Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Virrie Holanders
Virrie Holanders [boodskap #67651] Vr, 18 Oktober 2002 07:06 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Waaroor het Willem de Zwijger geswyg om die naam te verdien?
Weet iemand?
'n Kort antwoord in verstaanbare taal sal waardeer word:)

Annette
Re: Virrie Holanders [boodskap #67666 is 'n antwoord op boodskap #67651] Vr, 18 Oktober 2002 10:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Ek verstaan ons het so 'n politikus op die regeringsbanke wat in sy volle
tyd daar omtrent nog net "Mollo" gesê het.
K

"Annette" skryf in boodskap news:aooht3$nt0lj$2@ID-92016.news.dfncis.de...
> Waaroor het Willem de Zwijger geswyg om die naam te verdien?
> Weet iemand?
> 'n Kort antwoord in verstaanbare taal sal waardeer word:)
>
> Annette
>
Re: Virrie Holanders [boodskap #67667 is 'n antwoord op boodskap #67666] Vr, 18 Oktober 2002 11:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dit was een woord meer as ons vorige minister van Buitelandse Sake;))
Annette

"Koot" skryf in boodskap news:aoooof$cai$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ek verstaan ons het so 'n politikus op die regeringsbanke wat in sy volle
> tyd daar omtrent nog net "Mollo" gesê het.
> K
>
> "Annette" wrote in message
> news:aooht3$nt0lj$2@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Waaroor het Willem de Zwijger geswyg om die naam te verdien?
>> Weet iemand?
>> 'n Kort antwoord in verstaanbare taal sal waardeer word:)
>>
>> Annette
>>
>
Re: Virrie Holanders [boodskap #67668 is 'n antwoord op boodskap #67667] Vr, 18 Oktober 2002 12:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Koot
> Ek verstaan ons het 'n politikus op die regeringsbanke wat in sy volle
> tyd daar omtrent nog net "Mollo" gesê het.

Annette
Dit was een woord meer as ons vorige minister van Buitelandse Sake;))

Wouter
Hy het nie geswyg nie, hy het gereeld NzzzzZZZZZZ gesê
Re: Virrie Holanders [boodskap #67669 is 'n antwoord op boodskap #67668] Vr, 18 Oktober 2002 12:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dis nie 'n woord nie:)))
Annette

"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3daffc52.0@news1.mweb.co.za...
> Koot
>> Ek verstaan ons het 'n politikus op die regeringsbanke wat in sy volle
>> tyd daar omtrent nog net "Mollo" gesê het.
>
> Annette
> Dit was een woord meer as ons vorige minister van Buitelandse Sake;))
>
> Wouter
> Hy het nie geswyg nie, hy het gereeld NzzzzZZZZZZ gesê
>
Re: Virrie Holanders [boodskap #67685 is 'n antwoord op boodskap #67666] Sa, 19 Oktober 2002 04:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Hy verdien 'n prys ...

"Koot" skryf in boodskap news:aoooof$cai$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ek verstaan ons het so 'n politikus op die regeringsbanke wat in sy volle
> tyd daar omtrent nog net "Mollo" gesê het.
> K
>
> "Annette" wrote in message
> news:aooht3$nt0lj$2@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Waaroor het Willem de Zwijger geswyg om die naam te verdien?
>> Weet iemand?
>> 'n Kort antwoord in verstaanbare taal sal waardeer word:)
>>
>> Annette
>>
>
Re: Virrie Holanders [boodskap #67694 is 'n antwoord op boodskap #67651] So, 20 Oktober 2002 16:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rico  is tans af-lyn  Rico
Boodskappe: 823
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" skryf in boodskap news:aooht3$nt0lj$2@ID-92016.news.dfncis.de...
> Waaroor het Willem de Zwijger geswyg om die naam te verdien?
> Weet iemand?

Dit was 'n ou van weinig woorde en baie dade.

Maar Annette jy moet nie vergeet nie, julle was toen nog in in Europa.
Wel jou voorouers :-))

En jy weet ons is 'n swygsame volk, maar met baie dade

Gr.Rico

> 'n Kort antwoord in verstaanbare taal sal waardeer word:)
>
> Annette
>
Re: Virrie Holanders [boodskap #67696 is 'n antwoord op boodskap #67694] So, 20 Oktober 2002 16:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
Hoe lank het julle nou weer teen Spanje baklei :-) of gaan jy daaroor swyg?
:-)
~~~~~~~
"Rico"
> En jy weet ons is 'n swygsame volk, maar met baie dade
>
> Gr.Rico
Re: Virrie Holanders [boodskap #67705 is 'n antwoord op boodskap #67651] Ma, 21 Oktober 2002 09:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Rico, weet jy, dis die snaakste ding. Ek praat nou net van my en my familie,
maar ons stel niks belang wat ons voorvaders gedoen het voordat hulle hier
geland het nie - watse oorloë hulle in sou baklei het of wat ook al nie.
Ons belangstelling gaan net terug om uit te weet wat hulle tydens die
boere-oorlog en die WO's gedoen het.
Ek is van 'n vreeslike familievaste en vredeliewende familie.

