Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: A white man's skin and an African soul.
Re: A white man's skin and an African soul. [boodskap #66497] Do, 19 September 2002 12:59 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Wouter Plaasvark wrote:

> Hierdie aangrypende gedig is blykbaar geskryf deur 'n
> Zimbabwiese egpaar wat hulle plaas moet verlaat

> Home of my heart, land of my birth,
> smoke-coloured stone and flame-coloured earth.

> How can I show you what I feel?

> Never complete. Never whole.
> A white man's skin and an African soul.

Wouter, ek het hierdie " aangrypende"
sob story nou al 'n paar keer op die
internet gesien. Deel van die industrie
wat die wit koloniste van Zimbabwe
en hulle "ondersteuners" in SA warm hou.
Ek het goeie advies vir hierdie mense wat
so vir Zimbabwe liefhet. Soek vir hulle
'n plek waar hulle 'n bydrae kan lewer
om die Zimbabwiese maatskappy te kan opbou,
liewers as om op hulle agterente te sit op
grond wat benodig word vir herverdeling van
die Zimbabwiese bodem. Die skoolsisteem in
Zimbabwe is nog superieur aan die van SA.
Help dit om dit so te hou. Die grootste
book fair in Afrika word nog steeds in Zimbabwe
gehou. Zimbabwe is nie die totale basket case
wat so baie Suid-Afrikaners wil uitmaak nie.

Gloudina
Re: A white man's skin and an African soul. [boodskap #66502 is 'n antwoord op boodskap #66497] Do, 19 September 2002 14:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek sien jy skryf nog soos altyd bollie anti - Mugabe is op 'n
rollercoaster wat hy nie kan stop nie - en dit gaan hom vernietig.
Ongelukkig gaan sy land ook daardeur vernietig word. Aangaande jou
'mense wat Zimbabwe liefhet' - duidelik staan die stuurman steeds in
Kanada, en die spreekwoord aangaande diegene wat agter die deur staan,
mense wat in glashuise woon ens ens is nog maar steeds van toepassing.
Steeds verstom jou redenasie vermoe my totaal. En net so by the way wat
van 'mense wat Suid-Afrika liefhet' maar nou in Kanada bly :X, waar was
hulel toe die die Suid afrikaanse maatskappy opgebou moes word.

Maar jou opmerking 'Die skoolsisteem in Zimbabwe is nog superieur aan
die van SA.' - is ongelukkig waar - so jy kan somtyds die skille voro
jou oe wegtrek ... . (By the way - ek sal jou pos iewers save - dit sal
my later nog groot genoegdoening gee om dit uit te pluk :) )

Maar oor die toekoms van Zimbabwe - die wildlewe wat die groot toerisme
aantreklikheid is word totaal uitgeroei, die groot beeskuddes word
vernietig, heelwat plase het geen oes op vir die laaste 18 maande nie,
saad mielies word opge"eet, . Die probleme in Zim is nog maar in sy
kinder skoene - en SA gaan in die probleme wat deur hongersnood en
anargie veroorsaak word gevang word.

Maar steeds pontifiseer jy uit Kanada ... en die nuusgroep is nog maar
steeds soos 'n klomp blouwildebeeste - hol om en om en om skop stof op -
sonder om erens te kom.

"@rogers.com" wrote:
>
> Wouter Plaasvark wrote:
>
>> Hierdie aangrypende gedig is blykbaar geskryf deur 'n
>> Zimbabwiese egpaar wat hulle plaas moet verlaat
>
>> Home of my heart, land of my birth,
>> smoke-coloured stone and flame-coloured earth.
>
>> How can I show you what I feel?
>
>> Never complete. Never whole.
>> A white man's skin and an African soul.
>
> Wouter, ek het hierdie " aangrypende"
> sob story nou al 'n paar keer op die
> internet gesien. Deel van die industrie
> wat die wit koloniste van Zimbabwe
> en hulle "ondersteuners" in SA warm hou.
> Ek het goeie advies vir hierdie mense wat
> so vir Zimbabwe liefhet. Soek vir hulle
> 'n plek waar hulle 'n bydrae kan lewer
> om die Zimbabwiese maatskappy te kan opbou,
> liewers as om op hulle agterente te sit op
> grond wat benodig word vir herverdeling van
> die Zimbabwiese bodem. Die skoolsisteem in
> Zimbabwe is nog superieur aan die van SA.
> Help dit om dit so te hou. Die grootste
> book fair in Afrika word nog steeds in Zimbabwe
> gehou. Zimbabwe is nie die totale basket case
> wat so baie Suid-Afrikaners wil uitmaak nie.
>
> Gloudina
Re: A white man's skin and an African soul. [boodskap #66503 is 'n antwoord op boodskap #66502] Do, 19 September 2002 15:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Lou wrote:

> Maar jou opmerking 'Die skoolsisteem in Zimbabwe is nog superieur aan
> die van SA.' - is ongelukkig waar - so jy kan somtyds die skille voro
> jou oe wegtrek

Ja, ou Lou, en as ek nou vir jou reg takseer,
dan dink jy die skoolsisteem in SA is slegter
omdat dit nou "in die hande van die ANC" is.
Laat ek jou nou reghelp.
Ek wil jou daaraan herinner dat toe een van
ons seuns sy MBA by die Universiteit van Kaapstad
wou gaan loop, hy 'n onderhoud moes hê met iemand
wat 'n lesing in Quebec City kom gee het, voordat
hy aangeneem kon word. Dié professor het vir hom
gesê dat hulle goeie studente uit die res van
Afrika kry, maar dat die swart studente uit SA
omtrent nie die toelatingsvereistes kan voldoen nie,
weens die jare se agterstand wat Bantoe-Onderwys
aan die SA studente gegee het.
En dis waar die rot begin het. Ek was by
Healdtown in die Oostelike Provinsie toe die
studente vir die eerste keer die Bantoe-Onderwys
Departement se eksamens begin skryf het. Voor die
tyd dink ek het die swart kinders in Kaapland
die Kaapprovinsie se eksamens geskryf. ( En in
Natal het hulle die Cambridge Matriculation geskryf,
iets wat ek aanneem hulle nog steeds in Zimbabwe
doen.) Die vorige jaar, net soos alle ander jare, moes
ons studente hard werk en baie van hulle kon nie die
paal haal nie in die meereisende eksamens wat hulle
tevore moes aflê. Maar toe Bantoe-Onderwys se eksamens
inkom dié jaar, toe druip omtrent nie een nie en het
ons 'n hele klomp onderskeidings. En dis net daar waar
die verrotte toestand begin het. Want die verlaagde
vereistes het die poorte oopgemaak vir die laer
kwaliteit waarmee die studente kon deurkom en waarmee
die onderwysers voor die dag kon kom.
En dis daarom, ou Lou, al wil jy dit nie weet nie,
dat vandag se probleme in die onderwys in SA direk aan
die voete van die apartheidsvarke gelê moet word.

