Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » RE. Atlanta wys vir ons hoe kitsch ens ens ens
RE. Atlanta wys vir ons hoe kitsch ens ens ens [boodskap #6844] Ma, 22 Julie 1996 00:00 na volgende boodskap
lour...  is tans af-lyn  lour...
Boodskappe: 45
Geregistreer: Julie 1996
Karma: 0
Volle Lid
> Gloudina skryf:
>
> Knip
>
> Die grootste skok vir my was die amper geheel wit
> groep atlete van Suid-Afrika. Ek weet dat dit die beleid
> was om nie volgens kleur atlete te kies nie, en dis 'n baie
> goeie ding. Maar ek was nogtans teleurgestel deur die
> meerderheid wit lede van die span. Ek het gehou van hul
> uniforms...
>
> Knip
>
> Gloudina Bouwer
>

Ja ou sus

Alweer die ou kleur storie ne^, sou jy as die hele span swart was ook 'n vraag
gevra het? Bogger die kleur storie nou man, miskien moet ons die hele ou spul
groen kleur volgende keer, of soos Kaapse klopse aantrek, of Afrika Maskers
opsit of iets. Die feit dat jy eers die ou kleur storie raak gesien het ...

Lou

PS. Nou net 'n briljante idee gehad - Kom ons polariseer die ou spul, wittes
een rigting swartes 'n ander - dan sit jy nou jou swart gepolariseerde
brilletjie op en all die wittes verdwyn, (so een vir jou Gloudina), en vir die
HNP en die perre gee ons 'n wit een - sodat al die swartes vir hulle verdwyn.

Is dit nou nie blerrie briljant nie, demmit ek beter nou onmiddellik die idee
gaan patenteer hier is 'n spul geld te make, reken net 'n driekwart lee
parlement, lee minibus taxis wat op die hoof wee op en af jaag, lee
noordelike voorstede (sal die behuising kwessie onmiddellik oplos,want dan kan
verskillende kleure huise deel ... he he), die moonlikhede is legio.

Hmm, nou as ons iets oor die 11 tale kan doen....
Re: RE. Atlanta wys vir ons hoe kitsch ens ens ens [boodskap #6845 is 'n antwoord op boodskap #6844] Ma, 22 Julie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
> Ja ou sus
>
> Alweer die ou kleur storie ne^,

Lou ou broer,
As hulle tog maar in 1948 die hele klomp
groen gekleur het, sou die tweede helfte van die
20ste eeu miskien heeltmal anders ontwikkel het
in Suid-Afrika?
Vergeef my my �reverse discrimination.�
Ek het, toe ek nog in Suid-Afrika gebly het (as
onderwyseres in swart skole) teveel pyn gesien.
Byvoorbeeld die swart onderwyser wat ook die
nie-blanke rekordhouer vir verspring in Suid -
Afrika was. So sag, so beleef, so sonder enige
haat. Maar jy kon nie help om die pyn in die oe
te sien as hy besef dat hy nie toegelaat word om
te kompeteer teen wittes, sodat hy kan sien of hy
nie miskien die beste in SA is nie. Of die ou sosiale
werker, opgelei in Amerika, wat so graag die opera
in Durban wou bywoon, maar nie toegelaat was nie.
Miskien het ek nog dinge om te leer, maar tot dus -
ver het ek nog nie geleer om hierdie dinge te vergewe
nie.