Noudat jy praat van as dit nie vir die oorlog was nie, dan het jy nie nou
die lewe van vandag gehad nie. Wie sê? Niemand kan tog bewys hoe dit anders
sou gewees het nie.
Miskien sou die Hollanders nou lekker rooi wyn kon maak, of die Spanjaarde
lekker kaas?
Annette

"Rico" skryf in boodskap news:ap0ggj$mr9$1@news1.xs4all.nl...
>
> "Tobie" schreef in bericht
> news:aouluc$sin$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Hoe lank het julle nou weer teen Spanje baklei :-) of gaan jy daaroor
> swyg?
>
> 80 jare Tobie en ons kan ons voorouers dankie se, dis hoekom ek en jy kan
> nou lewe soos ons lewe.
> Tobie ook jou voorouers het hier gebaklei en hulle ht jou hieroor nie vertel
> nie???
>
> Rico
>> :-)
>> ~~~~~~~
>> "Rico"
>>> En jy weet ons is 'n swygsame volk, maar met baie dade
>>>
>>> Gr.Rico
>>
>
Re: Virrie Holanders [boodskap #67706 is 'n antwoord op boodskap #67696] Ma, 21 Oktober 2002 09:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rico  is tans af-lyn  Rico
Boodskappe: 823
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Tobie" skryf in boodskap news:aouluc$sin$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Hoe lank het julle nou weer teen Spanje baklei :-) of gaan jy daaroor
swyg?

80 jare Tobie en ons kan ons voorouers dankie se, dis hoekom ek en jy kan
nou lewe soos ons lewe.
Tobie ook jou voorouers het hier gebaklei en hulle ht jou hieroor nie vertel
nie???

Rico
> :-)
> ~~~~~~~
> "Rico"
>> En jy weet ons is 'n swygsame volk, maar met baie dade
>>
>> Gr.Rico
>
Re: Virrie Holanders [boodskap #67710 is 'n antwoord op boodskap #67705] Ma, 21 Oktober 2002 13:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Annette wrote:

> Rico, weet jy, dis die snaakste ding. Ek praat nou net van my en my familie,
> maar ons stel niks belang wat ons voorvaders gedoen het voordat hulle hier
> geland het nie

Ek weer, stel nogal baie belang in waar
my voorouers vandaan kom. Van moederskant
weet ek dat daar baie Franse name is, dus
was hulle as Protestante vervolg in Europa
en het hulle heelwaarskynlik na Nederland
gevlug voordat hulle na die Kaap gekom het,
waar hulle 'n taal geleer het wat al klaar
sommige van die kenmerke van Afrikaans vertoon
het. (Die familie se huidige naam word Rossouw
gespel.)
Aan vaderskant weet ek dat die oervader
Rykheer na die Kaap gekom het in 1706, en dat
hy 'n matroos op die skepe van die HOIK was
voordat hy boer geword het. (Die naam Rykheer
mag vreeslik Nederlands lyk, maar daar is nie
Rykheers in Nederland nie. Die stamvader het
van verder oos gekom in Europa, heelwaarskynlik
waar suidelike Denemarke nou is, en het gevlug
vir die godsdienstige oorloë wat daar in Europa
gewoed het en matroos geword op die skepe van die
baie ryk Nederlanders.)
Tik ek nou die naam Rykheer in op Google, dan
vind ek die naam "Philip Joseph Leonard Rykheer"
wat blykbaar al in 1790 getroud is met 'n dogter
van die stamvader van die Kleynsmit-familie. Nou
is die vraag: waar het dié Rykheer so vroeg aan
al so 'n duidelike klomp Engelse voorname gekry?
1790 is voor die Eerste Britse Okkupasie van die
Kaap. Kan dit wees dat daar baie Engelse al daar
rond gewees het voor Engeland die Kaap oorgeneem
het? Miskien Engelse sendelinge?

Gloudina
Re: Virrie Holanders [boodskap #67711 is 'n antwoord op boodskap #67706] Ma, 21 Oktober 2002 13:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Rico wrote:

> "Tobie" schreef in bericht
>> Hoe lank het julle nou weer teen Spanje baklei :-)
>
> 80 jare Tobie en ons kan ons voorouers dankie se, dis hoekom ek en jy kan
> nou lewe soos ons lewe.
> Tobie ook jou voorouers het hier gebaklei en hulle ht jou hieroor nie vertel
> nie???

Rico, daar is dinge wat julle Nederlanders
moet probeer terugkry van die swernoters van
Spanjaarde. Omtrent al die goeie skilderye
van Hieronymus Bosch is in Spanje, waarheen
Phillip II dit geneem het. Dit behoort tuis
gebring te word.

Gloudina
Re: Virrie Holanders [boodskap #67712 is 'n antwoord op boodskap #67711] Ma, 21 Oktober 2002 14:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Die goed gee my nagmerries. Laat hulle dit hou vir straf.
K

skryf in boodskap news:3DB408BD.2060805@rogers.com...
