Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Kanada - dag
Kanada - dag [boodskap #6673] Sa, 29 Junie 1996 00:00 na volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Hierdie naweek is 'n groot naweek in Kanada.
Maandag is dit Canada Day/ Fete du Canada.
Daar is 'n Tuinparty Saterdag by die woning
van die Goewerneur-Generaal. Sy naam is
Romeo Leblanc ( 'n Akadiese Fransman van
New Brunswick.) Hulle het die gewoonte hier
om om die beurt Engelse en Franse Goewerneur-
Generaals aan te stel. Ek wag nog vir die dag dat
ons ons eerste goewerneur- generaal kry wat uit
die "First Nations" kom.
Gelukkig is die naam "Kanada" darem van in-
heemse oorsprong. "Kanata" is doodeenvoudig
die Huron-Iroquois woord vir 'n woonplek. Cartier
het dit in 1535 vir die eerste keer gehoor. Mettertyd
is die woord gebruik vir groter en groter dele van
die nuwe land deur die Franse kaartmakers, totdat
dit gebruik is vir enigiets noord van die St. Lawrence
Rivier.
Maandag sal daar vlae waai, daar sal 'n groot konsert
wees, en groot vuurwerke in die aand. Ek voel nooit
vreeslik patrioties op so 'n dag nie. Die atmosfeer van
die feesvierings is nog teveel Europees gekleur, alhoewel
hulle darem hulle bes doen om van die inheemse dinge
ook in te sluit.
As ek in Kanada tuis voel, is dit nie omdat ek so baie
wit gesigte om my sien nie. Ek voel tuis in hierdie land
(met die tweede grootste landoppervlakte in die wereld)
omdat dit bevolk is met talle inheemse groepe, wat 'n
sagte vredeliewende lewensfilosofie aanhang. Ek hou ook
van hulle mitologie. Die area waar ek bly, was die land van
die Algonquins. Hulle groot god was Manitou. (Daar is 'n
Manitoulin Island in Lake Huron.)
Maar my geliefkoosde karakter in hulle mitologie is egter
Glooskap. Hy is die held wat teen alle soorte kwade dinge
veg, en wat verantwoordelik is dat daar somtyds somer en
lente is en nie altyd winter nie. Daar is 'n storie van hoe hy
vir vier mans elkeen hulle wens gegee het in 'n pakkie wat
hulle eers by die huis moes oopmaak voordat hulle hul wens
kon kry. Drie van die mans het Glooskap se bevel gehoorsaam.
Die vierde man, wat baie groot wou wees, was te nuuskierig
en het sy pakkie langs die pad oopgemaak. Toe hy dit oopmaak,
toe word hy verander in 'n groot boom. Siedaar, 'n Algonquin
Pandora.

Gloudina Bouwer
Re: Kanada - dag [boodskap #6685 is 'n antwoord op boodskap #6673] Di, 02 Julie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
iz...@igs.net (Izak Bouwer) wrote:

Drie van die mans het Glooskap se bevel gehoorsaam.
> Die vierde man, wat baie groot wou wees, was te nuuskierig
> en het sy pakkie langs die pad oopgemaak. Toe hy dit oopmaak,
> toe word hy verander in 'n groot boom. Siedaar, 'n Algonquin
> Pandora.>>

Wat was in die pakkies?
Re: Kanada - dag [boodskap #6691 is 'n antwoord op boodskap #6673] Wo, 03 Julie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hjalmar Gerber[2]  is tans af-lyn  Hjalmar Gerber[2]
Boodskappe: 3
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
Gloudina Bouwer sê:
> Ek wag nog vir die dag dat ons ons eerste
> goewerneur- generaal kry wat uit die "First
> Nations" kom.

. . .terwyl ons hier in "redneck" Alberta toeka
gelede al 'n luitenant-goewerneur (Eugene Steinhauer)
uit die geledere van die "first nations" gehad het.
Sy bydra word gereken uit sy dade; nie sy velkleur nie
- iets wat die onnosele Ontari"ers nie kan begryp nie.

> As ek in Kanada tuis voel, is dit nie omdat ek so baie
> wit gesigte om my sien nie. Ek voel tuis in hierdie land
> (met die tweede grootste landoppervlakte in die wereld)
> omdat dit bevolk is met talle inheemse groepe, wat 'n
> sagte vredeliewende lewensfilosofie aanhang.

Ek voel nie in Kanada tuis nie. Ek is "blank", heterosek-
suele, manlik, on-"gebreklik" en nie-Franssprekend. My
kanse om 'n pos in die Kanadese staatsdiens te kry, is byna
nul. Hedendaagse Kanadese wetgewing behandel my as die
oorsprong van al wat boos en verkeerd is met die wêreld.
My "nut" is bloot as 'n belastingbetaler en 'n sondebok.

