Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Kraanwater
Kraanwater [boodskap #68092] Vr, 01 November 2002 15:11 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Tydens die Trots SA veldtog, sowel as vandag se Wees Positief dag, word ons
vertel dat ons een van slegs 12 lande ter wêreld is wat veilig kraanwater
kan drink.
Watter ander 11 lande is dit?

Ons water is glo ook die 3de skoonste/veiligste water.
Watter ander 2 lande is bo ons en wat is die 12de land?

Ek wil weet, want ek kry dit nie as ek websoeke doen nie.

Annette
Re: Kraanwater [boodskap #68130 is 'n antwoord op boodskap #68092] Sa, 02 November 2002 08:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Namibië is een....behalwe Windhoek, hulle drink strontwater [soos ook
Johannesburg!]

"Annette" skryf in boodskap news:apu5lr$4uo0d$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Tydens die Trots SA veldtog, sowel as vandag se Wees Positief dag, word ons
> vertel dat ons een van slegs 12 lande ter wêreld is wat veilig kraanwater
> kan drink.
> Watter ander 11 lande is dit?
>
> Ons water is glo ook die 3de skoonste/veiligste water.
> Watter ander 2 lande is bo ons en wat is die 12de land?
>
> Ek wil weet, want ek kry dit nie as ek websoeke doen nie.
>
> Annette
>
Re: Kraanwater [boodskap #68133 is 'n antwoord op boodskap #68130] Sa, 02 November 2002 13:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 2 Nov 2002 09:44:51 +0100, "Suidwester" wrote:

> Namibië is een....behalwe Windhoek, hulle drink strontwater [soos ook
> Johannesburg!]

Ek roep nou nog terug (ek dink ek onthou reg dat dit Windhoek was) die
foto van die burgemeester met die glas water (die eerste glas
gesuiwerde water) in sy hand en op pad na sy mond.
Dog ek toe by myself, dit is gelukkig na ek uit Windhoek is.
Maar,... (dink ek later by myself), water is onvernietigbaar. Totaal
en al onvernietigbaar, wat beteken dat daar steeds soveel water
bestaan as met die skepping. (Iemand het eendag daarop gewys dat die
mens uit water is).

Deur hoeveel blase en deur hoeveel mae, deur hoeveel
spysverteringstelsels dink jy Suidwester, is die skoon water wat jy op
die plaas uit die boorgat kry?

Republiekyn
Re: Kraanwater [boodskap #68135 is 'n antwoord op boodskap #68133] Sa, 02 November 2002 14:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hmm. Nogal 'n gedagte is dit nie? Een ding van water uit 'n boorgat is
dat dit darem so deur 'n klomp sand gesuiwer word. Het jy geweet dat met
die suiwering van rioolwater kan hulle nie die klierafskeidings uit die
water haal in die goedkoop proses wat hulle gebruik nie, maar dit is in
sulke klein hoeveelhede aanwesig in die 'gesuiwerde' water dat dit nie 'n
nadelige effek op die mens kan hê nie. So as jou vrou skielik 'n dik stem
kry, blameer dit eerder op die rook en nie op die gesuiwerde water nie!
Heel interessant is dat 'Bojaansbergers eintlik nie daarvan bewus is dat
hulle gsuiwerde water gebruik nie. Deesdae word dit nie meer in groot mate
in Windhoek gedoen nie.
Ja en ek onthou van daai eerste glas water. Die stoutes vertel dat een
van die manne het op die dam net so 'n paar drolle weggevee en toe vir die
burgemeester sy glas geskep......daar was glo so 'n paar groen anties wat
die spulletjie gadegeslaan het!