>
> Rico wrote:
>
>> "Tobie" schreef in bericht
>>> Hoe lank het julle nou weer teen Spanje baklei :-)
>>
>> 80 jare Tobie en ons kan ons voorouers dankie se, dis hoekom ek en jy kan
>> nou lewe soos ons lewe.
>> Tobie ook jou voorouers het hier gebaklei en hulle ht jou hieroor nie vertel
>> nie???
>
>
> Rico, daar is dinge wat julle Nederlanders
> moet probeer terugkry van die swernoters van
> Spanjaarde. Omtrent al die goeie skilderye
> van Hieronymus Bosch is in Spanje, waarheen
> Phillip II dit geneem het. Dit behoort tuis
> gebring te word.
>
> Gloudina
>
Re: Virrie Holanders [boodskap #67713 is 'n antwoord op boodskap #67705] Ma, 21 Oktober 2002 14:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rico  is tans af-lyn  Rico
Boodskappe: 823
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Annette,

Jy kan tog maar nie net jou kop in die grond steek, soos 'n voelstruis nie??

Jou voorouers en my voorouers, is europees, net soos Gloudinas en ons kan
maar net familie wees :)))

Gr.Rico

"Annette" skryf in boodskap news:ap0i9h$q6glk$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Rico, weet jy, dis die snaakste ding. Ek praat nou net van my en my familie,
> maar ons stel niks belang wat ons voorvaders gedoen het voordat hulle hier
> geland het nie - watse oorloë hulle in sou baklei het of wat ook al nie.
> Ons belangstelling gaan net terug om uit te weet wat hulle tydens die
> boere-oorlog en die WO's gedoen het.
> Ek is van 'n vreeslike familievaste en vredeliewende familie.
>
> Noudat jy praat van as dit nie vir die oorlog was nie, dan het jy nie nou
> die lewe van vandag gehad nie. Wie sê? Niemand kan tog bewys hoe dit anders
> sou gewees het nie.
> Miskien sou die Hollanders nou lekker rooi wyn kon maak, of die Spanjaarde
> lekker kaas?
> Annette
>
>
> "Rico" wrote in message
> news:ap0ggj$mr9$1@news1.xs4all.nl...
>>
>> "Tobie" schreef in bericht
>> news:aouluc$sin$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>> Hoe lank het julle nou weer teen Spanje baklei :-) of gaan jy daaroor
>> swyg?
>>
>> 80 jare Tobie en ons kan ons voorouers dankie se, dis hoekom ek en jy kan
>> nou lewe soos ons lewe.
>> Tobie ook jou voorouers het hier gebaklei en hulle ht jou hieroor nie
> vertel
>> nie???
>>
>> Rico
>>> :-)
>>> ~~~~~~~
>>> "Rico"
>>>> En jy weet ons is 'n swygsame volk, maar met baie dade
>>>>
>>>> Gr.Rico
>>>
>>
>
Re: Virrie Holanders [boodskap #67714 is 'n antwoord op boodskap #67712] Ma, 21 Oktober 2002 15:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Koot wrote:

> Die goed gee my nagmerries. Laat hulle dit hou vir straf.

Koot, Koot. Jy moenie so praat nie. Na William
Blake se werk is die skilderwerk van Hieronymus
Bosch die belangrikste in ons huis. Ons rekenaar-
skerm het die middelpaneel op van die triptiek
wat verkeerdelik "The Garden of Earthly Delights"
genoem word. Dit is eintlik "The Madrona-berry
painting" in Engels. Ons het 'n afdruk van die
triptiek ook in ons eetkamer. Ons het dit in Madrid
gekoop waarheen ons spesiaal eenkeer gegaan het net
om Bosch se werke in die Prado te sien.
Ek het nie nou tyd nie, maar sal later vir jou
vertel wat op die triptiek aangaan en die verskillende
teorieë van wat dit beteken en die oorsprong daarvan.
Ek sal ook die Opperman-gedig daaroor op die
nuusgroep sit. Ek dink Boerneef het ook 'n gedig
daaroor.

Gloudina
Re: Virrie Holanders [boodskap #67715 is 'n antwoord op boodskap #67706] Ma, 21 Oktober 2002 18:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
"Rico"
---knip---
> Tobie ook jou voorouers het hier gebaklei en hulle ht jou hieroor nie
vertel
---knip---

Rico, my voorouers het uit Frankryk gevlug vir geloofsvryheid, anders as die
'Ollanders wat Kaap toe gekom het om geld te gemaak het.
80 jaar oorlog gemaak, dan sê jy dat Hollanders eerder daders van hul woord
is as praters .......... :-)
Groete
Re: Virrie Holanders [boodskap #67719 is 'n antwoord op boodskap #67713] Di, 22 Oktober 2002 03:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Haai nooit! Onmoontlik!:))
Annette

"Rico" skryf in boodskap news:ap13d5$ap6$1@news1.xs4all.nl...
> Annette,
>
> Jy kan tog maar nie net jou kop in die grond steek, soos 'n voelstruis nie??
