Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Gewettigde prostitusie.
Gewettigde prostitusie. [boodskap #67877] Ma, 28 Oktober 2002 11:00 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Die grondwetlike hof het toe beslis dis nie ongrondwetlik om prostitusie nie
te wettig nie.
Alles goed en wel.
Nou gaan die dames blykbaar in protes landswyd 'n mars hou, hulself
organiseer in unies en werkswinkels en behoorlik begin register hou wie die
gaste is wat so van die onwettigheid gebruik maak.
O ja, as hulle onwettig is, is daar mos nie werkloosheidsversekering en
belasting aftrekbaar nie, en nog minder boeke wat die betaling van
kommissies en salarisse boekstaaf.
As ons al die dames kry om hulle landsbydraes te maak. dan is ons
belastingkoers nog 'n kerf of twee laer;))
Ek gaan saam loop, om 'n verskillende rede:))

Annette
Re: Gewettigde prostitusie. [boodskap #67879 is 'n antwoord op boodskap #67877] Ma, 28 Oktober 2002 12:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek vind dit absoluut verstommend dat die mense van Suider-Afrika 'n probleem
daarmee het om prostitusie te wettig. Soos hulle sê dat brandewyn nie
brieke het nie, so het 'n man se lus die vermoë om sy verstand verby te
steek...en dan, dán....! Om prostitusie langer buite die wet te hou, gaan
nie eers een knippie stop nie. Die ou wat lus is, gaan dit doen, wettig of
nie wettig nie. Al sê die regering of die kerk nou ook wat, dis die een
ding wat jy nie dood'gewet' sal kry nie.
Maar dink net aan al die voordele van 'n gewettigde prostitusie. In
die eerste plek gaan die dames belasting moet betaal en dan kan jy mos nou
reëls opstel vir gesondheid, ens. Die groot ironie is dat jy so meer gaan
regkry om prostitusie te verminder as om dit te verbied. Sulke goete teen
die wet is fun.....as elke ou dit mag doen, is die snaaksgeid verby. Net
soos dit met pornografie was!

"Annette" skryf in boodskap news:apj5dh$204mn$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Die grondwetlike hof het toe beslis dis nie ongrondwetlik om prostitusie nie
> te wettig nie.
> Alles goed en wel.
> Nou gaan die dames blykbaar in protes landswyd 'n mars hou, hulself
> organiseer in unies en werkswinkels en behoorlik begin register hou wie die
> gaste is wat so van die onwettigheid gebruik maak.
> O ja, as hulle onwettig is, is daar mos nie werkloosheidsversekering en
> belasting aftrekbaar nie, en nog minder boeke wat die betaling van
> kommissies en salarisse boekstaaf.
> As ons al die dames kry om hulle landsbydraes te maak. dan is ons
> belastingkoers nog 'n kerf of twee laer;))
> Ek gaan saam loop, om 'n verskillende rede:))
>
> Annette
>
Re: Gewettigde prostitusie. [boodskap #67880 is 'n antwoord op boodskap #67877] Ma, 28 Oktober 2002 13:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Annette
Nou gaan die dames blykbaar in protes landswyd 'n mars hou,
hulself organiseer in unies

Wouter
Fuck-unies?
Re: Gewettigde prostitusie. [boodskap #67881 is 'n antwoord op boodskap #67879] Ma, 28 Oktober 2002 13:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Suidwester
Ek vind dit absoluut verstommend dat die mense van Suider-Afrika
'n probleem daarmee het om prostitusie te wettig.

Wouter
As iemand tog maar net 'n besluit hieroor wil neem, dan sal alles
dalk meer sin maak. Maar al hierdie gehoe-ha gaan net oor die
effek van die nuwe grondwet op die ou wette wat nog al die jare
staan en waarvolgens prostitusie onwettig is. Die politici skram
weg van die onderwerp. Die polisie pas meesal nie die ou wette
toe behalwe as iemand kla nie, hulle sê (heel tereg?) daar is
belangriker misdade wat hulle aandag nodig het.

En die publiek word in die proses taamlik verward en verloor
hulle nog meer respek vir die wet. En intussen, ten spyte daarvan
dat die aarde rond is, steek die mense om elk hoek en draai.

'n Dop, natuurlik.
Re: Gewettigde prostitusie. [boodskap #67882 is 'n antwoord op boodskap #67881] Ma, 28 Oktober 2002 14:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Thys de Wet  is tans af-lyn  Thys de Wet
Boodskappe: 211
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
Om elke hoek en draai
is daar 'n koek wat sitten kloek
oor sal ons steek
('n dop of wat?)
ennie polieste innie stasie
worrie nie
(As hulle nettie raasie)

die poging op die hoek
word dalk
'n nuwe nasie
wattie sil raasie
assie hoere
op hul hakke loop

Wie kannit da' hou maai deer?
wie kannit da' hou?

So wie sê dissie mee' soe 'ie
natuurlik sil gloudina
wee my koppafbyt
oo' ekkit hie in kaaps sit
skryf

ma daai's nog niks'ie
ga kyk ma net in main road
in somerset of claremont
hul staat da neetjies ingeryg
by elke lamppaal portaal
of straathoek
wit en bruin en swart en pienk
daai beroep verstaan
nie meer van kleur
of geur
of caste of colour!

en as jy met jou moutir straataf ry
dan sit hul daaise been
(soe met 'n viesjnet stokkieng om tot boe)
mooitjies uit so asof te sê:
kom kyk, kom kyk
as jy wil voel
dan moet jy eers betaal
en agterna kan jy kyk!
mens sou sweer hul't bene
tot by hul armholtes toe

Thys opp't Bos
Re: Gewettigde prostitusie. [boodskap #67883 is 'n antwoord op boodskap #67880] Ma, 28 Oktober 2002 14:11 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
> Annette
> Nou gaan die dames blykbaar in protes landswyd 'n mars hou,
> hulself organiseer in unies
>
> Wouter
> Fuck-unies?

Annette:
Werksunie: Bedlam :))

>
Vorige onderwerp: Mti - baas?
Volgende onderwerp: Die Blondine
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 03 12:15:47 MGT 2024