"DD" skryf in boodskap news:ohj7suoivb88bd28g09vare4v9ps741l64@4ax.com...
> On Sat, 2 Nov 2002 09:44:51 +0100, "Suidwester"
> wrote:
>
>> Namibië is een....behalwe Windhoek, hulle drink strontwater [soos ook
>> Johannesburg!]
>
> Ek roep nou nog terug (ek dink ek onthou reg dat dit Windhoek was) die
> foto van die burgemeester met die glas water (die eerste glas
> gesuiwerde water) in sy hand en op pad na sy mond.
> Dog ek toe by myself, dit is gelukkig na ek uit Windhoek is.
> Maar,... (dink ek later by myself), water is onvernietigbaar. Totaal
> en al onvernietigbaar, wat beteken dat daar steeds soveel water
> bestaan as met die skepping. (Iemand het eendag daarop gewys dat die
> mens uit water is).
>
> Deur hoeveel blase en deur hoeveel mae, deur hoeveel
> spysverteringstelsels dink jy Suidwester, is die skoon water wat jy op
> die plaas uit die boorgat kry?
>
> Republiekyn
>
Re: Kraanwater [boodskap #68136 is 'n antwoord op boodskap #68135] Sa, 02 November 2002 14:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Suidwester wrote:

Het jy geweet dat met
> die suiwering van rioolwater kan hulle nie die klierafskeidings uit die
> water haal in die goedkoop proses wat hulle gebruik nie, maar dit is in
> sulke klein hoeveelhede aanwesig in die 'gesuiwerde' water dat dit nie 'n
> nadelige effek op die mens kan hê nie. So as jou vrou skielik 'n dik stem
> kry, blameer dit eerder op die rook en nie op die gesuiwerde water nie!

Hier in Kanada is die suiwerheid van water
op die oomblik baie in die nuus. (Hoofsaaklik
omdat soveel van Kanada se oppervlakte so
bestrooi is met mere, en ook omdat Kanada deur
die res van die wêreld gesien word as 'n plek
waar water "gekoop" kan word.) Dit is al lankal
bekend dat visse in die groot mere manlike en
vroulike seksorgane kan ontwikkel, en daar is
gedurige spekulasie oor wat dit veroorsaak. Nou
onlangs is daar weer in die koerante berig hoe
die navorsers klein hoeveelhede van allerhande
preskripsie-medisyne in sekere areas se water
ontdek. Wat kan jy nou verwag. As ek van een
of ander pille ontslae wil raak, behoort ek dit
eintlik na 'n apteek te neem, en die apteek
behoort dit na 'n plek te neem waar hulle
hospitaal-afval verbrand. Maar wie doen dit nou?
Ek sit dit maar in die plastiese sakkie en gooi
dit by die geut in die woonstel af, en dan word
dit gemeng met die dorp se afval en erens word
dit begrawe en grond bo-op gestrooi en dan lyk
dit net soos 'n groen heuweltjie.

Gloudina
Re: Kraanwater [boodskap #68137 is 'n antwoord op boodskap #68130] Sa, 02 November 2002 14:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Willie Vorster  is tans af-lyn  Willie Vorster
Boodskappe: 38
Geregistreer: September 2002
Karma: 0
Volle Lid
Hoe lui die spreekwoord nou weer? Wat die oog nie sien nie doen die hart
geen skade...... of so-iets. Johannesburg se water proe baie lekkerder net
so uit die kraan as Perth s'n byvoorbeeld. Ek drink liewer die sjoeriets
water van JNB as om een sluk water uit die kraan van Perth te vat.

Willie.

"Suidwester"
> Namibië is een....behalwe Windhoek, hulle drink strontwater [soos ook
> Johannesburg!]
Re: Kraanwater [boodskap #68138 is 'n antwoord op boodskap #68135] Sa, 02 November 2002 14:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 2 Nov 2002 15:00:23 +0100, "Suidwester" wrote:

> Hmm. Nogal 'n gedagte is dit nie? Een ding van water uit 'n boorgat is
> dat dit darem so deur 'n klomp sand gesuiwer word.

Die ou mense het 'n gesegde gehad wat iets was soos 'as water oor sewe
klippe gespoel het is dit skoon'.

> Het jy geweet dat met
> die suiwering van rioolwater kan hulle nie die klierafskeidings uit die
> water haal in die goedkoop proses wat hulle gebruik nie, maar dit is in
> sulke klein hoeveelhede aanwesig in die 'gesuiwerde' water dat dit nie 'n
> nadelige effek op die mens kan hê nie.
Nee

> So as jou vrou skielik 'n dik stem
> kry, blameer dit eerder op die rook en nie op die gesuiwerde water nie!