Ek is GATVOL vir Kanada! My land is Alberta en Wes-Kanada.
Die spul oos van Sault Ste. Marie kan m.i. in hulle moer
in vlieg. . . hoe gouer, hoe beter. My land word soos 'n
kolonie deur die parasiete in Ottawa en Toronto uitgebuit.
Ons sal beter daaraan toe wees as Kanada iets van die verlede
is. Ek het nog nie 'n enkele oortuigende rede gehoor waarom
die Weste deel van Kanada moet bly nie.

>Ek hou ook van hulle mitologie.

Die beeld van Kanada wat Ottawa en Toronto (daardie "middel-
punt van die heelal") wil voorhou, is ook mitologie.

'n Nuwe konfederasie is die enigste ding wat Kanada se
voortbestaan 'n moontlikheid kan maak. So 'n konfederasie
sal ophou om die Weste as 'n kolonie uit te buit, maar dit
sal nooit gebeur nie, want dit strook nie met die Ottawa-
mitologie nie. Kanada is 'n ding van die verlede.

Hjalmar
_______
Re: Kanada - dag [boodskap #6695 is 'n antwoord op boodskap #6673] Do, 04 Julie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
My land is Alberta en Wes-Kanada.
> Die spul oos van Sault Ste. Marie kan m.i. in hulle moer
> in vlieg. . . hoe gouer, hoe beter. My land word soos 'n
> kolonie deur die parasiete in Ottawa en Toronto uitgebuit.
> Ons sal beter daaraan toe wees as Kanada iets van die verlede
> is. Ek het nog nie 'n enkele oortuigende rede gehoor waarom
> die Weste deel van Kanada moet bly nie.
>

> 'n Nuwe konfederasie is die enigste ding wat Kanada se
> voortbestaan 'n moontlikheid kan maak. So 'n konfederasie
> sal ophou om die Weste as 'n kolonie uit te buit, maar dit
> sal nooit gebeur nie, want dit strook nie met die Ottawa-
> mitologie nie. Kanada is 'n ding van die verlede.
>
> Hjalmar

Ek weet hoe jy voel. Toe ons in New Brunswick gebly
het (daardie "most wired political entity in the world"),
het ek altyd gevoel dat die Maritieme provinsies, Maine
en New England hulle eie staat moet vorm, omdat hulle
meer met mekaar in gemeen het as met die res van Kanada
of the VSA. Met Boston as hoofstad.
Van Halifax is dit goedkoper om na London, Engeland
toe te vlieg as na Vancouver.
Ek voel egter bekommer dat jy alles wes van Sault Ste.
Marie as Wes-Kanada sien. Dit lyk my julle Westerners
het imperialistiese ambisies.
En as julle afskei, moenie die Rockies insluit nie.

Gloudina Bouwer
Re: Kanada - dag [boodskap #6700 is 'n antwoord op boodskap #6673] Vr, 05 Julie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hjalmar Gerber[2]  is tans af-lyn  Hjalmar Gerber[2]
Boodskappe: 3
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
Gloudina Bouwer:

> Van Halifax is dit goedkoper om na London, Engeland
> toe te vlieg as na Vancouver.

Direk oor Groenland is Europa ook nie veel verder as
St Johns van ons af nie.

> Ek voel egter bekommer dat jy alles wes van Sault Ste.
> Marie as Wes-Kanada sien. Dit lyk my julle Westerners
> het imperialistiese ambisies.

Beslis nie. . . Saskatchewan, Manitoba en Noord-Ontario
is baie soos die Maritieme provinsies - 'n meulsteen om
die nek van produktiewe gebiede. Die mense daar het, op
'n kulturele vlak, heelwat in gemeen met Wes-Kanada, en
moet as sulks 'n keuse gegun word oor hulle toekoms.

> En as julle afskei, moenie die Rockies insluit nie.
^^^^

Gloudina, jy bedoel seker "wanneer" . . . :-)

Hoekom moet die Rockies nou skielik nie ingesluit word
nie? Dis 'n integrale deel van die Weste, om nie eens
van die geweldige toeriste-potensiaal te praat nie. My
"ideale" land sal uit Alberta, BC, Washington, Oregon,
Idaho, Montana en Wyoming bestaan. Dis my kulturele
tuisland. Ons handelsvloei is veel eerder Noord-Suid,
en oorsee na Asi"e. Dis net ons geld wat, a.g.v. koloniale
uitbuiting ooswaarts na Ottawa, Toronto, Quebec en die
Maritieme welvaartprovinsies toe vloei. Al wat ons
terugkry is Ottawa-mitologie, ho"er balasting en rente-
koerse, en wetgewing wat ons net verder uitbuit.

Genoeg! Ek sien uit na die einde van Kanada soos dit
nou bestaan. As Lucien Bouchard nou net wil rigting
kry. . .

Hjalmar
_______
Re: Kanada - dag [boodskap #6719 is 'n antwoord op boodskap #6673] Ma, 08 Julie 1996 00:00 Na vorige boodskap
Louis  is tans af-lyn  Louis
Boodskappe: 32
Geregistreer: Junie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Gaan kyk onder die boom !
Vorige onderwerp: Address for Afrikaans teacher?
Volgende onderwerp: Geldmaak en ander verhale
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 10 00:19:55 MGT 2024