Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Is verandering altyd goed?
Is verandering altyd goed? [boodskap #67422] Vr, 11 Oktober 2002 17:44 na volgende boodskap
Chrisjolette  is tans af-lyn  Chrisjolette
Boodskappe: 38
Geregistreer: Junie 2002
Karma: 0
Volle Lid
Is alle verandering goed? Sommige mense, veral diegene soos Gloudina
wat die status quo in Suid-Afrika verdedig, sou "ja" antwoord op dié
vraag.

Volgens hulle verteenwoordig elke verandering 'n nuwe uitdaging. Iets
in dié trant skryf prof. François Venter van die Afrikanerbond enkele
maande gelede as hy beweer dat die "Afrikaanse kultuur vandag floreer,
waarskynlik juis vanweë die druk van maatskaplike en politieke
veranderinge. Dié kultuur sal bly groei." Verder meen hy dat "die
Afrikaner-psige – so gewoond daaraan om verandering te absorbeer – in
‘n proses van rypwording" verkeer.

Nou pas weer sê mnr. Ton Vosloo, Voorsitter van Nasionale Pers, dat
ons "die heerlike uitdaging van Afrikaans wees in die nuwe opset moet
aanvaar," wat insgelyks daarop neerkom dat verandering goed is, selfs
al bring dit krisisse mee.

Dit is amper 'n toutologie of sirkelredenasie om te beweer dat elke
verandering verwelkom moet word, omdat die aanpassingspoging jou ryper
gaan maak. Die Romeinse beskawing het tot niet gegaan deels omrede
dit sekere veranderings nie kon hanteer nie. Volgens Toynbee het die
wêreld maar nog 26 beskawings geken te midde van duisende primitiewe
kulture, en meer as twintig van hulle het reeds uitgesterf, soos dié
van die Majas, die Inkas, antieke Egipte, Griekeland en Rome?

Van Wyk Louw was iemand wat in eenvoudige taal, min of meer soos
Wittgenstein, ingewikkelde idees kon uitdruk. Vir hom behoort ons nie
ja-broers te wees nie, woordspel onbedoeld, maar moet ons telkens van
front verander, na gelang van die gevaar wat ons bedreig. As jou eie
volk ander onderdruk, moet jy 'n internasionalis of liberalis wees en
hulle genadeloos kritiseer; as jou eie mense egter bedreig word, en
hul taal- en kultuurregte ontsê word, "dan is die redelike mens geneig
om nasionalis te word". Só skryf hy op 19 Oktober 1951 in "Liberale
Nasionalisme", tans opgeneem in Versamelde Prosa 2.

Volgens Louw sal hierdie nee-broer wat telkens van front verander
"geen opportunis of manteldraaier wees nie. Hy is alleen soldaat op
‘n ver uitgeskowe pos en weet dat die vyand hom aan alle kante omring.
Die opportunis gaan altyd met die sterkste mee; die voorpossoldaat
skiet juis op die sterkste!"

Niemand sou kon ontken dat Afrikaners vandag op baie fronte aangeval
word nie: hul taal en kultuur, hul geskiedenis, hul nasionale
identiteit wat sedert 1875 tot stand gekom het, asook baie keer hul
fisieke veiligheid. Waar is ons voorpossoldate, ons nee-broers?

Verandering kan soms baie sleg wees. Die Amerikaner Paul Watzlawick
en ander het 'n paar dekades gelede gesê dat daar iets soos
"eerste-orde-" en "tweede-ordeverandering" bestaan. Ons beleef op die
oomblik "eerste-ordeverandering". Dikwels bied hierdie tipe
verandering hom as oplossing vir 'n probleem aan, maar skep 'n tweede
probleem wat nog onhoudbaarder as die eerste is.
Eerste-ordeverandering is eweneens die spieëlbeeld van die vorige
probleem: in plaas van segregasie het ons gedwonge integrasie,
teenoor erkenning van etnisiteit, ontkenning daarvan, teenoor
werkreservering, regstellende aksie, teenoor oordrewe beheer en
sensuur, nou onbeheersde misdaad en 'n bandeloosheid wat aan anargie
grens.

Tweede-ordeverandering behels om die nuwe probleem wat deur
eerste-ordeverandering geskep is, te oorkom. Hiervoor het mens
kreatiewe of laterale denke nodig. Watzlawick-hulle noem hierdie
soort verandering "paradoksaal" omdat jy soms met iets geheel nuuts
vorendag moet kom, maar soms ook gedeeltelik moet terugkeer na die
vorige toestand toe jou probleem nie so groot was soos op die oomblik
nie.