Gloudina
Re: A white man's skin and an African soul. [boodskap #66505 is 'n antwoord op boodskap #66502] Do, 19 September 2002 15:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Lou wrote:

En net so by the way wat
> van 'mense wat Suid-Afrika liefhet' maar nou in Kanada bly :X, waar was
> hulel toe die die Suid afrikaanse maatskappy opgebou moes word.

Ek sien jy tokkel nog maar op jou ou
een snaartjie. Nee, ou Lou, ek het my
bes probeer toe ek jonk was om die
SA maatskappy op te bou, maar toe het
die apartheidsvarke oorgeneem en ek
het maar geskoert agter 'n ander Afrikaner
aan wat so briesend was vir die diktators
dat hy gehoop het die Kubane skop hulle
uit die Uniegebou. (Sien jy, ek kan ook
op een snaartjie tokkel.) So ek laat dit
nou aan jou en jou vriende oor om SA
weer op te bou nadat dit tot amper in die
grond afgebreek is. Ondertussen werk ek
aan my aangenome land se maatskappy, OK?

Gloudina
Re: A white man's skin and an African soul. [boodskap #66515 is 'n antwoord op boodskap #66497] Do, 19 September 2002 18:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina
Die skoolsisteem in Zimbabwe is nog superieur aan die van SA.

Wouter
Dis waarskynlik reg, ja. Goeie universiteit ook.

Maar die top produkte van daardie sisteem soek werk in SA.
Adverteer vandag vir 'n gegradueerde in die Kaap en jy kry
goeie aansoeke uit Harare. Al is dit dalk veiliger in Harare as
in Pretoria. Hoe hulle die advertensies onder oë kry, weet ek
nie. As jy hulle vra, sê hulle bloot 'n vriend het dit aangestuur.

Die moral is dat mense met verstand kan sien waarheen
Zimbabwe onder Mugabe op pad is.

Gloudina
Zimbabwe is nie die totale basket case
wat so baie Suid-Afrikaners wil uitmaak nie.

Wouter
Inherent nie, maar onder Mugabe beslis. En sy legacy gaan lank
na hom nog daar wees. Jy vergelyk hom mos graag met die
apartheidsleiers, dis nog een ding wat die geskiedenis gaan wys
dat hulle in gemeen het, 'n nalatenskap van oneer.
Re: A white man's skin and an African soul. [boodskap #66584 is 'n antwoord op boodskap #66515] So, 22 September 2002 05:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Wouter. Verskoon, maar jy mors jou tyd op Gloudina. Daar is geen verskil
tussen haar beredenerings en die van verregses nie. Sy flous jou omdat sy
die voordele gesmaak het van goeie onderwys onder 'n apartheidsbewind - maar
ek is bevrees dat al daardie onderwys is ietwat verkwis.
Daar is 'n duidelike verskil tussen onderwys en opvoeding. Ook, tussen
geleerd en intelligent. Die soort sal nie kan bydra tot 'n nuwe Suid-Afrika
nie.

"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3d8a1608.0@news1.mweb.co.za...
> Gloudina
> Die skoolsisteem in Zimbabwe is nog superieur aan die van SA.
>
> Wouter
> Dis waarskynlik reg, ja. Goeie universiteit ook.
>
> Maar die top produkte van daardie sisteem soek werk in SA.
> Adverteer vandag vir 'n gegradueerde in die Kaap en jy kry
> goeie aansoeke uit Harare. Al is dit dalk veiliger in Harare as
> in Pretoria. Hoe hulle die advertensies onder oë kry, weet ek
> nie. As jy hulle vra, sê hulle bloot 'n vriend het dit aangestuur.
>
> Die moral is dat mense met verstand kan sien waarheen
> Zimbabwe onder Mugabe op pad is.
>
> Gloudina
> Zimbabwe is nie die totale basket case
> wat so baie Suid-Afrikaners wil uitmaak nie.
>
> Wouter
> Inherent nie, maar onder Mugabe beslis. En sy legacy gaan lank
> na hom nog daar wees. Jy vergelyk hom mos graag met die
> apartheidsleiers, dis nog een ding wat die geskiedenis gaan wys
> dat hulle in gemeen het, 'n nalatenskap van oneer.
>
Re: A white man's skin and an African soul. [boodskap #66641 is 'n antwoord op boodskap #66503] Ma, 23 September 2002 11:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Down With Telkom  is tans af-lyn  Down With Telkom
Boodskappe: 12
Geregistreer: September 2002
Karma: 0
Junior Lid
Wat jy nie begryp nie ou Gloudina is dat Appartheid bedoel was vir apparte
ontwikkeling en dit kon jou mense nie eens doen nie. So nou ja... Ons ou
bleek siele moes die skole gee en die kos gee en alles gee. So ja, die swart
skole was sleg, maar wie se skuld was dit nou werklik? Ek dink nie jy kan
werklik alles soos ons huidige regering sommer net so op die Appartheid
regering se skouers pak nie. Wat jy vergeet het om aan te dink is die feit
dat onder die "vreeslike" appartheids regering se bestuur die land (anders
as in ander Afrika lande) vooruit gegaan het. Wat jy ook nie besef nie is
dat die swart mense in Suid Afrika selfs in Appartheid 'n hoër
lewensstandaard gehandhaaf het. Die regering van vandag kon nog niks aan die
kwessie rondom ekonomiese opheffing vir swart mense doen nie. Al hoe dit kan
gebeur is om dit wat die wit mense het weg te neem en vir die swartes te
gee. En selfs daai oplossing is van korte duur.

DIE WERKLIKE OPLOSSING NAAMLIK OPVOEDING WORD GEHEEL EN AL NIE REG AANGEPAK
NIE.

Maar nou ja ou Kanadesie jy lewe lekker in 'n wit land. Ook toevallig een
wat met die aardsonde bekom is deur die mense wat daar gewoon het uitgemoor
het. Wat is erger? Appartheid of dit wat daar gebeur het?

