Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Geldmaak en ander verhale
Geldmaak en ander verhale [boodskap #6688] Wo, 03 Julie 1996 00:00 na volgende boodskap
Mark & Heidi[2]  is tans af-lyn  Mark & Heidi[2]
Boodskappe: 2
Geregistreer: Julie 1996
Karma: 0
Junior Lid
Ek lees gereeld die nuusgroep, maar deesdae maak ek soveel geld met al
die "money making schemes" dat ek nou voltyds besig is om my geld te tel.

Is hierdie mense wat sulke advertensies pos dan hulle hele lewe in 'n dwaal
of gebeur dit net soms. Waar was julle toe die ou vliegtuig speletjie in SA
heeltemal platgeval het?

Die boodskap van hierdie nota gaan heel moontlik verlore aangesien die
idiote wat hulle "geldmaak" stories hier adverteer nie eens Afrikaans kan
lees nie. Duidelik het hulle ook nie 'n idee oor hoe 'n ekonomie bestaan nie.

Gegroet
Re: Geldmaak en ander verhale [boodskap #6689 is 'n antwoord op boodskap #6688] Wo, 03 Julie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
hei...@singnet.com.sg (Mark & Heidi) wrote:

idiote wat hulle "geldmaak" stories hier adverteer nie eens Afrikaans kan[/color]
> lees nie. Duidelik het hulle ook nie 'n idee oor hoe 'n ekonomie bestaan nie.>>

Maar gelukkig is mense soos ek imuun daarteen.
Ek is twee keer te dom om aan hul speletjies deel te neem.
Vir eers omdat ek 'n Afrikaan is en ons of krale uitruil of mense met
swepe slaan om goud te grawe. - Dis ons volle begrip van enige
finansiele ding.
En in die tweede plek omdat ek Afrikaans is. Dit beteken en bere my
geld onder die matras. Dis nou die geld wat ek nie vir Sanlam se man
gee nie.
Met die res koop ek pyp-tabak en knipmesse om appels in die skemer op
die stoep mee af te skil.
Re: Geldmaak en ander verhale [boodskap #6694 is 'n antwoord op boodskap #6688] Do, 04 Julie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Charl Durand  is tans af-lyn  Charl Durand
Boodskappe: 55
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Koos wrote:
>

> swepe slaan om goud te grawe. - Dis ons volle begrip van enige
> finansiele ding.

Dis nou die van ons wat nie sigarette verkoop of Pep stores begin nie.

> geld onder die matras.

Hei! Moenie jou bereplek so weggee nie!

> Dis nou die geld wat ek nie vir Sanlam se man
> gee nie.

...of vir AVBOB nie.

> Met die res koop ek pyp-tabak en knipmesse om appels in die skemer op
> die stoep mee af te skil.

nee nee, al die tien dollar tjeks wat ek in die pos kry gaan reguit na my
kinders se engelse privaatskool toe.

Met die kleingeld koop ek de kat en mooi interieurboeke by exclusive in
hyde park.

Charl
Re: Geldmaak en ander verhale [boodskap #6707 is 'n antwoord op boodskap #6688] Sa, 06 Julie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
> nee nee, al die tien dollar tjeks wat ek in die pos kry gaan reguit na my
> kinders se engelse privaatskool toe.
>
> Met die kleingeld koop ek de kat en mooi interieurboeke by exclusive in
> hyde park.
>
> Charl

Wat is DE KAT?

Gloudina
Re: Geldmaak en ander verhale [boodskap #6708 is 'n antwoord op boodskap #6688] Sa, 06 Julie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Charl Durand wrote:

,,>nee nee, al die tien dollar tjeks wat ek in die pos kry gaan reguit
na my
> kinders se engelse privaatskool toe.

> Met die kleingeld koop ek de kat en mooi interieurboeke by exclusive in
> hyde park.>>>>

Bleddie moderne Afrikaner!!
Dis van jou soort dat Kramer in Koba sing!!!

(Laaank gelede het Chris Barnard 'n rubriek in Beeld geskryf.
Daarin het een dag geskryf van skemerkelk-partytjies en dit beskryf as
die soort geleenthede waar mense van hak tot toon staan en wieg en
"inderdaad......inderdaad...." aan mekaar se.)
Re: Geldmaak en ander verhale [boodskap #6716 is 'n antwoord op boodskap #6688] Ma, 08 Julie 1996 00:00 Na vorige boodskap
johanna rykheer  is tans af-lyn  johanna rykheer
Boodskappe: 16
Geregistreer: April 1996
Karma: 0
Junior Lid
iz...@igs.net (Izak Bouwer) wrote:
>
>
>
>
>
> Wat is DE KAT?
>
> Gloudina
>
Hallo, sus! De Kat is 'n prestige-tydskrif - glossy en duur.
Dit bestaan al 'n hele klompie jare en jy koop dit as jy op hoogte
wil wees met wat daar op Afrikaanse gebied aangaan. Ek kan dit net
nou en dan bekostig. Ek was jammer om onlangs te lees dat dit
moontlik tot niet kan gaan weens geldelike probleme - ek hoop nie
dit gebeur nie.
So, nou het ek ook 'n bydrae op die nuusgroep gelewer soos jy gevra
het.
Hannah (Johanna Rykheer)
Re: Geldmaak en ander verhale [boodskap #6718 is 'n antwoord op boodskap #6688] Ma, 08 Julie 1996 00:00 Na vorige boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
johanna rykheer wrote:

moontlik tot niet kan gaan weens geldelike probleme - ek hoop nie[/color]
> dit gebeur nie.>>>

Dit lyk nie of dit sal gebeur nie. Die maatskappye het probleme gehad
- dis nou "die maatskappy" teenoor die tydskrif De Kat.
De Kat is op "sound footing" hoewel sy beheer-maatskappy wat ook ander
tydskrifte het, probleme gehad het.
De Kat is gevestig, loop nie teen 'n verlies nie en het 'n prestige
wat beteken dit sal waarskynlik gekoop word as die maatskappy sou
toemaak.
Maar wat dan deermee gemaak word, sal natuurlik 'n ope vraag wees.
Vandag in die Afrikaanse wereld is daar 'n groot voorkeur aan geld bo
kwaliteit.
Die ou Boere van ouds het geldsous ontdek en Thatcher is die godin.
.
Vorige onderwerp: Kanada - dag
Volgende onderwerp: Re: Niki rivals greats like Cheryl Crow, Alanis Morissette, Allanna Miles,
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 06:52:15 MGT 2024