Anders as François Venter en Ton Vosloo, glo ek nie dat daar ‘n
waarborg vir oorlewing bestaan nie. Mense en nasies, hele beskawings,
word soms uitgewis deur onoorkomelike veranderings. Die groot
reptiele, andersins bekend as dinousourusse, het die aarde oorheers
vir 240 miljoen jaar totdat hulle 65 miljoen jaar gelede uitgewis is
deur dit wat die vroeë bioloë soos Lamarck en Cuvier 'n "katastrofe"
genoem het. Of dit nou 'n groot meteoriet was, of 'n skielike
ystydperk, weet ons vir seker nie, maar feit is dat ons vandag net oor
fossieloorblyfsels van hierdie magtige diere beskik. Indien hulle
toegelaat was om verder te ontwikkel, was ons aarde dalk nou oorheers
deur hoogs intelligente, koudbloedige wesens, pleks van
primaatafstammelinge soos ons. (Hier lieg ek nou, want slegs
soogdiere soos ons met hul warm bloed kon die energie verskaf vir homo
sapiens se groot brein wat 20% van sy totale energieverbruik in beslag
neem, maar die leser snap die punt.)

Die woord "oorlewing" begin toenemend deel raak van ons eietydse
woordeskat, veral ná Zimbabwe. Oor die volgende paar jaar gaan daar
geweldige eise aan ons gestel word soos wat ons poog om 'n uitweg uit
die dilemma van eerste-ordeverandering te vind. As ons na die
Afrikanergeskiedenis kyk, wat in breë trekke ooreenstem met dié van
ander kleiner, ontwikkelde volke, dan het dit nog altyd gegaan om ‘n
stryd tussen die Ryk en die eie Nasie. Smuts het die eerste veertig
jaar van sy lewe aan die Nasie gewy, en die laaste veertig jaar aan
die Ryk. Vandag is daar geen Ryk meer nie, behalwe nou as mnr. Mbeki
sy drome van Afrika-eenheid binnekort gaan verwesenlik, maar dit gaan
nog steeds om 'n konflik tussen republikeinse selfbeskikking en
kosmopolitiese samesyn binne 'n groter verband. Suid-Afrika is vandag
‘n mini-empaaier wat dreig om die Afrikanerdom in te sluk of, meer
tradisioneel, "onder te ploeg".

Dié gedagte vervul baie mense met angs, en met reg. As ons egter nie,
as die wêreld se eerste anti-imperiale vryheidsvegters wat as sodanig
selfs deur Lenin erken is, teen dié tyd weet hoe om 'n Ryk te hanteer
nie, weet ek nie. Maar dit gaan nie vanself gebeur nie. Daarvoor het
ons die Louwiaanse voorpossoldate te nodig.
Re: Is verandering altyd goed? [boodskap #67426 is 'n antwoord op boodskap #67422] Vr, 11 Oktober 2002 18:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On 11 Oct 2002 10:44:54 -0700, chrisjo...@yahoo.com
(Chrisjolette) sê:

> Is alle verandering goed? Sommige mense, veral diegene soos Gloudina
> wat die status quo in Suid-Afrika verdedig, sou "ja" antwoord op dié
> vraag.
>

O la la...
Surprise Surprise Tannie:-)))

Dave
Re: Is verandering altyd goed? [boodskap #67430 is 'n antwoord op boodskap #67422] Sa, 12 Oktober 2002 03:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
C skryf:

"Nou pas weer sê mnr. Ton Vosloo, Voorsitter van Nasionale Pers, dat
ons "die heerlike uitdaging van Afrikaans wees in die nuwe opset moet
aanvaar......"
en,
"...skryf prof. François Venter van die Afrikanerbond enkele
maande gelede as hy beweer dat die "Afrikaanse kultuur vandag floreer,
waarskynlik juis vanweë die druk van maatskaplike en politieke
veranderinge."

Venter en Vosloo is seker beide lede van die "BOND" - beide het luukse
duitse motors (nie noodwendig dieselfde modelle nie), huise in Waterkloof
(of soortgelyke buurtes) met stewige bankrekeninge, kinders klaar met
skool/universiteit, en natuurlik 'n groter belegging êrens in die buiteland
.... (Hulle lidmaatskap van die BOND het hulle toe en veral nou tot
persoonlike en finansiele voordeel gestrek....)
Dan kan mens seker maar hierdie standpunte bekostig.