Cheers

Cheers

skryf in boodskap news:3D89ED13.3090106@rogers.com...
>
> Lou wrote:
>
>> Maar jou opmerking 'Die skoolsisteem in Zimbabwe is nog superieur aan
>> die van SA.' - is ongelukkig waar - so jy kan somtyds die skille voro
>> jou oe wegtrek
>
>
> Ja, ou Lou, en as ek nou vir jou reg takseer,
> dan dink jy die skoolsisteem in SA is slegter
> omdat dit nou "in die hande van die ANC" is.
> Laat ek jou nou reghelp.
> Ek wil jou daaraan herinner dat toe een van
> ons seuns sy MBA by die Universiteit van Kaapstad
> wou gaan loop, hy 'n onderhoud moes hê met iemand
> wat 'n lesing in Quebec City kom gee het, voordat
> hy aangeneem kon word. Dié professor het vir hom
> gesê dat hulle goeie studente uit die res van
> Afrika kry, maar dat die swart studente uit SA
> omtrent nie die toelatingsvereistes kan voldoen nie,
> weens die jare se agterstand wat Bantoe-Onderwys
> aan die SA studente gegee het.
> En dis waar die rot begin het. Ek was by
> Healdtown in die Oostelike Provinsie toe die
> studente vir die eerste keer die Bantoe-Onderwys
> Departement se eksamens begin skryf het. Voor die
> tyd dink ek het die swart kinders in Kaapland
> die Kaapprovinsie se eksamens geskryf. ( En in
> Natal het hulle die Cambridge Matriculation geskryf,
> iets wat ek aanneem hulle nog steeds in Zimbabwe
> doen.) Die vorige jaar, net soos alle ander jare, moes
> ons studente hard werk en baie van hulle kon nie die
> paal haal nie in die meereisende eksamens wat hulle
> tevore moes aflê. Maar toe Bantoe-Onderwys se eksamens
> inkom dié jaar, toe druip omtrent nie een nie en het
> ons 'n hele klomp onderskeidings. En dis net daar waar
> die verrotte toestand begin het. Want die verlaagde
> vereistes het die poorte oopgemaak vir die laer
> kwaliteit waarmee die studente kon deurkom en waarmee
> die onderwysers voor die dag kon kom.
> En dis daarom, ou Lou, al wil jy dit nie weet nie,
> dat vandag se probleme in die onderwys in SA direk aan
> die voete van die apartheidsvarke gelê moet word.
>
> Gloudina
>
Re: A white man's skin and an African soul. [boodskap #66642 is 'n antwoord op boodskap #66505] Ma, 23 September 2002 11:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Down With Telkom  is tans af-lyn  Down With Telkom
Boodskappe: 12
Geregistreer: September 2002
Karma: 0
Junior Lid
En watter werk mag dit wees Gloudina? En waar is die land nou eintlik
afgebreek? Wys maar gerus uit want ek kan nie heeltemal sien wat jy bedoel
nie. Ek praat nie alles van die Appartheid regering reg nie, maar
kwalifiseer nou eintlik dit wat jy sê. Wat is afgebreek?

Sanksies wat deur die res van die wêreld aan ons opgedwing is het ons
bietjie laat stilstaan vir 'n wyle, maar afbreek het ons verseker nie. En ek
sal dit ook nie dult dat jy jou bek so openlik rek oor iets wat jy nie 'n
idee van het nie. Wat is afgebreek pop, toe laat ons hoor????!!!

Hier is niks in die land wat nie beter is as in enige ander Afrika land nie.
Vandag kan mens van afbreek praat. As blanke wat uit 'n kultuur kom wat al
regoor die wêreld sukses behaal het wil dit my voorkom jy staan maar op
wankelrige grond as dit kom by bewyslewer van die GROOT AFRIKA sukses wat jy
verkondig.

DAAR IS NIE EEN AFRIKA LAND ONDER SWART BESTUUR WAT 'N OOGLOPENDE SUKSES IS
NIE!!!! DIT WAT IN SUID AFRIKA IS KOM UIT APPARTHEID!

So jy rek dalk jou bek so bietjie vroeg. Die verhaal van Suid Afrika is lank
nie klaar vertel nie. En die verhaal het beslis nie duidelike duiwels en
engeltjies nie. Daardie toekennings sal eers oor 'n lang ruk uitgedeel kan
word.

Lekker bou aan Kanada se maatskappy ou dame. Onthou net dat meeste boorlinge
daar doodgeskiet is deur die mense vir wie jy nou gaan bou.

Lekker slaap.

skryf in boodskap news:3D89EE81.2010403@rogers.com...
>
> Lou wrote:
>
> En net so by the way wat
>> van 'mense wat Suid-Afrika liefhet' maar nou in Kanada bly :X, waar was
>> hulel toe die die Suid afrikaanse maatskappy opgebou moes word.
>
> Ek sien jy tokkel nog maar op jou ou
> een snaartjie. Nee, ou Lou, ek het my
> bes probeer toe ek jonk was om die
> SA maatskappy op te bou, maar toe het
> die apartheidsvarke oorgeneem en ek
> het maar geskoert agter 'n ander Afrikaner
> aan wat so briesend was vir die diktators
> dat hy gehoop het die Kubane skop hulle
> uit die Uniegebou. (Sien jy, ek kan ook
> op een snaartjie tokkel.) So ek laat dit
> nou aan jou en jou vriende oor om SA
> weer op te bou nadat dit tot amper in die
> grond afgebreek is. Ondertussen werk ek
> aan my aangenome land se maatskappy, OK?
>
> Gloudina
>
Afrika-suksesse [boodskap #66691 is 'n antwoord op boodskap #66642] Di, 24 September 2002 14:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Telkomhater skree:
DAAR IS NIE EEN AFRIKA LAND ONDER SWART
BESTUUR WAT 'N OOGLOPENDE SUKSES IS NIE!!!!
DIT WAT IN SUID AFRIKA IS KOM UIT APPARTHEID!

Wouter
Jy hoef nie verder as Botswana te gaan om 'n land onder swart
bestuur te kry wat oor baie dekades volgens die meeste maatstawe
'n heelwat groter sukses as SA is nie. Leuens word nie waar as jy
dit skree of herhaal nie, gebruik liewers minder drama en meer feite
as jy argumenteer. Dit sal ook wat jy skryf se geloofwaardigheid
help as jy leer hoe om apartheid te spel, maar dis natuurlik jou keuse.
Re: A white man's skin and an African soul. [boodskap #66696 is 'n antwoord op boodskap #66641] Di, 24 September 2002 16:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Down With Telkom wrote:

> Maar nou ja ou Kanadesie jy lewe lekker in 'n wit land. Ook toevallig een
> wat met die aardsonde bekom is deur die mense wat daar gewoon het uitgemoor
> het. Wat is erger? Appartheid of dit wat daar gebeur het?