Gloudina
Re: RE. Atlanta wys vir ons hoe kitsch ens ens ens [boodskap #6861 is 'n antwoord op boodskap #6844] Wo, 24 Julie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wessels  is tans af-lyn  Wessels
Boodskappe: 43
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Volle Lid
In article , iz...@igs.net says...
>
>
>
>> Ja ou sus
>>
>> Alweer die ou kleur storie ne^,
>
>
> Lou ou broer,
> As hulle tog maar in 1948 die hele klomp
> groen gekleur het, sou die tweede helfte van die
> 20ste eeu miskien heeltmal anders ontwikkel het
> in Suid-Afrika?
> Vergeef my my �reverse discrimination.�
> Ek het, toe ek nog in Suid-Afrika gebly het (as
> onderwyseres in swart skole) teveel pyn gesien.
> Byvoorbeeld die swart onderwyser wat ook die
> nie-blanke rekordhouer vir verspring in Suid -
> Afrika was. So sag, so beleef, so sonder enige
> haat. Maar jy kon nie help om die pyn in die oe
> te sien as hy besef dat hy nie toegelaat word om
> te kompeteer teen wittes, sodat hy kan sien of hy
> nie miskien die beste in SA is nie. Of die ou sosiale
> werker, opgelei in Amerika, wat so graag die opera
> in Durban wou bywoon, maar nie toegelaat was nie.
> Miskien het ek nog dinge om te leer, maar tot dus -
> ver het ek nog nie geleer om hierdie dinge te vergewe
> nie.
>
> Gloudina
>
Haai Antie Gloudie

As jy dan so sleg voel oor alles en so verbaas was oor die baie wit
atlete in Atlanta, vir wat boer jy dan so op die nuusgroep - verlang
seker na die beste land in die wereld?

Hoekom leer jy nie jou kinders Afrikaans nie of is dit die taal van die
onderdrukker vir jou ook - jy skryf nog lekker in die Taal.

Ek het 'n kleintjie dood aan die weghardlopers wat hulle bekke vol het
oor wat gebeur - bly stil of wees opbouend man niemand is regtig mal oor
negatiewe opmerkings nie.

Groetnis

At
Re: RE. Atlanta wys vir ons hoe kitsch ens ens ens [boodskap #6862 is 'n antwoord op boodskap #6844] Wo, 24 Julie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
> Haai Antie Gloudie
>
> As jy dan so sleg voel oor alles en so verbaas was oor die baie wit
> atlete in Atlanta, vir wat boer jy dan so op die nuusgroep - verlang
> seker na die beste land in die wereld?

> Ek het 'n kleintjie dood aan die weghardlopers wat hulle bekke vol het
> oor wat gebeur - bly stil of wees opbouend man niemand is regtig mal oor
> negatiewe opmerkings nie.

At my skat,
Ek het ook 'n kleintjie dood aan die
weghardlopers wat hulle bekke vol het. Hoekom
gaan jy nie terug na die land in Europa waaruit
jou voorvaders weggehardloop het nie? En praat
hulle taal. En hoekom praat jy, wit Natalse Afri-
kaner, of die hele land aan jou behoort? Voor die
Voortrekkers in Natal ingegaan het, was daar al-
reeds Engelse EN AMERIKANERS. Op Adams
Mission Station het die Amerikaners die eerste
skool in Natal tot stand laat kom. Dit is daarom
dat die hele plek as 'n geskiedkundige monument
verklaar is. Een van daardie sendelinge, Daniel
Lindley, was die predikant van die Voortrekkers.
Jy se ek skryf nog lekker in die Taal. Nie
sleg vir iemand wat twintig jaar gelede, in 1976,
moes ophou Afrikaans praat omdat haar man
geweier het om langer die taal te praat van die
soldate wat ons op T.V. sien kinders doodskiet
het. Deesdae hou Izak weer van Afrikaans.
Ek mag nou nie fisies op die oomblik in
Suid-Afrika bly nie, maar groot dele van myself
bewoon die land nog, op meer maniere as wat
jy kan raai. Een van my oud-studente, vir wie ek
Afrikaans en Geskiedenis geleer het, Stella Sigcau,
is nou een van die Ministers in die Mandela-kabinet.
Ek wens jou studente dieselfde sukses toe.
Terloops, hoe het jy geweet dat meeste van
my vriende my Gloudie noem?

