Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » In opvolg - my aanbod aan Davie
In opvolg - my aanbod aan Davie [boodskap #69411] Di, 26 November 2002 05:05
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
>>> OK Jonas die coward agter die skuilnaam. Ek is hier. Bel my. Ek wag...

> kyk 'n bietjie wat aangaan in jou land en skryf daaroor anders as om nou 'n
> ontmoeting met Davie te wil vra...

Dit raak al hoe meer komies. Nou skryf ek al onder die naam 'Jonas'
ook:-))) Ek wonder wie is werklik almal op hierdie nuusgroep behalwe
ek.

Ek beoog om volgende week met verlof te gaan. Beslis wil ek nie dat
die nuusgroep ten gronde gaan nie, so ek sal dus steeds as Katryn,
Paul van Straaten, Jonas, Gloudina en Sebs skryf sowel as twee name
waaronder ek op die ander groep deel. (Daardie name sal ek egter nie
openbaar nie want dit is wonder bo wonder steeds geheim). Die
vrouenaam waaronder ek geskryf het en slegs Tannie Hester my
(heel komplimenterend!) uitgevang het, sal ek miskien weer gebruik.
Davie Davis gun ek egter 'n lekker verlof maar dit is ook eers
volgende week so kom ons kyk wat is nuut in die komende week.

En wanneer ek terug is van verlof, kom kry ek miskien tog dat Ferdi
verhuis het na soc.culture.anc.

DD
Vorige onderwerp: WAT SKORT MET SUID-AFRIKA?
Volgende onderwerp: My aanbod aan Davie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jun 11 04:07:33 MGT 2024