En as die Republiekein skielik 'n Republiekyn word, dan het dit met
ongesuiwerde spelling te doen:-)

> Ja en ek onthou van daai eerste glas water. Die stoutes vertel dat een
> van die manne het op die dam net so 'n paar drolle weggevee en toe vir die
> burgemeester sy glas geskep......daar was glo so 'n paar groen anties wat
> die spulletjie gadegeslaan het!

So vreeslik vreeslik (eintlik verskriklik) moontlik:-)))

DD
Re: Kraanwater [boodskap #68154 is 'n antwoord op boodskap #68137] So, 03 November 2002 07:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 2 Nov 2002 22:25:48 +0800, "Willie Vorster"
wrote:

> Johannesburg se water proe baie lekkerder net
> so uit die kraan as Perth s'n byvoorbeeld. Ek drink liewer die sjoeriets
> water van JNB as om een sluk water uit die kraan van Perth te vat.
>
> Willie.

Eintlik is die smaak van water iets heel interessant Willie. Toe ek
in Walvisbaai aanland het die water vreeslik gesmaak. En nie so
so maklik soos die water wat ek aan gewoond was, dors geles nie.
Want dit het sout gesmaak.
Toe ek uit Walvisbaai is (sowat sewe maande later) het dit heerlik
gesmaak. Ses weke in in Windhoek het my aan die smaak van
Windhoekwater gewoond gemaak. Toe ek terug is in Gauteng het
die water hier vreemd gesmaak totdat ek weer daarmee ingeskakel
het.
Ek besit eiendom in Durban en in Gauteng. In die nie-so-verre toekoms
beoog ek om na Durbs toe te verhuis (want/en) die water daar is van
die eerste teug af van die lekkerste wat ek al geproe het. Met 'n
glas water in die hand het ek gelag en vir my vrou gesê dat ek hier
wil woon want hier drink ek water al is ek nie dors nie. Dit is
heerlik.

Ek glo nie ek hoef te vra nie, dit is seker almal se ondervinding dat
verskillende plekke se water verskillend smaak. Met 'n kleiner
gewaarding vir die rokers natuurlik, hulle smaak sintuie issie so
lekka nie:-)))

DD
Re: Kraanwater [boodskap #68175 is 'n antwoord op boodskap #68154] Ma, 04 November 2002 05:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Net vir die interessantgeid.....daai gesuiwerde rioolwater is toevallig
chemies blykbaar suiwerder as boorgat- of damwater en daarom is sy smaak
meer neutraal. Jy sal kry dat water wat bv. uit Namibië se suide kom, heel
anders smaak as dit wat jy in die Namib kry. Windhoek s'n smaak meer
neutraal.....MAAR nie so lank gelede nie het dele van Windhoek sulke bruin
water gehad en sommige met so 'n klankie verby. Dis toe daar wat die
inwoners reken dat die k.k hulle nou rêrig getref het! Dis toe dat hulle
moet uitvind dat 90% van hulle water kom vanuit Okahandja se damme en die
suiweringswerke lewer eintlik nie meer 'n substantiewe bydrae nie. Ek het
nooit gehoor of die rede vir die bruin water ooit gevind is nie............

"DD" skryf in boodskap news:r7j9su84kp1c3fq777618p0unop9nfr5mk@4ax.com...
> On Sat, 2 Nov 2002 22:25:48 +0800, "Willie Vorster"
> wrote:
>
>> Johannesburg se water proe baie lekkerder net
>> so uit die kraan as Perth s'n byvoorbeeld. Ek drink liewer die sjoeriets
>> water van JNB as om een sluk water uit die kraan van Perth te vat.
>>
>> Willie.
>
> Eintlik is die smaak van water iets heel interessant Willie. Toe ek
> in Walvisbaai aanland het die water vreeslik gesmaak. En nie so
> so maklik soos die water wat ek aan gewoond was, dors geles nie.
> Want dit het sout gesmaak.
> Toe ek uit Walvisbaai is (sowat sewe maande later) het dit heerlik
> gesmaak. Ses weke in in Windhoek het my aan die smaak van
> Windhoekwater gewoond gemaak. Toe ek terug is in Gauteng het
> die water hier vreemd gesmaak totdat ek weer daarmee ingeskakel
> het.
> Ek besit eiendom in Durban en in Gauteng. In die nie-so-verre toekoms
> beoog ek om na Durbs toe te verhuis (want/en) die water daar is van
> die eerste teug af van die lekkerste wat ek al geproe het. Met 'n
> glas water in die hand het ek gelag en vir my vrou gesê dat ek hier
> wil woon want hier drink ek water al is ek nie dors nie. Dit is
> heerlik.
>
> Ek glo nie ek hoef te vra nie, dit is seker almal se ondervinding dat
> verskillende plekke se water verskillend smaak. Met 'n kleiner
> gewaarding vir die rokers natuurlik, hulle smaak sintuie issie so
> lekka nie:-)))
>
> DD
>
Re: Kraanwater [boodskap #68180 is 'n antwoord op boodskap #68175] Ma, 04 November 2002 08:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suzan  is tans af-lyn  Suzan
Boodskappe: 42
Geregistreer: Desember 1999
Karma: 0
Volle Lid
"Suidwester" schreef