Gloudina Bouwer

>
> Groetnis
>
> At
>
Re: RE. Atlanta wys vir ons hoe kitsch ens ens ens [boodskap #6871 is 'n antwoord op boodskap #6844] Do, 25 Julie 1996 00:00 Na vorige boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
d...@eastcoast.co.za (Durban College of Education) wrote:

As jy dan so sleg voel oor alles en so verbaas was .....>>>[/color]

Aaa ou AT van Durban!
Jy het mos laas hier gestaan en lieg oor wat die Volksblad sou berig
het oor die Waarheidskommissie toe vra ek jou watter Volksblad dit
in was.
Toe verdwyn jy sonder 'n woord van die lug af!
Het jy nou al daar in Durban die Bloemfonteinse koerant opgespoor om
vir my die verwysing te kan gee?
En het jy toe al een van die juffrouens by die kollege gaan vra om
jou te verduidelik wat die verskil tussen 'n politieke party en 'n
kommissie is?
Re: RE. Atlanta wys vir ons hoe kitsch ens ens ens [boodskap #6872 is 'n antwoord op boodskap #6844] Do, 25 Julie 1996 00:00 Na vorige boodskap
Wessels  is tans af-lyn  Wessels
Boodskappe: 43
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Volle Lid
In article , iz...@igs.net says...
>
>
>
Hallo Gloudie - verskoon die informaliteit (miskien kan ek ook as 'n
vriend gereken word)

Ek het ook 'n kleintjie dood aan die
> weghardlopers wat hulle bekke vol het. Hoekom
> gaan jy nie terug na die land in Europa waaruit
> jou voorvaders weggehardloop het nie?

Ek weet nie eens waar dit is nie party mense se dis Holland ander weer
Duitsland ewenwel ek is hier gebore en sal seker maar hier doodgaan. Sal
nie kan wegkom nie al wil ek.
En praat
> hulle taal. En hoekom praat jy, wit Natalse Afri-
> kaner, of die hele land aan jou behoort?

Ek verstaan nie die een mooi nie dit was nie so bedoel nie - askies man.

Voor die
> Voortrekkers in Natal ingegaan het, was daar al-
> reeds Engelse EN AMERIKANERS. Op Adams
> Mission Station het die Amerikaners die eerste
> skool in Natal tot stand laat kom. Dit is daarom
> dat die hele plek as 'n geskiedkundige monument
> verklaar is. Een van daardie sendelinge, Daniel
> Lindley, was die predikant van die Voortrekkers.
> Jy se ek skryf nog lekker in die Taal. Nie
> sleg vir iemand wat twintig jaar gelede, in 1976,
> moes ophou Afrikaans praat omdat haar man
> geweier het om langer die taal te praat van die
> soldate wat ons op T.V. sien kinders doodskiet
> het. Deesdae hou Izak weer van Afrikaans.
> Ek mag nou nie fisies op die oomblik in
> Suid-Afrika bly nie, maar groot dele van myself
> bewoon die land nog, op meer maniere as wat
> jy kan raai. Een van my oud-studente, vir wie ek
> Afrikaans en Geskiedenis geleer het, Stella Sigcau,
> is nou een van die Ministers in die Mandela-kabinet.
> Ek wens jou studente dieselfde sukses toe.
>
EK dink baie van ons was ook gekant teen die onmenslike apartheidstelsel
maar kon dit nie verander nie, die nuwe Suid Afrika is ook nie Utopia nie
die geweld en doodslag is oral eergister is een van ons studente se broer
dood oor hy op die verkeerde plek en die verkeerde tyd iewers was, so ook
is 'n bekende onderwyser dood omdat hy met die skool se kombi in Durban
op reis was dit is nie meer lekker nie. Mens raak bitter oor al die dinge
en die mense wat padgee kan seker nie kwalik geneem word nie.

Groetnis uit 'n koel Durban.

Terloops, hoe het jy geweet dat meeste van
> my vriende my Gloudie noem?
>
Ek het maar geraai, dit klink lekker om so genoem te word.

Mooi loop

At
> Gloudina Bouwer
>
>>
>> Groetnis
>>
>> At
>>
>
Vorige onderwerp: Atlanta wys vir ons, hoe kitsch Amerika is.
Volgende onderwerp: SNEEUSTORIES
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 00:52:41 MGT 2024