Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » RE: Verkramptes en die ou vlag
RE: Verkramptes en die ou vlag [boodskap #6982] Ma, 12 Augustus 1996 00:00 na volgende boodskap
Johan Bollen  is tans af-lyn  Johan Bollen
Boodskappe: 5
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
Wat my stomslaan is die totale gebrek aan selfvertroue by die meeste
Afrikaners.

Ons het mos nie nodig om 'n laermentaliteit aan te hang bloot net
omdat ons so onseker van onsself is nie.

As 'n Afrikaner ( ek soek 'n nuwe omskrywing daarvan) het ek mos nie
nodig om vas te klou aan 'n ou landsvlag en selfs die ou vierkleur
nie. Ek kan net so trots wees op die nuwe vlag. Ek wens die ou
verstoktes - lees die HNP - wil nou begin besef dat dit al 1996 is..

Groete
Re: Verkramptes en die ou vlag [boodskap #6990 is 'n antwoord op boodskap #6982] Di, 13 Augustus 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
Hierdie fossiele wat aan die ou vlag wil vasklou:

Kyk dis 'n mooi vlag, maar hang hom tog nou maar in
jou huis of in jou HNP klub.

Dit is NIE die landsvlag nie en dit is daarom NIE
die ding om te swaai by so 'n wedstryd nie !
Net so min is die nuwe RSA vlag die ANC sin.
Die ANC het hul ou vlag prysgegee vir die nuwe,
en die blanke Suid Afrikaners het die ou vlag
prysgegee vir die nuwe.

Maar julle ? Julle is soos 'n grammafoonplaat wat
vasgehaak het.
Dit is soos Breytenbach sê: Sommige dinge het verander
en ander dinge het niks verander nie.

Die Afrikaner se gekiedenis is verbonde aan daai ou vlag,
maar nie Afrikanerskap nie.

Julle polemieke is so uit die oude doos dat julle self
verantwoordelik is dat julle nie meer relevant is nie.
Julle is 'n klein groepie suurgatte wat nie wil aanvaar
wat aan die gang is nie.

Groete aan julle dinousore. Oppas net vir daai komeet
van mars...
Re: Verkramptes en die ou vlag [boodskap #6994 is 'n antwoord op boodskap #6982] Wo, 14 Augustus 1996 00:00 Na vorige boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
gal...@ibm.net wrote:

van mars...>>>[/color]

Hei! Dinosaurusse was koel!!
Geen respektabele veloviraptor sou hulle gejoin het nie!
Vorige onderwerp: Wie is MARK BEHR?
Volgende onderwerp: Re: Freedom (in NSA)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 13 23:06:30 MGT 2024