - T
>>
>> +27 23 3474528 - F
>>
>> RRB WEB
>>
>>
>>
>>
>>
>> ----- Posted via NewsOne.Net: Free (anonymous) Usenet News via the Web
> -----
>> http://newsone.net/ -- Free reading and anonymous posting to 60,000+
> groups
>> NewsOne.Net prohibits users from posting spam. If this or other posts
>> made through NewsOne.Net violate posting guidelines, email
ab...@newsone.net
>
>
> ----- Posted via NewsOne.Net: Free (anonymous) Usenet News via the eb -----
> http://newsone.net/ -- Free reading and anonymous posting to 60,000+
groups
> NewsOne.Net prohibits users from posting spam. If this or other posts
> made through NewsOne.Net violate posting guidelines, email
ab...@newsone.net
Re: DISKRIMINASIE IN DIE REENBOOGNASIE [boodskap #70220 is 'n antwoord op boodskap #70219] So, 08 Desember 2002 13:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
> en die HNP slegs 1 enkele setel
> in 'n verkiessing kon wen(met die KP se hulp)in sy bestaan van meer as drie
> dekades?

Met die KP se hulp? Nee Paul, Louis Stofberg het eers daarna gesien
dat hy nie geld gaan maak by die HNP nie en dus maar KP gedraai.
Jan Wilkens wat destyds ons organiseerder in die Fochville wyk was
het ook (ek dink let wel - want ons het steeds gereelde kontak maar
vind ander onderwerpe baie meer interessanter temas as politiek:-) KP
gedraai. Piet Skiet het lekker ondgekuier tussen politieke partye - en
nie een van hulle verkwalik ek nie want... sien my bekentenis hier
onder.

> Watse alewige dwarstrekkery is dit met julle HNP's?

Dit was nie dwarstrekkery nie Paul, maar deels humoristies/spottend
gesê maar tog was daar 'n groot deel erns by omdat dit vir my absoluut
geen sin maak dat jy die Rapportryers wegwys met die spesifieke
versoek nie. Ek het gedink dat jy dit sou ondersteun.
Laaankal al het ek min belangstelling in politiek en dit is 'n baie
debateerbare vraag of die HNP steeds bestaansreg het. Dit was wel
drie dekades en lank daarna 'n party wat setelloos uiters belangrik
was en glo jy my dat 'n koerantjie soos 'die Afrikaner' het die John
Vorsters, Bothas en De Klerks twee maal laat dink oor hul eie
voorstelle. Komies hoe die stoere Nasionaliste geglo het dat Pik hul
antwoord teen die liberaliste was tot hy bewys het wie hy werklik is.
En die Afrikaner het sy aanhangers al die pad gewaarsku.
Maar, of die HNP steeds 'n bestaansreg het, sou jy tien jaar gelede al
gesukkel het om my te oortuig. Steeds sal dit my nie 'n lid van die
KP maak nie maar as slegs die ANC en Zanu PF tipes alternatiewes
bestaan het... verdomp Paul, ek sal selfs vir julle stem eer ek vir
Tony Leon 'n kruisie trek:-)))

Maar hier bo erens het dit gelyk asof jy en Gloudina julle eie party
wil stig. Nou wees nou gewaarsku - sy like jou nou net omdat sy
uitgevind het jy's nie ek nie. Konkel jy met haar en daar's nie 'n
kans dat jy oit my stem sal kry nie. Afgehandel.

CW Joubert het eendag 'n resep gegee
om die oorstappery tussen politieke
partye te te werk:

5. Fer Oorloop
Di nuttighyd fan 'n pampistool,
Di snaakshyd fan 'n grap,
Di hoogfliig fan 'n jakhalsfo'el
En die skuinsloop fan 'n krap.

> Persoonlik sou ek bang wees om aandele te koop aangesien 'n mens nie weet of
> die te-noteerde maatskappy
> dieselfde roete as Pepsi gaan loop nie!Ons almal weet mos wat met Pepsi SA
> gebeur het en sy vreeslike steun
> aan die voorheen benadeeldes.Maar ek het hul ondergang in SA geniet en daar
> is andere wat nog dieselfde pad gaan loop.

Ek oorweeg om te koop Paul Jy self sê tog:
> Dis tyd dat Afrikaners reageer op dit wat gebied word.
Betreffende jou siening oor Pepsi, sien jy dat die HNP en KP somtyds
tog kan saamstem:-)))

> Ek is darem bly dat jy en jou gade die ongeluk oorleef het? Jammer om daarvan te verneem.