>
> Jou voorouers en my voorouers, is europees, net soos Gloudinas en ons kan
> maar net familie wees :)))
>
> Gr.Rico
>
> "Annette" schreef in bericht
> news:ap0i9h$q6glk$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Rico, weet jy, dis die snaakste ding. Ek praat nou net van my en my
> familie,
>> maar ons stel niks belang wat ons voorvaders gedoen het voordat hulle hier
>> geland het nie - watse oorloë hulle in sou baklei het of wat ook al nie.
>> Ons belangstelling gaan net terug om uit te weet wat hulle tydens die
>> boere-oorlog en die WO's gedoen het.
>> Ek is van 'n vreeslike familievaste en vredeliewende familie.
>>
>> Noudat jy praat van as dit nie vir die oorlog was nie, dan het jy nie nou
>> die lewe van vandag gehad nie. Wie sê? Niemand kan tog bewys hoe dit
> anders
>> sou gewees het nie.
>> Miskien sou die Hollanders nou lekker rooi wyn kon maak, of die Spanjaarde
>> lekker kaas?
>> Annette
>>
>>
>> "Rico" wrote in message
>> news:ap0ggj$mr9$1@news1.xs4all.nl...
>>>
>>> "Tobie" schreef in bericht
>>> news:aouluc$sin$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>>> Hoe lank het julle nou weer teen Spanje baklei :-) of gaan jy
daaroor
>>> swyg?
>>>
>>> 80 jare Tobie en ons kan ons voorouers dankie se, dis hoekom ek en jy
> kan
>>> nou lewe soos ons lewe.
>>> Tobie ook jou voorouers het hier gebaklei en hulle ht jou hieroor nie
>> vertel
>>> nie???
>>>
>>> Rico
>>>> :-)
>>>> ~~~~~~~
>>>> "Rico"
>>>> > En jy weet ons is 'n swygsame volk, maar met baie dade
>>>> >
>>>> > Gr.Rico
>>>>
>>>
>>
>
Re: Virrie Holanders [boodskap #67722 is 'n antwoord op boodskap #67714] Di, 22 Oktober 2002 13:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Pas op. Soveel blootstelling aan Bosch maak 'n mens knorrig en bakleierig.
Kyk net hoe lelik laat dit Oom Dirk praat...

K

skryf in boodskap news:3DB41F53.2050508@rogers.com...
> Koot wrote:
>
>> Die goed gee my nagmerries. Laat hulle dit hou vir straf.
>
>
> Koot, Koot. Jy moenie so praat nie. Na William
> Blake se werk is die skilderwerk van Hieronymus
> Bosch die belangrikste in ons huis. Ons rekenaar-
> skerm het die middelpaneel op van die triptiek
> wat verkeerdelik "The Garden of Earthly Delights"
> genoem word. Dit is eintlik "The Madrona-berry
> painting" in Engels. Ons het 'n afdruk van die
> triptiek ook in ons eetkamer. Ons het dit in Madrid
> gekoop waarheen ons spesiaal eenkeer gegaan het net
> om Bosch se werke in die Prado te sien.
> Ek het nie nou tyd nie, maar sal later vir jou
> vertel wat op die triptiek aangaan en die verskillende
> teorieë van wat dit beteken en die oorsprong daarvan.
> Ek sal ook die Opperman-gedig daaroor op die
> nuusgroep sit. Ek dink Boerneef het ook 'n gedig
> daaroor.
>
> Gloudina
>
Re: Virrie Holanders [boodskap #67725 is 'n antwoord op boodskap #67722] Di, 22 Oktober 2002 18:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Koot wrote:

> Pas op. Soveel blootstelling aan Bosch maak 'n mens knorrig en bakleierig.
> Kyk net hoe lelik laat dit Oom Dirk praat...

Ek dink jy moet weer Opperman se "Jeroen Bosch"
lees. Opperman praat oor die ondermaanse samsara
se leed en deurmekaarspul. (Laasgenoemde word
natuurlik deur Hieronymus Bosch op allerhande
maniere geillustreer maar die Val/Samsara is
deel van die ondermaanse.)
Op die triptiek "Die Madrona-bessies" is daar links
egter 'n uitbeelding van Adam en Eva in die Paradys,
en in die middelpaneel is daar volgens Wilhelm
Fränger 'n uitbeelding van die natuur en die mens-
like as daar nie 'n Val sou gekom het nie, dus 'n
staat van Onskuld.Daarvandaan die uitnodiging vir die
geliefde om saam met hom te kom skuil "in belle glas."
Op die regterpaneel van die triptiek is daar natuurlik
'n uitbeelding van die Hel, en dis daar waar mens die
oorsprong vind van Opperman se reël oor "swaeltjies deur
'n tregter poep."
Volgens Wilhelm Fränger het Hieronymus Bosch behoort
aan 'n Christelike sekte buite die Katolieke Kerk wat die
"Adamiete" genoem was. Hulle het geglo aan rituele naakt-
heid. Dis vir so 'n kerk wat Bosch dan die triptiek
geskilder het. Meeste ander kritici sien die middelpaneel
maar as 'n "Garden of Earthly Delights" en dus as 'n
sondige spul, wat dit volgens Fränger nie is nie. Bosch,
volgens hom, probeer die staat van Onskuld uitbeeld. In
die werke van William Blake het ons natuurlik dieselfde
poging om "Innocence" uit te beeld. Daarvandaan die
"Songs of Innocence" en daarteenoor die "Songs of
Experience."