Vireers dink ek, net soos Wouter Plaasvark,
dat jy "apartheid" moet leer spel. Dis nie
'n typo nie. Jy spel dit konsekwent verkeerd.
Dan stel ek voor dat jy ophou om aan Kanada
as 'n "wit land" te dink.

Minnehaha van die Algonquins
Re: A white man's skin and an African soul. [boodskap #66705 is 'n antwoord op boodskap #66696] Wo, 25 September 2002 05:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Stone  is tans af-lyn  Stone
Boodskappe: 85
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Volle Lid
wrote in message ...
>
> Dan stel ek voor dat jy ophou om aan Kanada
> as 'n "wit land" te dink.
>

Maar Kanada is mos 'n wit land, veral net nadat dit gesneeu het:-)))
Re: A white man's skin and an African soul. [boodskap #66852 is 'n antwoord op boodskap #66696] So, 29 September 2002 09:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Oom Gert die \"d  is tans af-lyn  Oom Gert die \"d
Boodskappe: 28
Geregistreer: September 2002
Karma: 0
Junior Lid
Jy kry dit weereens reg om soveel té tik sonder om enige iets te sê
Gloudina. Dankie vir die uitwys van die spelfout in Apartheid wat ek as
Appertheid gespel het. Die hele wêreld is nou 'n beter plek na die
regstelling van daai fout.

Om vinnig iets te sê oor my opvatting van Kanada as 'n wit land.

Hier is die samestelling soos dit tans daaruitsien. Verskoon die engels.

- - - - - - - - - - - - -
British Isles origin 28%, French origin 23%, other European 15%, Amerindian
2%, other, mostly Asian, African, Arab 6%, mixed background 26%
- - - - - - - - - - - - -

Dit beteken dat sowat 34% van die land nie-blank is. 66% is blank. Hoe wil
jy nou vir my staan en sê kanada is nie 'n wit land nie? Indien jy nie weet
nie, "Amerindian" beteken "American Indian" wat die oorspronklike bewoners
is van daai grond wat jy staan en nes op skrop. So net so rapsie oor die 2%
van daardie mense maak die bevolking uit daar in Kanada. Hoekom? Want die
geskiedenis maak geen geheim daarvan dat hulle uitgeskiet is soos diere nie.
So daardie grond waar vandaan jy staan en Apartheid (let op spelling)
uitskel is deurdrenk van bloed... Jy is nou 'n betreder daar volgens jou eie
logika!

skryf in boodskap news:3D909658.4050103@rogers.com...
>
> Down With Telkom wrote:
>
>
>> Maar nou ja ou Kanadesie jy lewe lekker in 'n wit land. Ook toevallig een
>> wat met die aardsonde bekom is deur die mense wat daar gewoon het uitgemoor
>> het. Wat is erger? Appartheid of dit wat daar gebeur het?
>
>
> Vireers dink ek, net soos Wouter Plaasvark,
> dat jy "apartheid" moet leer spel. Dis nie
> 'n typo nie. Jy spel dit konsekwent verkeerd.
> Dan stel ek voor dat jy ophou om aan Kanada
> as 'n "wit land" te dink.
>
> Minnehaha van die Algonquins
>
Re: Afrika-suksesse [boodskap #66854 is 'n antwoord op boodskap #66691] So, 29 September 2002 09:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Oom Gert die \"d  is tans af-lyn  Oom Gert die \"d
Boodskappe: 28
Geregistreer: September 2002
Karma: 0
Junior Lid
Hier is so paar feite vir jou ou vriend. Verskoon die engels.
-------------------------------------------------------
Botswana: GDP: purchasing power parity - $10.4 billion (2000 est.)

South Africa: GDP: purchasing power parity - $369 billion (2000 est.)

-------------------------------------------------------

Botsawana: Population: 1,586,119

South Africa: Population: 43,586,097

-------------------------------------------------------
Botswana: Unemployment rate: 40% (2000 est.)

South Africa: Unemployment rate: 30% (2000 est.)

-------------------------------------------------------
Botswana: Electricity - exports: 0 kWh (1999)

South Africa: Electricity - exports: 3.884 billion kWh (1999)

-------------------------------------------------------
Botswana: 5.4% of population have access to mainline telephone system.

South Africa: 11.6 % of population have access to mainline telephone system.
-------------------------------------------------------
Botswana: Telephone system: general assessment: sparse system

South Africa:
Telephone system: general assessment: the system is the best
developed and most modern in Africa

-------------------------------------------------------
Botswana: Internet users: 12,000 (2000)

South Africa: Internet users: 1.82 million (2000)

-------------------------------------------------------
Botswana:Highways: total: 18,482 km

paved: 4,343 km

unpaved: 14,139 km (1996)

South Africa:Highways: total: 358,596 km

paved: 59,753 km (including 1927 km of expressways)

unpaved: 298,843 km (1996)

-------------------------------------------------------

Daar is maar min mense in daai land wat jy voorhou as voorbeeld. Dit is 'n
goeie voorbeeld, maar mens moet nie oorgretig wees om Botswana voor te hou
as voorbeeld van sukses in Afrika nie. Dis verseker nie 'n beter voorbeeld
as Suid Afrika nie ou vriend. Jy moet ook onthou dat ons tot 'n groot mate
daardie lande ekonomies stabiel hou deur elektrisiteit en petrol te verskaf.

So hou maar so bietjie terug met daardie gesanik oor almal se feite wat
slegter as joune is, want soms is hulle nie so sleg nie... Maar ek sal
toegee dat Botswana 'n beter voorbeeld is as geen.

"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3d907ab8.0@news1.mweb.co.za...
> Telkomhater skree:
> DAAR IS NIE EEN AFRIKA LAND ONDER SWART
> BESTUUR WAT 'N OOGLOPENDE SUKSES IS NIE!!!!
> DIT WAT IN SUID AFRIKA IS KOM UIT APPARTHEID!
>
> Wouter
> Jy hoef nie verder as Botswana te gaan om 'n land onder swart
> bestuur te kry wat oor baie dekades volgens die meeste maatstawe
> 'n heelwat groter sukses as SA is nie. Leuens word nie waar as jy
> dit skree of herhaal nie, gebruik liewers minder drama en meer feite
> as jy argumenteer. Dit sal ook wat jy skryf se geloofwaardigheid
> help as jy leer hoe om apartheid te spel, maar dis natuurlik jou keuse.
>
Re: Afrika-suksesse [boodskap #66865 is 'n antwoord op boodskap #66854] So, 29 September 2002 13:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Wouter
Die feite wat jy voorhou wys dat SA 'n groter infrastruktuur
as Botswana het. Nogal nie onverwags nie, as jy in aanmerking
neem dat Botswana histories 'n brandarm land is waarvan die
oorgrote deel uit die Kalahari-woestyn en moerasse bestaan
wat basies onbewoonbaar is. Die bevolking woon grootliks
langs die Oostelike grens
Maar jy het die volgende geskree:
> DAAR IS NIE EEN AFRIKA LAND ONDER SWART
> BESTUUR WAT 'N OOGLOPENDE SUKSES IS NIE!!!!

