Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Waninligting is mag!
Waninligting is mag! [boodskap #68789] Vr, 15 November 2002 10:20 na volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Al ooit gewonder hoekom politici nie lief daarvoor is om die waarheid te
praat nie? Die ou wat die beste kan lieg, sit met die mag. Hoekom moet
die gepeupel meer weet as wat nodig is? Hier by ons vertel die een swart
ou nou die aand op 'n radio inbelprogram dat die blankes Sondae kerk toe
gaan en vergadering hou net om die ondergang van Swapo te beplan! Nou weet
ek dat party dominee maklik die hol uit die hoender kan ruk met woeste
preke, maar hierdie storie gee mens dalk so 'n effe van 'n kykie van hoe van
die swart mense op die grondvlak dink. Blankes wat dink dat 'n leeftyd se
mishandeling gaan sommer net so vergeet word, moet nog 'n keer dink. Die
een Baster bouer vertel my anderdag dat elke keer as hy blankes net hoor
praat van swart mense en hulle alle soorte van byvoeglike name toevoeg, al
is hy nie betrokke nie, kry hy hoendervleis. Hy sê eendag is eendag, gaan
hy hom met so 'n mens te buite gaan. Wanneer stop dit, vra hy?
Re: Waninligting is mag! [boodskap #68792 is 'n antwoord op boodskap #68789] Vr, 15 November 2002 14:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Suidwester wrote:

Blankes wat dink dat 'n leeftyd se
> mishandeling gaan sommer net so vergeet word, moet nog 'n keer dink.
> Wanneer stop dit, vra hy?

Die diamante rol nog uit
Namibië.

Tant Hessie op die pad na die Nossob.
Re: Waninligting is mag! [boodskap #68815 is 'n antwoord op boodskap #68792] Vr, 15 November 2002 18:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 15 Nov 2002 14:19:35 GMT, "@rogers.com" wrote:

>
> Suidwester wrote:
>
> Blankes wat dink dat 'n leeftyd se
>> mishandeling gaan sommer net so vergeet word, moet nog 'n keer dink.
>> Wanneer stop dit, vra hy?
>
> Die diamante rol nog uit
> Namibië.
>
> Tant Hessie op die pad na die Nossob.