Gloudina
Re: Virrie Holanders [boodskap #67729 is 'n antwoord op boodskap #67715] Di, 22 Oktober 2002 19:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rico  is tans af-lyn  Rico
Boodskappe: 823
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Tobie dan moet jy net nie vergeet, my voorouers en Annettes voorouers het
hier geveg vir die geloofsvryheid, dit het dit vir jou voorouers moontlik
gemaak Nederland toe te vlug en vry te wees in Holland.

Ons se altyd, ere wie ere toekomt.

Gr.Rico

"Tobie" skryf in boodskap news:ap45v8$fo$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> "Rico"
> ---knip---
>> Tobie ook jou voorouers het hier gebaklei en hulle ht jou hieroor nie
> vertel
> ---knip---
>
> Rico, my voorouers het uit Frankryk gevlug vir geloofsvryheid, anders as die
> 'Ollanders wat Kaap toe gekom het om geld te gemaak het.
> 80 jaar oorlog gemaak, dan sê jy dat Hollanders eerder daders van hul woord
> is as praters .......... :-)
> Groete
>
Re: Virrie Holanders [boodskap #67730 is 'n antwoord op boodskap #67711] Di, 22 Oktober 2002 19:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rico  is tans af-lyn  Rico
Boodskappe: 823
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
schreef in bericht news:3DB408BD.2060805@rogers.com...
>
> Rico wrote:
>
>> "Tobie" schreef in bericht
>>> Hoe lank het julle nou weer teen Spanje baklei :-)
>>
>> 80 jare Tobie en ons kan ons voorouers dankie se, dis hoekom ek en jy kan
>> nou lewe soos ons lewe.
>> Tobie ook jou voorouers het hier gebaklei en hulle ht jou hieroor nie vertel
>> nie???
>
>
> Rico, daar is dinge wat julle Nederlanders
> moet probeer terugkry van die swernoters van
> Spanjaarde. Omtrent al die goeie skilderye
> van Hieronymus Bosch is in Spanje, waarheen
> Phillip II dit geneem het. Dit behoort tuis
> gebring te word.
>
> Gloudina

Ag Gloudina laat ons daaroor nie meer baklei nie, ons lewe nou in 'n Groot
Europa, hier is nie meer grense nie.
Wel dis wat hulle ons vertel.

Gr.Rico
>
Re: Virrie Holanders [boodskap #67743 is 'n antwoord op boodskap #67725] Wo, 23 Oktober 2002 09:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Hierdie triptiek het blykbaar deur die jare baie kommentaar ontlok, en dit
word bespreek in omtrent elke verwysing na Bosch in die kunsboeke op ons
biblioteek se rakke.

Van die interessante teorieë oor die triptiek wat ek teëgekom het, is dat
Bosch aan 'n geheime, ketterse sekte behoort het en hierin sy oortuigings
uitbeeld. Die eerste keer dat ek die werk gesien het, was omtrent 1969 in 'n
Life/Science boek "The Mind", waar hulle dit as 'n illustrasie van 'n
versteurde "mind" gebruik het!

Jy sal hierdie stukkie waardeer wat ek in een boek opgespoor het:

"Consciously, Bosch was a stern moralist who intended his pictures
to be visual sermons, every detail packed with didactic meaning.
Unconsciously, however, he must have been so enraptured by the
sensuous appeal of the world of the flesh that the images he coined
with such prodigality tend to celebrate what they are meant to condemn.
That, surely, is the reason why the Garden of Delights still evokes so
strong a response today, even though we no longer understand every
word of the sermon."

Ek hou nogal meer van die titel "The Garden of Earthly Delights" as dit
ironies bedoel is.

En die ding gee my nog steeds hoofpyn.

K

skryf in boodskap news:3DB5965C.5080401@rogers.com...
>
> Koot wrote:
>
>> Pas op. Soveel blootstelling aan Bosch maak 'n mens knorrig en bakleierig.
>> Kyk net hoe lelik laat dit Oom Dirk praat...
>
> Ek dink jy moet weer Opperman se "Jeroen Bosch"
> lees. Opperman praat oor die ondermaanse samsara
> se leed en deurmekaarspul. (Laasgenoemde word
> natuurlik deur Hieronymus Bosch op allerhande
> maniere geillustreer maar die Val/Samsara is
> deel van die ondermaanse.)
> Op die triptiek "Die Madrona-bessies" is daar links
> egter 'n uitbeelding van Adam en Eva in die Paradys,
> en in die middelpaneel is daar volgens Wilhelm
> Fr�nger 'n uitbeelding van die natuur en die mens-
> like as daar nie 'n Val sou gekom het nie, dus 'n
> staat van Onskuld.Daarvandaan die uitnodiging vir die
> geliefde om saam met hom te kom skuil "in belle glas."
> Op die regterpaneel van die triptiek is daar natuurlik
> 'n uitbeelding van die Hel, en dis daar waar mens die
> oorsprong vind van Opperman se reël oor "swaeltjies deur
> 'n tregter poep."
