Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Lang Lus
Lang Lus [boodskap #68980] Ma, 18 November 2002 14:25 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Hoe ver moet mens se lus uithang om R20 vir 'n waatlemoen te betaal?
Annette
Re: Lang Lus [boodskap #68988 is 'n antwoord op boodskap #68980] Ma, 18 November 2002 15:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hoe groot is daai waatlemoen. Die annerdag wals hier so dik bokkie in en
bied ons waatlemoene aan.....R24 vir so 'n ronde bollie wat omtrent so die
helfte van 'n sokkerbal is. My lus sleep darem nog nie op die grond rond
nie....uh, vir waatlemoen nie!!!

"Annette" skryf in boodskap news:aratcq$gip5k$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Hoe ver moet mens se lus uithang om R20 vir 'n waatlemoen te betaal?
> Annette
>
Re: Lang Lus [boodskap #68991 is 'n antwoord op boodskap #68988] Ma, 18 November 2002 16:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Suidwester wrote:

> Hoe groot is daai waatlemoen. Die annerdag wals hier so dik bokkie in en
> bied ons waatlemoene aan.....R24 vir so 'n ronde bollie wat omtrent so die
> helfte van 'n sokkerbal is.

Wel, as ek 'n raai kan waag, dan was daardie
waatlemoen dit wat hulle hier in ons groente-
winkels 'n "Sugar Baby" noem. Hulle is net
die laaste paar jaar in ons vrugterwinkels,
maar toe ek die eerste dag 'n Sugar Baby koop
en dit oopsny, toe weet ek 'n lang vraag van
my is opgelos.
Want waar ek grootgeword het op die eilande
van die Oranje het hulle waatlemoene gehad wat
sekerlik sugar babies was. Hulle was rond en
met 'n amper groen-swart skil en met geen strepe
nie, en baie soeter as die lang streep-waatlemoene
wat mens in die res van SA gekry het. Ek kon nooit
verstaan hoekom ons lekker eiland-waatlemoene nie
ook op ander plekke gekry kon word nie.
Ek neem aan die Sugar Babies is afstammelinge
van daardie soort waatlemoene. Ons het 'n spesiale
manier gehad om die ding oop te sny, sodat die
meeste van die middeldeel (wat eintlik sonder pitte
is) as 'n kroon ge-eet kan word.
Ons waatlemoene was net baie groter as die sugar
babies wat hulle hier verkoop. Dit was heelwaarskynlik
omdat elke familie 'n blikkie gehou het waar hulle
die pitte gehou het van dié waatlemoene wat hulle nou
as uitsonderlik lekker gevind het. So elke jaar het my
pa dan daardie stroopblikkie wat in die garage gewag
het, geneem en die pitte geplant.
'n Waatlemoen is 'n woestynplant en behoort op
een of ander stadium alleengelaat te word, sonder enige
verdere water. Dus is 'n besproeiingsskema in 'n half-
woestynstreek, soos die eilande van die Oranje, die
ideale soort plek daarvoor. Gee hom volop water tot op
'n sekere punt en laat dit dan in 'n droë land lê
en rypword.
Ek kies nog altyd ons waatlemoene hier soos my
pa ons geleer het: klop met jou kneukels op hom en
hoor of hy helder klink, en kyk of die stengeltjie
droog is, as daar een is. Of kyk na waar die stengeltjie
oorspronklik was.
As jy hom oopsny, behoort hy ook op sy eie effens
te skeur.