Die sukses van landsbestuur meet 'n mens nie in die eerste
plek aan infrastruktuur nie, maar aan hoe die bevolking se lot
verbeter word, dus aan ekonomiese groei. Botswana het nie
net die afgelope dekades die hoogste groeikoers in Afrika nie,
maar ook een van die hoogste in die wêreld, op 'n stadium
was hulle nommer twee in die wêreld, na Singapoer. Kom
ek haal ook aan uit dieselfde Amerikaanse bron (2001) waar
van jou selektiewe "feite" gelys word:

"Botswana has maintained one of the world's highest growth rates
since independence in 1966. Through fiscal discipline and sound
management, Botswana has transformed itself from one of the
poorest countries in the world to a middle-income country with a
per capita GDP of $6,600 in 2000. Diamond mining has fueled
much of Botswana's economic expansion and currently accounts
for more than one-third of GDP and for three-fourths of export
earnings. Tourism, subsistence farming, and cattle raising are
other key sectors. The government must deal with high rates
of unemployment and poverty"

Kyk wat sê hulle van Suid Afrika en oordeel dan self watter een
hulle dink oor die jare die beste bestuur is:

"South Africa is a middle-income, developing country with an
abundant supply of resources, well-developed financial, legal,
communications, energy, and transport sectors, a stock
exchange that ranks among the 10 largest in the world, and
a modern infrastructure supporting an efficient distribution of
goods to major urban centers throughout the region. However,
growth has not been strong enough to cut into the 30%
unemployment, and daunting economic problems remain from
the apartheid era, especially the problems of poverty and lack
of economic empowerment among the disadvantaged groups.
Other problems are crime, corruption, and HIV/AIDS."

So terloops, jy betaal nou R1,70 vir 'n Pula. Vroeër was
'n Pula minder as R1 werd. Hulle geldeenheid loop nog
swaarder onder die Zimbabwe-probleem deur as die Rand.
Maar ten spyte daarvan slaan die mark hulle beter aan.

Jou opmerking dat daar geen Afrikaland is wat onder swart
bestuur 'n sukses is nie, is 'n leuen. Botswana het uit 'n situasie
van armoede gevorder na 'n posisie waar hulle BBP per kapita
vergelykbaar is met dié van SA, tradisioneel die rykste land in
Afrika. Dis suksesvolle landsbestuur.

Jou selektiewe aanhalings verander nie jou leuen nie, dit bly 'n leuen.

En terloops, daar is ook ander suksesstories in Afrika. Maar
hulle is meer onlangs en van kleiner omvang, die feite praat
daar nog nie so duidelik soos in die geval van Botswana nie.

Nog 'n terloops. Botswana sit vandag met 'n selfs groter
vigsprobleem as SA. Ek het nogal so 'n bietjie moed dat
ons ten spyte van alles relatief teenoor hulle kan vorder
(minder agteruitgaan?) omdat ek reken dat ons ons
vigssituasie vinniger gaan stabiliseer en omdraai.

"Oom Gert die "dutchman""
wrote in
message news:3d96cee6.0@news1.mweb.co.za...
Hier is so paar feite vir jou ou vriend. Verskoon die engels.
-------------------------------------------------------
Botswana: GDP: purchasing power parity - $10.4 billion (2000 est.)
South Africa: GDP: purchasing power parity - $369 billion (2000 est.)
-------------------------------------------------------
Botsawana: Population: 1,586,119
South Africa: Population: 43,586,097
-------------------------------------------------------
Botswana: Unemployment rate: 40% (2000 est.)
South Africa: Unemployment rate: 30% (2000 est.)
-------------------------------------------------------
Botswana: Electricity - exports: 0 kWh (1999)
South Africa: Electricity - exports: 3.884 billion kWh (1999)
-------------------------------------------------------
Botswana: 5.4% of population have access to mainline telephone system.
South Africa: 11.6 % of population have access to mainline telephone system.
-------------------------------------------------------
Botswana: Telephone system: general assessment: sparse system
South Africa:
Telephone system: general assessment: the system is the best
developed and most modern in Africa
-------------------------------------------------------
Botswana: Internet users: 12,000 (2000)
South Africa: Internet users: 1.82 million (2000)
-------------------------------------------------------
Botswana:Highways: total: 18,482 km
paved: 4,343 km
unpaved: 14,139 km (1996)
South Africa:Highways: total: 358,596 km
paved: 59,753 km (including 1927 km of expressways)
unpaved: 298,843 km (1996)
-------------------------------------------------------

Daar is maar min mense in daai land wat jy voorhou as voorbeeld. Dit is 'n
goeie voorbeeld, maar mens moet nie oorgretig wees om Botswana voor te hou
as voorbeeld van sukses in Afrika nie. Dis verseker nie 'n beter voorbeeld
as Suid Afrika nie ou vriend. Jy moet ook onthou dat ons tot 'n groot mate
daardie lande ekonomies stabiel hou deur elektrisiteit en petrol te verskaf.

So hou maar so bietjie terug met daardie gesanik oor almal se feite wat
slegter as joune is, want soms is hulle nie so sleg nie... Maar ek sal
toegee dat Botswana 'n beter voorbeeld is as geen.