> Volgens Wilhelm Fr�nger het Hieronymus Bosch behoort
> aan 'n Christelike sekte buite die Katolieke Kerk wat die
> "Adamiete" genoem was. Hulle het geglo aan rituele naakt-
> heid. Dis vir so 'n kerk wat Bosch dan die triptiek
> geskilder het. Meeste ander kritici sien die middelpaneel
> maar as 'n "Garden of Earthly Delights" en dus as 'n
> sondige spul, wat dit volgens Fr�nger nie is nie. Bosch,
> volgens hom, probeer die staat van Onskuld uitbeeld. In
> die werke van William Blake het ons natuurlik dieselfde
> poging om "Innocence" uit te beeld. Daarvandaan die
> "Songs of Innocence" en daarteenoor die "Songs of
> Experience."
>
> Gloudina
>
Re: Virrie Holanders [boodskap #67745 is 'n antwoord op boodskap #67743] Wo, 23 Oktober 2002 09:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Enigiemand wat deur sy ouers met so 'n naam belas is, sal mense kopseer
gee:))
Annette

"Koot" skryf in boodskap news:ap5qla$qbq$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Hierdie triptiek het blykbaar deur die jare baie kommentaar ontlok, en dit
> word bespreek in omtrent elke verwysing na Bosch in die kunsboeke op ons
> biblioteek se rakke.
>
> Van die interessante teorieë oor die triptiek wat ek teëgekom het, is dat
> Bosch aan 'n geheime, ketterse sekte behoort het en hierin sy oortuigings
> uitbeeld. Die eerste keer dat ek die werk gesien het, was omtrent 1969 in 'n
> Life/Science boek "The Mind", waar hulle dit as 'n illustrasie van 'n
> versteurde "mind" gebruik het!
>
> Jy sal hierdie stukkie waardeer wat ek in een boek opgespoor het:
>
> "Consciously, Bosch was a stern moralist who intended his pictures
> to be visual sermons, every detail packed with didactic meaning.
> Unconsciously, however, he must have been so enraptured by the
> sensuous appeal of the world of the flesh that the images he coined
> with such prodigality tend to celebrate what they are meant to condemn.
> That, surely, is the reason why the Garden of Delights still evokes so
> strong a response today, even though we no longer understand every
> word of the sermon."
>
> Ek hou nogal meer van die titel "The Garden of Earthly Delights" as dit
> ironies bedoel is.
>
> En die ding gee my nog steeds hoofpyn.
>
> K
>
> skryf in boodskap news:3DB5965C.5080401@rogers.com...
>>
>> Koot wrote:
>>
>>> Pas op. Soveel blootstelling aan Bosch maak 'n mens knorrig en
> bakleierig.
>>> Kyk net hoe lelik laat dit Oom Dirk praat...
>>
>> Ek dink jy moet weer Opperman se "Jeroen Bosch"
>> lees. Opperman praat oor die ondermaanse samsara
>> se leed en deurmekaarspul. (Laasgenoemde word
>> natuurlik deur Hieronymus Bosch op allerhande
>> maniere geillustreer maar die Val/Samsara is
>> deel van die ondermaanse.)
>> Op die triptiek "Die Madrona-bessies" is daar links
>> egter 'n uitbeelding van Adam en Eva in die Paradys,
>> en in die middelpaneel is daar volgens Wilhelm
>> Fr�nger 'n uitbeelding van die natuur en die mens-
>> like as daar nie 'n Val sou gekom het nie, dus 'n
>> staat van Onskuld.Daarvandaan die uitnodiging vir die
>> geliefde om saam met hom te kom skuil "in belle glas."
>> Op die regterpaneel van die triptiek is daar natuurlik
>> 'n uitbeelding van die Hel, en dis daar waar mens die
>> oorsprong vind van Opperman se reël oor "swaeltjies deur
>> 'n tregter poep."
>> Volgens Wilhelm Fr�nger het Hieronymus Bosch behoort
>> aan 'n Christelike sekte buite die Katolieke Kerk wat die
>> "Adamiete" genoem was. Hulle het geglo aan rituele naakt-
>> heid. Dis vir so 'n kerk wat Bosch dan die triptiek
>> geskilder het. Meeste ander kritici sien die middelpaneel
>> maar as 'n "Garden of Earthly Delights" en dus as 'n
>> sondige spul, wat dit volgens Fr�nger nie is nie. Bosch,
>> volgens hom, probeer die staat van Onskuld uitbeeld. In
>> die werke van William Blake het ons natuurlik dieselfde
>> poging om "Innocence" uit te beeld. Daarvandaan die
>> "Songs of Innocence" en daarteenoor die "Songs of
>> Experience."
>>
>> Gloudina
>>
>
Re: Virrie Holanders [boodskap #67749 is 'n antwoord op boodskap #67745] Wo, 23 Oktober 2002 10:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Daar's 'n ander outydse jafel wat nogal heelwat sterrekunde-uitvindsels tot
sy krediet het, met die naam Paracelsus. Dis nog mooi, maar toe noem hy
homself Theoprastus Bombastus von Hohenheim.