Gloudina
Re: Lang Lus [boodskap #68995 is 'n antwoord op boodskap #68991] Ma, 18 November 2002 16:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hilda  is tans af-lyn  Hilda
Boodskappe: 383
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dit laat my dink aan die reuse-waatlemoene wat ek in Saudi-Arabië geëet het.
Ons het hulle in smal, middelgrote stukke gesny en in die vrieskas gebêre.
Dan het ons hulle in 'ys-vorm' swembad saamgevat en vir ons kinders gegee
pleks van koeldrankies. Ek het dit ook altyd baie geniet. Hulle was ook baie
goedkoop, nes die dadels wat 'n mens vir amper niks kon koop. Ek het so baie
van hulle geëet (want in Kongo en hier is hulle baie duur) dat ek daarna
gedurende jare nie meer 'n dadel kon sien nie :-).
Lekker herinneringe !
Hilda.
schreef in bericht news:3DD916E8.8030104@rogers.com...
>
> Suidwester wrote:
>
>> Hoe groot is daai waatlemoen. Die annerdag wals hier so dik bokkie in en
>> bied ons waatlemoene aan.....R24 vir so 'n ronde bollie wat omtrent so die
>> helfte van 'n sokkerbal is.
>
>
> Wel, as ek 'n raai kan waag, dan was daardie
> waatlemoen dit wat hulle hier in ons groente-
> winkels 'n "Sugar Baby" noem. Hulle is net
> die laaste paar jaar in ons vrugterwinkels,
> maar toe ek die eerste dag 'n Sugar Baby koop
> en dit oopsny, toe weet ek 'n lang vraag van
> my is opgelos.
> Want waar ek grootgeword het op die eilande
> van die Oranje het hulle waatlemoene gehad wat
> sekerlik sugar babies was. Hulle was rond en
> met 'n amper groen-swart skil en met geen strepe
> nie, en baie soeter as die lang streep-waatlemoene
> wat mens in die res van SA gekry het. Ek kon nooit
> verstaan hoekom ons lekker eiland-waatlemoene nie
> ook op ander plekke gekry kon word nie.
> Ek neem aan die Sugar Babies is afstammelinge
> van daardie soort waatlemoene. Ons het 'n spesiale
> manier gehad om die ding oop te sny, sodat die
> meeste van die middeldeel (wat eintlik sonder pitte
> is) as 'n kroon ge-eet kan word.
> Ons waatlemoene was net baie groter as die sugar
> babies wat hulle hier verkoop. Dit was heelwaarskynlik
> omdat elke familie 'n blikkie gehou het waar hulle
> die pitte gehou het van dié waatlemoene wat hulle nou
> as uitsonderlik lekker gevind het. So elke jaar het my
> pa dan daardie stroopblikkie wat in die garage gewag
> het, geneem en die pitte geplant.
> 'n Waatlemoen is 'n woestynplant en behoort op
> een of ander stadium alleengelaat te word, sonder enige
> verdere water. Dus is 'n besproeiingsskema in 'n half-
> woestynstreek, soos die eilande van die Oranje, die
> ideale soort plek daarvoor. Gee hom volop water tot op
> 'n sekere punt en laat dit dan in 'n droë land lê
> en rypword.
> Ek kies nog altyd ons waatlemoene hier soos my
> pa ons geleer het: klop met jou kneukels op hom en
> hoor of hy helder klink, en kyk of die stengeltjie
> droog is, as daar een is. Of kyk na waar die stengeltjie
> oorspronklik was.
> As jy hom oopsny, behoort hy ook op sy eie effens
> te skeur.
>
> Gloudina
>
Re: Lang Lus [boodskap #68999 is 'n antwoord op boodskap #68988] Ma, 18 November 2002 16:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Nee wat - ons het hier nie sulke skelms soos julle daar nie.:))
Die R20 is vir die goeie ordentlike groot ovaal waatlemoene.
Nog steeds R15 te veel vir my lus.
Annette