> Dis toe dat hulle
> moet uitvind dat 90% van hulle water kom vanuit Okahandja se damme en die
> suiweringswerke lewer eintlik nie meer 'n substantiewe bydrae nie. Ek het
> nooit gehoor of die rede vir die bruin water ooit gevind is
nie............

Was het roodbruin? Dan kan het roest zijn.
(een leraar die mij ooit les gaf :) was een keer naar Egypte geweest en kon
daar
ook alleen maar bruin water drinken in zijn hotel. Dat was roest.

Suzan
Re: Kraanwater [boodskap #68182 is 'n antwoord op boodskap #68180] Ma, 04 November 2002 08:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hmmm. Sal hoor by die Windhoekers of enige van húlle geroes het? He-he!
Een ou hier vertel dit was nie roes nie, want die leweringspype is van asbes
en daar was met 'n las probleme en grond het in die water beland....so iets.

"Suzan" skryf in boodskap news:3dc628db$0$45991$8fcfb86b@news.wanadoo.nl...
> "Suidwester" schreef
>
>
>> Dis toe dat hulle
>> moet uitvind dat 90% van hulle water kom vanuit Okahandja se damme en die
>> suiweringswerke lewer eintlik nie meer 'n substantiewe bydrae nie. Ek
> het
>> nooit gehoor of die rede vir die bruin water ooit gevind is
> nie............
>
> Was het roodbruin? Dan kan het roest zijn.
> (een leraar die mij ooit les gaf :) was een keer naar Egypte geweest en kon
> daar
> ook alleen maar bruin water drinken in zijn hotel. Dat was roest.
>
> Suzan
>
Re: Kraanwater [boodskap #68184 is 'n antwoord op boodskap #68133] Ma, 04 November 2002 15:45 Na vorige boodskap
Bruce Seller  is tans af-lyn  Bruce Seller
Boodskappe: 1
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Junior Lid
DD skryf in boodskap news:...
> On Sat, 2 Nov 2002 09:44:51 +0100, "Suidwester"
> wrote:
>
>> Namibië is een....behalwe Windhoek, hulle drink strontwater [soos ook
>> Johannesburg!]
>
> Ek roep nou nog terug (ek dink ek onthou reg dat dit Windhoek was) die
> foto van die burgemeester met die glas water (die eerste glas
> gesuiwerde water) in sy hand en op pad na sy mond.
> Dog ek toe by myself, dit is gelukkig na ek uit Windhoek is.
> Maar,... (dink ek later by myself), water is onvernietigbaar. Totaal
> en al onvernietigbaar, wat beteken dat daar steeds soveel water
> bestaan as met die skepping. (Iemand het eendag daarop gewys dat die
> mens uit water is).
>
> Deur hoeveel blase en deur hoeveel mae, deur hoeveel
> spysverteringstelsels dink jy Suidwester, is die skoon water wat jy op
> die plaas uit die boorgat kry?
>
> Republiekyn

Hallo Republiekyn

Dis 'n baie interresante punt wat jy maak, maar ek wil net graag noem
dat water redelik maklik afgebreek kan word in Waterstof en Suurstof
d.m.v. elektroliese (onder andere). Sorry dat ek die dr*l in die
drinkwater is ;-)

Bruce Seller
Vorige onderwerp: Re: The Boswell-Wilkie Circus is back
Volgende onderwerp: Plaasbesettings: Namibia & Afrika
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 10:18:47 MGT 2024