> Groete
> Paul van Straaten

Dankie Paul, ons is net ernstig gekneus. Presies dieselfde beserings.
Nekspiere en borsbene en spiere sowel as skaafplekke veroorsaak
deur veiligheidsgordels. Ons nekspiere het werklik gesuffer onder
die vreeslike ruk en soos reeds gesê het die botsing met die
veiligheidsgordels ook maar rowwe newe effekte:-)

Jy smelt nie saam met Gloudina nie Paul. Sy's so vals
soos Al Debbo. Jy sal dan nooit eens kan waag om
'n stemwerwer na my te stuur nie. Hierdie was nou
so lekker lang brief van niks sê nie en net snert
babbel. Ek is nie lus om dit weer te lees nie, so
maak maar die nodige aanpassings wanneer
jy dit lees.

Koebaai

DD
( moet nie eens om die blok ry sonder 'n veiligheidsgordel nie)
Re: DISKRIMINASIE IN DIE REENBOOGNASIE [boodskap #70221 is 'n antwoord op boodskap #70219] So, 08 Desember 2002 13:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 8 Dec 2002 10:21:39 +0200, "Paul Van Straaten"
wrote:

> Enige persoon wat 18 jaar oud geword het na 1994 sou vir alle praktiese
> doeleindes kon kwalifiseer as 'n voorheen
> benadeelde persoon...aangesien hulle nie voor dit kon stem nie!
> Dus Davie, indien jy kinders het in hierdie groep...kan hulle ook so aansoek

Seblief oom Paul, ek is nou nog nie eens agtien nie

DD

ns.
Verstandelik dekades oud so moet dit nie sê nie...:-)
Re: DISKRIMINASIE IN DIE REENBOOGNASIE [boodskap #70222 is 'n antwoord op boodskap #70215] So, 08 Desember 2002 14:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Davie Davis wrote:

En indien ek verkeerd is Paul, verduidelik
> jou reaksie op hulle skrywe wat getuig van lojaliteit teenoor die
> blanke in die land en nie jou tipe lojaliteit wat slegs getuig van
> lojaliteit teenoor die KP nie.
>
> DD (die HNP een)

Du Plessis, ek hoop jy hou notas oor
wat jy sê wanneer jy van Straaten is,
en wat jy sê wanneer jy DD is. Want
as mens nou op die glibberige pad van
lieg loop, moet jy ten minste jou osse
reg inspan. En alhoewel ek aanneem dat
omtrent elke ander mens op hierdie
nuusgroep nou al afgeswitch is deur
jou liegtery (of langs die see vakansie
hou), ek sit darem nog hier in die koue
noorde en lees jou snert. (Onthou net
ek is nou sewe uur agter jou. As jy sit
en snert verkoop, slaap ek nog. Langs die
rivier wat nou omtrent heel bevrore is.
Ek wonder of meeue se voete nie koudkry
as hulle op die ys in die sonnetjie sit nie?)

Gloudina
Re: DISKRIMINASIE IN DIE REENBOOGNASIE [boodskap #70224 is 'n antwoord op boodskap #70217] So, 08 Desember 2002 15:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Paul Van Straaten wrote:

> Watse alewige dwarstrekkery is dit met julle HNP's?
>
> Ek is darem bly dat jy en jou gade die ongeluk oorleef het?Jammer om daarvan
> te verneem.

Paul, jy mors jou tyd met Davie Davis.
Ek wil vir hom 'n tweegatjakkals noem,
maar ek dink hy het meer as twee. Wat
noem jy so 'n jakkals?

Gloudina
Re: DISKRIMINASIE IN DIE REENBOOGNASIE [boodskap #70225 is 'n antwoord op boodskap #70220] So, 08 Desember 2002 15:07 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Davie Davis wrote:

> Jan Wilkens wat destyds ons organiseerder in die Fochville wyk was
> het ook (ek dink let wel - want ons het steeds gereelde kontak maar
> vind ander onderwerpe baie meer interessanter temas as politiek:-) KP
> gedraai.

Du Plessis, du Plessis. Gee tog bietjie aandag
aan jou sinskonstruksies. Skryf korter sinne.
En maak sin.
En al hierdie soort gejokkel oor die KP en
die HNP en die dit en die dat word darem ook
nou net baie boring. Ek kan sien hoekom julle
klomp die burgeroorlog teen die ANC verloor
het. While the men fought, the boys argued
amongst each other.

Tant Hessie van die Derde Republiek
se skietkommando.
Vorige onderwerp: MIV %'s toe verkeerd!!
Volgende onderwerp: Belangrike skakel :-)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jun 11 15:52:14 MGT 2024