Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » " Ou brouery " deur JOHANN LODEWYK MARAIS
" Ou brouery " deur JOHANN LODEWYK MARAIS [boodskap #69883] So, 01 Desember 2002 23:11
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Johann Lodewyk Marais
Ou brouery
In Waltloo, digby Mamelodi,
besoek ek die wagte
met 'n R-kombi.
Die hek is onbeman, gesluit.
Twee kpls. en 'n o.kpl. braai
by 'n selonsroos vleis op 'n rooster
en gesels oor gemsbokke skiet
in die duine van die Kalahari.
Een loop met die AO2 se trui.
In die Ou Brouery wag bakkies
en motorfietse suf gery vir die BM-tiffy.
'n Kpl. gaan fluit teen 'n Samil 50
se agterwiel. Samil 100's staan ingeryg
en kamoefleerkolle roes op 'n Olifanttenk
in 'n hoek. 'n Vlermuis duik
uit 'n gistoring en verken 'n wye
draai oor die terrein. Die "AO2" was
sy hande met 'n koekie seep
in die donker ablusiekamer.
Hy kom vertel van 'n kol.
Wat bokke met 'n R1 afmaai.
Ek teken alles in orde aan en ry
terug. Die maan is 'n rooi blom
in die stof bo Mamelodi.
Vorige onderwerp: doodstraf
Volgende onderwerp: Vraag aan Suidwester
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 08 01:45:10 MGT 2024