K

"Annette" skryf in boodskap news:ap5qsg$r2s9b$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Enigiemand wat deur sy ouers met so 'n naam belas is, sal mense kopseer
> gee:))
> Annette
>
>
> "Koot" wrote in message
> news:ap5qla$qbq$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Hierdie triptiek het blykbaar deur die jare baie kommentaar ontlok, en dit
>> word bespreek in omtrent elke verwysing na Bosch in die kunsboeke op ons
>> biblioteek se rakke.
>>
>> Van die interessante teorieë oor die triptiek wat ek teëgekom het, is dat
>> Bosch aan 'n geheime, ketterse sekte behoort het en hierin sy oortuigings
>> uitbeeld. Die eerste keer dat ek die werk gesien het, was omtrent 1969
in
> 'n
>> Life/Science boek "The Mind", waar hulle dit as 'n illustrasie van 'n
>> versteurde "mind" gebruik het!
>>
>> Jy sal hierdie stukkie waardeer wat ek in een boek opgespoor het:
>>
>> "Consciously, Bosch was a stern moralist who intended his pictures
>> to be visual sermons, every detail packed with didactic meaning.
>> Unconsciously, however, he must have been so enraptured by the
>> sensuous appeal of the world of the flesh that the images he coined
>> with such prodigality tend to celebrate what they are meant to condemn.
>> That, surely, is the reason why the Garden of Delights still evokes so
>> strong a response today, even though we no longer understand every
>> word of the sermon."
>>
>> Ek hou nogal meer van die titel "The Garden of Earthly Delights" as dit
>> ironies bedoel is.
>>
>> En die ding gee my nog steeds hoofpyn.
>>
>> K
>>
>> skryf in boodskap news:3DB5965C.5080401@rogers.com...
>>>
>>> Koot wrote:
>>>
>>>> Pas op. Soveel blootstelling aan Bosch maak 'n mens knorrig en
>> bakleierig.
>>>> Kyk net hoe lelik laat dit Oom Dirk praat...
>>>
>>> Ek dink jy moet weer Opperman se "Jeroen Bosch"
>>> lees. Opperman praat oor die ondermaanse samsara
>>> se leed en deurmekaarspul. (Laasgenoemde word
>>> natuurlik deur Hieronymus Bosch op allerhande
>>> maniere geillustreer maar die Val/Samsara is
>>> deel van die ondermaanse.)
>>> Op die triptiek "Die Madrona-bessies" is daar links
>>> egter 'n uitbeelding van Adam en Eva in die Paradys,
>>> en in die middelpaneel is daar volgens Wilhelm
>>> Fr�nger 'n uitbeelding van die natuur en die mens-
>>> like as daar nie 'n Val sou gekom het nie, dus 'n
>>> staat van Onskuld.Daarvandaan die uitnodiging vir die
>>> geliefde om saam met hom te kom skuil "in belle glas."
>>> Op die regterpaneel van die triptiek is daar natuurlik
>>> 'n uitbeelding van die Hel, en dis daar waar mens die
>>> oorsprong vind van Opperman se reël oor "swaeltjies deur
>>> 'n tregter poep."
>>> Volgens Wilhelm Fr�nger het Hieronymus Bosch behoort
>>> aan 'n Christelike sekte buite die Katolieke Kerk wat die
>>> "Adamiete" genoem was. Hulle het geglo aan rituele naakt-
>>> heid. Dis vir so 'n kerk wat Bosch dan die triptiek
>>> geskilder het. Meeste ander kritici sien die middelpaneel
>>> maar as 'n "Garden of Earthly Delights" en dus as 'n
>>> sondige spul, wat dit volgens Fr�nger nie is nie. Bosch,
>>> volgens hom, probeer die staat van Onskuld uitbeeld. In
>>> die werke van William Blake het ons natuurlik dieselfde
>>> poging om "Innocence" uit te beeld. Daarvandaan die
>>> "Songs of Innocence" en daarteenoor die "Songs of
>>> Experience."
>>>
>>> Gloudina
>>>
>>
>
Re: Virrie Holanders [boodskap #67753 is 'n antwoord op boodskap #67743] Wo, 23 Oktober 2002 15:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Koot wrote:

> "Consciously, Bosch was a stern moralist who intended his pictures
> to be visual sermons, every detail packed with didactic meaning.
> Unconsciously, however, he must have been so enraptured by the
> sensuous appeal of the world of the flesh that the images he coined
> with such prodigality tend to celebrate what they are meant to condemn.
> That, surely, is the reason why the Garden of Delights still evokes so
> strong a response today, even though we no longer understand every
> word of the sermon."

Ek dink meeste van die kritici en interpreteerders
deur die eeue het na die triptiek met die verkeerde
verwysings in hulle koppe gekyk. As hulle dit as
'n godsdienstige werk gesien het, maar 'n werk gein-
spireer deur 'n ander kult as die van die Katolieke
Kerk of die Protestantisme, dan sou hulle die
middelpaneel van die triptiek anders bekyk het.
Dit het iets in wat mens in die Tantra van die Hindoe
en Buddhistiese se spirituele denke en praktyke vind.