"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3d907ab8.0@news1.mweb.co.za...
> Telkomhater skree:
> DAAR IS NIE EEN AFRIKA LAND ONDER SWART
> BESTUUR WAT 'N OOGLOPENDE SUKSES IS NIE!!!!
> DIT WAT IN SUID AFRIKA IS KOM UIT APPARTHEID!
>
> Wouter
> Jy hoef nie verder as Botswana te gaan om 'n land onder swart
> bestuur te kry wat oor baie dekades volgens die meeste maatstawe
> 'n heelwat groter sukses as SA is nie. Leuens word nie waar as jy
> dit skree of herhaal nie, gebruik liewers minder drama en meer feite
> as jy argumenteer. Dit sal ook wat jy skryf se geloofwaardigheid
> help as jy leer hoe om apartheid te spel, maar dis natuurlik jou keuse.
Re: A white man's skin and an African soul. [boodskap #66875 is 'n antwoord op boodskap #66852] So, 29 September 2002 17:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Antie - die Oom Gert (seker nie Leipoldt syne nie) lyk my het vir jou 'n
paar interessante feite op die tafel gesit?
Kanada laat my altyd dink aan 'n groot boom - wat in die skadu van 'n groter
boom groei - baie lower en min wortel.
Ek is seker verkeerd, nê? Help my reg ...
"Oom Gert die "dutchman""
wrote in
message news:3d96c8a1.0@news1.mweb.co.za...
> Jy kry dit weereens reg om soveel té tik sonder om enige iets te sê
> Gloudina. Dankie vir die uitwys van die spelfout in Apartheid wat ek as
> Appertheid gespel het. Die hele wêreld is nou 'n beter plek na die
> regstelling van daai fout.
>
> Om vinnig iets te sê oor my opvatting van Kanada as 'n wit land.
>
> Hier is die samestelling soos dit tans daaruitsien. Verskoon die engels.
>
> - - - - - - - - - - - - -
> British Isles origin 28%, French origin 23%, other European 15%, Amerindian
> 2%, other, mostly Asian, African, Arab 6%, mixed background 26%
> - - - - - - - - - - - - -
>
> Dit beteken dat sowat 34% van die land nie-blank is. 66% is blank. Hoe wil
> jy nou vir my staan en sê kanada is nie 'n wit land nie? Indien jy nie weet
> nie, "Amerindian" beteken "American Indian" wat die oorspronklike bewoners
> is van daai grond wat jy staan en nes op skrop. So net so rapsie oor die 2%
> van daardie mense maak die bevolking uit daar in Kanada. Hoekom? Want die
> geskiedenis maak geen geheim daarvan dat hulle uitgeskiet is soos diere nie.
> So daardie grond waar vandaan jy staan en Apartheid (let op spelling)
> uitskel is deurdrenk van bloed... Jy is nou 'n betreder daar volgens jou eie
> logika!
>
>
> skryf in boodskap news:3D909658.4050103@rogers.com...
>>
>> Down With Telkom wrote:
>>
>>
>>> Maar nou ja ou Kanadesie jy lewe lekker in 'n wit land. Ook toevallig
> een
>>> wat met die aardsonde bekom is deur die mense wat daar gewoon het
> uitgemoor
>>> het. Wat is erger? Appartheid of dit wat daar gebeur het?
>>
>>
>> Vireers dink ek, net soos Wouter Plaasvark,
>> dat jy "apartheid" moet leer spel. Dis nie
>> 'n typo nie. Jy spel dit konsekwent verkeerd.
>> Dan stel ek voor dat jy ophou om aan Kanada
>> as 'n "wit land" te dink.
>>
>> Minnehaha van die Algonquins
>>
>
Re: A white man's skin and an African soul. [boodskap #66905 is 'n antwoord op boodskap #66875] Ma, 30 September 2002 13:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Jonas wrote:

> Kanada laat my altyd dink aan 'n groot boom - wat in die skadu van 'n groter
> boom groei - baie lower en min wortel.

O, my gits, kyk met wat kom ons resident
pontificator oor alles en nog wat nou
voor die dag. Kanada 'n groot boom, in
die skadu van 'n groter boom? Laat ek jou
herinner dat ons groter in landsoppervlakte
is as die VSA en enige ander land behalwe
Rusland. Laat ek jou daaraan herinner dat
Kanada altyd 'n handelsoorskot het teenoor
die VSA. Laat ek jou daaraan herinner dat,
solank die Liberal Party in Kanada regeer,
ons nie vreeslik kop in een mus met die
Amerikaners is nie. Ons is wel baie sensitief
vir die ekonomiese klimaat in die VSA, omdat
die VSA ons grootste handelsvennoot is, en as
hulle nie kan koop nie, dan kan ons nie verkoop
nie.
En terwyl ons nou op die onderwerp van bome
is, Kanada het na Brasilië die grootste woude in
die wêreld, en is dus 'n belangrike skakel in die
ekologiese welsyn van die wêreld.

Minnehaha van die Algonquins
Re: A white man's skin and an African soul. [boodskap #66944 is 'n antwoord op boodskap #66905] Di, 01 Oktober 2002 21:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Antie - wat van kniebuig voor die Kroon?
Nee wat - al wat my beindruk van daardie land is die Franse. Die res is maar
bloot afgewaterde Amerikaners en kolonialiste.
skryf in boodskap news:3D985004.1030909@rogers.com...
>
> Jonas wrote:
>
>> Kanada laat my altyd dink aan 'n groot boom - wat in die skadu van 'n groter
>> boom groei - baie lower en min wortel.
>
>
> O, my gits, kyk met wat kom ons resident
> pontificator oor alles en nog wat nou
> voor die dag. Kanada 'n groot boom, in
> die skadu van 'n groter boom? Laat ek jou
> herinner dat ons groter in landsoppervlakte
> is as die VSA en enige ander land behalwe
> Rusland. Laat ek jou daaraan herinner dat
> Kanada altyd 'n handelsoorskot het teenoor
> die VSA. Laat ek jou daaraan herinner dat,
> solank die Liberal Party in Kanada regeer,
> ons nie vreeslik kop in een mus met die
> Amerikaners is nie. Ons is wel baie sensitief
> vir die ekonomiese klimaat in die VSA, omdat
> die VSA ons grootste handelsvennoot is, en as
> hulle nie kan koop nie, dan kan ons nie verkoop
> nie.
> En terwyl ons nou op die onderwerp van bome
> is, Kanada het na Brasilië die grootste woude in
> die wêreld, en is dus 'n belangrike skakel in die
> ekologiese welsyn van die wêreld.
>
> Minnehaha van die Algonquins
>
Re: A white man's skin and an African soul. [boodskap #66947 is 'n antwoord op boodskap #66944] Di, 01 Oktober 2002 23:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Jonas wrote:

> Nee wat - al wat my beindruk van daardie land is die Franse. Die res is maar
> bloot afgewaterde Amerikaners en kolonialiste.

En tipiese Jonas, dink jy net "wit." Vir
jou bestaan niemand wat nie 'n wit vel het
en uit Europa ge-emigreer het, as 'n "ware"
Kanadees nie. Maar Vrydag kom die Koningin
van die Gemenebes van Nasies na Kanada vir
'n tien dae lang besoek. En sy begin haar
besoek in Nunavut.
Gister het haar verteenwoordiger in Kanada
ons troonrede gelees: Ons goewerneur-generaal,
'n Sjinees wat op tienjarige leeftyd van Hong-
Kong af gevlug het met haar ouers gedurende
die Tweede Wereldoorlog.
Jonas, ek dink nie jy sal vreeslik tuis
wees in Kanada nie.

