Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Wie het?
Wie het? [boodskap #69522] Wo, 27 November 2002 00:36 na volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hello

Wie het die gedig "Skoppensboer" geskryf? Was dit Eugene Marais?

Elaine
Re: Wie het? [boodskap #69527 is 'n antwoord op boodskap #69522] Wo, 27 November 2002 01:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Elaine wrote:

> Hello
>
> Wie het die gedig "Skoppensboer" geskryf? Was dit Eugene Marais?

Ja.

Gloudina
Re: Wie het? [boodskap #69556 is 'n antwoord op boodskap #69527] Wo, 27 November 2002 09:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dankie. Ek het die gedig op skool gedoen, maar kry dit nou nêrens weer nie.
Jy het hom nie dalk nie? As jy het kan jy dit hier vir my plaas?

Dankie
Elaine

wrote:

Ja.

Gloudina
Re: Wie het? [boodskap #69563 is 'n antwoord op boodskap #69556] Wo, 27 November 2002 09:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Ek onthou dat die "traan is op elk vrolik snaar" vir ons onnie so snaaks
was...

"Elaine" skryf in boodskap news:3de48d9d.0@news1.mweb.co.za...
> Dankie. Ek het die gedig op skool gedoen, maar kry dit nou nêrens weer nie.
> Jy het hom nie dalk nie? As jy het kan jy dit hier vir my plaas?
>
> Dankie
> Elaine
>
> wrote:
>
> Ja.
>
> Gloudina
>
Re: Wie het? [boodskap #69567 is 'n antwoord op boodskap #69563] Wo, 27 November 2002 11:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Regtig? Hoekom? Ek dink "Skoppensboer" is nogal 'n vreeslik hartseer
gedig. Maak 'n mens heel droewing as jy daaroor gaan sit en dink.

E

"Koot" skryf in boodskap news:as247u$6nd$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ek onthou dat die "traan is op elk vrolik snaar" vir ons onnie so snaaks
> was...
Re: Wie het? [boodskap #69579 is 'n antwoord op boodskap #69563] Wo, 27 November 2002 13:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Hulle het dit gebruik as 'n voorbeeld van jou metafore opmieks. Partykeer as
ek ghitaarspeel dink ek nog aan daai traan.

Maar Skoppensboer is hartseer, veral as 'n mens ou Eugene Marais se lewe in
ag neem.

"Koot" skryf in boodskap news:as247u$6nd$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ek onthou dat die "traan is op elk vrolik snaar" vir ons onnie so snaaks
> was...
>
> "Elaine" wrote in message
> news:3de48d9d.0@news1.mweb.co.za...
>> Dankie. Ek het die gedig op skool gedoen, maar kry dit nou nêrens weer
> nie.
>> Jy het hom nie dalk nie? As jy het kan jy dit hier vir my plaas?
>>
>> Dankie
>> Elaine
>>
>> wrote:
>>
>> Ja.
>>
>> Gloudina
>>
>
Re: Wie het? [boodskap #69606 is 'n antwoord op boodskap #69579] Wo, 27 November 2002 21:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja nogal. Hy was mos hopeloos verslaaf aan Opium? Of sit ek die pot mis?

E

"Koot" wrote;
>
> Maar Skoppensboer is hartseer, veral as 'n mens ou Eugene Marais se lewe in
> ag neem.
Re: Wie het? [boodskap #69616 is 'n antwoord op boodskap #69606] Wo, 27 November 2002 22:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek sit die pot mis - dit was morfien gewees.

"Elaine" wrote:

> Ja nogal. Hy was mos hopeloos verslaaf aan Opium? Of sit ek die pot mis?
>
Re: Wie het? [boodskap #69617 is 'n antwoord op boodskap #69606] Wo, 27 November 2002 22:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Elaine wrote:

> Hy was mos hopeloos verslaaf aan Opium? Of sit ek die pot mis?

Mens moet darem nie hierdie uitspraak so
ongekwalifiseerd laat nie. Miskien was sy
laaste dae vol verslawing, maar origens
was hy 'n baie aktiewe en suksesvolle mens.
Toe hy maar net nog 19 jaar oud was, het
hy redakteur geword van "Land en Volk" in
1890, die enigste koerant in Pretoria wat
vir Paul Kruger teengestaan het. Die volgende
jaar het hy eienaar van die koerant geword.
Hy het op 21 jaar morfien begin gebruik ( wat
daardie tyd heeltemal wettig was, ook 'n
bestanddeel van baie ou boererate). Maar in
die volgende vyf jaar gaan hy na Engeland waar
hy toegelaat word by die Inner Temple in London,
waar hy na vyf jaar sy graad in die wette kry.
Ek dink nie hy sou dit gedoen gekry het as hy
"hopeloos" verslaaf was aan morfiene nie. Baie
mense het in daardie dae dit as roetine geneem.

Gloudina
Re: Wie het? [boodskap #69620 is 'n antwoord op boodskap #69617] Wo, 27 November 2002 22:28 Na vorige boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek weet morfien was algemeen gebruik in daai jare.

Hy was briljant, en een van ons beste skrywers. Ek het hom nie probeer
verkleineer deur te sê hy was "hopeloos" verslaaf nie. Ek het probeer wys
hoe ongelukkig hy was. Jammer as ek daai indruk geskep het.

E

wrote:

> Ek dink nie hy sou dit gedoen gekry het as hy
> "hopeloos" verslaaf was aan morfiene nie. Baie
> mense het in daardie dae dit as roetine geneem.
>
> Gloudina
>
Vorige onderwerp: " Skoppensboer " deur EUGENE MARAIS
Volgende onderwerp: Goedkoop Petrol
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jun 20 11:33:53 MGT 2024