Diamante met 'n Kanadese kleur;
blyk glas te wees

D
Re: Waninligting is mag! [boodskap #68844 is 'n antwoord op boodskap #68792] Sa, 16 November 2002 06:56 Na vorige boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Nou net voor die antie haarself natmaak.....daar is natuurlik die anderkant
ook! Mens kan maar net hoop dat sy na daardie kant ook met sulke plesier
kan luister? Dis die kant van die gewone blanke mens in my land. Gewone
mense wat in hulle alledaagse lewe eintlik nog maar altyd goed saamgeleef
het met meeste swart mense en soos almal maar dieselfde behoeftes het om 'n
billike inkomste te verdien, 'n dak oor die kop te hê en kos om te eet elke
dag. Deur die jare van die oorlog, of vryheidstryd....dit hang af van
watter kant van die draad het jy gestaan, het dinge gebeur waarmee jy
saamstem, maar ook baie waarmee jy nie saamstem nie. Maar dis soos dit met
die gewone burger van 'n land gaan. Jy gehoorsaam die wette en doen wat
van jou verwag word.
Nou is die stryd gewonne en daar is 'n swart meerderheidsregering aan
bewind. Swapo het 'n 75% meerderheid en behoort polities rustig te wees.
Nou is die tyd om te begin werk om Namibië 'n model van doeltreffendheid te
maak. 'n Werklike goeie leier van 'n land behoort eintlik soos 'n goeie
golfspeler te wees. Hy het 'n sak met verskillende stokke waarmee hy die
bal tot op 'n punt wil kry. Elke stok is verskillend, maar tog ook
noodsaaklik. Dit sou stupid vir enige speler wees om te besluit dat hy hou
nie van sekere stokke nie en daarom dit nie wil gebruik nie.
In ons land het die Duitsers 'n magdom ontwikkeling in 'n relatiewe kort
tydperk vermag in 'n land wat rou gelê het met net hier en daar 'n paar
swart stamme. Hulle het hawens gebou, damme gebou, geboue gebou en
besigheid en goedere ingebring. Die land is gekarteer op die ou
ketting-manier...sê akkuraat dat vandag bakens met die GPS amper presies op
plek is! Dis soos die Duitser mos is.....kyk hoe het Duitsland na die 2de
wêreldoorlog gelyk en kyk hoe lyk hy nou. Dis waarvoor Jerry se kind
uitstaan.....wend sy talente aan! So is daar ook die blanke boere. In 'n
harde land waar niemand eintlik wou bly nie, het die boere stukke grond
gekoop en uit die amper ontmoontlike plase geskep wat kos produseer. Vele
het besighede tot stand gebring wat vandag steeds floreer. Die Afrikaner
vaar ook goed in die roetine van die staat en semi-staatinstellings. Wend
hulle aan!
Ongelukkig het ons politieke leiers wat nie eers visie kan spel nie.
Hulle bekommer hulle net oor die volgende verkiesing en of hulle algehele
mag kan behou en bogger die res. Bedrog onder die staatsamptenare is enorm
en die mees onstellendste van alles is, is dat hierdie bedrog soort van half
aanvaar word. Byvoorbeeld, 'n staatsaanklaer in Gobabis roep getuies vir
sake, maar die mense kom nie want hulle het nooit die boodskap gekry nie,
maar sy eis reis en verblyf vir hulle en steek dan die geld in haar eie sak.
Na sy gevang word, gaan sy voort met haar werk met volle salaris asof niks
gebeur het nie!
As Sam Nujoma 'n toespraak maak, dan verwyt hy na 13 jaar steeds die
'Boere' vir alles wat sleg is en so maak al sy adjudante en
luitenante.....hulle moet mos die oubaas beïndruk en hy stel mos die
voorbeeld? As 'n blanke politikus dit sou waag om van die verhoog af te
praat van die 'donnerse kaffers wat ons land opneuk' [of so iets] dan sal
hulle hom vir die res van sy lewe in 'n tronk gooi, maar Nujoma mag dit maar
doen!! In plaas van om die verlede te vergeet en die blankes te verwelkom
en doelbewus aan te wend, vervreem hy ons in ons eie land. Sekerlik verwag
hy nie dat mense wat hy per elke geleentheid uitvloek van die verhoog af,
moet lojaal aan sy regering wees nie. Nou ken g'n blanke uit beginsel die
volkslied van die land nie en as die soldate van die land in die nabyheid
is, lag SA opgeleide soldate lekker vir hulle onbeholptheid sonder 'n
sweempie van patriotisme. Die algemene blanke voel dat hy leef op geleende
tyd in die land. Kinders word oorse� gestuur om eerder daar werk te gaan
soek. Die blankes voer hulle eie besighede binne hulle eie gemeenskappe en
wend hulle inkomste vir hulleself aan. So min as moontlik swart mense word
in diens geneem.
Die gevolge? Mense wat wel werk kan verskaf, doen dit nie en die
werkloosheid eskaleer by die dag. Die land sink dieper en dieper in die
stront in en saam het Namibiërs die vermoë om alles reg te maak, maar die
politici verkies om die mense te polariseer want hulle dink dis dis die
enigste manier om politieke mag te behou. Hulle wil nie andere toelaat
nie, want dan gaan die wêreld tot 'n besef kom van die rykdomme wat die
Swapo heriargie vir hulle self ingewin het. Die uitgesoekte klompie word
skatryk en die gewone man op straat ly.....die blankes wil niks deel nie en
die swart man kry nie werk nie want die blanke wil nie vir hom werk gee nie
en die regering voel vere vir sy eie mense. Nou moet die swatman steel om
aan die lewe te bly en die blanke wil hom vrekskiet om hom van sy goed af te
hou.......en dit alles oor 'n staatsman sonder visie! Dis die lyding van
oral oor Afrika.....mense wat met die emosie van vryheid ingestem word, maar
nie die vermoë het om die verantwoordelikheid wat hy ontvang het, reg te
gebruik nie. Die man op straat steel 'n hemp of 'n kar. Die politici
steel mynregte, grond enstaatseiendom! Dis alles 'n gemors.............
skryf in boodskap news:3DD5035A.6020108@rogers.com...
>
> Suidwester wrote:
>
> Blankes wat dink dat 'n leeftyd se
>> mishandeling gaan sommer net so vergeet word, moet nog 'n keer dink.
>> Wanneer stop dit, vra hy?
>
> Die diamante rol nog uit
> Namibië.
>
> Tant Hessie op die pad na die Nossob.
>
Vorige onderwerp: Wat is julle mening?
Volgende onderwerp: Re: tet
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 10 03:15:43 MGT 2024