Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Sport & ontspanning » OLIMPIESE STORIES
OLIMPIESE STORIES [boodskap #6919] Do, 01 Augustus 1996 00:00 na volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In die Globe en Mail die ander dag probeer
iemand uitreken hoe lande sal plaas as die
aantal goue medaljes uitgedruk word as 'n per-
sentasie van die bevolking. Raai toe wie is heel
bo? Nie die VSA nie, maar Australia. Kanada
self was so omtrent dertiende, maar nog sommer
'n hele klomp bokant die VSA.
Ons hier in Kanada doen nie te vreeslik goed
nie. Behalwe miskien op die water.
Ons was natuurlik bly oor die 100 m wen van
Donovan Bailey. Maar almal het gewag totdat hy
sy "dope test" gehad het, voordat hulle begin juig
het. Vir die wat daarvan vergeet het, Kanada se
Ben Johnson het mos die 100 m in Seoul gewen,
en dit toe weer verloor omdat hy positief getoets
het vir steroiede. (Tot dusver is Ben Johnson se
100 m nog die vinnigste wat enigiemand in die
wereld gehardloop het. Ek wonder of hulle eendag
vir al die mense steroiede moet gee, en hulle dan
laat hardloop, en dan sien wie die vinnigste kan
hardloop.)
Eintlik het ek gebid dat Frankie Fredericks die
100 m wen. Ek herken hom as 'n mens wat daar
uit my deel van suidelike Afrika kom. Hoop die
Khoi gode sal vanaand by hom wees in die 200 m.

Gloudina
Re: OLIMPIESE STORIES [boodskap #6929 is 'n antwoord op boodskap #6919] Sa, 03 Augustus 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
iz...@igs.net (Izak Bouwer) wrote:

laat hardloop, en dan sien wie die vinnigste kan[/color]
> hardloop.)>>

En sal Johnson se rekord dan erken word!!?

100 m wen. Ek herken hom as 'n mens wat daar[/color]
> uit my deel van suidelike Afrika kom. Hoop die
> Khoi gode sal vanaand by hom wees in die 200 m.>>>

Ons het ook, maar hulle was nie...
Re: OLIMPIESE STORIES [boodskap #6941 is 'n antwoord op boodskap #6919] Ma, 05 Augustus 1996 00:00 Na vorige boodskap
M. Elizabeth Theron  is tans af-lyn  M. Elizabeth Theron
Boodskappe: 5
Geregistreer: Junie 1996
Karma: 0
Junior Lid
Janee, die ouens by my werk het vandag selfs gepraat van hoe ongelooflik
perfek die atlete van die Amerikaanse span gebou is - te goed om waar te
wees! Maar het ons hier in Florida lekker gekry toe die laaste goue
medalje aan SA toegeken word!!! Dit was GROOT vreugde.

Terloops, daar is baie te se hier in die VSA oor NBC se "dekking" van
die Olimpiese spele. Baie mense stem saam dat dit te partydig was en te
veel soap opera in gehad het. Wat dink julle ouens tuis?

Linkie Theron uit West Palm Beach, Florida.

Koos wrote:
>
> iz...@igs.net (Izak Bouwer) wrote:
>
> vir al die mense steroiede moet gee, en hulle dan
>> laat hardloop, en dan sien wie die vinnigste kan
>> hardloop.)>>
>
> En sal Johnson se rekord dan erken word!!?
>
> > 100 m wen. Ek herken hom as 'n mens wat daar
>> uit my deel van suidelike Afrika kom. Hoop die
>> Khoi gode sal vanaand by hom wees in die 200 m.>>>
>
> Ons het ook, maar hulle was nie...

--

Florida Internet Tech - Windows95 Setup
Vorige onderwerp: Josia
Volgende onderwerp: Springbokke
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 20:47:41 MGT 2024