Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Wie is MARK BEHR?
Wie is MARK BEHR? [boodskap #6969] Sa, 10 Augustus 1996 00:00 na volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In hierdie week se TIME verskyn die volgende
aanhaling uit die verklaring van Mark Behr voor
die Waarheidskommissie:

I've become a symbol of everything
that was ever wrong in South Africa -
of betrayal, false beliefs, of complete
and utter culpability.


Wie is Mark Behr? Skryf hy goed?
Is dit 'n poging om reklame vir homself te
maak deur die Waarheidskommissie te ge-
bruik as 'n verhoog? (Soos toentertyd ons
vriend Riaan Malan met "My Traitor's
Heart" ?) Of is hy opreg?

Gloudina Bouwer
Re: Wie is MARK BEHR? [boodskap #6973 is 'n antwoord op boodskap #6969] So, 11 Augustus 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
iz...@igs.net (Izak Bouwer) wrote:

<<Wie is Mark Behr? Skryf hy goed?
>Is dit ‘n poging om reklame vir homself te
>maak deur die Waarheidskommissie te ge-
>bruik as ‘n verhoog? (Soos toentertyd ons
> vriend Riaan Malan met "My Traitor's
> Heart" ?) Of is hy opreg?>>>

Sover ek weet: Hy was 'n "linkse" studenteraadslid op Stellebosch wat
vir die Veiligheidspolisie gespioeneer het.
Ek het gehoor hy het besluit om te bieg nadat vriende hom gesê het dis
'n goeie idee aangesien die feit in die gemeenskap rondswerf en tog
een van die dae breed gaan uitkom.
Hoe goeie skrywer hy is, weet ek nie. Nog nie die boek gelees nie.
Ek vermoed egter nie dis baie intellektuele goed nie, ek het die idee
dit is eerder lekker lees-goed.
Miskien het iemand anders dit gelees.
Re: Wie is MARK BEHR? [boodskap #6974 is 'n antwoord op boodskap #6969] So, 11 Augustus 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Andries du Toit  is tans af-lyn  Andries du Toit
Boodskappe: 8
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Junior Lid
> Wie is Mark Behr? Skryf hy goed?
> Is dit 'n poging om reklame vir homself te
> maak deur die Waarheidskommissie te ge-
> bruik as 'n verhoog? (Soos toentertyd ons
> vriend Riaan Malan met "My Traitor's
> Heart" ?) Of is hy opreg?

Die antwoorde is:
1 Niemand nuuswaardig nie
2 Nee
3 Jy het dit
4 You've got to be kidding

Mark Behr is 'n self-styled Afrikaanse leftie uit Matieland. Hy was
NUSAS voorsitter in 86, dink ek, en het darna 'n career gemaak uit sy
status as Afrikaanse andersdenkende. Not very well liked at Maties
- hy was te veel into self-promotion.

Slegte boek geskryf - Die reuk van appels - wat modieus genoeg was om
'n paar pryse te wen. So 'n low-rent "dinge van 'n kind. "

Vir die afeglope paar jaar is daar heelwat van ons wat hom daarvan
verdink het dat die hele tyd 'n spy was. So ses weke gelede het hy
ook homself nie daarvn kon weerhou nie en het hy op een of ander
digterkonferensie voor almal gebieg dat hy die hele tyd lank eintlik
'n polisie-informant was.

Die etter.

'n Paar van die digters daar het hom vergewe - namens ons almal - en
hom verseker dat hy steeds eenvan hulle was.

Sy ex-vriende was nie naastenby so impressed nie. Nic Borain ht 'n
briljante stuk in die WM&G geskryf.

Wag net: hy bring seer sekerlik een van die dae 'n boek oor sy
sielswroeginge as 'n piemper. Die stank van vrot perskes?

Andries

Dr Andries du Toit
Programme for Land and Agrarian Studies
University of the Western Cape
Private Bag X17
Bellville 7535
South Africa

Fax: (+27) (0)21 946 2864
Ph: (+27) (0)21 946 3860
Re: Wie is MARK BEHR? [boodskap #6992 is 'n antwoord op boodskap #6969] Wo, 14 Augustus 1996 00:00 Na vorige boodskap
Ant Man  is tans af-lyn  Ant Man
Boodskappe: 41
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
iz...@igs.net (Izak Bouwer) wrote:

> In hierdie week se TIME verskyn die volgende
> aanhaling uit die verklaring van Mark Behr voor
> die Waarheidskommissie:

> I've become a symbol of everything
> that was ever wrong in South Africa -
> of betrayal, false beliefs, of complete
> and utter culpability.

> Wie is Mark Behr? Skryf hy goed?
> Is dit 'n poging om reklame vir homself te
> maak deur die Waarheidskommissie te ge-
> bruik as 'n verhoog? (Soos toentertyd ons
> vriend Riaan Malan met "My Traitor's
> Heart" ?) Of is hy opreg?

> Gloudina Bouwer

Wat het dit met jou te doen aangesien jy Kanada toe gevlug het waar
niks van hierdie dinge jou kan raak nie?
ALP
Re: Wie is MARK BEHR? [boodskap #6993 is 'n antwoord op boodskap #6969] Wo, 14 Augustus 1996 00:00 Na vorige boodskap
Darrin Speegle  is tans af-lyn  Darrin Speegle
Boodskappe: 14
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Junior Lid
A.R.Gus wrote:

> Wat het dit met jou te doen aangesien jy Kanada toe gevlug het waar
> niks van hierdie dinge jou kan raak nie?
> ALP

Ek is so moeg vir hierdie onsin. Ek het nou seker dieselfde ding so 'n
dertig keer in die vorige twee maande gelees. Hoekem maak dit so 'n
geweldadige groot verskil waar 'n mens woon?!

Nogtans, vandag was daar net een Afrikaanse boodskap, en dit het oor
hierdie twak gegaan. Gloudina - moet asseblief nie jouself aan hierdie
nonsens kommer nie - hou aan met die goeie en interessante bydrae.

Ten minste is daar nou twee in Afrikaans, al is hulle albei nonsens.

Darrin
Vorige onderwerp: Hier kom oorlog in die Kaap
Volgende onderwerp: RE: Verkramptes en die ou vlag
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 13 22:16:50 MGT 2024