"Chrisjolette" skryf in boodskap news:2cc19bbd.0210110944.7057e020@posting.google.com...
> Is alle verandering goed? Sommige mense, veral diegene soos Gloudina
> wat die status quo in Suid-Afrika verdedig, sou "ja" antwoord op dié
> vraag.
>
> Volgens hulle verteenwoordig elke verandering 'n nuwe uitdaging. Iets
> in dié trant skryf prof. François Venter van die Afrikanerbond enkele
> maande gelede as hy beweer dat die "Afrikaanse kultuur vandag floreer,
> waarskynlik juis vanweë die druk van maatskaplike en politieke
> veranderinge. Dié kultuur sal bly groei." Verder meen hy dat "die
> Afrikaner-psige - so gewoond daaraan om verandering te absorbeer - in
> 'n proses van rypwording" verkeer.
>
> Nou pas weer sê mnr. Ton Vosloo, Voorsitter van Nasionale Pers, dat
> ons "die heerlike uitdaging van Afrikaans wees in die nuwe opset moet
> aanvaar," wat insgelyks daarop neerkom dat verandering goed is, selfs
> al bring dit krisisse mee.
>
> Dit is amper 'n toutologie of sirkelredenasie om te beweer dat elke
> verandering verwelkom moet word, omdat die aanpassingspoging jou ryper
> gaan maak. Die Romeinse beskawing het tot niet gegaan deels omrede
> dit sekere veranderings nie kon hanteer nie. Volgens Toynbee het die
> wêreld maar nog 26 beskawings geken te midde van duisende primitiewe
> kulture, en meer as twintig van hulle het reeds uitgesterf, soos dié
> van die Majas, die Inkas, antieke Egipte, Griekeland en Rome?
>
> Van Wyk Louw was iemand wat in eenvoudige taal, min of meer soos
> Wittgenstein, ingewikkelde idees kon uitdruk. Vir hom behoort ons nie
> ja-broers te wees nie, woordspel onbedoeld, maar moet ons telkens van
> front verander, na gelang van die gevaar wat ons bedreig. As jou eie
> volk ander onderdruk, moet jy 'n internasionalis of liberalis wees en
> hulle genadeloos kritiseer; as jou eie mense egter bedreig word, en
> hul taal- en kultuurregte ontsê word, "dan is die redelike mens geneig
> om nasionalis te word". Sê skryf hy op 19 Oktober 1951 in "Liberale
> Nasionalisme", tans opgeneem in Versamelde Prosa 2.
>
> Volgens Louw sal hierdie nee-broer wat telkens van front verander
> "geen opportunis of manteldraaier wees nie. Hy is alleen soldaat op
> 'n ver uitgeskowe pos en weet dat die vyand hom aan alle kante omring.
> Die opportunis gaan altyd met die sterkste mee; die voorpossoldaat
> skiet juis op die sterkste!"
>
> Niemand sou kon ontken dat Afrikaners vandag op baie fronte aangeval
> word nie: hul taal en kultuur, hul geskiedenis, hul nasionale
> identiteit wat sedert 1875 tot stand gekom het, asook baie keer hul
> fisieke veiligheid. Waar is ons voorpossoldate, ons nee-broers?
>
> Verandering kan soms baie sleg wees. Die Amerikaner Paul Watzlawick
> en ander het 'n paar dekades gelede gesê dat daar iets soos
> "eerste-orde-" en "tweede-ordeverandering" bestaan. Ons beleef op die
> oomblik "eerste-ordeverandering". Dikwels bied hierdie tipe
> verandering hom as oplossing vir 'n probleem aan, maar skep 'n tweede
> probleem wat nog onhoudbaarder as die eerste is.
> Eerste-ordeverandering is eweneens die spieëlbeeld van die vorige
> probleem: in plaas van segregasie het ons gedwonge integrasie,
> teenoor erkenning van etnisiteit, ontkenning daarvan, teenoor
> werkreservering, regstellende aksie, teenoor oordrewe beheer en
> sensuur, nou onbeheersde misdaad en 'n bandeloosheid wat aan anargie
> grens.
>
> Tweede-ordeverandering behels om die nuwe probleem wat deur
> eerste-ordeverandering geskep is, te oorkom. Hiervoor het mens
> kreatiewe of laterale denke nodig. Watzlawick-hulle noem hierdie
> soort verandering "paradoksaal" omdat jy soms met iets geheel nuuts
> vorendag moet kom, maar soms ook gedeeltelik moet terugkeer na die
> vorige toestand toe jou probleem nie so groot was soos op die oomblik
> nie.
>
> Anders as François Venter en Ton Vosloo, glo ek nie dat daar 'n
> waarborg vir oorlewing bestaan nie. Mense en nasies, hele beskawings,
> word soms uitgewis deur onoorkomelike veranderings. Die groot
> reptiele, andersins bekend as dinousourusse, het die aarde oorheers
> vir 240 miljoen jaar totdat hulle 65 miljoen jaar gelede uitgewis is
> deur dit wat die vroeë bioloë soos Lamarck en Cuvier 'n "katastrofe"
> genoem het. Of dit nou 'n groot meteoriet was, of 'n skielike
> ystydperk, weet ons vir seker nie, maar feit is dat ons vandag net oor
> fossieloorblyfsels van hierdie magtige diere beskik. Indien hulle
> toegelaat was om verder te ontwikkel, was ons aarde dalk nou oorheers
> deur hoogs intelligente, koudbloedige wesens, pleks van
> primaatafstammelinge soos ons. (Hier lieg ek nou, want slegs
> soogdiere soos ons met hul warm bloed kon die energie verskaf vir homo
> sapiens se groot brein wat 20% van sy totale energieverbruik in beslag
> neem, maar die leser snap die punt.)
>
> Die woord "oorlewing" begin toenemend deel raak van ons eietydse
> woordeskat, veral ná Zimbabwe. Oor die volgende paar jaar gaan daar
> geweldige eise aan ons gestel word soos wat ons poog om 'n uitweg uit
> die dilemma van eerste-ordeverandering te vind. As ons na die
> Afrikanergeskiedenis kyk, wat in breë trekke ooreenstem met dié van
> ander kleiner, ontwikkelde volke, dan het dit nog altyd gegaan om 'n
> stryd tussen die Ryk en die eie Nasie. Smuts het die eerste veertig
> jaar van sy lewe aan die Nasie gewy, en die laaste veertig jaar aan
> die Ryk. Vandag is daar geen Ryk meer nie, behalwe nou as mnr. Mbeki
> sy drome van Afrika-eenheid binnekort gaan verwesenlik, maar dit gaan
> nog steeds om 'n konflik tussen republikeinse selfbeskikking en
> kosmopolitiese samesyn binne 'n groter verband. Suid-Afrika is vandag
> 'n mini-empaaier wat dreig om die Afrikanerdom in te sluk of, meer
> tradisioneel, "onder te ploeg".
>
> Dié gedagte vervul baie mense met angs, en met reg. As ons egter nie,
> as die wêreld se eerste anti-imperiale vryheidsvegters wat as sodanig
> selfs deur Lenin erken is, teen dié tyd weet hoe om 'n Ryk te hanteer
> nie, weet ek nie. Maar dit gaan nie vanself gebeur nie. Daarvoor het
> ons die Louwiaanse voorpossoldate te nodig.
Re: Is verandering altyd goed? [boodskap #67552 is 'n antwoord op boodskap #67422] Wo, 16 Oktober 2002 01:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Chrisjolette wrote:

> Is alle verandering goed? Sommige mense, veral diegene soos Gloudina
> wat die status quo in Suid-Afrika verdedig, sou "ja" antwoord op dié
> vraag.

Ek wonder, du Plessis, of jy weet wat
status quo beteken?
En weet die persoon wat hierdie stukke
skryf dat jy dit onder jou eie naam plaas?
Ek wonder of daardie persoon, wat die
stuk geskryf het, al NP van Wyk Louw se
biografie gelees het. Dan sou hy geweet het
hoe gou, nadat NP eers as Broederbonder
die nasionalistiese vlamme aangeblaas het,
hy begin baklei het met sy Broederbonder-
broers. Ek kry altyd lekker as ek besef
hoe gou NP geleer het dat hy met sy
Broederbonder-kletse kleigetrap het en toe
self in die slagyster gevang is.

Gloudina
Re: Is verandering altyd goed? [boodskap #67591 is 'n antwoord op boodskap #67552] Wo, 16 Oktober 2002 21:25 Na vorige boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
> Chrisjolette wrote:
>> Is alle verandering goed? Sommige mense, veral diegene soos Gloudina
>> wat die status quo in Suid-Afrika verdedig, sou "ja" antwoord op dié
>> vraag.
O la la...
Surprise Surprise Tannie:-)))
Dave
> Ek wonder, du Plessis, of jy weet wat
> status quo beteken?
> En weet die persoon wat hierdie stukke
> skryf dat jy dit onder jou eie naam plaas?
> Gloudina

En jy Chris, geniet dit né...! :-)))

DD
Vorige onderwerp: Van der Merwe in Australia
Volgende onderwerp: Ek soek na die Donkie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 16 11:49:30 MGT 2024