Gloudina
Re: Virrie Holanders [boodskap #67755 is 'n antwoord op boodskap #67749] Wo, 23 Oktober 2002 17:09 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dankie Koot. Interessant. Nou spook TBH by my - het dit iewers gesien op 'n
T-hemp of 'n gebou.
Dankie vir 'n slapelose nag wat voorlê.
Annette

"Koot" skryf in boodskap news:ap5v0n$6e6$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Daar's 'n ander outydse jafel wat nogal heelwat sterrekunde-uitvindsels tot
> sy krediet het, met die naam Paracelsus. Dis nog mooi, maar toe noem hy
> homself Theoprastus Bombastus von Hohenheim.
> K
>
> "Annette" wrote in message
> news:ap5qsg$r2s9b$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Enigiemand wat deur sy ouers met so 'n naam belas is, sal mense kopseer
>> gee:))
>> Annette
>>
>>
>> "Koot" wrote in message
>> news:ap5qla$qbq$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>> Hierdie triptiek het blykbaar deur die jare baie kommentaar ontlok, en
> dit
>>> word bespreek in omtrent elke verwysing na Bosch in die kunsboeke op ons
>>> biblioteek se rakke.
>>>
>>> Van die interessante teorieë oor die triptiek wat ek teëgekom het, is
> dat
>>> Bosch aan 'n geheime, ketterse sekte behoort het en hierin sy
> oortuigings
>>> uitbeeld. Die eerste keer dat ek die werk gesien het, was omtrent 1969
> in
>> 'n
>>> Life/Science boek "The Mind", waar hulle dit as 'n illustrasie van 'n
>>> versteurde "mind" gebruik het!
>>>
>>> Jy sal hierdie stukkie waardeer wat ek in een boek opgespoor het:
>>>
>>> "Consciously, Bosch was a stern moralist who intended his pictures
>>> to be visual sermons, every detail packed with didactic meaning.
>>> Unconsciously, however, he must have been so enraptured by the
>>> sensuous appeal of the world of the flesh that the images he coined
>>> with such prodigality tend to celebrate what they are meant to condemn.
>>> That, surely, is the reason why the Garden of Delights still evokes so
>>> strong a response today, even though we no longer understand every
>>> word of the sermon."
>>>
>>> Ek hou nogal meer van die titel "The Garden of Earthly Delights" as dit
>>> ironies bedoel is.
>>>
>>> En die ding gee my nog steeds hoofpyn.
>>>
>>> K
>>>
>>> skryf in boodskap news:3DB5965C.5080401@rogers.com...
>>>>
>>>> Koot wrote:
>>>>
>>>> > Pas op. Soveel blootstelling aan Bosch maak 'n mens knorrig en
>>> bakleierig.
>>>> > Kyk net hoe lelik laat dit Oom Dirk praat...
>>>>
>>>> Ek dink jy moet weer Opperman se "Jeroen Bosch"
>>>> lees. Opperman praat oor die ondermaanse samsara
>>>> se leed en deurmekaarspul. (Laasgenoemde word
>>>> natuurlik deur Hieronymus Bosch op allerhande
>>>> maniere geillustreer maar die Val/Samsara is
>>>> deel van die ondermaanse.)
>>>> Op die triptiek "Die Madrona-bessies" is daar links
>>>> egter 'n uitbeelding van Adam en Eva in die Paradys,
>>>> en in die middelpaneel is daar volgens Wilhelm
>>>> Fr�nger 'n uitbeelding van die natuur en die mens-
>>>> like as daar nie 'n Val sou gekom het nie, dus 'n
>>>> staat van Onskuld.Daarvandaan die uitnodiging vir die
>>>> geliefde om saam met hom te kom skuil "in belle glas."
>>>> Op die regterpaneel van die triptiek is daar natuurlik
>>>> 'n uitbeelding van die Hel, en dis daar waar mens die
>>>> oorsprong vind van Opperman se reël oor "swaeltjies
> deur
>>>> 'n tregter poep."
>>>> Volgens Wilhelm Fr�nger het Hieronymus Bosch
> behoort
>>>> aan 'n Christelike sekte buite die Katolieke Kerk wat
> die
>>>> "Adamiete" genoem was. Hulle het geglo aan rituele
> naakt-
>>>> heid. Dis vir so 'n kerk wat Bosch dan die triptiek
>>>> geskilder het. Meeste ander kritici sien die
> middelpaneel
>>>> maar as 'n "Garden of Earthly Delights" en dus as 'n
>>>> sondige spul, wat dit volgens Fr�nger nie is nie.
> Bosch,
>>>> volgens hom, probeer die staat van Onskuld uitbeeld. In
>>>> die werke van William Blake het ons natuurlik dieselfde
>>>> poging om "Innocence" uit te beeld. Daarvandaan die
>>>> "Songs of Innocence" en daarteenoor die "Songs of
>>>> Experience."
>>>>
>>>> Gloudina
>>>>
>>>
>>
>
Vorige onderwerp: Geestesgesondheidsmaand
Volgende onderwerp: Ja-nee stem van RSG
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 01:28:24 MGT 2024