Gloudina
Re: A white man's skin and an African soul. [boodskap #66981 is 'n antwoord op boodskap #66947] Do, 03 Oktober 2002 04:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Antie - snaaks. Ek het daar tuis gevoel - onder die Franse. Die Britte is
maar ooral dieselfde ...
Wat is jou absolute beheptheid met wit. Is jy wit? En pla dit jou.
Ek het op geen stadium na ras of wit of swart verwys nie - probeer om op
feitelikhede te reageer. Lees weer ...
Moet nie vergeet om die kbnie vir die Kroon te buig nie. My mense het
omgekom om van Britse-onderdrukking weg te kom. Joune nie - die verskil lê
in die geskiedenis.
skryf in boodskap news:3D9A2A6C.5090606@rogers.com...
>
> Jonas wrote:
>
>
>> Nee wat - al wat my beindruk van daardie land is die Franse. Die res is maar
>> bloot afgewaterde Amerikaners en kolonialiste.
>
>
> En tipiese Jonas, dink jy net "wit." Vir
> jou bestaan niemand wat nie 'n wit vel het
> en uit Europa ge-emigreer het, as 'n "ware"
> Kanadees nie. Maar Vrydag kom die Koningin
> van die Gemenebes van Nasies na Kanada vir
> 'n tien dae lang besoek. En sy begin haar
> besoek in Nunavut.
> Gister het haar verteenwoordiger in Kanada
> ons troonrede gelees: Ons goewerneur-generaal,
> 'n Sjinees wat op tienjarige leeftyd van Hong-
> Kong af gevlug het met haar ouers gedurende
> die Tweede Wereldoorlog.
> Jonas, ek dink nie jy sal vreeslik tuis
> wees in Kanada nie.
>
> Gloudina
>
Re: A white man's skin and an African soul. [boodskap #67060 is 'n antwoord op boodskap #66981] Vr, 04 Oktober 2002 08:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Pieter[2]  is tans af-lyn  Pieter[2]
Boodskappe: 95
Geregistreer: September 2002
Karma: 0
Volle Lid
Verskoon haar Jonas , sy was nog nooit erens aanvaar deur iemand nie

"Jonas" skryf in boodskap news:3d9bcc9f$0$18843@hades.is.co.za...
> Antie - snaaks. Ek het daar tuis gevoel - onder die Franse. Die Britte is
> maar ooral dieselfde ...
> Wat is jou absolute beheptheid met wit. Is jy wit? En pla dit jou.
> Ek het op geen stadium na ras of wit of swart verwys nie - probeer om op
> feitelikhede te reageer. Lees weer ...
> Moet nie vergeet om die kbnie vir die Kroon te buig nie. My mense het
> omgekom om van Britse-onderdrukking weg te kom. Joune nie - die verskil lê
> in die geskiedenis.
> skryf in boodskap news:3D9A2A6C.5090606@rogers.com...
>>
>> Jonas wrote:
>>
>>
>>> Nee wat - al wat my beindruk van daardie land is die Franse. Die res is maar
>>> bloot afgewaterde Amerikaners en kolonialiste.
>>
>>
>> En tipiese Jonas, dink jy net "wit." Vir
>> jou bestaan niemand wat nie 'n wit vel het
>> en uit Europa ge-emigreer het, as 'n "ware"
>> Kanadees nie. Maar Vrydag kom die Koningin
>> van die Gemenebes van Nasies na Kanada vir
>> 'n tien dae lang besoek. En sy begin haar
>> besoek in Nunavut.
>> Gister het haar verteenwoordiger in Kanada
>> ons troonrede gelees: Ons goewerneur-generaal,
>> 'n Sjinees wat op tienjarige leeftyd van Hong-
>> Kong af gevlug het met haar ouers gedurende
>> die Tweede Wereldoorlog.
>> Jonas, ek dink nie jy sal vreeslik tuis
>> wees in Kanada nie.
>>
>> Gloudina
>>
>
Re: A white man's skin and an African soul. [boodskap #67064 is 'n antwoord op boodskap #67060] Vr, 04 Oktober 2002 08:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dissie warie! Ons almal aanvaar dat sy goed vir die bloeddruk is:))
Annette

"Pieter" skryf in boodskap news:3d9d4d36$0$18847@hades.is.co.za...
> Verskoon haar Jonas , sy was nog nooit erens aanvaar deur iemand nie
>
>
> "Jonas" wrote in message
> news:3d9bcc9f$0$18843@hades.is.co.za...
>> Antie - snaaks. Ek het daar tuis gevoel - onder die Franse. Die Britte is
>> maar ooral dieselfde ...
>> Wat is jou absolute beheptheid met wit. Is jy wit? En pla dit jou.
>> Ek het op geen stadium na ras of wit of swart verwys nie - probeer om op
>> feitelikhede te reageer. Lees weer ...
>> Moet nie vergeet om die kbnie vir die Kroon te buig nie. My mense het
>> omgekom om van Britse-onderdrukking weg te kom. Joune nie - die verskil lê
>> in die geskiedenis.
>> skryf in boodskap news:3D9A2A6C.5090606@rogers.com...
>>>
>>> Jonas wrote:
>>>
>>>
>>>> Nee wat - al wat my beindruk van daardie land is die Franse. Die res is maar
>>>> bloot afgewaterde Amerikaners en kolonialiste.
>>>
>>>
>>> En tipiese Jonas, dink jy net "wit." Vir
>>> jou bestaan niemand wat nie 'n wit vel het
>>> en uit Europa ge-emigreer het, as 'n "ware"
>>> Kanadees nie. Maar Vrydag kom die Koningin
>>> van die Gemenebes van Nasies na Kanada vir
>>> 'n tien dae lang besoek. En sy begin haar
>>> besoek in Nunavut.
>>> Gister het haar verteenwoordiger in Kanada
>>> ons troonrede gelees: Ons goewerneur-generaal,
>>> 'n Sjinees wat op tienjarige leeftyd van Hong-
>>> Kong af gevlug het met haar ouers gedurende
>>> die Tweede Wereldoorlog.
>>> Jonas, ek dink nie jy sal vreeslik tuis
>>> wees in Kanada nie.
>>>
>>> Gloudina
>>>
>>
>
Re: A white man's skin and an African soul. [boodskap #67188 is 'n antwoord op boodskap #66905] Ma, 07 Oktober 2002 18:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Oom Gert  is tans af-lyn  Oom Gert
Boodskappe: 38
Geregistreer: September 2002
Karma: 0
Volle Lid
skryf in boodskap news:3D985004.1030909@rogers.com...
>
> Jonas wrote:
>
>> Kanada laat my altyd dink aan 'n groot boom - wat in die skadu van 'n groter
>> boom groei - baie lower en min wortel.
>
>
> O, my gits, kyk met wat kom ons resident
> pontificator oor alles en nog wat nou
> voor die dag. Kanada 'n groot boom, in
> die skadu van 'n groter boom? Laat ek jou
> herinner dat ons groter in landsoppervlakte
> is as die VSA en enige ander land behalwe
> Rusland.