"Suidwester" skryf in boodskap news:3dd900ff.0@news1.mweb.co.za...
> Hoe groot is daai waatlemoen. Die annerdag wals hier so dik bokkie in en
> bied ons waatlemoene aan.....R24 vir so 'n ronde bollie wat omtrent so die
> helfte van 'n sokkerbal is. My lus sleep darem nog nie op die grond rond
> nie....uh, vir waatlemoen nie!!!
> "Annette" wrote in message
> news:aratcq$gip5k$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Hoe ver moet mens se lus uithang om R20 vir 'n waatlemoen te betaal?
>> Annette
>>
>
Re: Lang Lus [boodskap #69001 is 'n antwoord op boodskap #68991] Ma, 18 November 2002 17:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek het ook grootgeword met regte waatlemoene - die rondes is nuwe goed wat
glad nie so lekker eet nie;))
Wat is nou lekkerder as eers 'n stuk kroon, en daarna 'n skyf wat mens eet
dat mens amper rondom taai is en stukkies waatlemoen van die ore afhaal na
die tyd?
Op Velddrif, na die waatlemoenetery, is die skille opgesny in klein
blokkies vir die hoenders.
Annette

skryf in boodskap news:3DD916E8.8030104@rogers.com...
>
> Suidwester wrote:
>
>> Hoe groot is daai waatlemoen. Die annerdag wals hier so dik bokkie in en
>> bied ons waatlemoene aan.....R24 vir so 'n ronde bollie wat omtrent so die
>> helfte van 'n sokkerbal is.
>
>
> Wel, as ek 'n raai kan waag, dan was daardie
> waatlemoen dit wat hulle hier in ons groente-
> winkels 'n "Sugar Baby" noem. Hulle is net
> die laaste paar jaar in ons vrugterwinkels,
> maar toe ek die eerste dag 'n Sugar Baby koop
> en dit oopsny, toe weet ek 'n lang vraag van
> my is opgelos.
> Want waar ek grootgeword het op die eilande
> van die Oranje het hulle waatlemoene gehad wat
> sekerlik sugar babies was. Hulle was rond en
> met 'n amper groen-swart skil en met geen strepe
> nie, en baie soeter as die lang streep-waatlemoene
> wat mens in die res van SA gekry het. Ek kon nooit
> verstaan hoekom ons lekker eiland-waatlemoene nie
> ook op ander plekke gekry kon word nie.
> Ek neem aan die Sugar Babies is afstammelinge
> van daardie soort waatlemoene. Ons het 'n spesiale
> manier gehad om die ding oop te sny, sodat die
> meeste van die middeldeel (wat eintlik sonder pitte
> is) as 'n kroon ge-eet kan word.
> Ons waatlemoene was net baie groter as die sugar
> babies wat hulle hier verkoop. Dit was heelwaarskynlik
> omdat elke familie 'n blikkie gehou het waar hulle
> die pitte gehou het van dié waatlemoene wat hulle nou
> as uitsonderlik lekker gevind het. So elke jaar het my
> pa dan daardie stroopblikkie wat in die garage gewag
> het, geneem en die pitte geplant.
> 'n Waatlemoen is 'n woestynplant en behoort op
> een of ander stadium alleengelaat te word, sonder enige
> verdere water. Dus is 'n besproeiingsskema in 'n half-
> woestynstreek, soos die eilande van die Oranje, die
> ideale soort plek daarvoor. Gee hom volop water tot op
> 'n sekere punt en laat dit dan in 'n droë land lê
> en rypword.
> Ek kies nog altyd ons waatlemoene hier soos my
> pa ons geleer het: klop met jou kneukels op hom en
> hoor of hy helder klink, en kyk of die stengeltjie
> droog is, as daar een is. Of kyk na waar die stengeltjie
> oorspronklik was.
> As jy hom oopsny, behoort hy ook op sy eie effens
> te skeur.
>
> Gloudina
>
Re: Lang Lus [boodskap #69021 is 'n antwoord op boodskap #68980] Di, 19 November 2002 06:28 Na vorige boodskap
foilcut  is tans af-lyn  foilcut
Boodskappe: 25
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Junior Lid
lol

"Annette" skryf in boodskap news:aratcq$gip5k$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Hoe ver moet mens se lus uithang om R20 vir 'n waatlemoen te betaal?
> Annette
>
Vorige onderwerp: Help
Volgende onderwerp: Kaalgatpersketyd
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 14:17:32 MGT 2024