Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » ARMANDO, my ou flame
ARMANDO, my ou flame [boodskap #6979] So, 11 Augustus 1996 00:00 na volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Sun, 11 Aug 1996 12:57:09 -0400 (EDT)
Message-Id: <960812055...@izak.igs.net>

Armando, dis tyd dat ons ons kuberverhouding aan
die wereld bekendmaak. Ek het jou vorige e-pos ge-
ignoreer. Dis tyd dat ek jou antwoord.
Ek stem saam met jou. Ek klink na 'n skooljuffrou.
Eenkeer 'n skooljuffrou, altyd 'n skooljuffrou. Eenkeer
'n opruier, altyd 'n opruier?
Ek gee toe my skryfstyl is miskien 'n bietjie snaaks.
Dis miskien omdat ek nie Afrikaanse woorde soos
"sjarrap" gebruik, soos jy in jou vorige e-pos nie.
Ek stem saam ek skryf teveel op die nuusgroep.
Maar daar is 'n baie goeie rede daarvoor. Sowat 'n
paar maande gelede was hierdie nuusgroep aan die
sterwe. Nou gaan dit beter. Maar as ek sien die by-
draes word min, dan stoot ek iets in om dit uit te
vlees. Jy is seker self bewus dat baie van die lesers
van hierdie nuusgroep buite SA bly (en bly is om te
hoor van nuwe Afrikaanse digters, of gedagtes oor
oues.) Is jy bewus dat hierdie nuusgroep sy ontstaan
te danke het aan 'n Nederlander wat al die aanvoor-
werk daarvoor gedoen het? Is jy ook bewus dat die
kuberopset, wat die nuusgroep moontlik maak, erens
buite Suid-Afrika in hardeware en sagteware gesetel
is? Jy daar in SA besit dus nie die nuusgroep nie.
Hier volg jou tweede brief aan my.
Gloudina

On 4 Aug 1996 20:58:14 GMT, you wrote:

> Gloudina

Jy, met die naam wat aan 'n handdoek herinner, neem jouself en jou eie
wysheid te ernstig op. Jy oorskat jou eie intelligensie en kennis
totaal en al. Ek bedoel, kyk goed na die voorbeeld van jou skryfstyl
(en ek vermoed jy sal so praat ook) hierbo. Waar dink jy staan jy,
voor 'n skoolklas? Hoe is dit moontlik dat iemand hom so kan verbeel
soos jy telkens doen? Jy het 'n eier te le oor elke denkbare onderwerp
in die nuusgroep. Staak dit, asseblief, jy raak irriterend. "Konsep",
nogal!
Jy dra in jou, as jy nie, soos in die artikel hierbo doen, lieg deur
die waarheid te verswyg nie, die gene van die lede van die AB en van
die implimenteerders en voorstanders van apartheid. Jou ma het vir jou
'n uniform aangetrek waarvan jy in jou lewe nie ontslae sal kan raak
nie. En jou striemende, skril veroordeling van apartheid en kruipery
by "swart en bruin" en Fischer (wat jy as jou leier beskou) sal geen
verskil maak aan daardie feit nie.
Soos 'n kind wat van die huis weggeloop het en terugverlang, staan jy
buite by die vensters en steek vir die mense binne tong uit. Feit is
jy het gevlug, jy het besluit om die spel te verlaat, want die reels
pas jou nie en buitendien, jy was besig om te verloor, nes 'n kind!
Dit maak jou 'n buitestaander. Jy kan kritiseer soos jy wil maar jy
doen dit van buite.
Jou hoogheilige redes, die gewetensbesware, die "Ag, ek kan dit nie
meer vat nie"s, niks maak die feit ongedaan dat jy gehardloop het nie.
Jy beredeneer dit en rasionaliseer dit as hoogs moreel verdedigbaar,
en intussen het jy al die tyd stert tussen die bene ingetrek en
geskoert! Jy's 'n lafaard, jy's wat iemand in 'n koerant noem 'n
poefter en paaier.
Die Afrikaner het meer gely in hierdie land as enige ander volk. As jy
dan iemand wil betig van iets, is die Engelse goeie kandidate vir jou
onsinnighede. Hulle het darem erger gedoen as sneeu op 'n bakkie laai,
jou kleingeestige ploert wat nogal van snobisme durf praat.
ALP

Ai Armando,
Ek is jammer vir jou in die Nuwe Suid-Afrika,
waar regte Afrikaners met name soos Verwoerd
vreugdevol help bou aan 'n reenboognasie.
Dis die begin van die 21ste eeu, Armando. Al
ons Afrikaners in die buiteland immigreer in die
volksbewussyn in deur die telefoonlyne. Ons kinders
begin weer fisiese bande smee met Suid-Afrika.
Ek dink julle manne sal weer moet trek, Armando.
Suid-Afrika is nie meer die plek vir neo-kolonialiste
nie.

Gloudina Bouwer
Re: ARMANDO, my ou flame [boodskap #7003 is 'n antwoord op boodskap #6979] Do, 15 Augustus 1996 00:00 Na vorige boodskap
Leon Retief  is tans af-lyn  Leon Retief
Boodskappe: 28
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
Armando skryf aan Gloudina:

> Jy, met die naam wat aan 'n handdoek herinner,

'N KLOMP VAN ARMANDO SE INTELLEKTUELE BORBORYGMI GEKNIP

> jou kleingeestige ploert wat nogal van snobisme durf praat.
> ALP

Ignoreer hom maar, Gloudina - dit klink asof hy vanoggend nie sy pille gedrink
het nie.

Groete,
Leon Retief
Kaapstad.
Vorige onderwerp: Re: Freedom (in NSA)
Volgende onderwerp: TAAL + KERK + KULTUUR (2)....
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 05:13:14 MGT 2024