Gloudina, die groot probleem in Kanada is dat die meeste van die
grondoppervlakte onherbergsaam is. Dis maar 'n klein deeltjie wat mense kan
onderhou. Iets in die omgewing van 5% kan iets mee gedoen word as dit kom by
landbou. Bosbou is egter groot met sowat 53% van die grond onder woude soos
jy later noem. Dis omdat bome teen hellings en onbewerkbare grond wat nie
geskik is vir landbou kan groei. Daar bly minder mense in daardie reuse land
as in die hele Suid Afrika. Bykans 10 miljoen minder mense.

> Laat ek jou daaraan herinner dat
> Kanada altyd 'n handelsoorskot het teenoor
> die VSA.

As dit nie vir die VSA was nie, sou julle nie bestaan het nie. 86% van
uitvoere gaan na die VSA. Dis goed, maar ek sou sê TE afhanklik.

> Laat ek jou daaraan herinner dat,
> solank die Liberal Party in Kanada regeer,
> ons nie vreeslik kop in een mus met die
> Amerikaners is nie.

Julle kan nie anders as om die Amerikaners se alies te lek nie. Miskien op
die voorgrond baas van julle eie plaas, maar op die agtergrond is julle maar
bang op die yanks opdraende te gee.

> Ons is wel baie sensitief
> vir die ekonomiese klimaat in die VSA, omdat
> die VSA ons grootste handelsvennoot is, en as
> hulle nie kan koop nie, dan kan ons nie verkoop
> nie.

Jy het dit reg!

> En terwyl ons nou op die onderwerp van bome
> is, Kanada het na Brasilië die grootste woude in
> die wêreld, en is dus 'n belangrike skakel in die
> ekologiese welsyn van die wêreld.
>

En waarom dan die belangstelling in Suid Afrika as jy dan so wonderlike land
het om nou jou eie te noem? Jy moet onthou dat die enigste rede hoekom
daardie kolonialiste koning kraai daar is omdat hulle die boorlinge
uitgemoor het. Tog het jy die vermetelheid om Apartheid as die sonde van
alle sondes uit te skel. Jy bly op grond wat met meer bloed gekoop is as wat
daar in nog 'n duisend jaar van Apartheid kon vloei.

> Minnehaha van die Algonquins
>
Re: A white man's skin and an African soul. [boodskap #67195 is 'n antwoord op boodskap #67188] Ma, 07 Oktober 2002 21:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Oom Gert wrote:

Jy moet onthou dat die enigste rede hoekom
> daardie kolonialiste koning kraai daar is omdat hulle die boorlinge
> uitgemoor het. Tog het jy die vermetelheid om Apartheid as die sonde van
> alle sondes uit te skel. Jy bly op grond wat met meer bloed gekoop is as wat
> daar in nog 'n duisend jaar van Apartheid kon vloei.

So jy voel nog gemaklik om die industrie te
voed wat verklaar "apartheid was nie so erg
nie." Apartheid was net so erg as die ethnic
cleansing wat in Kanada en die VSA gedoen is
so laat as die 19de eeu.Dit was net so erg
as 'n hele klomp rassistiese skandes van oor
die hele wêreld.

Gloudina
Re: A white man's skin and an African soul. [boodskap #67203 is 'n antwoord op boodskap #67195] Ma, 07 Oktober 2002 22:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bobby's girl  is tans af-lyn  bobby's girl
Boodskappe: 139
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3DA1F6D2.1080205@rogers.com...
>
> Apartheid was net so erg as die ethnic
> cleansing wat in Kanada en die VSA gedoen is
> so laat as die 19de eeu.Dit was net so erg
> as 'n hele klomp rassistiese skandes van oor
> die hele wêreld.
>
> Gloudina

Nou wonder ek net, is daar enige land wat nie in een of ander stadium
skuldig was of is aan "ethnic cleansing" nie? Ek pleit skuldig namens
Australië - dis 'n wel-bekende feit. Maar ek sal tog wil weet.
Re: A white man's skin and an African soul. [boodskap #67212 is 'n antwoord op boodskap #67195] Di, 08 Oktober 2002 08:23 Na vorige boodskap
Oom Gert  is tans af-lyn  Oom Gert
Boodskappe: 38
Geregistreer: September 2002
Karma: 0
Volle Lid
Al wat ek wil sê is dat jy nie moet klipgooi as jy self in 'n glashuis bly
nie.

Daar is tog 'n verskil in die graad van die misdaad Gloudina. Die Apartheid
misdadigers word baie ergers gestraf as wat jou Kanadese vriende ooit
(indien wel) gestraf is vir wat daar gebeur het. Die Amerikaners inkluis.
Allerhande regstellings vind hier plaas wat hulle maar van kan vergeet vir
die enigste rede dat daar nie meer mense oor is om reg te stel nie.

Daar is vlakke van wreedheid (in terme van politiese stelsels) en Apartheid
is myns insiens heel onder aan die lys. Wat in Duitsland gebeur het is
moontlik nommer een.

skryf in boodskap news:3DA1F6D2.1080205@rogers.com...
>
> Oom Gert wrote:
>
>
> Jy moet onthou dat die enigste rede hoekom
>> daardie kolonialiste koning kraai daar is omdat hulle die boorlinge
>> uitgemoor het. Tog het jy die vermetelheid om Apartheid as die sonde van
>> alle sondes uit te skel. Jy bly op grond wat met meer bloed gekoop is as wat
>> daar in nog 'n duisend jaar van Apartheid kon vloei.
>
>
> So jy voel nog gemaklik om die industrie te
> voed wat verklaar "apartheid was nie so erg
> nie." Apartheid was net so erg as die ethnic
> cleansing wat in Kanada en die VSA gedoen is
> so laat as die 19de eeu.Dit was net so erg
> as 'n hele klomp rassistiese skandes van oor
> die hele wêreld.
>
> Gloudina
>
Vorige onderwerp: Testing from Brisbane
Volgende onderwerp: What role can the Indian Congress play in Germany ? Contribution
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 12 21:19:54 MGT 2024